GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Similar documents
GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Van Vervolger tot Prediker

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Addendum A Consent form

Die betekenis van die kruis (1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Les 6 vir 10 November 2018

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Pretoria- 23 Junie 2012

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Waar is God as ons swaarkry?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Community of Practice

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE Inleiding 3. Inrigting en verloop van n byeenkoms 4. 2 Mei Free Love 5

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Luister na God. enlewe vir ewig

Die Blye Boodskap. The Good News

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

PERSOONLIKE ERVARINGE VAN MENSWEES REISIGERS

Transcription:

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder, Elzanne van der Westhuizen Ontwerp en uitleg Gerda van Zyl www.creativesquare.co.za

1 GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS INHOUDSOPGAWE Samestelling van Programme 2 Program 1 3 5 Program 2 6 8 Program 3 9 11 Program 4 12 14 Program 5 15 16 Program 6 17 19

2 SAMESTELLING VAN PROGRAMME Elke program in hierdie joernaal bestaan uit 4 hoofdele wat ook op 4 afsonderlike bladsye verskyn: LUISTER, DEEL, LEEF en BID. LUISTER en DEEL is geskryf met n kleingroepbyeenkoms ingedagte. Daar kan egter van die LEEF en BID gedeeltes ook gebruik word in die kleingroepbyeenkoms. Dit sal alles afhang van die dinamika van die kleingroep, die kleingroepleier sowel as die beskikbare tyd vir die byeenkoms. LUISTER Die LUISTER-bladsy bestaan uit 3 dele: Opsomming van die Les Die eerste paragraaf op die bladsy in vetdruk, is n opsomming van die les se fokus. Fokusteks Daar word oor die algemeen meer as een teks gebruik, maar daar is een teks in die joernaal gedruk wat saam gelees kan word in die kleingroepbyeenkoms om te fokus rondom die Woord. Soms is daar ook vrae by die spesifieke teks vir die kleingroep om oor te gesels. Luister Dieper Hieronder is ekstra tekste en vrae vir gebruik in persoonlike stiltetyd gedurende die week of as deel van kleingroepbyeenkoms. DEEL Hierdie bladsy bestaan uit vrae wat in die kleingroep bespreek kan word. Die fokus is hier daarop om te leer bymekaar asook vir die tieners om n geleentheid te kry om hulle gedagtes te kan deel. LEEF Hierdie bladsy is gefokus op die uitleef en toepassing van die tema in die wêreld. Hier word die tieners op verskeie maniere aangemoedig om hulle Christenskap uit te leef deur middel van praktiese uitdagings, media en soms ook introspeksie. BID Hierdie bladsy is gefokus op ons persoonlike verhouding met God. Deur middel van joernaal-skryf en/of media, word die tieners uitgenooi om stil te raak by God. Hierdie gedeelte kan baie goed benut word in persoonlike stiltetyd by die huis, maar die kleingroepleier kan ook besluit om tyd hiervoor in te ruim tydens die kleingroepbyeenkoms. Dit is egter n persoonlike oomblik saam met God en nie n groepsaktiwiteit nie.

3 LEIERSGIDS GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE PROGRAM 1 VINGERAFDRUK VAN DIE VERLORE SEUN TEMA EN DOEL VAN PROGRAM Die doel van hierdie program is om die tieners te help om te ontdek dat God hulle sien as God se geliefde seun of dogter en dat God, deur Jesus se bloed, nie eerste na hulle sonde kyk nie. Die fokus van hierdie program is dat hulle God se genade-kant sien. LUISTER Genade beteken dat God jou so lief het, dat God n plan gemaak het om nie die heeltyd jou sonde te sien nie. God het sy eie Seun gestuur om daarvoor aan die kruis te sterf. En nou kyk God heeltemal nuut na jou! FOKUSTEKS Lukas 15:11-24 11Verder het Jesus gesê: Daar was 'n man wat twee seuns gehad het. 12 Die jongste het vir sy pa gesê: Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom. Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. 13 Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe. 14 Nadat hy alles deurgebring het, het daar 'n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly. 15 Hy het toe sommer by een van die mense van daardie land gaan bly, en dié het hom na sy plaas toe gestuur om varke op te pas. 16 Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie. 17 Toe kom hy tot inkeer en sê: My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18 Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19 Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners. 20 En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21 Toe sê die seun vir hom: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. 22 Maar sy pa roep sy werksmense: Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry. Toe het hulle begin feesvier. LUISTER DIEPER MEER TEKSTE Lukas 15:1-7 en Lukas 15:8-10 Wat is dieselfde in hierdie stories as in die verhaal van die verlore seun? Wat verskil? Hoe dink jy sien God jou?

