Ingeplant in Christus

Similar documents
1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

Les 6 vir 10 November 2018

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Van Vervolger tot Prediker

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die betekenis van die kruis (1)

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die maan en sy rol in ons wereld *

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catharina Maria Conradie

Pretoria- 23 Junie 2012

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Oor die betekenis van die maagdelike geboortetradisie: n Debat in die Nederduitsch Hervormde Kerk

Waar is God as ons swaarkry?

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

PRO REGNO JOHANNES CALVYN ( ) ENKELE ASPEKTE UIT DIE LEWE VAN CALVYN

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Transcription:

Ingeplant in Christus Calvynjaar 1509-2009 2009 is Calvynjaar! 500 jaar gelede, in 1509, is Johannes Calvyn gebore in die dorpie Noyon in Noord-Frankryk. Ongelukkig is dit nie moontlik om n krans by Calvyn se graf te gaan lê nie, eenvoudig omdat niemand weet waar hy begrawe lê nie. Dalk is dit maar gelukkig ook. Dalk was dit met opset dat Calvyn se graf al vanaf die begin onbekend was. Die Roomse kerk het naamlik die gewoonte gehad om die beendere van ketters weer op te grawe en te verbrand. Dit is wat met John Wycliff se beendere gebeur het - dertig jaar na sy sterwe is dit nog opgegrawe en verbrand. As ons die geboorte van Calvyn herdenk, fokus ons nie soseer op sy persoon nie, maar op die feit dat hy n instrument in God se hand was om die afvallige kerk weer terug te bring op die suiwer spoor van die Evangelie. In die komende paar artikels wil ek fokus op n aspek van die Evangelie wat ook vandag vir ons aktueel is: Wat beteken dit om uit genade te lewe? Ons het almal geleer ons hoef nie goeie werke te doen om daarmee ons saligheid te verdien nie. Maar tog moet ons wel goeie werke doen. Tog moet ons selfs vorder op die pad van geloof. n Christen behoort steeds beter en beter te word. Ons moet groei in heiligheid. Hoe werk dit? En hoe voorkom ons veral as mense wat in die kerk opgegroei het dat die goeie werke sindroom weer by die agterdeur inkom? Ek hoop dat dit wat Calvyn hieroor geskryf het, ook ons geloofslewe 500 jaar later sal verryk. Ons gaan kyk na wat Calvyn geskryf het oor goeie werke, en meer spesifiek ook oor regverdiging en heiliging, en die verband tussen die twee. Bekering Die Fransman Jean Cauvin, oftewel Johannes Calvyn, het waarskynlik nooit amptelik teologie gestudeer nie. As tiener het hy wel vir daardie rede na Parys vertrek, in die twintiger jare van die sestiende eeu. Hy het eers begin om Lettere te studeer, n voorbereidende studie vir teologie. Maar omstreeks 1528 verlaat hy Parys om in Orléans en in Bourges regte te gaan studeer. Die rede vir hierdie verandering is nie heeltemal duidelik nie. Orléans was n vooruitstrewende universiteit, wat sinds kort oorgeskakel het op die nuwe humanistiese metode. In sy tyd in Orléans was Calvyn n entoesiastiese voorstander van hierdie humanistiese beweging. Dit is belangrik om hier by te voeg dat die term humanisties in die eerste helfte van die sestiende eeu n heel ander betekenis gehad het as waaraan ons gewoond is. Die term is veral gebruik as alternatief vir die in die tyd heersende skolastiese (aristoteliese) metode van wetenskapsbeoefening. Die nuwe humanistiese metode is veral gekenmerk deur helderheid, n afkeer van spekulasie, en nog meer deur die wens om by alle ondersoek terug te gaan na die oorspronkelike bronne. Die uitdrukkig ad fontes is gebruik terug na die bronne. Hier metode sal ons nog sien het ook Calvyn se visie op ons onderwerp beïnvloed. 1

