Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Similar documents
Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Addendum A Consent form

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Pretoria- 23 Januarie 2011

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Les 6 vir 10 November 2018

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Waar is God as ons swaarkry?

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Pretoria- 23 Junie 2012

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Die betekenis van die kruis (1)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Transcription:

Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 6 na wet Ps 25: 3, 4 as antwoord op die Woord Ps 18: 12, 13, 14 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 slotpsalm Lees: Mat 5:27-30 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes die HERE se gebooie is nooit iets wat jy maar net van buite af doen nie. Nee! Verduidelik 1 Nee by die HERE se gebooie gaan-it altyd oor jou hart. Want n dissipel-lewe volgens-ie HERE se gebooie kom altyd uit jou hart waar liefde vir-ie HERE en-ie HERE se wil al meer my ou selfgesentreerde begeertes uitdryf. En dis wat Jesus op-ie oomblik in Mat 5:21-48 wys. Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin in ons harte. Opmerking In vers 27-30 waarby ons vanoggend stil staan wys Jesus-it vanuit die 7de gebod: Jy mag nie egbreek pleeg nie. 1. Konteks. Maar kom ons verfris net gou ons gedagtes oor waar Jesus op-ie oomblik in sy Bergpredikasie is en waarmee Hy op-ie oomblik mee besig is. Opmerking En dis belangrik anders verstaan ons nie regtig waarmee Jesus heir besig is nie. En om dit te verstaan is net so belangrik! Dis belangrik vir ons saligheid Dis belangrik vir ons deel in-ie seën-en-verlossing van-ie Koninkryk. 1 Vgl Mattheus 5,21-26.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

A. 2 So goed in vers 27-30 is Jesus besig me-die tweede deel van sy Bergprediaksie. Jesus wys hier hoe lyk sy dissipels se radikaal-nuwe-lewe onder Hom as ons goeie Verlosser-Koning. Jesus wys ons hoe lyk ons nuwe lewe nou terwyl Hy besig is om-ie volheid van sy koninkryk te laat kom. B. 3 En dan-s hierdie nuwe lewe n lewe inlyn me-die HERE se OT-gebooie. So dissipels is nie antinomianiste nie. Ons gooi nie die HERE se gebooie weg nie. Nee ons lewe daarmee. Dis wat ons by Jesus kon leer in vers 17-19. C. 4 Maar ons is ook-ie wetties nie. Dis waarteen Jesus waasku in vers 20. Verduidelik Onthou julle nog wat is wetties? Dis om te leef met hierdie ding dat deur my doen van-ie HERE se OT-gebooie verdien ek my plek in-ie Koninkryk. Toepassing En dis n dwaling waarin dissipels maklik verstrik raak. Ons het hierdie ywer vir-ie HERE. Ons wil-ie antinoministe wees nie. Ons wil so graag-ie HERE se gebooie uitleef. Maar dan foeter ons so baie maal weer na die verkeerde kant toe. En dan raak ons wetties. En dan gaan Jesus in vers 21-48 diep op hierdie dwaling van wettisisme in met sy ses voorbeelde. Opmerking Ons was verlede week in vers 21-26 by Jesus se eerste voorbeeld. D. 5 Vanoggend in vers 27-30 kom ons by Jesus se tweede voorbeeld. I En by elke voorbeeld wys Jesus die dwaling van Fariseër-wettisisme. II Maar daarmee saam is Jesus ook besig om ook in sy prediking die OT en-ie gebooie daarin te vervul. 2 Vgl Mattheus 5,1-2 en 7,28-29.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3 Vgl Mattheus 5,17-20 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 Vgl Mattheus 5,17-20 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 5 Vgl Mattheus 5,21-26.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 1

Verduidelik 6 Want dis deel van wat Jesus doen as Hy kom om die koninkryk te laat kom. Jesus sê-it in vers 17: Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete (of-ie OT en die gebooie daarin) te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. En dan-s Jesus ook in-ie Bergpredikasie terwyl Hy preek besig daarmee.. Hoe? Wel as Jesus met sy prediking hier in-ie Bergprediaksie die OT-gebooie vervul dan bring Jesus die volle bedoeling van-ie OT-gebooie wat de HERE nog altyd daarin gesit het te volle uit. III En dis met hierdie volle bedoeling van-ie HERE se OT-gebooie dat ons ons nuwe dissipel-lewe moet leef. Oorgang So kom ons kyk hoe wys Jesus dit alles in vers 27-30 met sy voorbeeld uit die 7de gebod. 2. En dan gaan ons eerste fokus op die Fariseër-wettisiste se lering. A. Ons kry-it in vers 27 waar Jesus vir ons sê: Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. En dan-si-die Fariseër-wettisiste se Skrifgeleerdes vir wie Jesus hier aanhaal. Dis hulle wat aan-ie mense van-ie ou tyd of aan-ie voorgeslagte gesê het: Jy mag nie egbreek nie. Bewys 7 Onthou julle? Ons he-dit verlede week gesien. Daai gesê is as Jesus sê: Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is... is n manier waarop die Fariseër-Skrifgeleerdes in-aai tyd hulle lering ui-die OT begin het. So hulle het gesê: Daar is gesê... En dan-t hulle met hulle lering begin. 6 Vgl TDNT vol 6 bl. 294; Turnur se Mat komm. bl. 162 7 Vgl Mattheus 5,21-26.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 2