4 DEEL GROEPSBESPREKING Het jy al ooit weggeraak of verdwaal? Vertel die storie vir jou groep en vertel hoe jy gevoel het toe jy besef het dat jy verlore is. Lees die storie van die verlore seun in Lukas 15: Met watter karakter in die verhaal identifiseer jy die meeste? Hoekom het jy hierdie karakter gekies? Hoekom sien God nie ons sonde raak nie? God is n verhoudingswese en het mense geskep sodat ons in verhouding met God kan lewe. God het ons gemaak sodat ons kan lief wees vir God, maar ook dat God kan lief wees vir ons. n Verkeerde besluit, sonde, maak hierdie verhouding seer, maar God hou nie op probeer nie en daarom het Jesus aarde toe gekom en hierdie verhouding weer kom heelmaak. God kyk nou deur Jesus se kruis na ons (vgl. Aktiwiteit by BID) en sien daarom net n geliefde seun of dogter raak en nie ons foute nie. Verduidelik hoe jy genade verstaan in jou eie woorde God is soos die pa in die verhaal van die verlore seun. God staan en wag met oop arms dat ons moet terugkom (oop arms wat ons herinner aan die kruis en wat God daar vir ons gedoen het deur Jesus). Baie mense maak die fout om te dink dat God omgedraai en weggeloop het omdat hulle God nie ervaar nie. Dit is nie so nie. Ons is dié wat gereeld probeer omdraai en wegloop van God af - God sal ons nooit alleen los nie. LEEF Herinner jouself! Maak n herinnering om teen jou spieël te sit met die woorde hieronder op dat jy elke keer as jy in die spieël kyk sal onthou hoe God jou sien: Kyk jouself in die oë en weet God is lief vir jou net soos jy is! Challenge jouself Dink aan iemand vir wie jy kwaad is. Gaan wys Christus se genade vir hulle deur vriendelik te wees met hulle al voel jy hy/sy verdien dit nie. Luister hierdie song en omkring die woorde wat vir jou uitstaan: BROKEN VESSELS (Amazing Grace) Hillsong Worship All these pieces Broken and scattered In mercy gathered Mended and whole Empty handed But not forsaken I've been set free I've been set free

5 Amazing grace How sweet the sound That saved a wretch like me I once was lost But now I'm found Was blind but now I see Oh I can see it now Oh I can see the love in Your eyes Laying yourself down Raising up the broken to life You take our failure You take our weakness You set Your treasure In jars of clay So take this heart, Lord I'll be Your vessel The world to see Your love in me BID Teken iets wat God vir jou simboliseer hier onder links en iets wat jou simboliseer regs. Lees Jesaja 59:2 Teken n muur tussen jou en God en skryf al die dinge neer op die muur wat op die oomblik voel asof dit jou weghou van God af. Lees Psalm 103:10-11 en 1 Petrus 2:24 Trek nou n lyn deur jou muur sodat dit lyk soos Jesus se kruis. Gee vir God die goed wat in jou muur staan en sê dan vir God dankie dat daar nie meer n muur is tussen julle nie, maar dat God met die kruis julle verhouding genees het.