Toe Calvyn in 1533 in Parys terugkeer, het hy waarskynlik n heel nuwe visie gehad. En dit was ongeveer n jaar later, in 1543, dat hy tot bekering gekom het. In kort kan mens sê: via die humanisme het hy n reformator geword. Calvyn in sy Institusie oor regverdiging en heiliging In die gedeelte wat volg hoop ek n oorsig te gee uit die Institusie, Calvyn se bekendste werk. Wat skryf hy oor die doen van goeie werke? Watter posisie neem goeie werke in die lewe van n Christen in? En, moet die lewe van n Christen ook vooruitgang toon? Moet n Christen steeds heiliger word? Daarna, nadat ons na Calvyn se antwoord op hierdie vrae gekyk het wil ek dit vervolgens in die historiese konteks plaas waarin Calvyn geleef het. Want teen die historiese agtergrond kom mens net nog meer onder die indruk van hoe hy die rykdom van die Evangelie weer vir die generasies na hom oopgemaak het. Die woorde regverdiging en heiliging hang baie nou saam met die onderwerp van goeie werke. Mens vind hierdie woorde dwars deur die Institusie. Regverdiging word deur Calvyn veral vertolk as aanneming. Ander woorde wat hy as sinonieme vir regverdiging gebruik is vryspraak, kwytskelding, versoening, of toerekening van die verdienste van Christus. 1 Dit is alles woorde wat hy uit die Bybel haal. In kort is die goue draad deur heel Calvyn se betoog die volgende: in die regverdiging is daar geen plek vir goeie werke nie. Selfs om te glo as sulks (nog voordat jy iets gedoen het) kan nie as n goeie werk bestempel word nie. Calvyn gebruik die volgende vergelyking: Jou geloof is soos n pot vol goud. Die pot is slegs die houer. Wie die pot, wat van klei gemaak is, se waarde met die inhoud wil meet, doen eintlik iets belagliks. As dit oor regverdiging gaan, wil Calvyn dus niks hoor van goeie werke nie. 2 Watter plek het die werke van die wet in die regverdiging? Dit beteken niks as ons te staan kom voor die regbank van God nie. Elke mens sê Calvyn is geneig om tydens sy lewe op aarde so min as moontlik aan God se regbank te dink. Ons is bang om na die son van God se geregtigheid te kyk. Dit het ook teologiese konsekwensies. Calvyn sê: Natuurlik is dit vir enigeen maklik en moontlik om in die skadukolle van hulle skole [= teologiese groeperings] oor die waarde van sy werke ter regverdigmaking van die mens onsin kwyt te raak. Maar wanneer n mens voor God se aangesig kom, moet hy sulke beuselagtighede laat vaar, omdat dit daar oor ernstige sake gaan en belaglike woordwedstryde nie daar beoefen word nie. 3 Anders is dit met die woord heiliging. Heiliging het alles te make met goeie werke. Tog is heiliging nie n teenprestasie vir die regverdiging wat ons van 1 Sien Calvyn se Institusie: Institusie Boek 2, Hoofstuk 2,Paragraaf 4. n Baie goeie vertaling van die Institusie in Afrikaans is aan die hand van prof. Dr. H.W. Simpson (met medewerking van prof. Dr. L.F. Schulze en dr. C.M.M. Brink) 2 Calvyn, Institusie, 3,2,17-19 3 Calvyn, Institusie, 3,12,1 2

Christus ontvang het nie. Beide regverdiging en heiliging staan in die groter kader van die feit dat ons ingeplant is in Christus. Ons kom later nog op hierdie begrip terug. Beide regverdiging EN heiliging is gawes wat ons ontvang. Dit is die resultaat van Jesus Christus en die heilige Gees wat saamwerk vir ons saligheid. Calvyn verwys na die Bybelteks 1 Johannes 3:24: En hieraan weet ons dat Hy [= Christus] in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het. Heiliging is dus die produk van Christus se Gees se werk in ons. Wie aan sy eie prestasies waarde toeken, maak homself los van Christus. Christus het gekom om sondaars te red, nie die wat hulle regverdig waan nie. Soos Augustinus gesê het: ons godsdiens maak nie onderskeid tussen regverdiges en onregverdiges na aanleiding van hulle werke nie, maar na aanleiding van hulle geloof. 4 Calvyn werk hierdie waarheid breed uit. Hy konfronteer in hierdie verband veral die Roomse leer van oortollige werke. Sommige mense (bv. die heiliges) sou meer goeie werke gedoen het as wat hulle nodig gehad het om in die hemel te kom. Van hulle ekstras sou hulle nou aan die sondaars kon uitdeel, of soos gebeur het selfs verkoop. Calvyn beskou hierdie siening simpelweg as n gebrek aan insig in die erns van die sonde. Om die aard van ons goeie werke verder te verduidelik, verwys Calvyn na die uitspraak van die kerkvader Chrysostomus: alles wat ons het, en alles wat ons presteer, het dieselfde status as die besittings van n slaaf. Daar kan dus glad nie sprake wees van oortollige werke nie. Die lewe van n Christen (Institusie) Maar hoe behoort die lewe van n Christen dan te lyk? Moet daar sprake wees van geestelike groei? Waaraan moet n Christen homself meet? Calvyn sê in hierdie verband dat God ons in die Skryf sy Seun Christus, wat mens geword het, gegee het as norm waaraan ons ons moet meet. Die werk van die Gees is dat Hy in ons die strewe wakker hou om soos Christus te word. Christen wees mag nie net vashaak in die hê van n opinie, of n geloofsbeskouing, of n geloofsleer nie. Calvyn sê: Die leer... moet ook op ons harte oorgedra word en in goeie sedes oorgaan en ons so daarin verander dat dit vir ons nie onvrugbaar is nie. 5 Die lewe van n Christen moet gekenmerk word deur n volgehoue strewe na die volmaaktheid. Elke Christen moet volgens die maat van sy vermoë voortgaan en op die pad waarmee ons begin het, vordering maak. Niemans sal so teenspoedig op die pad gaan dat hy nie ten minste elke dag n stukkie van die pad aflê nie... Want al sou ons sukses nie aan ons wense beantwoord nie, is ons inspanning tog nie verlore wanneer vandag gister oortref nie, mits ons maar in opregte eenvoud ons oë op ons doel gevestig hou en na die wenpaal strewe. 6 n Belangrike beswaar van die kant van die Roomse kerk was dat die leer van sola fide (slegs deur die geloof) lui Christene kweek. Calvyn weerlê egter hierdie beswaar deur na die ware toedrag te verwys. Hy kan uit die praktyk bewys dat die geloofssekerheid, iets wat die Roomse kerk hulle skape ontneem het, juis die 4 Calvyn, Institusie 3,14,4 5 Calvyn, Institusie 3,6,4 6 Calvyn, Institusie, 3,6,5 3

