Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Similar documents
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Midrash (Torah Bespreking)

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Van Vervolger tot Prediker

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Doen Eers n Kosteberekening

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Les 6 vir 10 November 2018

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Parashah 15: Bo (בוא) (Gaan / kom in aksie) Ex. 12:14 Pesag, Wedergeboorte en Bekering

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 9: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE FEES VAN TABERNAKELS (SUKKOT)

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Ps.119:89. Parashah 22. Ex.35:1-38:20 Vayak hel = Bymekaar roep (assemble) 1 Kon.7: Kor.9:1-15; Hebr. 9:1-14; Op. 11:1-3

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die betekenis van die kruis (1)

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 13 (DEEL 2): OP WATTER DAG IS YESHUA GEKRUISIG?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Catharina Maria Conradie

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Ons Hebreeuse Wortels

Pretoria- 23 Januarie 2011

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Haftorah: Jer. 7:21 tot 8:3 en Jer. 9:22 en 23 Offer met n Besnyde Hart

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Parashah 34: B midbar (במדבר) In Die Wildernis

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Ps.119:89. Parashah 19 T rumah = Bydrae Exodus 25:1-27:19 1 Kon.5:1 6:13 Matth.5:17-35; Hebr.8:1-6; 9:23-24; 10:1

Pretoria- 23 Junie 2012

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Transcription:

1 Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua Messias die Lewende Torah is die Woord van YHVH wat vlees geword het. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening Dit is die berekening van die tabernakel, die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moshe, vir die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester. Ex. 38:21 PWL 1 Torah: Exodus 38:21 tot 40:38 Inleiding Geloof en Gehoorsaamheid Ex. 38:21 Die kosteberekening van die tabernakel Ex. 40:1 en 2 Die oprigting van die tabernakel. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie! B rit Chadashah (Hernieude verbond): Matt. 17:2; 2 Kor. 9:1 tot 15; Efes. 6:14; Open. 3:4, 5 en 18; Open. 7:13 en 14; Open. 11:19; Open. 15:5 to 8; Open. 19:8. The average Christian is so cold and contented with his wretched condition that there is no vacuum of desire into which the blessed Spirit can rush in satisfying fullness A.W. Tozer. The modern church is, quite simply, just the world with a Christian T-shirt on! N. Cruz. 1 PWL Vertaling (Pad van Waarheid tot die Lewe) kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch

2 Midrash (Torah Bespreking) Inleiding: Geloof en Gehoorsaamheid Hierdie week kom ons aan die einde van Exodus, die boek wat meer korrek volgens die Hebreeuse naam Shemot genoem word en wat Name beteken. Dit is so genoem na aanleiding van die eerste twee Hebreeuse woorde van hierdie boek, naamlik: we elleh sh mot, wat as hierdie is die name vertaal word. Die naam Exodus is n Latynse woord wat afgelei is van die Grieks Exodos wat vertrek, uitgaan en uittog beteken. Op grond van die naam Exodus vind ons een van die sleuteltekse van Sh mot in Ex. 14:30 en 31. So het יהוה Yisra el dan dié dag uit die hand van die Egiptenare gered en Yisra el het die Egiptenare dood gesien aan die kant van die see. Yisra el het die groot Hand gesien wat יהוה teen die Egiptenare gebring het en die volk het יהוה respekvol gevrees en vertrou in יהוה en in Moshe, Sy dienskneg. (PWL Vertaling) Exodus se sentrale tema is verlossing (redding, bevryding). Dit vertel hoe YHVH Sy uitverkore volk red van die slawejuk van Egipte sodat hulle Hom kan dien volgens n verbondsverhouding. Die begin van hierdie verbondsverhouding was die verbond met Abraham en die verbond van die Torah (die Wet) is n uitbreiding daarvan. Hierdie verbondsverhouding word in YHVH se Torah (die wet) uiteengesit en is die verlowingsdokument (die ketubah) wat deur Israel sonder huiwering aanvaar was (Ex. 24:3 en 7). Exodus is YHVH se onderrig van hoe om nie meer as slawe te lewe nie, maar te lewe as n vrygespreekte koninklike priesterdom. Dit skilder vir ons die prentjie van die bevryding van die slawejuk van sonde deur Yeshua en van n lewe as geregverdigde volgens YHVH se onderrig en instruksies. Soos in die geval van Abraham is Exodus ook bevestiging van redding en versoening deur geloof (vertroue) in YHVH se genade (onverdiende guns). Israel is gered deur in vertroue n lam te slag en die bloed aan die deurkosyne van hulle huise te smeer. Dit is die sinnebeeld van YHVH se genade soos deur Yeshua bevestig (vervul) is, naamlik vergifnis en versoening is alleenlik deur geloof in die geslagde lam, naamlik Yeshua die Lam van YHVH! Exodus is ook bevestiging dat redding deur geloof opgevolg moet word deur gehoorsaamheid aan YHVH se Torah. Die verbond van die Torah, asook die doel, betekenis en funksionering van die tabernakel getuig hiervan. Redding deur geloof in YHVH se genade en gehoorsaamheid aan Sy onderrig en instruksies is die patroon (bloudruk) van YHVH se plan van herstel. Dit het in die ou verbond gegeld en dit geld steeds in die hernieude verbond. Die hoogtepunte van die boek van Sh mot (Exodus) kan soos volg opgesom word: Die bevryding van die slawejuk van Egipte wat met die instelling van Pesag gepaard gegaan het. Die ontvangs van YHVH se Torah by Sinai wat deur n verbond verseël was.

