Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Similar documents
Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Doen Eers n Kosteberekening

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Les 6 vir 10 November 2018

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Van Vervolger tot Prediker

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Midrash (Torah Bespreking)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Luister na God. enlewe vir ewig

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Ons Hebreeuse Wortels

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Addendum A Consent form

Waar is God as ons swaarkry?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Pretoria- 23 Junie 2012

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Transcription:

1 Nuwe Lied Bediening Hy het n nuwe lied in my mond gegee, n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op Yahuah vertrou. Ps.40:3. Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua, Die Gesalfde Een, die Lewende Torah is die Woord van wat vlees geword het. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die יהוה Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Yeshua is die hart van die Vader! Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah Sarah het honderd sewe en twintig jaar geleef. Dit was die lewensjare van Sarah. Gen. 23:1 PWL 1 Torah: Gen. 23:1 tot 25:18 Haftorah: 1Kon. 1:1 tot 31. Nuwe Verbond: Matt. 2:1 tot 23; 1Kor. 15:50 tot 57; Heb. 11:11 tot 16. Hierdie notas is aanvullend tot die vorige jare se notas vir Parashah 5 wat afgelaai kan word by: http://nuwelied.info/?page_id=1182 The further a society drifts from the truth, the more it will hate those that speak it Anonymous. I can t change the direction of the wind, but I can adjust my sails to reach my destination Jimmy Dean. While we cannot stop the march of Bible prophecy, we can determine our place in it Anonymous. If we are to better the future we must disturb the present Catherine Booth. Life is not the way it's supposed to be. It's the way it is. The way we cope with it is what makes the difference Anonymous. The depth of revival will be determined exactly by the depth of the spirit of repentance. Frank Bartleman. 1 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) Vertaling (www.padwlewe.ch), behalwe waar anders vermeld. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by gerrie@padwlewe.ch gekontak word of telefonies by 074 361 2134.

2 The man who keeps busy helping the man below him, won't have time to be jealous of the man above him Henrietta Mears. You can't be a saved sinner. You are either saved or you are a sinner. Leonard Ravenhill. Torah Bespreking Hersiening In ons Torahstudie tot hede het ons geleer dat יהוה se onpartydige opregtheid (Sy geregtigheid) vertroue en getrouheid is. Dit is vertroue in God se onverdiende guns soos deur Yeshua, dié Gesalfde Een, openbaar gemaak is en dit is getrouheid aan God se Torah. Abraham, ons geestelike aardsvader, is bevestiging van hierdie vereiste om as onskuldig deur gesê: God -יהוה gereken te word. Daarom het Yeshua maar soek eerste die Koninkryk van God en Sy onpartydige opregtheid en al hierdie dinge sal ook vir julle bygesit word. Matt. 6:33. Wanneer ons deur vertroue en getrouheid in God se Koninkryk dien, dan sal die Koning vir ons sorg dan hoef ons nie oor die dag van môre te bekommer nie! Dit herinner ons ook aan wat Sha ul gesê het (Kol. 3:1-4): 1 As julle dus saam met dié Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar dié Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit. 2 Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie 3 want julle is dood en julle lewe is saam met dié Gesalfde Een weggesteek in God. 4 Wanneer dié Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word. Maar verlede week se Torahskriflesing bevat ook n ander baie belangrike les, naamlik n bereidwilligheid om dit wat יהוה deur ons vertroue en getrouheid gegee het, terug te gee indien Hy dit van ons vra! Avraham was bereid om dit te doen toe hy gegaan het om vir Yitz gak te offer! Dit is die hoogste vorm van vertroue en getrouheid! Avraham het lewe gekies! 19 Ek roep die hemel en die aarde vandag as getuies teen julle; dat ek lewe en dood voor julle geplaas het, die seën en die vloek. Kies dus die lewe sodat jy kan lewe, jy en jou nageslag, 20 deur,יהוה jou God, lief te hê, deur Sy stem te gehoorsaam en aan Hom vas te hou, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae sodat jy kan woon in die land wat יהוה aan jou vaders Avraham, Yitz gak en Ya akov met n eed beloof het om dit aan hulle te gee. Hierdie week se Torahskriflesing begin met die sterwe van Sarah en eindig met die sterwe van Avraham. Die einde van Avraham en Sarah se lewensjare was ook die begin van die volgende fase in יהוה se plan om n volk op te rig en te vestig uit wie dié Gesalfde Een sou kom om God se Raadsplan te voltooi! Ons as ouers moet ons daarop toespits om ook in die voetspore van Avraham en Sarah te stap en ons kinders in יהוה se Torah, soos dit in Yeshua vervolmaak, is te leer!