doen van goeie werke laat toeneem! Dis nie dat Calvyn ontken dat daar geen samehang is tussen geloof en goeie werke nie. Dis net dat ons saligheid nie daarop gebou word nie. Maar goeie werke kom wel voort uit geloofssekerheid. Calvyn sê: Christus maak niemand regverdig sonder om hom terselfdertyd heilig te maak nie. 7 Om dit saam te vat: Goeie werke, of lewensheiliging, is die weg tot, en nie die oorsaak van die toetreding tot die hemelse koninkryk nie. In die volgende artikel gaan ons dit wat Calvyn oor goeie werke, regverdigmaking en heiligmaking geskryf het, in die konteks plaas van die tyd waarin hy geleef het. Die boodskap sal daardeur net nog helderder word. In die eerste plek gaan ons dan kyk na die Konsilie van Trente, n baie invloedryke sinode van die Roomse kerk, wat tussen 1545 en 1563 plaasgevind het. Ds. P.G. Boon 7 Calyvn, Institusie 3,16,1 4

Ingeplant in Christus (2) Johannes Calvyn oor goeie werke In die vorige artikel het ons gekyk na wat Calvyn oor goeie werke in sy boek die Institusie geskryf het. n Belangrike beswaar van die kant van die Roomse kerk was dat die leer van sola fide (slegs deur die geloof) lui Christene kweek. Calvyn weerlê egter hierdie beswaar deur na die ware toedrag te verwys. Hy kan uit die praktyk bewys dat die geloofssekerheid, iets wat die Roomse kerk hulle skape ontneem het, juis die doen van goeie werke laat toeneem! Dis nie dat Calvyn ontken dat daar geen samehang is tussen geloof en goeie werke nie. Dis net dat ons saligheid nie daarop gebou word nie. Maar goeie werke kom wel voort uit geloofssekerheid. Calvyn sê: Christus maak niemand regverdig sonder om hom terselfdertyd heilig te maak nie. Om dit saam te vat: Goeie werke oftewel lewensheiliging is die weg tot, en nie die oorsaak van die toetreding tot die hemelse koninkryk nie. In hierdie artikel begin ons om dit wat Calvyn in sy Institusie oor goeie werke geskryf het, in die konteks van daardie tyd te plaas. Ons begin deur te kyk na die Konsilie van Trente. Calvyn in sy konteks 1: Die Konsilie en Trente Kom ons plaas dit wat Calvyn oor goeie werke (en regverdigmaking en heiligmaking) geskryf het nou in die konteks van die tyd waarin hy geleef het. Die boodskap sal daardeur net nog helderder word. In die eerste plek kyk ons na die Konsilie van Trente, n baie invloedryke sinode van die Roomse kerk, wat van 1545 tot 1563 geduur het. Dit was juis die tyd waarin die nuwe Reformatoriese beweging sterk gegroei het. Geen wonder dat die leer van die regverdiging een van die belangrikste agendapunte was op hierdie konsilie nie. Die leer van die regverdiging was die twispunt by uitstek tussen Rome en die Reformasie. In sy uitsprake het die Konsilie van Trente die leer van die Sorbonne (toonaangewende Roomse universiteit) gehandhaaf. Regverdiging hou nie net in die vergewing van sondes nie, maar OOK die heiligmaking en vernuwing van die innerlike mens. Of in eenvoudiger woorde: om regverdig te wees om hemel toe te kan gaan moet jy ook goeie werke doen. By nadere bestudering van die verrigtinge en uitsprake van hierdie konsilie, blyk dat die tipering die status quo handhaaf baie op sy plek is. Die laat-middeleeuse teologie, wat veral teruggaan op die teoloog Thomas van Aquino, is deur die konsilie ingespan ter verdediging van die heersende kerklike praktyk. Hiermee word bedoel al die gewoontes soos byvoorbeeld die sewe sakramente, die kerklike hiërargie, die denke oor die vrye wil van die mens, tot en met die aflaathandel en die vaevuur. Trente het in alle opsigte geweier om kritiek van die kant van die Reformasie toe te gee. Nie dat daar nie op hierdie konsilie gedebateer is nie. Daar was Roomse geestelikes wat na die kant van die Reformasie oorgehel het. Een van hulle was n Italiaanse teoloog met die naam 5

