DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Les 6 vir 10 November 2018

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Van Vervolger tot Prediker

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die betekenis van die kruis (1)

NEW INTERNATIONAL VERSION

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Pretoria- 23 Junie 2012

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Nederlandse Geloofsbelydenis

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

toe hy mens was op aarde?

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Laat die Woord Getuig

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Uitverkiesing en Predestinasie? Nick Maartens

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Waar is God as ons swaarkry?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Wat kan die kerk doen?

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Die Blye Boodskap. The Good News

Transcription:

DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies lyk dit moeilik dat drie maal een een kan wees. Matt 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees Baie mense struikel oor die Christelike kerk se oortuiging dat God een, maar ook drie is. Nie- Christelike gelowe soos byvoorbeeld die Moslems beskuldig die kerk van veelgodery. Christelike sektes soos die Jehovasgetuies versprei traktate met aanhalings uit obskure, sogenaamde Christelike ensiklopedieë, wat die leer van die drie-eenheid ontken. Daar moet n goeie rede wees vir die satan se aanval op die leer van drie-eenheid. Alhoewel dit n uiters moeilike konsep is om te begryp, is dit duidelik dat die Skrif God as n Triniteit (drieeenheid) beskryf. Die Drie-eenheid is n konsep wat onmoontlik is vir enige menslike wese om volledig te verstaan, om nie eens te praat van verduidelik nie. God is oneindig groter as ons, daarom behoort ons nie te verwag dat ons ooit in staat sal wees om Hom volledig te verstaan nie. Die Bybel leer ons dat die Vader God is, dat Jesus God is, en dat die Heilige Gees God is. Die Bybel leer ons ook dat daar slegs een God is. Alhoewel ons wel sommige feite aangaande die verhouding van die verskillende persone in die Drie-eenheid ten opsigte van mekaar kan verstaan, is dit per slot van rekening onbegryplik vir die menslike verstand. Dit beteken egter nogtans nie dat dit nie waar is nie of nie op die Bybelse leringe gebaseer is nie. Wanneer ons hierdie spesifieke onderwerp bestudeer, moet ons in gedagte hou dat die woord Drie-eenheid nie in die Skrif gebruik word nie. Dit is n term wat gebruik word as n

poging om die drie-enige God te beskryf, asook die feit dat daar drie saambestaande en medeewige persone is waaruit God bestaan. Ons moet egter verstaan dat dit GEENSINS en op enige wyse 3 Gode suggereer nie. Die Drie-eenheid is 1 God wat uit drie persone bestaan. Daar is niks mee verkeerd om die term Drie-eenheid te gebruik nie, selfs al word die woord nie in die Bybel gevind nie. Deur die woord Drie-eenheid te gebruik, gebruik ons n korter manier van praat, eerder as om te verwys na 3 saambestaande. mede-ewige persone waaruit 1 God bestaan. Wat werklik van belang is is dat die konsep wat deur die woord Drieeenheid VOORGESTEL word, wel in die Skrif bestaan. Genesis 1:26 Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, - In Genesis een openbaar God Homself byvoorbeeld as ELOHIM. Dit is die meervoudsvorm van El, wat n algemene antieke naam vir n godheid was. SONDER enige twyfel verwys beide Elohim en ons na meer as twee. Genesis 3:22: "Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons Luk 3:21-22 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos n duif op Hom neergedaal. Daar was ook n stem uit die hemel: "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My." Binne hierdie spesifieke konteks sien ons hoe God die Heilige Gees op God die Seun neerdaal, terwyl God die Vader aankondig dat Hy n welbehae in die Seun het. Matt 3:16-17 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook n stem uit die hemel wat gesê het: "Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My." In Johannes 5:19-20, lees ons: "Dit verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen." Hiervolgens is dit duidelik dat God die Vader die leidende figuur is, en dat diegene wat Jesus sien, ook vir God die Vader sien. Dink ook n bietjie na oor al die ander geleenthede in die Evangelies waar Jesus met die Vader gepraat het. Het Hy met Homself gepraat? Nee. Hy het met n ander persoon in die