3 Die bou en die oprig van die tabernakel sodat YHVH in hulle midde in die wildernis kan woon. Gedurende die veertig jaar in die woestyn het die Israeliete in tente gewoon. Derhalwe het YHVH ook in `n tent tussen hulle gewoon. Paulus verwys in 2 Kor. 5:2 tot 4 na ons sterflike liggame as `n tent (tabernakel) wat begeer om eendag met onsterflikheid beklee te word. Dit sal plaasvind met die wederkoms van Yeshua (1 Tess. 4:13 tot 17, Fil. 3:21). Tot dan moet ons so leef dat ons liggaam n geskikte woning vir die Almagtige is. Let op, Ek vertel vir julle n geheim: nie almal van ons sal doodgaan nie, maar ons sal almal verander word, skielik, soos die knip van n oog, by die laaste ramshoring, wanneer dit sal blaas en die dooies onverganklik opgewek sal word en ons verander sal word, want dit wat kan vergaan moet aangetrek word met wat nie kan vergaan nie en dit wat kan doodgaan moet aangetrek word met wat nie kan doodgaan nie en wanneer dit wat vergaan aangetrek is met wat nie vergaan nie en dit wat doodgaan met wat nie kan doodgaan nie, dan sal die boodskap wat geskryf is, vervul word: Die dood is ingesluk in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Sh ol, waar is jou oorwinning? 1 Kor. 15:51 tot 55 PWL In hierdie week se parashah leer ons dat die tabernakel vervaardig en opgerig is presies volgens YHVH se voorskrifte aan Moses. Eers nadat alles voltooi was, het YHVH se Heerlikheid (Gemanifisteerde Teenwoordigheid) die tabernakel gevul. Bepeins of Bespreek 1. In hierdie week se parashah word ons ondermeer gekonfronteer met die vraag: Hoe kan YHVH die Almagtige wie se Grootheid onberekenbaar is as te ware kom woon in n klein ruimte soos die Allerheiligste van die tabernakel? Dit blyk vir ons n onmoontlikheid te wees, maar tog is dit presies wat gebeur het! Hiermee saam word ons herinner aan die belofte van die hernieude verbond, naamlik dat ons die tempel van YHVH-God is (1 Kor.3:16). Dit behoort die besef tuis te bring dat ons elkeen verantwoordelik is om deur die onderrig en instruksies van die Afgesonderde Gees saam te werk om ons liggame as tempel in te rig sodat YHVH Yeshua in ons deur Sy Gees kan woon. YHVH, die Almagtige Skepper-God, is bereid, en verlang daarna, om in jou en my te woon!! Vul dit jou met eerbiedige ontsag en nederigheid? Hoe kan ons hoegenaamd onverskillig staan teenoor ons Vader se bereidwilligheid en verlange? Ex. 38:21: Die kosteberekening van die tabernakel Volgens die 1933 Afrikaanse vertaling lees Ex. 38:21 soos volg: Dit is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis... Onder die toesig van Itamar, die seun van Aäron, moes daar n volledige inventaris van alle bydraes vir die bou van die tabernakel opgeneem word. Die les wat ons hieruit kan leer is tweeledig:

4 Elkeen moet volle rekenskap gee van dit wat ontvang word om die Koninkryk van God mee te bou. Dit herinner ons aan die gelykenis van die talente in Matt. 25:14 tot 30. Elke individu moet rekenskap gee van dit wat hy of sy ontvang het, maar so ook moet veral geestelike leiers rekenskap gee van die bydraes wat deur gemeentelede gegee word. Moses as leier is ons voorbeeld van hoe rekenskap van elke bydrae gegee moet word. Elke bydrae deur die volk moes aangewend word vir die bou van die tabernakel volgens YHVH se plan en nie volgens Moses se plan nie. In vergeleke met die goud en die silwer wat in die bou van die eerste en tweede tempel gebruik was, is die hoeveelhede vir die bou van die tabernakel gering. Maar beide die tempel van Salomo en die van Herodus is deur die vyande van Israel beroof en vernietig, maar nie die tabernakel nie. Nog meer belangrik is die feit dat die Gemanisifsteerde Teenwoordigheid van YHVH in die tabernakel die van die twee tempels by verre oortref het. Dit leer ons dat dinge soos rykdom, weelde, aansien en kennis nie bepaal waar YHVH se teenwoordigheid sal manifisteer nie! Nee, die manifistasie van YHVH se teenwoordigheid word bepaal deur heiligheid en YHVH se geregtigheid! Elke individu is n tabernakel, maar as gemeente (eklesia; uitgeroeptes) vorm ons gesamentlik ook n tabernakel. Soos elkeen aan sy eie tabernakel moet bou, so moet elkeen ook bou aan die tabernakel wat uit die gemeente bestaan. Ons bydrae tot die bou van die gemeente-tabernakel (geestelike tempel) is dus uiters belangrik, want YHVH kan net in ons midde woon waar daar eensgesindheid van hart is. Julle word net so as lewende stene opgebou en julle het n geestelike tempel en afgesonderde priesters geword, om geestelike offers te bring wat vir God aanvaarbaar is deur Yeshua, Die Gesalfde Een. 1 Pet. 2:5 PWL. Die volk het so mildelik bygedra tot die bou van die tabernakel dat Moses opdrag gegee het dat hulle moet ophou (Eks. 36:6 en 7). Is ons bereid om so mildelik by te dra vir die bou van YHVH se koninkryk? Elkeen het soveel gegee van dit wat kosbaar is dat daar `n oorvloed van alles was. Hulle het gegee volgens dit wat in hulle hart was. Hierdie gesindheid is Vader-God se gesindheid toe Hy vir ons Yeshua geskenk het om in ons plek aan die folterpaal te sterf. Vader het vir ons Sy beste in oorvloed geskenk. Bepeins en Bespreek 1. Is jy n goeie rentmeester van die bydrae wat Vader-God in jou lewe gemaak het. Het jy al inventaris geneem van alles wat jy ontvang het? Is jy tevrede met dit wat jy ontvang het? Het jy met dit wat jy ontvang het n tempel gebou waar YHVH in jou kan kom woon? 2. Is ons geestelike leiers altyd goeie rentmeesters van die bydraes (tiendes) wat van gemeentelede ontvang word? Bou hulle n hemelse Koninkryk volgens YHVH se plan of n aardse koninkryk volgens hulle eie planne?