Seripando. Hy wou aan die vreemde geregtigheid, soos Luther dit verwoord het, ook n plek gee. Trente het sy voorstel egter geïnterpreteer as n tegemoetkoming aan die Reformasie en daarom afgewys. So was voorstel was nie welkom nie. Trente wou alles konsolideer en die geledere sluit. Wat was die konsekwensies van die konsilie van Trente se uitsprake oor die regverdigingsleer? Drie dinge veral: - Die vreemde geregtigheid (d.w.s. n geregtigheid wat van buite jouself af kom) van Christus is nie die enigste vaste rots van ons behoud nie. Daaraan moet naamlik die innerlike geregtigheid, wat vir n deel bestaan uit ons eie goeie werke, toegevoeg word. God die Regter vel sy vonnis deur die een by die ander op te tel. - Die leer van Trente het die gelowiges in sterk mate gebind aan die sakramente. Deur die sakramente in die kerk te ontvang, word die somtotaal van jou geregtigheid verhoog. - Omdat Christus nie die enigste grond van jou redding is nie, kan jy nooit met sekerheid weet of jy in die staat van genade bevind sal word nie. Trente het naamlik sy vervloeking uitgespreek oor enigiemand wat sou meen dat hy behoort by die getal van die uitverkorenes. In kort dus: weg met geloofssekerheid! 8 Dit is opvallend hoe alle uitsprake van die Konsilie van Trente teruggevoer kan word op hulle sleuteluitspraak oor die regverdigingsleer. Dit geld ook veral vir die konsilie se mensbeeld en visie op die erfsonde. Dit was miskien wel die hoofrede waarom die Reformatore pertinent geweier het om enige kompromie te sluit wat betref hulle leer van die vreemde geregtigheid. Trente het naamlik nie uitgegaan van die totale verdorwenheid en onmag van die mens nie. Als gevolg hiervan was dit moontlik om n leer van sinergisme (samewerking tussen mens en God) aan te hang. In hierdie proses word regverdiging en heiliging in mekaar geskuif. Calvyn het aangetoon dat die Roomse kerk nie net onskriftuurlik besig was nie, maar ook teen die kerkvaders van die vroeë kerk ingegaan het. Soos Calvyn sê: As Augustinus n punt duidelik gestel het, verduister Lombardus [ n Roomse teoloog] dit en hy bederf iets wat by Augustinus nie so onsuiwer was nie. Die Skole [Calvyn verwys hier veral na die toonaangevende Roomse universiteit die Sorbonne] het steeds van kwaad na erger afgedwaal totdat hulle uiteindelik halsoorkop in n vorm van Pelagianisme verval het. 9 As mens die laaste uitgawe van Calvyn se Institusie lees (uit 1559), dan is dit duidelik dat Calvyn op die hoogte was met die gang van sake in Trente. As pleitbesorger vir die Reformatoriese regverdigingsleer rig hy hom teen hierdie Roomse magsblok. Maar omgekeerd is dit opvallend dat Trente nie werklik rekening gehou het met die magtige en invloedryke pen van die Geneefse Reformator nie. Trente het sy blik uitsluitend op Luther gerig. 8 Sien in hierdie verband B. Wentsel Dogmatiek Deel 4a, p. 415 9 Pelagius is berug oor sy leer van die vrye en nie verdorwe wil van die mens. Calvyn, Institusie 3,11,15 6

Calvyn in sy konteks 2: Osiander Die Lutheraan Andreas Osiander was n omstrede figuur in die midjare van die sestiende eeu. Hoewel hy hom agter Luther opgestel het, het die Lutherane hulle later van hom gedistansieer. Dit het gebeur tydens die sogenaamde Osiandriese stryd, wat oor die regverdigmaking gegaan het. Die aanleiding vir hierdie stryd was Osiander se boek De justificatione (Oor die regverdigmaking) uit 1550. Osiander het beswaar gemaak teen die toerekeningsgedagte wat inhou dat die regverdigheid wat Christus verwerf het, aan ons geskenk word. Volgens hom moet n mens ook n wesenlike geregtigheid voor God hê. Sy teorie was dan dat ons van God self wat hy noem wesensgeregtigheid ontvang. n Gevolg van hierdie teorie is egter dat die onderskeid tussen die Goddelike en menselike natuur begin vervaag. Die regverdigingsleer van Osiander verskil dan ook op hierdie punt van die van Calvyn. Calvyn het gesê dat ons danksy Christus voor God regverdig staan, d.w.s. deur toerekening. Osiander het dit nie genoeg gevind nie. Ons moet wesentlik IN God (nie slegs VOOR God) regverdig wees. Dit is volgens Osiander moontlik omdat God sy wese in ons uitgestort het. Calvyn noem hierdie opvatting daarom n wesensvermenging, waardeur n mens n deel van God begin uitmaak. Waar dit op neerkom is dat die heiliging eintlik n onderafdeling word van die regverdiging. God regverdig ons nie net deur vergewing van sondes nie, maar ook deur wedergeboorte. Hoekom het Osiander hierdie leer aangehang? Osiander was bang vir n mens wat deur toegerekende geregtigheid aan die een kant met God versoen is, maar aan die ander kant maar net n sondaar soos hy altyd was bly. In feite is dit dus presies dieselfde beswaar teen die leer van die Reformasie (sola fide) as wat Rome gehad het. Osiander probeer dit egter anders oplos as die Roomse kerk. Maar weer eens beklemtoon Calvyn: dit is nie moontlik nie! Wie in Christus ingeplant is, bly nie sonder vrugte nie. En om in Christus ingeplant te wees, beteken nog nie wesensvermenging nie. Christus is die bruidegom, die kerk is die bruid. Maar bruid en bruidegom bly wel twee onderskeibare persone. Calvyn het Osiander waarskynlik tydens die godsdienstgesprek in Worms (1541) ontmoet. In sy Institusie bestee hy uitgebreid aandag aan die regverdigingsleer van Osiander. Hy weerlê dit kragtig vanuit die Skrif. 10 Tot sover het ons in hierdie reeks artikels gekyk hoe Calvyn die Bybelse leer verdedig het teen twee dwaallere, die van die Roomse kerk en die van Osiander. Hy was nie skaam om duidelike taal te gebruik nie. n Leer wat teen die klaarblyklike betekenis van die Bybel ingaan, kan eenvoudigweg nie geduld word nie. In die volgende artikel gaan ons na iets anders kyk. Hoe Calvyn posisie 10 Calvyn, Institusie 3,11,5-12 7