So as Jesus in vers 27 sê: Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is... dan weet almal wat daa-in-ie tyd toe Jesus vir-ie eerste keer sy Bergpredikasie gepreek het na Hom luister dat wat Jesus nou gaan sê die Fariseër-Skrifgeleerdes se lering is. B. Maar goed. Wat leer-ie Fariseër-Skrifgeleerdes vanuit die OT? Wel kyk weer na vers 27. Jesus sê: Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. So dis wat hulle leer: Jy mag nie egbreek nie. Verduidelik 8 En? Wel dis niks anders nie as-ie 7de gebod. Dis niks anders nie as Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie. Dis niks anders nie as Deut 5:18 En jy mag nie egbreek nie. So wat-s fout hiermee? Dit kom-an net so ui-die Bybel? Wat is wetties hieraan? Verduidelik Wel niks nie. Maar die manier waarop-ie Fariseër-wettisiste hierdie OT-gebod verstaan en leer en doen is totaal verkeerd. Dis totaal wetties. Bewys Jesus gaan-it in vers 28 wys. C. Maar voor ons daarby kom. Net hierdie: Wat beteken-it as-ie HERE in-ie 7de gebod sê: Jy mag nie egbreek nie. Wat is hierdie egbreek pleeg? Verduidelik 9 Wel egbreek pleeg kan ons ook owerspel noem. En vanuit byvoorbeeld Det 22:22-24 leer ons dat dit gaan oor I ek wat met n getroude vrou 8 Vgl Beale&Carson, Commentary on the New Testament use of the Old Testament, bl. 22. 9 Vgl TDNT vol 4 bl. 730; France se Mat komm. bl. 204; Grosheide se Mat komm. bl. 61; Van Bruggen se Mat komm. bl. 99-10. 3

wat nie my vrou is nie n verhouding begin en bed toe gaan met haar. II Dit gaan oor ek wat met n ander ou se verloofde n verhouding begin en bed toe gaan met haar. III Dit gaan oor ek wat as getroude man met n ander ou se vrou n verhouding begin en met haar bed toe gaan. IV Dit gaan oor ek wat as getroude man met een of ander meisie wat nog nie getroud is nie n verhouding begin en met haar bed toe gaan. V Of as ek as getroude man by n hoer ingaan. So dis owerspel of egbreek-pleeg. En nou leer-ie Fariseër-wettisiste presies dit. Hulle leer-it me-die 7de gebod: Jy mag nie egbreek nie. Oorgang So wat s verkeerd hiermee? Wat-s wetties hieraan? Dis-an presies inlyn me-die HERE se gebod? Dis letterlik woordeliks die HERE se 7de gebod. Wel iets is fout. Iets is wetties. En ons sien-it as ons aangaan na vers 28. Kyk Jesus sê daar: Maar Ek sê vir julle... Verduidelik 10 So dis weer net soos verlede week in vers 22. Jesus kom sit Hom met daai maar met al sy Messiaanse mag en gesag solied teen-ie Fariseër-wettisiste. Hulle sê: Jy mag nie egbreek nie. Jesus kom staan reg teenoor hulle Maar Ek sê vir julle... en dan sê Hy: Opmerking En in-ie Grieks kan mens sien Jesus beklemtoon daai Ek baie sterk. Maar Ek Ek sê vir julle... So kan ons-aai Grieks meer letterlik vertaal. En dan sien mens-it hê? Jesus sit Homself hier in-ie fokus. Ons moet Hom sien. Hy staan hier teen-ie Fariseër-wettisiste 10 Vgl Mattheus 5,21-26.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4

