Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Prins word die Skaapwagter

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Midrash (Torah Bespreking)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Les 6 vir 10 November 2018

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Pretoria- 23 Junie 2012

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Van Vervolger tot Prediker

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Doen Eers n Kosteberekening

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Ons Hebreeuse Wortels

Ps.119:89 Parashah 12 Vayechi en hy het geleef. Gen. 47:28-50:26 1 Kon. 2:1-12 Hand.7:9-16; Hebr.11:21-22; 1 Pet.1:3-13; 2:11-17.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Waar is God as ons swaarkry?

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Parashah 34: B midbar (במדבר) In Die Wildernis

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Parashah 41: Pinchas (פינחס) Pinehas. Midrash (Torah Bespreking) In Die Midde Van Sonde Geen Vrede Nie!

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Parashah 28: Metzora (מצרע) Die Melaatse

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 15: Bo (בוא) (Gaan / kom in aksie) Ex. 12:14 Pesag, Wedergeboorte en Bekering

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Transcription:

1 Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef. En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd sewe en veertig jaar was. Gen. 47:28. Torah : Gen. 47:28 tot 50:26. Haftorah: 1 Kon. 2:1 tot 12. Hernieude Verbond: Luk 1 :33; Luk. 4:31 tot 5:11; Hand. 7:9 tot 16; Hand. 15:17; Heb. 11:21 tot 22; Open. 5:5. The value of life lies not in the length of days, but in the use we make of them Michel de Montaigne. We make a living by what we get, but we make a life by what we give Anonymous. Experience is not what happens to a man; it is what a man does with what happens to him Aldous Huxley. Experience is a cruel teacher first it gives the exam and then the lesson Anonymous. Midrash (Torah Bespreking) Hiermee kom ons dan aan die einde van B reisheet (Genesis), die eerste van die vyf boeke van YHVH se Torah, naamlik van Vader-God se liefdevolle onderrig, instruksies en wysheid in geregtigheid. Ons het gekom aan die einde van die geskiedenis van ons voorvaders, Abraham, Isak en Jakob. Ons voorvader Abraham is die ewige voorbeeld van n lewe van geloof (vertroue) in YHVH se genade en van gehoorsaamheid aan alles wat YHVH beveel het. Hierdie is die fondament waarop n verhouding met YHVH gebou moet word. Dit was so in die ou verbond en is steeds so in die hernieude verbond en soos wat dit deur Yeshua Messias bevestig is. Hierdie ewige patroon (gietvorm) word deur die volgende teksverse opgesom en bevestig: Avram het in יהוה vertrou en Hy het hom dít tot onpartydige opregtheid gereken. Gen. 15:6 PWL. 1 Ek sal die eed nakom wat Ek teenoor jou vader, Avraham, gesweer het en Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees omdat Avraham My stem gehoorsaam het en My opdragte, My bevele, My verordeninge en My wette nagekom het. Gen. 26:3 tot 5 PWL. 1 PWL Vertaling (Pad van Waarheid tot die Lewe) kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch: of kontak vir Gerrie Coetzee by padwlewe@yahoo.com