5 3. Begeer jy om afgesonder (heilig; set-apart) en geregverdig te wees sonder om na meer materiële seëninge of aansien of mag te verlang? Lees 1 Kor. 1:17 tot 31, veral verse 26 tot 29. Hoeveel afgesonder (heilig; set-apart) wil jy wees? 4. YHVH kyk nie hoeveel jy gee nie, maar hoeveel jy agterhou. Vader-God stel ook nie belang in dit wat vir jou minder belangrik is nie, maar Hy stel belang in dit wat vir jou die belangrikste en kosbaarste is. Verwys na die gelykenis van die arm weduwee in Mark. 12:41 tot 44. Wat is jou bydrae tot YHVH se Koninkryk? Onthou: Die waarde van n geskenk word nie deur die geskenk bepaal nie, maar wel deur die gewer van die geskenk. 5. Is die tyd wat ons gee (spandeer) om die Vaderhart beter te ken en te verstaan nie belangriker as die materiële wat ons gee nie? Hoeveel tyd gee (spandeer) jy aan Vader? Ex. 40:1 en 2 Die oprigting van die tabernakel het met Moshe gepraat en gesê: Op die eerste dag van die eerste maand, moet jy יהוה die Tent van Ontmoeting oprig. Ex. 40:1 en 2 PWL Al die strukturele dele van die tabernakel, asook die meublement en toebehore wat in die tabernakel geplaas moet word, is vooraf vervaardig volgens die plan wat YHVH aan Moses gegee het. So is dan al die werk aan die Tent van Ontmoeting voltooi en die seuns van Yisra el het dit gemaak net soos יהוה Moshe beveel het; so het hulle dit gemaak. Hulle het die tent na Moshe toe gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy planke, sy pale, sy pilare, sy voetstukke, die dekkleed van rooigekleurde ramsvelle, die dekkleed van dugongvelle, die verdelingsgordyn van die Toedekking, die ark van die Getuienis met sy pale, die Toedekking, die tafel met al sy bybehore, die brode van die Teenwoordigheid, die suiwer lampstaander met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy bybehore en die olie vir die lampstaander; verder die goue altaar, die salfolie, die reukwerk van speserye en die gordyn vir die ingang van die tent; die koper altaar en sy koper loopvlak, sy pale met al sy bybehore, die kom en sy voetstuk, die gordyne van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, die gordyn vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby hoort en al die bybehore vir die diens in die Tent van Ontmoeting; die geweefde klere, waarmee in die Afgesonderde plek bedien is, die afgesonderde klere van Aharon, die priester en die klere van sy seuns, om in te dien as priesters. Volgens alles wat יהוה Moshe beveel het, so het die seuns van Yisra el al die werk gedoen. Moshe het al die werk inspekteer en werklik, hulle het dit gemaak soos יהוה beveel het, so het hulle dit gemaak en Moshe het hulle geseën. Exod. 39:32 tot 43 PWL Nadat alles volgens YHVH se plan vervaardig was het YHVH aan Moses die opdrag gegee om die tabernakel op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar na

6 hulle uittog uit Egipte op te rig om alles as te ware aanmekaar te sit. Die werk en die oprigting van die tabernakel is dus voltooi voor die tweede Pesag gedenk sou word. Maar met die oprigting van die tabernakel deur Moses leer ons ook n belangrike geheimenis. Die volgorde waarin die oprigting plaasgevind het is vanweë die geestelike betekenis daarvan belangrik. Eerstens het Moses die tent gedeelte opgerig: Moshe het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit, sy planke daarop gesit, sy pale vasgemaak en sy pilare opgerig. Hy het die tent oor die raamwerk gespan en die dekkleed van die tent bo-oor getrek, net soos יהוה Moshe beveel het. Ex. 40:18 en 19 PWL Die eerste wat Moses toe gedoen het, was om die Getuienis in die verbondsark te plaas! Moses het die twee kliptafels met die tien gebooie wat daarop gegraveer was in die verbondsark geplaas en toe die verbondsark op sy plek in die Allerheiligste van die tent van samekoms geplaas. Verder het hy die Getuienis gevat en dit in die ark ingesit en die pale aan die kant van die ark ingesteek en die Toedekking het hy bo-op die ark gesit. Hy het die ark in die tabernakel ingebring, die verdelingsgordyn as bedekking opgehang en die ark van die Getuienis toegemaak, soos יהוה Moshe beveel het. Ex. 40:20 en 21 PWL. Hierna het Moses die res van die meublement, naamlik die tafel met toonbrode, die goue kandelaar (menora) en die wierrookaltaar, in die tent van samekoms ingebring en op hulle plek in die Heiligste geplaas volgens YHVH se opdrag. Laastens het Moses die binnehof met sy linne-omheining en met die brandofferaltaar en bronswaskom opgerig (Ex. 40:29 tot 33). So het Moses dan die werk voltooi presies volgens YHVH se plan en opdrag (Ex. 40:33). Nou, nadat die tabernakel gemaak en opgerig is volgens YHVH se plan, het die Gemanifisteerde Teenwoordigheid (die Heerlikheid) van YHVH die tent gevul: en die wolk het die Tent van Ontmoeting oordek en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die tent gevul. Ex. 40:34 PWL. In die vorige parashah 22 het ons geleer dat die bou van die tabernakel n hartsaak van die hele volk was. Daarom moet die bou van ons liggaam as tabernakel ook n hartsaak wees, asook die bou van die liggaam van Yeshua (die gemeente)! Die hart van die tabernakel was die verbondsark wat in die Mees Afgesonderde (die Allerheiligste) van die tabernakel geplaas was. Die hart van die hart in die verbondsark was YHVH se Torah die Woorde van die Tien Gebooie wat in die verbondsark was. Daarom begin die oprig van die tabernakel met die verbondsark wat geplaas word in die tent van samekoms. Ons liggaam is n tent (2 Kor. 5:2 tot 4) wat opgerig word om