en hulle lering met die 7de gebod kom staan. Want dit waarmee hulle besig is al klink-it 100% Bybels is 100% wetties. En wettisime so het Jesus in vers 20 gesê los jou buite die koninkryk onder-ie regverdige oordeel van God. So dit waarmee die Fariseër-wettisiste hier aan-ie gang is is bitter gevaarlik. En Jesus gaan-it uitwys. Hoe? Wel Jesus gaan die volle betekenis van-ie HERE se 7de gebod met sy OT-vervullende prediking uitbring. En dan gaan ons in-ie lig daarvan baie duidelik die dwaling van-ie Fariseër-wttisisme raaksien. Maar ook hoe Jesus in liefde ook diep in ons harte ook kom in preek. 3. So kom ons fokus daarop. Op Jesus wat in-ie res van vers 28 die volle bedoeling van-ie HERE met sy 7de gebod vir ons uitbring. Die Fariseër-wettisiste sê: Jy mag nie egbreek nie. Jesus sê in vers 28: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Verduidelik 11 Nou as Jesus praat van elkeen wat na n vrou kyk... dan-sit nie net n terloopse raaksien-ie. Nee daai kyk van jou is kyk en bly kyk. Dis doelerigte kyk. Dis kyk me-die doel 12 om-aai vrou daai meisie na wie jy kyk te begeer. Opmerking En nou-sit net hier as Jesus praat van my en jou kyk me-die doel om-aai vrou te begeer of van jou as vrou om-aai man te begeer dat Jesus ons by die volle bedoeling van-ie 7de gebod uitbring. A. So kom ons gaan dieper hierop in. Wat beteken-it om na n vrou kyk om haar te begeer... 11 Vgl NIDNTT vol 3 bl. 515; Ridderbos se Mat komm. bl. 112; Grosheide se Mat komm. bl. 61 12 προς + το + die aor infin επιθυμησαι in προς το επιθυμησαι (28b) = doel-aanduidend (Jordaan, Die Binnewerk van die Griekse taal, bl. 26; Nolland se Mat komm. bl. 236). 5

Verduidelik 13 Wel as jy n vrou begeer of as jy as vrou n man begeer soos Jesus in vers 28 daaroor paat dan-sit altyd iets wat jy in jou hart doen. 14 Bewys Spr 6:25 sê-it: Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie... En dan beteken-aai begeer jy soek-aai vrou. Sterk. Jy wil in n verhouding met haar wees. Jy wil uiteindelik bed toe gaan met haar. Jy maak planne om-it te laat uitwerk. Maar baie maal gaan hierdie begeer nie eers so ver nie. Baie maal weet jy jy sal hierdie vrou nooit in-ie bed kry nie. Of jy is net te skynheilig om so ver te gaan. En dan t jy hierdie warm fantasie-verhouding in jou hart. * * * * * Dis waaroor Jesus praat as Hy in vers 28 praat van elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer... En om so in jou hart te begeer is al klaar egbreek. Dis al klaar owerspel. Dis al klaar-ie oortreding van-ie 7de gebod. Bewys Jesus sê-it: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Dis-ie volle bedoeling van-ie HERE se 7de gebod. Egbreek gebeur daar in jou hart vol begeer en vol fantaseer. B. Maar nou-saar nog iets hier in vers 28. Nog iets wat Jesus uitbring oor-ie 7de gebod as Hy hier praat van elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer... Verduidelik 15 En dis-at hierdie sondige-begeer in my hart my eie sondige selfgesentreerde plan is om my begeerte na n vrou te bevredig. Dis n plan wat sê: Ek gaan-ie onder-ie HERE se liefdevolle regering in-ie 7de gebod ingaan nie. Ek gaan nie op-ie HERE alleen vertrou dat Hy op sy manier en sy tyd my begeerte na n vrou bevredig nie. 13 Vir die betekenis van επιθυμησαι (28b) sien Baljon bl. 353; NIDNTT vol 1 bl. 457; TDNT vol 3 bl. 169; France se Mat komm. bl. 204; https://www.ccef.org/resources/blog/its-all-about-me-problem-masturbation; https://www.ccef.org/resources/blog/breaking-pornography-addiction-part-1; 2Sam 11-12. 14 Vgl NIDOTTE vol 1 bl. 304, vol 2 bl. 168 15 Vgl NIDNTT vol 1 bl. 457 6