Drie-Eenheid gepraat die Vader. Filippense 2:5-11 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader." Hiervolgens is dit duidelik dat Jesus se goddelikheid gekoppel word aan die feit dat God die Vader die een is wat die mag aan hom gegee het. Dit is soos ʼn koning wat sy Seun die koning maak. In Matteus 24:36 lees ons dat nie eers die Seun weet wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie. Die beeld wat hier gebruik word is die een van ʼn Koning op sy troon en sy dienaars rondom hom (engele, ens). Die Seun sit ook op die troon, maar uiteindelik is God die Vader die groot Koning wat die finale besluit het en die Groot Heerser is. Die drie persone van die drie-eenheid kan van mekaar onderskei word, maar kan egter nie van mekaar geskei word nie. In Johannes se evangelie lees ons dat Jesus, net voor hy sou sterf en teruggaan na sy Vader, vir die gelowiges troos deur vir hulle die goeie nuus te gee dat die Gees (parakletos-trooster) na sy hemelvaart gestuur sal word. God se Gees sal dus met hulle wees en hulle elke dag herinner aan die waarheid en die woorde wat Jesus gespreek het, woorde wat uit die troonkamer van God hul oorsprong het. 2 Kor 13:14 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. God is EEN Deut 6:4 "Hoor, Israel, die HERE onse God is n enige HERE." 1 Kor 8:4-6 "Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is soos daar baie gode en baie here is tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom." Ef 4:4-6 "Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is." Jak 2:19 "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder."

God bestaan in drie persone 1 Pet 1:2 "uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!" 2 Kor 13:14 "Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen." 1 Joh 5:6-8 "Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig." Amplified 1 Joh 5:7 So there are three witnesses in heaven: the Father, the Word and the Holy Spirit, and these three are One Woord Joh 1:1-12 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Daar was n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy wás in die wêreld die wêreld het deur Hom tot stand gekom en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Elke lid van die Drie-eenheid is God: 1. Die Vader is God: Johannes 6:27 Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen."; Romeine 1:7 Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!; 1 Petrus 1:2. Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. 1 Kor 8:6 "tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom. Christene hoef nie te sit en filosofeer oor wie en hoe God is nie. Uit die lang geskiedenis wat in die Bybel opgeten staan, kan ons dit aflees. En dan is dit nie wat ons in ons slimmigheid oor Hom uitgedink het nie, maar wat Israel van Hom beleef het en neergeskryf het. Die Bybelskrywers redeneer nie; hulle vertel verhale, verhale van Israel se ervarings met God. Hulle aanvaar dus eenvoudig sonder enige nadenke dat God bestaan. Die Bybel begin nie met argumente nie, maar met n verhaal waarin God die hooffiguur is: In die begin het God... Daar is geen gedagte om Hom eers

voor te stel of te bewys dat Hy bestaan nie, nie aan die begin nie, en ook nie later nie. In die Bybel is dit net dwase wat ontken dat God bestaan (Ps 14:1; 53:2), en hoe redeneer n mens nou met dwase? Die Bybel stel God die Vader voor as Versorger en Beskermer. In die Ou Testament sien ons dat God alles gemaak het, dit is, Hy is die Voorsiener (Gen. 1-2). Hy is ook die Koning wat oor sy skepping regeer. Ons sien God wat mense kies om 'n nuwe begin mee te maak. Hy verbind hulle aan Hom met 'n verbond (Gen. 6-8 en 12). Die hele Ou Testament vertel eintlik vir ons die verhaal van God wat Vaderlik omgee vir die mense wat Hy gekies en geroep het. Hy doen dit deur mense die regte pad te wys, hulle te wys op hulle foute, hulle te vergewe, en vir hulle nuwe hoop te gee. Dit doen God oor en oor. Soms word God se versorging met moederlike beelde aangedui (Jes. 49:15; 66:13). In die Nuwe Testament lees ons dat God as Vader die Inisieerder van ons verlossing is. Hy maak ons nuut deur sy Seun mens te laat word en vir ons te laat sterf (Joh. 3:14-18). In die Ons Vader-gebed leer Jesus ons van die Vader as ons groot Versorger en Beskermer (Matt. 6:9-13). Hy is God wat bo ons is en namens ons en ter wille van ons (tot ons voordeel en sy eer) soos 'n GOEIE Vader optree. 2. Die Seun is God: Johannes 1:1, 14 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid; Romeine 9:5 hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen.; Kolossense 2:9 In Hom is die volle wese van God beliggaam ; Hebreërs 1:8 Maar van die Seun sê Hy: "U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied.; 1 Johannes 5:20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. Jes 9:5 praat onder andere van die Verlosser wat verwag word (Jesus Christus) as die "Sterke God." Wat sê Jesus oor himself Joh 5:21-23 - Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat.daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie. Joh 10:30 Ek en die Vader is een.". Joh 14:9-11 En Jesus sê vir hom: "Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: Wys vir ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. Joh 20:28 En Tomas sê vir Hom: "My Here en my God!" 1Joh 5:20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. Tit 2:13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn.