7 YHVH se Torah te huisves. Daar moet eers n tent ( n liggaam) wees alvorens die hart van Torah daarin geplaas kan word. Wedergeboorte begin met n hartsverandering van belydenis en erkenning van die eerste gebod, naamlik: Ek is YHVH jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het (Ex. 20:2). Yeshua is die Messias wat ons uit die slawejuk van sonde lei. Hierop volg Lewe in oorvloed wanneer YHVH se Torah op die tafels van ons hart geskryf word en ons daarvolgens lewe. Ware lewe begin dus by Torah en eindig by Torah. Maar tussen die begin en die einde is daar die Binnehof met die Brandofferaltaar en die Koperwaskom, asook die Heiligste met die Goue Kandelaar, die Tafel met die Toonbrode en die Reukaltaar. Dit alles is n sinnebeeld van redding en hoe om as geregverdigde te lewe. Die tabernakel is dus n sinnebeeld van die Weg na die Waarheid wat Lewe gee (Joh. 14:6). Yeshua is ons tabernakel waarvan die hart die verbondsark is met die Torah daarin. YHVH se Gemanifisteerde Teenwoordigheid sal slegs sigbaar in ons lewens word wanneer ons die Weg na die Waarheid wat Lewe gee, gestap het en wanneer YHVH se Torah op sy plek in ons harte is. Alles moet voltooi en opgerig word volgens YHVH se plan. Yeshua is YHVH se plan vir die bou en oprigting van ons tabernakels en Hy is YHVH se Torah die Woord wat vlees geword het en onder ons kom tabernakel het (Joh. 1:1 to 3 en 14). So het Moshe dan die werk voltooi en die wolk het die Tent van Ontmoeting oordek en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die tent gevul. Moshe was nie in staat om in die Tent van Ontmoeting in te gaan nie omdat die wolk daarop gerus en die Teenwoordigheid van יהוה die tent gevul het. Ex. 40;33 tot 35 PWL. Bepeins of Bespreek 1. Moses het die eerste kliptafels met die tien gebooie wat hy by YHVH ontvang het gebreek toe hy die aanbidding van die goue kalf gesien het (Ex. 32:19). Later het Moses in opdrag van YHVH twee identiese kliptafels gekap en dit na YHVH geneem om weer die woorde te skryf wat op die eerste kliptafels was (Ex34:1). Sien jy die betekenis hiervan? Ons almal het YHVH se Torah gebreek, maar ons het ook later in ons lewe met die tafels van ons hart na YHVH gegaan sodat Hy die Torah daarop kan skryf! Torah-gehoorsaamheid is n wilsbesluit! Midrash Haftorah (Haftorah Bespreking) 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid Sonder Torah Nie In hierdie week se Haftorah leer ons ook, soos in die parashah, dat YHVH se Heerlikheid ons nie kan vul sonder Torah-gehoorsaamheid nie. Toe het die priesters die ark van die verbond van יהוה na sy plek gebring, in die binnevertrek van die huis, na die Mees Afgesonderde, onder die vlerke van die gérubs.