3 Bepeins of Bespreek 1. Die Christendom verkondig n boodskap van redding deur vertroue in Jesus (Yeshua), maar sonder getrouheid, naamlik gehoorsaamheid aan יהוה se Torah. Is dit om lewe te kies? Is vertroue sonder getrouheid om die dood (vloeke) te kies? Keuses In die vorige vier Torahskriflesings het ons geleer van die keuses wat Adam en Havah (Eva), asook Noag en Avraham gemaak het, en van die gevolge van hulle keuses. Hierdie week se Torahskriflesing gaan ook oor keuses. Ons matriarg, Sarah, het ook n keuse gemaak om in יהוה te vertrou en aan Sy se onderrig en instruksies gehoorsaam te wees, daarom word sy gereken as een van die geloofsreuse van die verlede soos ons in Heb. 11:11-12 lees: 11 Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee omdat sy seker was dat Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is; 12 daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand, wat nie getel kan word nie, gebore. Adam en Havah, Noag, Avraham en Sarah kon kies om God -יהוה te vertrou en gehoorsaam te wees of om deur wantroue die pad van ongehoorsaamheid te volg. Ons het geleer dat die Almagtige elkeen se keuse eerbiedig! Soos hierdie week se Torahskriflesing, met die sterwe van Sarah en Avraham, bevestig, het elke mens se aardse bestaan n begin (geboorte) en einde (sterwe). יהוה as Skepper-God skenk aan elke mens lewe, asook die keuse hoe om hier op aarde te lewe en die keuse waar om na afsterwe vir ewig te lewe. As baba en as kind het die mens nie die keuse hoe om te lewe nie, aangesien die ouers, of opvoeder, aan die begin jare hiervoor verantwoordelik is. Soos n kind opgroei, word hierdie keuse van hoe om te lewe toenemend eie keuses totdat volwassenheid bereik word en elkeen dan die volle verantwoordelikheid vir sy of haar eie lewe aanvaar. God asks no one whether he will accept life. This is not the choice. The only choice you have as you go through life is how you live it Meltzer. Elke mens se persoonlikheid, en derhalwe die wyse hoe as volwassene in die samelewing opgetree sal word, is die somtotaal van: Kennis opgedoen deur die sintuie deur al die jare. Kennis is die somtotaal van alles wat gesien, gehoor, gevoel, geruik en geproe word. Lewenservaring (Ondervinding, blootstelling, betrokkenheid, ens. die postiewe en negatiewe). Invloed van sosiale en politieke omgewing, insluitend verhoudings met ouers, familie en vriende. Voorouers se lewe en optrede (Eks. 20:5; Klaag. 5:7).