In die Nuwe Testament word Jesus inderdaad "God" genoem, al is dit net 'n paar keer. Jesus protesteer ook nie as die Jode sê Hy stel Homself aan God gelyk nie (Joh 5:18 - Hieroor het die Jode nog des te meer probeer om Jesus dood te maak: Hy het nie net die sabbatdag ontheilig nie, maar God ook sy eie Vader genoem en Hom so met God gelyk gestel). Hy gee selfs verdere aanleiding daartoe (Joh 5:21-23-Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat. Daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie; Joh10:30 - Ek en die Vader is een; Joh 14:9-11 - En Jesus sê vir hom: "Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: Wys vir ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. Ook Paulus gebruik die woord "God" vir Jesus (Rom 9:5 - hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen; Tit 2:13 - terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn) en beklemtoon dat God in sy volheid in Christus woon (Kol 1:19 - God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon; Kol 2:9 -In Hom is die volle wese van God beliggaam). Jesus as Here 'n Mens moet verder onthou dat die woord "God" in die Nuwe Testament eintlik hoofsaaklik vir die Vader gebruik word (en daarom net 'n paar keer vir Jesus), terwyl Jesus veral "Here" genoem word (1 Kor 8:5-6 - En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat "God" en baie wat "Here" genoem word, is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe). Ons moet onthou dat "Here" eintlik in die Ou Testament vir God gebruik word en veral sy Naam aandui (Jahwe), en dat Jesus dan hierdie Naam kry "wat bo elke naam is" (Fil 2:9-11 - Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader). Dit beteken dat Jesus eintlik God se Naam kry, wat sterk getuienis is dat Hy net soos die Vader God is. 3. Die Heilige Gees is God: 1 Korinthiërs 3:16 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (Die Een wat inwoon is die Heilige Gees - Romeine 8:9 Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle; Johannes 14:16-17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees; Handelinge 2:4 Almal is met die Heilige Gees vervul en

hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. Die Heilige Gees is n persoon en nie net n Goddelike krag of die krag van God nie. Joh 14:17-26 naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. "Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. "Wie my opdragte het en dit uitvoer dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar." Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: "Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?" Jesus antwoord hom: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s n wat My gestuur het. "Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Joh 16:7-14 Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie; die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel. "Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Hand 15:28 Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie: Joh 4:24 "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid." 1 Kor 12:4-6 "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk." 2 Kor 3:17 "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid." Die Skrif wys ons daarop dat die Heilige Gees onderhorig is aan die Vader en die Seun en die Seun onderhorig aan die Vader. Dit is n interne verhouding en ontken nie die goddelikheid van enige persoon in die Drie-eenheid nie.

Oor die Heilige Gees bely die kerk dat ook Hy God is, en verder dat Hy 'n Persoon is, en nie maar net 'n Goddelike krag of die onpersoonlike krag van God nie. Dit beteken dat die Gees nie maar net die onpersoonlike krag of invloed van God is nie, maar 'n Goddelike Persoon. Na Hom word oor en oor in persoonlike terme verwys, nie as "dit" nie (dus nie 'n krag nie), maar as "Hy", 'n Persoon. Die dinge wat aan Hom toegeskryf word, is ook dinge wat 'n persoon doen. Hy sal die dissipels herinner, Hy sal die wêreld oortuig, Hy praat en besluit, wat alles handelinge van 'n persoon is. Die Goddelikheid van die Gees spreek daaruit dat ook na Hom as "Here" verwys word, en dat dinge wat in die Ou Testament deur God gesê is in die Nuwe Testament aan Hom toegeskryf word. Petrus sê dat Ananias vir die Heilige Gees gelieg het, en dat dit beteken dat hy vir God gelieg het (Hand 5:3-4). Drie, en tog Een Ons het nou na die Bybel gekyk. Uit hierdie getuienisse het die kerk afgelei dat daar drie Persone is wat God genoem word, maar dat daar net een God is. Op een of ander manier moet die drie dus saam die een ware God wees. Die vraag is nou hoe 'n mens dit kan probeer verstaan. Een Wese, drie Persone Hoe formuleer ons dit nou? Die kerk het gekies vir twee woorde wat nie in die Bybel voorkom nie, maar eerder in die Griekse wysbegeerte. God is een Wese, maar drie Persone. Hierdie woorde is egter nie op sigself belangrik nie. 'n Mens kan enige betekenis aan 'n woord gee. Maar die bedoeling is taamlik duidelik. Daar is net een ware God, maar daar is drie (Persone) wat al drie saam hierdie een ware God is. Hulle kan duidelik van mekaar onderskei word, maar hulle is nooit geskei in die sin dat hulle op hul eie handel nie. Al drie was by die kruis betrokke, al is dit net die Seun wat aan die kruis gehang het. Al drie was by Pinkster betrokke, al is dit die Gees wat uitgestort is en nie die Vader of Christus nie.