2 Die tweede boek van die Torah, Sh mot (Exodus), is die begin van die onderrig van die nageslag van ons voorvaders, naamlik van YHVH se volk om n koninklike priesterdom te wees. Die laaste vier boeke van die Torah is hoofsaaklik YHVH se liefdevolle onderrig in geregtigheid met voorbeelde van hoekom geloof (vertroue) in YHVH en gehoorsaamheid aan Torah noodsaaklik is, asook waarskuwings van die gevolge van ongeloof (wantroue) en ongehoorsaamheid. Soos voorheen gesê is: Alles wat met Israel van ouds gebeur het, is opgeskrywe as voorbeeld en waarskuwing vir ons op wie die eindes van die eeue gekom het (1 Kor. 10:1 tot 11). Dit is in die Skrifte opgeskrywe as lering, vir korreksie, vir rigting en vir onderrig in geregtigheid sodat die man van God volmaak kan wees, volmaak gemaak vir elke goeie daad (2 Tim. 3:16 en 17). In parashah 1 (Parashah1Notas.14) het ons geleer dat Genesis (Bereisheet) die eerste van die vyf boeke van Moses is en dat dit met in die begin te doen het, want dit vertel van die begin van die skepping; die begin van die mensdom; die begin van n huwelik en huisgesin; die begin van sonde en dood en die begin van YHVH se plan om alles te herstel soos dit aan die begin was. Hierdie begin is ook die uitkies van n volk volgens YHVH se soewereine wil om Sy plan van herstel uit te voer. In Genesis het ons geleer van YHVH as Skepper-God, maar Exodus is die begin waar ons YHVH gaan leer ken as ons Verbondsgod! Jakob en Sarah Hierdie week se parashah, Vayechi (En hy het geleef), herinner ons aan parashah 5, Chayei Sarah (Sarah se lewe), weens die verband wat tussen die twee parashot bestaan. Beide verwys na die lewe van Jakob en die lewe van Sarah, en tog handel beide parashot eintlik oor die dood van Jakob en die dood van Sarah. Daar is ook verskeie ander ooreenkomste tussen Jakob en Sarah: Sarah is die eerste matriarg van Israel en Jakob die laaste patriarg van Israel. Sarah se naam is deur YHVH verander van Sarai na Sarah. So ook het YHVH die naam van Jakob na Israel verander. Sarah was die eerste om in die grafkelder van Magpéla begrawe te word, en Jakob was die laaste om daar begrawe te word. 2 Behalwe vir hierdie ooreenkomste is daar n dieperliggende les wat te leer is deur die lewe van Jakob en Sarah, asook die lewe van al die tzaddikim (die regverdiges). Die les is dat hulle almal gelewe het voor hulle gesterf het. Hierdie is n so voor die handliggende waarneming dat dit as betekenisloos bekou kan word. En tog, volgens Hebreeuse denke en volgens die Hebreeuse teks beteken dit dat die tzaddikim het elke dag voluit gelewe. Daarom verwys Torah nie net na die lewensjare van die tzaddikim nie, maar wel na die dae van hulle jare! So lees ons ondermeer die volgende: Al die dae van Adam, wat hy geleef het, was nege honderd en dertig jaar en hy is dood. Gen. 5:5 PWL Al die dae van Shet was nege honderd en twaalf jaar en hy is dood. Gen. 5:8 PWL. Al die dae van Enosh was nege honderd en vyf jaar en hy is dood. Gen. 5:11 PWL. Al die dae van Noag was nege honderd en vyftig jaar en hy is dood. Gen. 9:29 PWL. 2 The Kestenbaum Edition Tikkun, Messorah Publication, Pg. 47. Gen. 49:29 tot 32.

3 Sarah het honderd sewe en twintig jaar geleef. Dit was die lewensjare van Sarah. Gen. 23:1 PWL. Hierdie is die dae van die lewensjare van Avraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar. Gen. 25:7 PWL. Die dae van Yitz gak was honderd en tagtig jaar. Yitz gak het die asem uitgeblaas en is dood en hy is bymekaargemaak by sy volksgenote, oud en vervuld in dae en sy seuns `Esav en Ya akov het hom begrawe. Gen. 35:28 en 29. Aan Farao het Jakob gesê: Die dae van die jare van my verblyf as besoeker is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol boosheid was die dae van my lewensjare en hulle het nie die dae van die lewensjare van my vaders, gedurende die dae van hulle verblyf as besoekers, bereik nie. Gen. 47:9 PWL. In die openingsvers van ons parashah lees ons: En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd sewe en veertig jaar was (Gen. 47:28). Dit beteken dat Jakob selfs buite die Beloofde Land voluit gelewe het! Hy het vir 17 jaar in Egipte gelewe waar Josef vir hom gesorg het. Ons weet ook dat Josef op die ouderdom van sewentien deur sy broers verkoop was. Dus het Jakob vir 17 jaar vir Josef gesorg. Hier sien ons die beginsel van wat jy saai sal jy oes. Die goeie saad wat Jakob in die lewe van Josef gesaai het, het vir die laaste sewentien jaar van Jakob se lewe n goeie oes opgelewer. Dit is ook interessant dat die Hebreeuse woord nitzvah wat opreg, regstaande of onkreukbaar beteken se numeriese waarde (gematria) 147 is 3. Hierdie woord word in Hebreeus gespel as nun (50), tzadi (90), vet (2), hey (5). Numeries dus 50+90+2+5 = 147! Hiermee saam is dit ook interessant om daarop te let dat die Hebreeuse woord tov wat goed of goeie beteken se gematria (numeriese waarde) 17 is. Tov word gespel: Tet, Vav, Vet en die numeriese waarde van elke letter is: Tet (9), Vav (6), Vet (2) = 17. Die laaste 17 jaar van Jakob se lewe was dus goeie jare gewees. Jakob het n voorbeeldige (nitzvah n opregte, onkrueukbare en regstaande met YHVH) lewe, asook n goeie (tov) lewe voor sy nageslag en voor Farao in Egipte gelewe. Al die jare in Egipte, te midde van al die afgodery en versoekinge, het Jakob steeds as n regverdige (tzaddik) voor YHVH gelewe en was daar in al sy materiële behoeftes voorsien! Jakob se lewe behoort dus vir ons n voorbeeld en aanmoediging te wees. Ons lewe op aarde kan vergelyk word met Jakob wat in Egipte gewoon het. Egipte het in al Jakob se materiële behoeftes voorsien, maar kon nie in sy geestelike behoeftes voldoen nie. Daarvoor moes Jakob volgens Torah lewe. Sekerlik was dit vir Jakob, net soos vir ons, n uitdaging om te midde van n afgodswêreld getrou aan YHVH te bly! Om met volhardende vertroue in YHVH, en om met nougesette gehoorsaamheid aan Torah in n goddelose, en dikwels vyandige, wêreld te lewe, is beslis n uitdaging! Maar soos Jakob kan ons ook n nitzvah-lewe en n tov-lewe voor ons nageslag en in n geestelike en morele vervalle wêreld leef. Ons moet ook onthou dat daar n doel was hoekom beide Josef en Jakob na Egipte moes gaan!! So het elkeen van ons ook n roeping en n doel in hierdie wêreld. Maar ons weet egter ook dat Egipte nie ons eindbestemming is nie, maar wel die Beloofde Land. Net soos Jakob sal ons ook eendag ons voete terugtrek uit hierdie wêreld en by ons volksgenote byeengebring word: 3 Elk van die 22 letters van die Hebreeuse alfabet het n numeriese waarde. Daarom het elke Hebreeuse woord n numeriese waarde. Hierdie berekening van die numeriese waarde van n woord staan bekend as gematria