8 1 Kon. 7:6 PWL Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moshe by Horev daarin gesit het, waar יהוה n verbond met die seuns van Yisra el gesluit het, toe hulle uit die land van Mitzrayim uitgekom het. Dit het gebeur dat toe die priesters uit die Afgesonderde plek uitgaan, die wolk die huis van יהוה gevul het sodat die priesters, as gevolg van die wolk, nie kon staan om te bedien nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה gevul. 1 Kon. 8: 9 tot 11 PWL Die Gemanifisteerde Teenwoordigheid (die Heerlikheid) van YHVH het die tempel gevul slegs nadat die verbondsark deur die priesters op sy plek in die Allerheiligste geplaas was. Al wat binne die ark was, was die kliptafels met die tien gebooie. Toe die verbondsark op sy plek geplaas was, was die tempel voltooi en was dit n geskikte woning vir YHVH om deur sy Gees te kom woon. Hierdie is weereens vir ons n belangrike les en n bevestiging dat YHVH se Heerlikheid slegs in ons lewens sal manifisteer indien YHVH se Torah op die tafels van ons hart geskryf is en ons daarvolgens lewe. Daarom kan geen mens wat YHVH se Torah as uitgedien beskou met die Afgesonderde Gees gevul wees nie. Die maatstaf (meetsnoer, standaard) vir vulling met die Afgesonderde Gees is, is nie die spreek in n vreemde taal nie, maar wel of YHVH se Woorde van Sy Torah (die wet) op die tafels van jou en my hart geskryf is en in jou en my verstand gegee is!! Vir talle Christene is Torah-gehoorsaamheid n vreemde taal!! Anders gestel: Jy kan slegs met die Afgesonderde Gees gevul (gedoop) wees indien dit jou begeerte en strewe is om aan YHVH se Torah gehoorsaam te wees nadat jy die versoeningsoffer van Yeshua tot vergifnis van sonde deur vertroue aanvaar het!! Die spreek in n vreemde taal kan wel die gevolg hiervan wees soos wat ondermeer in Hand. 2:6 tot 12 en Hand. 10:45 en 46 geskryf is. Maar onthou egter Paulus se woorde in 1 Kor. 12:30, naamlik:...praat almal van hulle in tale? Vertaal almal van hulle? Hierdie is die bewys dat vulling met die Afgesonderde Gees nie die spreek in nuwe tale is nie, want volgens Paulus het almal in die gemeente dit nie gedoen nie! Maar: Indien jy egter bely dat jy vry van YHVH se Torah (die wet) is, dan is die Woorde van Torah nie op die tafels van jou hart deur die Afgesonderde Gees geskryf nie!! Dan is jy nie met die Afgesonderde Gees van YHVH gevul (gedoop) nie! Dan sal YHVH se Gemanifisteerde Teenwoordigheid nie jou lewe vul nie! Bepeins of Bespreek 1. Hoe kan iemand sê dat hy met die Afgesonderde Gees gevul (gedoop) is, maar hy weier om die shabbatsgebod te eerbiedig? Dit is nie die Gees van Torah nie! 2. Hoe kan iemand sê dat hy met die Afgesonderde Gees gevul is, maar hy weier om YHVH se voedselvoorskrifte te volg? Dit is nie die Gees van YHVH nie!

9 3. Hoe kan iemand sê dat hy met die Afgesonderde Gees gevul is, maar hy weier om YHVH se Feestye volgens Levitikus 23 te gedenk, terwyl hy met ywer n afgodsfees soos kersfees gedenk? Dit is nie YHVH se Gees van Waarheid wat so n persoon leer en lei nie! 4. Hoe kan iemand aanspraak maak dat hy deur die Afgesonderde Gees van YHVH gelei word indien hy die Woorde van Torah, naamlik YHVH se liefdevolle onderrig en instruksies, verwerp? Anders gestel: Hoe kan iemand aanspraak maak dat hy deur die Afgesonderde Gees van YHVH gelei word indien hy reeds besluit het om nie aan YHVH se Torah gehoorsaam te wees nie? So n persoon is gehoorsaam aan sy eie wil of aan die wil van n onrein gees. [Lees die artikel: Met Watter Gees Is Jy Gevul (Gedoop)? deur op die volgende skakel te kliek: http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2014/01/gb1.jan14wattergees.pdf] Chazak! Chazak! Ve nitchazek! Wees sterk, wees sterk en word versterk! -o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalomgroete tot volgende keer. Johan Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.