4 Daarom is daar groot waarheid in die woorde: Elke mens reageer uit sy verlede!! Die verlede is dikwels die wortel van die talle emosionele en fisiese probleme waarmee volwassenes worstel. Daar is egter n oplossing hiervoor wat begin by die keuse wat elkeen moet maak, naamlik: Vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een tot redding (wedergeboorte) Wat gevolg word met gehoorsaamheid aan יהוה se liefdevolle onderrig en instruksies Sy Torah soos dit in Yeshua vervolmaak is. Maar by wedergeboorte is elkeen `n nuwe mens met `n ou verlede. Yeshua het in die plek van elke persoon gesterf sodat die wat in vertroue in יהוה lewe, nie vir hulleself sal lewe nie, maar in eenheid met Hom wat vir elkeen gesterf en opgestaan het (2Kor. 5:15). Dan voeg Sha ul by en sê: Alles wat daarom in eenheid met dié Gesalfde Een is, is n nuwe skepping, die ou orde het daarmee verbygegaan (2Kor. 5:17). Dit sluit aan by die feit dat by wedergeboorte word die skuldbrief (die geskrewe aanklag) van sonde wat aan die kruis gespyker was (Kol. 2:14), deur vertroue n werkliheid in elkeen se lewe wat bely dat Yeshua die eenmalige sondoffer was! Deur vertroue in dié Gesalfde Een word elkeen se sondeskuld gedelg! Daarom is elkeen wat wedergebore is die onpartydige opregtheid van God in Yeshua dié Gesalfde Een (2Kor. 5:21). Hoewel die ou orde (ou dinge) verby gegaan het, kan daar wel dinge (emosionele en fisiese bindinge en letsels) in elkeen se verlede wees wat verhinder dat geestelike volwassenheid bereik word en verhinder om as oorwinnaar in Yeshua te lewe! Die rede hiervoor is dat wedergeboorte presies is wat dit sê, naamlik elkeen word weer gebore. Elkeen word dus weer gebore as `n geestelike baba en moet nou geestelik deur Vader se Torah gevoed word. Dit is om die nuwe mens aan te trek wat in God, in onpartydige opregtheid en in die reinheid van die waarheid geskape is! Sha ul verduidelik dit so in Efes. 4:20-24. 20 Julle het egter nie so geleer van dié Gesalfde Een nie, 21 as julle inderdaad na Hom geluister het en deur Hom geleer is, aangesien alles wat waarheid is in Yeshua is: 22 dat julle, die vorige optrede van die ou mens, wat deur die begeertes van misleiding korrup is, moet afgooi. 23 Julle moet die gees van julle denke voortdurend vernuwe 24 en die nuwe mens aantrek wat in God, in onpartydige opregtheid en in die reinheid van die waarheid geskape is. Dit is ook wat Yegezk el geprofeteer het! 31 Gooi al julle oortredinge, wat julle gedoen het, van julle af weg en maak vir julle n nuwe verstand, wil en emosie en n nuwe gees, want waarom wil julle sterf, o huis van Yisra el? 32 Want Ek het geen behae in die dood van enige een wat sterf nie, verklaar. God -יהוה Erken daarom, draai weg en leef. Eseg. 18:31-32. Dit kan vergelyk word met opvoeding deur n Torahgehoorsame leefwyse wat elkeen se gedagtes, woorde en dade in ooreenstemming met die van Vader-God bring. Dit is `n vrymakingsproses van die negatiewe van die verlede en die groeiproses deur

afgesonderdheid (1 Pet. 1;15-16) tot volmaaktheid (geestelike volwassenheid) (Matt. 5:48). Deur vernuwing van die denke leer elkeen wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is. Daarom skryf Sha ul in sy brief aan die Romeine: 1 My broers, daarom smeek ek julle, deur die guns van God dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle logiese dienswerk 2 en moenie hierdie wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke en julle sal kan onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is. Rom. 12:1-2 Sha ul skryf ook aan die Kolossense om die ou mens en sy dade af te gooi en die nuwe aan te trek wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word (Kol. 3:9-11). Dit is van hierdie ou dinge die ou mens wat nie volgens Torah en die Karakter van יהוה is nie, waarvan elkeen vry moet kom. Torahgehoorsaamheid leer en help elkeen om vry in Yeshua te wees! Met wedergeboorte word elkeen se Torahlose verlede (sondes; wetteloosheid) uitgewis en is dit n nuwe begin van Torahgehoorsaamheid tot vryheid en afgesonderdheid in Yeshua! Dit is hierdie waarheid wat ons vrymaak (Joh. 8:32) van emosionele en fisiese bindinge (vloeke). Die nuwe lewe in Yeshua, dié Gesalfde Een, is om deur vertroue, gehoorsaamheid en deur die krag van die Afgesonderde Gees in daaglikse oorwinning te leef! Dit is om lewe te kies n keuse wat elkeen moet maak!! Alles in die lewe gaan oor keuses. Ons keuses bepaal in vele opsigte ons toekoms. Die geheim is om elke keer die regte keuse uit te oefen! n Torahgehoorsame leefwyse leer ons hoe om die regte keuses te maak en hoe om as onpartydig opreg in Yeshua oorvloed lewe deelagtig te wees. Bepeins of Bespreek 1. As ouers het ons n gelofte afgelê dat ons, ons kinders sal opvoed in die weë van die Here. Hierdie was n onderneming om as tussenganger op te tree in die verhouding tussen ons kinders en hulle Skepper-God n rol wat ons as ouers moet vervul tot ons kinders volwassenheid bereik. Vandag besef en verstaan talle ouers, soos onsself, dat die opvoed in die weë van die Here n gelofte was om ons kinders op te voed om Torahgehoorsaam te wees. Talle ouers, soos onsself, het egter eers die Torahgehoorsame pad begin stap nadat die kinders volwassenheid bereik het. Hierdie is n baie moeilik situasie in die ouer-volwasse kind verhouding wat maklik tot spanning kan ly. Hoe moet ouers hierdie situasie hanteer? Moet jy jou kinders om vergifnis vra dat jy, weens eie onkunde, hulle nie die volle waarheid van die Skrifte geleer het nie? Hoe hanteer jy as ouer die tye waar daar saam gekuier word en dit is byvoorbeeld Shabbat of kersfees, maar jou kind(ers) se siening daaroor is steeds soos jy hulle geleer het? 2. Chayei (die lewensjare van) Sarah en Chayei (die lewensjare van) Avraham. Daar sal n dag kom wat daar ook van jou en my gesê sal word: En dit was die lewensjare van...! Hoe benut jy en ek ons lewensjare? Ons het elke dag eweveel tyd, maar ons het nie almal eweveel dae tyd nie!! Dit is n geval van keuses en prioritisering! Liefde Tot Die Dood Toe! Soos in vorige Torahskrilesings bespreek is, is Avraham en Sarah n voorbeeld van n huwelik volgens יהוה se standaard. 5