gekies het ten opsigte van die ander Reformatore. Want ook tussen die hervormers was daar verskille wat betref hulle visie op regverdiging en goeie werke. Dan sal ons ineens n ander Calvyn sien aan die een kant kompromisloos teenoor die dwaalleraars, maar aan die ander kant mild en geduldig. Ds. P.G. Boon 8

Ingeplant in Christus (3) Johannes Calvyn oor goeie werke Calvyn in sy konteks 3: Die ander hervormers Tot sover het ons in hierdie reeks artikels gekyk hoe Calvyn die Bybelse leer oor regverdiging, heiliging en goeie werke verdedig het teen twee dwaallere: van die Roomse kerk en die van Osiander. Hy was nie skaam om duidelike taal te gebruik nie. n Leer wat teen die klaarblyklike betekenis van die Bybel ingaan, kan eenvoudigweg nie geduld word nie. In hierdie artikel gaan ons na iets anders kyk - hoe Calvyn posisie gekies het ten opsigte van die ander Reformatore. Want ook tussen die hervormers was daar verskille wat betref hulle visie op regverdiging en goeie werke. Waar Calvyn kompromisloos was teenoor dwaalleraars, sien ons nou ineens iemand wat mild en geduldig is! Calvyn was n tweede generasie reformator. Toe Marten Luther sy 95 stellings aan die kerkdeur vasgespyker het, was Calvyn nog maar n seuntjie van 8 jaar. Calvyn het die grootste respek vir Marten Luther gehad en vir die durf wat hy aan die dag gelê het. Maar Calvyn was ook presies op die hoogte van die meningsverskille tussen die eerste generasie reformators. Soos uit die voorgaande artikels geblyk het, was die leer oor die regverdiging en heiliging in daardie tyd n baie omstrede onderwerp. Nie alleen tussen Rome en die Reformasie nie, maar ook tussen die reformatore onderling. By Luther het die persoonlike ontmoeting tussen Christus en die gelowige baie aandag ontvang. Melanchton, Luther se kollega in Wittenberg, het die regverdiging baie meer uit n juridiese oogpunt benader. Bekend vir hom is die konsep van forensiese regverdiging. Dit hou in: regverdigverklaring, toerekening van die reverdigheid van Christus. Melanchton is terminologies baie helder, maar dit kan soms ten koste gaan van die aandag vir die persoonlike ontmoeting met Christus, wat by Luther so sentraal staan. Sluit hierdie twee benaderings mekaar uit? 11 Nog n diskussiepunt tussen die eerste generasie reformatore was die verhouding tussen God se inisiatief en die menslike reaksie daarop. Luther was gewoond om sy punt haas oordrewe duidelik te stel: werke het geen enkele plek in die Christelike lewe nie! God se genade is aan geen enkele voorwaarde gebonde nie!! Zwingli, n reformator uit Switzerland, se benadering was egter weer anders. Sy teologie het n sterk etiese gerigtheid gehad. Soms kan dit by hom klink of regverdiging afhanlik is van morele vernuwing. Dus waar Luther die Christelike gehoorsaamheid byna n plek lyk te ontsê, lyk dit of Zwingli alles van hierdie gehoorsaamheid afhanklik wil maak. 12 11 A.E. McGrath Johannes Calvijn, 1994, p. 198vv. 12 A.E. McGrath Iustitia Dei. A history of the Christian doctrine of justification Volume 2, 1986, p. 32vv. 9

