Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van huweliksverbrokkeling... 35 6. Die eensaamheid van gevangenes... 41 7. Die eensaamheid van gesag... 47 8. Eensaamheid in die werkplek... 51 9. Die eensaamheid van puberteit... 57 10. Die eensaamheid van vrees... 63 11. Die eensaamheid van sonde... 69 12. Die eensaamheid van toewyding... 75 13. Die eensaamheid van depressie... 81 14. Die eensaamheid van die bediening... 87 15. Die eensaamheid van kinderlose ouers... 93 16. Die eensaamheid van ouerlose kinders... 99 17. Die eensaamheid van alleenheid... 103 18. Die keersy van eensaamheid... 107 19. Oor die genesing van eensaamheid... 113
Hoofstuk 1 Eensaamheid: woordverklaring
Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. PSALM 25:16 ONS LEES IN PSALM 102:7 oor eensaamheid: Ek voel so ver late soos n pelikaan in n woestyn, soos n uil tussen murasies. En weer: Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote (Ps. 25:16). Eensaamheid is die gevoel dat jy uitgelaat is; dat jy vergeet is. Dis die af wesigheid van intimiteit en belangstelling deur ander mense. Mary Greer sê tereg: Loneliness is living in a shell. Die eensame mens is geïsoleer en onverbonde. Hy voel ander mense verstaan hom nie. Hy smag na belangstelling, simpatie en aanvaarding. Hierdie is algemeen menslike gevoelens en val onder sosiale eensaamheid. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal verklaar eensaamheid soos volg: Alleen, sonder geselskap, afge sonder. Dan haal hulle verskeie digters aan: Die lewe is eensaam, soos die dood. ERNST VAN HEERDEN 12
Wie gee om? In eensame veld staan n tentjie klein. TOTIUS Hier waar ons liefde in uiterste suiwering niks meer is as n eensame lied. N.P. VAN WYK LOUW Ons kan hierby ook nog die uitspraak van I.D. du Plessis in gedagte hou: Eenling is die mens gebore, in die diepste van sy siel skuil n plek waar mensverlore, hy in eensaamheid moet kniel. Daar is egter ook geestelike eensaamheid soos wat Psalm 22:2 getuig: My God, my God, waarom het U my verlaat? Dit is dieselfde woorde wat Jesus aan die kruis gesê het te midde van die grootste eensaamheid in men se heugenis. Hierdie eensaamheid vloei voort uit on be antwoorde gebede, tye van siekte, beproewing en die dood. Ter vertroosting en be moediging sê G.K. Chesterton: Toe ek my verbeel het dat ek alleen gestaan het, was ek inderdaad in die belaglike posisie dat ek deur die hele Christendom gerugsteun is. In teenstelling met die woord alleenheid/eensaamheid, het ons die woord afsondering. In Engels is dit solitude. Paul Tillich verklaar dit só: 13
Solly Ozrovech Our language has wisely used the two sides of being alone. It has created the word loneliness to express the pain of being alone. And it has created the word solitude to express the glory of being alone. Dis soos n kind in n weeshuis wat 24 uur per dag om ring is deur ander kinders en wat ten spyte daarvan soms hunker om alleen te wees. Hy is op soek na hierdie af sondering. Ware en toegewyde godsdiens dwing mense om dikwels in eensame plekke alleen te wees ter wille van ge wyde bepeinsing en gebed. Dit is moontlik om alleen in n mens se denke te wees terwyl jy tussen n skare mense is, en dit is moontlik vir die eensame om tussen n skare mense totaal eensaam te wees. Hierdie afsondering is vir die denke en die siel wat n dieet vir die liggaam is. 14
G enadige Here Jesus, ons aanbid U as die Een wat by uitstek weet wat eensaamheid waarlik is. U het dit immers self ervaar; u eensaamheid was inderdaad tot bloedens toe. U moes aan die kruis u eensaamheid uitsnik: My God, my God, waarom het U My verlaat? Van God, van u Vader verlaat, sodat ons, u gelowige kinders, nooit weer deur Hom verlaat sou word nie. Die mens kan eensaam en verlate voel, maar nooit soos U van God verlate nie! O Here, laat my na u voorbeeld my eensaamheid met geloof en dapperheid hanteer. Gee my genade om nie daaronder te knak, of om in selfbejammering dubbel te vou nie. Dankie vir die stellige wete dat U altyd en onder alle omstandighede by my is; dat U deur u Heilige Gees in my woon; dat U my sterk maak in my oomblikke van striemendste eensaamheid. Gee aan my die geloof en genade om uit te sien na my afsondering saam met U vir gebed en bepeinsing wat my skuilplek teen eensaamheid is: heilig eensaam; met God gemeensaam! Dankie, Here Jesus, dat U belowe het dat U ons nooit alleen sal laat nie; dat U tot aan die voleinding van die wêreld met ons sal wees om ons eensaamheid met u liefde en genade te vul; en dat U ná hierdie lewe nog altyd met ons sal wees. Loof die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is daar geen einde nie! Amen 15