Een van die belangrike boustene van n gelukkige huwelik is die bereidwilligheid van beide die man en die vrou om te gee, sonder om iets terug te verwag. Elkeen moet bereid wees om te gee, omdat beide hulle huweliksmaat onvoorwaardelik waarlik liefhet. Ware liefde gee alles en vra niks niks nie! Die Hebreeus vir die woord gee is natan נתן) nun, tav, nun-sofit) en is n palindroom ( n alkant-selfkant-woord) n woord wat dieselfde van links na regs en van regs na links gespel en uitgespreek word. Volgens Hebreeuse denke is die les hierin die volgende: Dit wat jy gee sal jy altyd op een of ander wyse terugkry! Wat jy saai sal jy oes! En Yeshua self het gesê dat dit meer geseënd is om te gee as om te ontvang (Hand. 20:35). In n gelukkige en suksesvolle huwelik is dit slegs die dood wat dit kan skei wat niks anders kan skei nie! Daarom het Abraham gekom om oor Sarah te rou en oor haar te huil (Gen. 23:1 en 2), want dit was slegs die dood wat hulle liefde vir mekaar kon skei. Bepeins of Bespreek 1. Liefde is n wilsbesluit; die gevoel (emosie) is n uitvloeisel van die wilsbesluit en kom later! Die huwelik van Yitz gak en Rivkah (Rebekka) is n voorbeeld hiervan. Daarom lees ons in Gen 24:67 Yitz gak het haar in die tent van sy moeder, Sarah, ingebring en Rivkah gevat en sy het sy vrou geword en hy het haar liefgehad. Die Huwelik was die voedingsbron van liefde vir mekaar! True marital love is not a once-done, permanent thing. It is a growing, living and unfolding journey throughout one s natural life Jerold Aust. Rivkah Die Bruid Ons lees in Gen. 24:60 hoe Rivkah se gesinslede haar geseën het: Hulle het Rivkah geseën en vir haar gesê: Ons suster, mag jy die moeder van duisende van tien duisende word en mag jou nageslag die poorte van dié wat hulle haat in besit neem! Die wyse wat Rivkah geseën was, herinner ons aan die wyse wat יהוה vir Avraham geseën het nadat hy bereid was om Yitz gak te offer. 16 Ek het by Myself gesweer, sê,יהוה omdat jy dit gedoen het en nie jou seun, jou uniek enigste, teruggehou het nie 17 sal Ek jou in seëninge seën en jou nageslag in vermeerdering vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is en jou nageslag sal die poorte van hul vyande in besit neem. Gen. 2:16-17. Avraham is n sinnebeeld van יהוה en Isak n sinnebeeld van Yeshua en daarom kan Rivkah beskou word as die sinnebeeld van Yeshua se bruid, naamlik die gemeente die wat uitgeroep en afgesonder vir יהוה is. Daarom is dit gepas dat Rivkah se nageslag (die saad van Yitz gak) die poorte van die vyand in besit sal neem. Om die poort van die vyand in besit te neem moet gesien word in die lig van n ommuurde stad waar die enigste toegang die poort (hek) van die stad was. Wanneer die poort van die stad in besit geneem was, was die beheer oor die stad en sy inwoners verkry. Die vyand is oorwin! 6