Die verdienste van Calvyn as tweede generasie reformator was dat hy hierdie verskilpunte van die eerste generasie op n meesterlike wyse opgelos het. En die manier waarop hy dit gedoen het was om alle aandag te vestig op die Bybelse begrip dat ons ingeplant word in Christus. Die insitio in Christo oftewel inplanting van die gelowige in Christus. Ons ontvang al die weldade van Christus (forensies Melanchton), deurdat ons deel word van sy liggam (persoonlik Luther). Calvyn skryf in sy Institusie: Ons verwag ons saligheid trouens juis van Hom, nie omdat Hy in die verte aan ons geopenbaar is nie maar omdat ons in sy liggaam ingelyf is en Hy ons nie alleen deelgenote in al sy seëninge maak nie maar ook deel van Homself. 13 Hieruit vloei ook die oplossing vir die tweede verskilpunt voort. Dat God mense regverdig, hang nie af van morele vernuwing of heiliging van hulle lewe nie (Zwingli). Ook maak dit die heiliging nie oorbodig nie (Luther). Vir Calvyn is sowel regverdiging EN heiliging regstreekse gevolge van die inlywing van die gelowige in Christus. As die gelowige in Christus glo (= verenig is met Christus), dan is hy op dieselfde oomblik deur God in genade aangeneem (regverdiging), asook op die weg geplaas na morele verbetering (heiliging). Met die Bybelse begrip ingeplant in Christus kry Calvyn dit dus reg om die eensydighede van die eerste generasie reformatore te oorkom, sonder om opnuut weer regverdiging en heiliging in mekaar te skuif, soos Rome gedoen het. 14 Calvyn het in die tyd toe hy in Straatsburg gewerk het, baie geleer van sy kollega Martin Bucer, wat ook n eerste generasie reformator was. Dit is moontlik dat Bucer in hierdie verband n groot invloed op Calvyn se denke gehad het, al het ons dit aan Calvyn te danke dat hy die ewewigtige Bybelse leer oor regverdiging, heiliging en goeie werke so duidelik en oortuigend in sy Institusie weergegee het. Beide regverdiging en heiliging moet Christologies gesien word. Beide is naamlik weldade van Christus. Met die gedagte van die inplanting van die gelowige in Christus wil Calvyn enersyds reg doen aan die forensiese aspek, en andersyds aan die relasionele aspek. Hy beklemtoon dat ons heiliging net soseer te danke is aan die inlywing in Christus. Heiliging is nie ons teenprestasie in ruil vir die regverdiging nie. Waar Bucer gepraat het oor dubbele regverdiging om dit te verduidelik, het Calvyn meer korrek gepraat van dubbele genade. 15 As mens na die totaalprentjie kyk van wat die Hervormers oor die regverdiging en heiliging geleer het, is dit opvallend dat daar behoorlike aksentverskille was. Des te meer is dit opvallend dat ons in Calvyn se Institusie nie veel hieroor vind nie. Met uitsondering van die voormalige Lutheraan Osiander, aan wie ons in n vorige artikel aandag geskenk het, polemiseer Calvyn nooit met een van die reformatore nie. Dit moet myns insiens tot eer van Calvyn gesê word. Ons het in die Institusie te make met n doelbewuste poging om eenheid te bewerk in die 13 Calvyn, Institusie 3,2,24 (beklemtoning deur my, PGB) 14 A.E. McGrath Johannes Calvijn, 1994, p. 200. 15 A.E. McGrath, Reformation Though An Introduction, 1993, p. 112. Bucer het regverdiging aangedui as iustification impii en heiliging as iustification pii. 10

Protestantse geledere. Nie-prinsipiële meningsverskille mag geen aanleiding vorm tot onmin en geskeidenheid nie. Danksy hierdie ireniese instelling het die Institusie n ongekend kragtige evangeliserende uitwerking gehad op talle mense, nie net Calviniste nie maar ook Lutherane, ja selfs op vele in die Roomse kerk. In die laaste artikel wil ek nog bietjie dieper ingaan op dit wat Calvyn geskryf het oor die verhouding tussen regverdiging en heiliging, en die plek van goeie werk in n Christen se lewe. En dit gaan ons uiteraard doen in die konteks van die tyd waarin hy gelewe het. Ds. P.G. Boon 11