4 Toe Ya akov klaar bevele aan sy seuns gegee het, het hy sy voete teruggetrek op die bed en sy asem uitgeblaas en hy is by sy volksgenote byeengebring. Gen. 49:33. MAAR, die moontlikheid bestaan dat Yeshua gaan kom terwyl ons nog hier op aarde, hier in Egipte, lewe!! Mag ons soos ons voorouers elke dag voluit in vertroue in Yeshua as Messias, en in gehoorsaamheid Vader se Torah, lewe! Mag ons deur die Afgesonder Gees versterk word om die voorbeeld van ons patriarge en matriarge te volg! Aan die einde van die eerste boek van die Torah getuig ons saam met die hele Israel, en saam met almal wat YHVH se liefdevolle onderrig en instruksies, die Torah, weekliks bestudeer: Bepeins of Bespreek Chazak! Chazak! Ve nitchazek! Wees sterk, wees sterk en word versterk! 1. Jakob het aan Farao gesê: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare (Gen. 47:9). Die grootste gedeelte van Jakob se lewe was vol teenspoed gewees. Daar is egter n gesegde wat lui: Hoe jy eindig is belangriker as hoe jy begin! Was dit waar in die lewe van beide Jakob en Josef? Hoe het beide se lewens geëindig? Getuig ons eie lewens hiervan? As wat gaan jy die lewenswedloop voltooi? As regverdige wat die goeie van YHVH ervaar het? As oorwinnaar? En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee. Open. 2:26. Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. Open. 3:5. Wie oorwin, Ek sal hom n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. Open. 3:12. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Open. 3:21. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Open. 12:11. 2. Lees Joh. 10:10. Wat is die belangrikste wat die dief (Satan) wil steel? Jou geestelike lewe of is dit jou geliefdes, jou gesondheid en jou materiële welsyn? Wat is die lewe en oorvloed wat Yeshua ons skenk? Wat is die belangrikste hiervan? Is dit die geestelike of die materiële? 3. Ons word deesdae oorlaai met boodskappe dat n gebrek aan voorspoed n aanval van Satan is! Hoewel dit waar kan wees, vergeet ons egter dat daar ook n anderkant van die munt is soos wat Ps. 66:10 ons leer: Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos n mens silwer louter. Silwer word gesuiwer van alle onsuiwerhede deur vuur. Die silwersmit sal die silwer verhit tot n punt waar die onsuiwerhede wegbrand, maar sonder dat die silwer beskadig sal word. Hierdie

5 proses hou die silwersmit fyn dop. Wanneer hy sy spieëlbeeld in die silwer sien, dan weet hy die silwer is gesuiwer. Ons moet nie vergeet nie dat ons Hemelse Vader ook die Silwersmit is! En Hy sal sit: n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan YHVH in geregtigheid n offer sal bring. Mal. 3:3 Vader-God wil ons suiwer tot Hy ook Sy beeld van Yeshua in ons sien. Dit is juis beproewing en verdrukking wat ons stroop van die eie ek en van ons wêreldse gesindheid. Dit is die voorbereidingsproses sodat ons die oorvloed lewe in Messias (Joh. 10:10) deelagtig kan word. Shalomgroete. Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info -o-o-o-o-o-o-o- Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.