7 In Matt. 16:18 lees ons wat Yeshua gesê het: Ek sê verder vir jou: Jy is Kefa. Op Hierdie Rots sal Ek My vergadering van uitgeroeptes bou en die hekke van Sh ol sal nie daarteen kan staan nie (PWL). Sh ol (doderyk) is die graf en die plek van die dooies. Dit is nie die hel nie, soos dikwels verkeerdelik vertaal en verklaar word. Daarom lees ons byvoorbeeld wat Jakob gesê het toe hy onder die indruk was dat Josef dood is: En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween. Gen. 37:35. Ook het koning Hizkiyahu (Hiskea) gesê: In die middel van my lewe moet ek die poorte van Sh ol binnegaan; ek word beroof van die res van my jare. Jes. 38:10. Volgens hierdie en ander Skrifverwysings is dit duidelik dat die doderyk (Sh ol) nie die hel is nie! Die hel (gehenah) is die plek waar Satan, sy demone en volgelinge tuis hoort! Die poorte van die doderyk (Sh ol) is die poorte van die graf. Dit is dit wat die afgestorwenes in die graf hou. Maar Yeshua het gesê dat hierdie poort nie stand sal hou teen Sy Bruid (die gemeente) nie! Nee, Sy bruid sal die dood oorwin! Hulle sal deur die poorte van die graf bars en uit die dood opstaan! HalleluYah!! 51 Let op, Ek vertel vir julle n geheim: nie almal van ons sal doodgaan nie, maar ons sal almal verander word, 52 skielik, soos die knip van n oog, by die laaste ramshoring, wanneer dit sal blaas en die dooies onverganklik opgewek sal word en ons verander sal word, 53 want dit wat kan vergaan moet aangetrek word met wat nie kan vergaan nie en dit wat kan doodgaan moet aangetrek word met wat nie kan doodgaan nie 54 en wanneer dit wat vergaan aangetrek is met wat nie vergaan nie en dit wat doodgaan met wat nie kan doodgaan nie, dan sal die boodskap wat geskryf is, vervul word: Die dood is ingesluk in die oorwinning. 55 Dood, waar is jou angel? Sh ol, waar is jou oorwinning? 56 Die angel van die dood is die sonde en die krag van die sonde is die geskrewe wet, 57 maar dank God, wat ons die oorwinning gee deur ons Meester, Yeshua, dié Gesalfde Een. 58 Van nou af, my broers, vir wie ek lief is, wees standvastig; moenie geskud word nie, יהוה omdat julle weet dat julle werk in יהוה maar wees altyd oorvloedig in die werk van nie tevergeefs is nie. 1Kor. 15:51-58. Bepeins of Bespreek 1. Die Christendenke en sienswyse van die hemel en die hel is grootliks gebaseer op Griekse mitologie (godeleer). Kan jy uit die Skrifte verduidelik wat gebeur met die wat sterf? Gaan alle regverdiges direk na sterwe hemel toe en alle godelose direk hel toe? Wat is die verskil tussen die doderyk (Sh ol; Gen. 37:35; Job. 7:9; Ps.16:10; ens.) en die bodemlose put (afgrond; Open. 20:1-3) en die vuurpoel (meer van vuur) wat met swael brand (Open. 20:10). Watter een is die hel en wat is die doel van die ander twee? Wie is in beheer van die hel? Is die hel die woonplek van Satan en sy demone?

8 -o-o-o-o-o-o-o- Ontvang יהוה se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat Shalom! Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.