Ingeplant in Christus (4) Johannes Calvyn oor goeie werke Calvyn in sy konteks 4: Calvyn en die Calvinisme Tot sover het ons in hierdie reeks artikels gekyk hoe Calvyn die Bybelse leer oor regverdiging, heiliging en goeie werke verdedig het teen twee dwaallere, die van die Roomse kerk en die van Osiander. Hy was nie skaam om duidelike taal te gebruik nie. Maar daarenteen was hy baie mild teenoor die eerste generasie Reformatore, hoewel daar tussen hulle heelwat meningsverskille bestaan het. n Groot verdienste van Calvyn was dat hy die pad gewys het om bo hierdie verskille uit te groei. In hierdie artikel wil ons nog bietjie dieper ingaan op dit wat Calvyn geskryf het oor die verhouding tussen regverdiging en heiliging, en die plek van goeie werk in n Christen se lewe. En dit gaan ons uiteraard doen in die konteks van die tyd waarin hy gelewe het. Hierdie keer kyk ons veral na die generasie na Calvyn. n Belangrike onderwerp in die teologie is die heilsorde (ordo salutis). In kort dui hierdie term op die volgorde waarvolgens n mens die heil ontvang. Wat is die verskillende stappe, en in welke volgorde? Neem God die eerste stap, of moet die mens die eerste stap sit. Regverdig God n sondaar as sulks, of moet n sondaar hom eers oopstel vir die evangelie? Of dalk nog meer, moet n sondaar eers n entjie gevorder het op die pad van heiliging? As ons na die teologie kyk, ook in die tradisie van die Calvinisme, sien mens dat daar geweldig veel geskryf is oor die heilsorde. Uitgebreide stelsels is ontwerp en verdedig om te verduidelik wat die eintlike volgorde behoort te wees en hoe die heil in n mens se lewe ingang vind. Met dit in gedagte, is dit opvallend dat Calvyn in sy Institusie die heiliging VOOR die regverdiging behandel. 16 Beteken dit dat volgens Calvyn n Christen eers n heilige lewe moet lei, voordat hy aanspraak op die regverdiging kan maak? Nee, die saak lê bietjie ingewikkelder. Enersyds het Calvyn bewus vir hierdie ongebruiklike volgorde gekies. Hy gee n duidelike motivering - dit was nodig om eers die heiliging te behandel om te laat sien dat die geloof in God se barmhartigheid n mens nie nonchalant en onverskillig maak wat betref die doen van goeie werke nie. Dit was naamlik die groot beswaar van die kant van die Roomse kerk as jy vir mense geloofssekerheid gee, dan raak hulle onverskillig en doen hulle nie meer hulle bes om goed te lewe nie. Daarom wil Calvyn beide in sy konfrontasie met Rome en met Osiander die belang van goeie werke op die voorgrond stel. n Vreemde regverdigingsleer (d.w.s. as Iemand anders jou regverdig maak en nie jy jouself nie) maak n Christen nie lui nie. Inteendeel, iemand wat deur God geregverdig is, is nooit meer met sy ou mens tevrede nie. Deurdat Calvyn eers die heiliging behandel, dwing hy sy lesers om 16 Heilgimaking: Institusie 3,1-10. Regverdigmaking: Institusie 3,11-18 12

nie te gou met n veroordeling te kom nie. Hy behandel die heiliging as n soort inleiding op die hoofpunt: die regverdigingsleer. Andersyds moet ons versigtig wees om Calvyn se denke sonder meer in n spesifieke heilsorde te probeer inpas. En dit is juis hier waar daar dalk n verskil kan wees tussen Calvyn en die Calvinisme van latere generasies. As mens die opbou van die Institusie bekyk, val dit op die Institusie geen streng logiese struktuur het nie. In die eerste uitgawe van 1536 was dit nog meer die geval as in latere uitgawes. Calvyn behandel bloot die wet, die geloofsbelydenis, die sakramente en die Christelike lewe. In sy finale uitgawe (1559) werk Calvyn met n hoofindeling in vier boeke 17, hoewel hy in elke boek n aantal onderwerpe behandel wat nie streng logies of chronologies georden is nie. Juis op hierdie punt is daar nogal n verskil tussen Calvyn en die Calvinisme, soos dit in die generasies na hom vorm gekry het. Hierdie verskil word byvoorbeeld duidelik as ons oor die uitverkiesing praat, oftewel die predestinasieleer. Die uitverkiesing vorm by Calvyn nie n logiese prinsipe van waaruit hy sy hele geloofsleer opbou nie (soos dit dikwels in die Calvinisme wel die geval geword het). Theodor Beza, Calvyn se opvolger, gee aan die uitverkiesing n baie meer prominente plek in die logiese opbou van sy teologie in die algemeen en die heilsorde in die besonder. Nou het ons hier waarskynlik nie met n inhoudelike verskil tussen Calvyn en Beza te make nie, eerder n metodiese verskil. 18 n Metodiese verskil wat trouens n inhoudelike verskil tot gevolg kan hê. As ons na Beza kyk, kry die uitverkiesing die eerste plek as die eerste stap oftewel die fondament van die heilsorde. Die verskillende stappe van die heilsorde volg dus die een na die ander in vaste volgorde: uitverkiesing regverdiging afsterf van die ou mens heiliging lewendmaking verheerliking 19 Beza gee n streng logiese en chronologiese struktuur aan die heilsorde. Die agtergrond hiervoor is waarskynlik dat Beza wat betref sy wetenskaplike metode weer teruggegaan het na die middeleeuse aristoteliese skolastiese metode, waarvoor Calvyn juis so allergies was (sien eerste artikel oor humanisme). En baie tiperend gee hy dan vanuit hierdie metode aan die leer van die uitverkiesing n ander plek as Calvyn. Waar Calvyn die uitverkiesing behandel as n bykomende aspek van die verlossingsleer, maak Beza dit n aspek van die Godsleer. 17 Boek 1: Kennis van God die Skepper Boek 2: Kennis van God, die Verlooser in Christus Boek 3: Die manier waarop ons die genade van Christus ontvang, die voordeel en resultaat daarvan Boek 4: Die uiterlike hulp en ondersteuningmiddels waardeur God ons tot die gemeenskap met Christus uitnooi en ons daarin hou 18 A.E. McGrath, Johannes Calvijn, 1994, p. 251-259. 19 electio iustificatio mortification sanctificatio vivificatio glorification 13

Dit is juis hierdie omslag wat n baie kwalike uitwerking gehad het op die latere Calvinistiese ortodoksie, waarin die leer van die uitverkiesing dikwels verlammend begin werk het op die geloofssekerheid van Christene, asook n blymoedige strewe na voortgaande lewensheiliging. En dit terwyl God in die Bybel sy uitverkiesing aan ons juis as n troos geopenbaar het! Soos iemand in hierdie verband skryf: Calvyn het vir n praktiese benadering gekies, en nie n skolastiese nie om sy lesers te kan help pleks van aan hulle sy hy denkmetodes op te lê. Dit is nou maar eenmaal so dat metode en inhoud wel van mekaar onderskei kan word, maar nie geskei nie. Hulle beïnvloed mekaar. Om hierdie aspek spesifiek op ons onderwerp toe te pas: in die heilsorde sien ons in die Institusie dat Calvyn uitgaan van die gelyktydigheid van al die verskillende stappe in die heilsorde. Hoewel Calvyn nie sal ontken dat alles begin by die verkiesende liefde van God nie, funksioneer die verskillende trappe van die heilsorde binne die oorkoepelende raamwerk van die inplanting in Christus. Laat ons veral nie vergeet dat God nie aan ons tydsbegrip gebonde is nie! Uitgaande van die inplanting van die gelowige in Christus, het dit tot gevolg dat die uitverkiesing by Calvyn nie n soort metafisiese prinsipe word nie. In werklikheid staan die behandeling van die verkiesing in die Institusie ingebed tussen die behandeling van die gebed en van die laaste opstanding. Die uitverkiesing staan dus in n pastorale konteks. Buite die gemeenskap met Christus die ingeplant wees in Christus verloor die uitverkiesing sy funksie en kan dit ook nie begryp word nie. Die gelyktydige opvatting van die heilsorde soos ons dit in die Institusie vind, sluit ook veel beter aan by die praktyk. In die praktyk van n Christen se lewe vind mens nie n streng logiese lineêre volgorde nie. Dit gebeur dikwels gelyktydig. By die een mens lyk dinge in n ander volgorde te gebeur as by die volgende mens. Maar alles draai wel om die inplanting in Christus: Regverdigmaking afsterwe van die ou mens uitverkiesing Inplanting in Christus (Insitio in Christo / Unio mystica) Heiligmaking lewendmaking verheerliking Elke Christen groei, gelei deur die Heilige Gees, elkeen in sy eie volgorde in al die rykdomme wat hy in Christus ontvang. Ons kan daarom nie van n chronologiese volgorde praat nie, heiliging vind plaas gelyktydig aan regverdiging 20. In ons daaglikse lewe ervaar ons die begin van n nuwe lewe, maar terselfdertyd die einde van n ou lewe. Ons ervaar dat ons groei, maar ook dat ons afsterf. In die groeiproses kan ons nie passief sit nie. Ons sal die stryd 20 J. van Genderen Gerechtigheid als geschenk 1988, p. 108. 14

moet aanbind met ou sondes in ons, met ons eie karakter. Dit gebeur in samewerking met die Heilige Gees, wat nota bene in ons woon! Ons moet self al die werk doen, maar die inspirasie kom van elders. Ongelowiges kan ook hard werk aan hulle gebreke, maar hulle aktiwiteite bly beperk tot hulle orde, n aardse orde. Hulle moet steeds self weer die inspirasie opbring. Ten slotte By onderwerpe soos regverdiging, heiliging en goeie werke kom die hele teologie ter sprake. Dit het ons gesien by die regverdigingsleer van die Konsilie van Trente met sy sinergisme oftewel die ineenskuiwing van regverdiging en heiliging. Op die manier wou die Roomse kerk die status quo handhaaf. Ons het dit ook gesien by Osiander, wat bekommerd was oor die lewensheiliging by Prostestante. Sy oplossing was dat die mens wesenlik geregverdig moet word, oftewel hy moet soos God word. Calvyn het hom egter aangesluit by die eerste generasie reformatore. Deur n deeglike bestudering van die Bybel en die kerkvaders het hy tot die konklusie gekom dat alle geregtigheid toegereken moet word dit gaan oor n vreemde geregtigheid. En dit geld selfs vir ons heiliging dit is ook n geskenk. Dubbele genade dus! Goeie werke word daarom uit dankbaarheid gedoen, dit het niks met verdienste te make nie. Goeie werke is moontlik, omdat ons op die stam Christus ingeplant is. Op hierdie stam groei n pragtige boom, waaruit geweldige takke voorspruit: verkiesing, regverdiging, heiliging, afsterf van die ou mens, verheerliking! Ds. P.G. Boon 15