En die HERE het sy manier. Verduidelik Want op sy eie is n begeerte na n vrou of n vrou se begeerte na n man nie verkeerd nie. Die HERE het ons so geskep. Maar dan doen-ie HERE nog iets. Die HERE bepaal ook hoe Hy hierdie begeerte van my na n vrou en my vrou se begeerte na n man gaan bevredig. En dis alleen in-ie huwelik wa-die HERE ingestel het tussen een man en een vrou lewenslank. Bewys Ons lees daarvan in Gen 2:18. Ons lees daarvan in Gen 2:22-24. Ons lees daarvan in Mat 19:4-6. En dis binne in hierdie huwelik dat ons goeie God al my begeertes wat ek na n vrou toe het bevredig en al my vrou se begeertes wat sy na n man toe het bevredig. 16 Bewys I Dis hoekom-ie HERE in Spr 15:18-20 vir ons sê:... verheug jou oor die vrou van jou jeug die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar borste jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Maar waarom sou jy, my seun, by n vreemde bedwelmd raak en die boesem van n ontugtige omhels? II Ons sien hierdie ook in 1Kor 7:2-5 Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, e n elke vrou moet haar eie man hê. as Paulus sê: Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man... Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, s odat die Satan julle nie in versoeking bring 16 Vgl Newheiser, Opening UP Proverbs, bl. 80-83 7

deur julle gebrek aan selfbeheersing nie. III En in 1Kor 7:9 gee Paulus die HERE se raad aan n gelowige jong-man-en-meisie wat mekaar sterk begeer en dan sê hy: as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand. Sien julle hoe die HERE werk? Hy skep my met n begeerte. Hy skep my vrou met n begeerte. En dan gee die HERE die plek en die manier waarop Hy self hierdie begeerte gaan bevredig. Dis in n lewenslange huwelik tussen een man en een vrou. En dit is deel van die volle bedoeling van-ie HERE met sy 7de gebod as Hy sê: Jy mag nie egbreek pleeg nie. En dis hierdie volle bedoeling van-ie 7de gebod wat Jesus uitbring as Hy in Mat 5:28 sê: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Toepassing Want as ek na hierdie vreemde vrou kyk om haar in my hart te begeer en haar beeld gly deur my oë in my hart in en daar in my hart pleeg ek my fantasie-egbreek met haar het ek dan die HERE se wil vir hoe Hy my begeerte na n vrou wil bevreig uitgeleef? Wel Nee. Wat ek wel gedoen het was om met my eie plan om my begeerte na n vrou te bevredig te leef. Ek het gekies om op my self en my eie plan te vertrou. Ek het gekies om nie onder die HERE se regering deur sy 7de gebod te leef nie. Ek het gekies om my eie god te word wat sê: Jy mag maar egbreek pleeg in jou eie plan om jou begeerte na n vrou te bevredig. En op-aai punt toe jy na daai vrou gekyk het om haar te begeer was jou plan om jou begeerte na n vrou te bevredig daai fantasie owerspel. Jesus sê: elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. 8

C. En nou-sit net hier in-ie lig van-ie HERE se volle bedoeling me-die 7de gebod en wat Jesus vir ons uitbring dat die dwaling van-ie Fariseër-wettisiste ook duidelik word. Verduidelik 17 Ons het dit verlede week ook gesien. Hulle fokus net op die buitekant. 18 Van buite af lyk alles 100% reg as hulle vanuit die Bybel sê: Jy mag nie egbreek pleeg nie. Maar dis waar-it bly. Aan-ie buitekant. Bewys Dis soos Jesus-it in Mat 23:25-28 sê:... julle maak die buitekant van die beker... skoon, maar binnekant is dit vol... onmatigheid... julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene... So lyk julle ook van buite... wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. En dis hoe wettisisme werk. Dit bly aan-ie buitekant. Ook met die 7de gebod. Owerspel is net as jy fissies saam me-daai vrou in-ie bed klim met wie jy nie mag nie. Toepassing Jesus sê: Nee! Die HERE se gebooie gaan oor wat in jou hart aangaan. 19... elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer (in sy hart 20 ), het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. So ja egbreek owerspel gebeur in jou hart. Hoekom? Verduidelik Wel omdat jy met jou begeer in jou hart na n vrou 17 Vgl Hendriksen se Mat komm. bl. 302; TDNT vol 4 bl. 733-734; NIDNTT vol 2 bl. 583. 18 Nou moet ek sê. In my opleeswerk het ek van Skrifgeleerdes gelees wat nie heeltemal so wetties gewerk het nie. Daar was byvoorbeeld Skrifgeleerdes wat geleer het dat... behalwe dat ons ons moet onthou van fisiese hoerery... osn ons ook moet onthou van hoerery met die oë en met die hart (Vgl. TDNT vol 4 bl. 731-732; Beale&Carson, Commentary on the New Testament use of the Old Testament, b; 22; France se Mat komm. bl. 204; Morris se Mat komm. bl. 105). Maar nou kom wys Jesus ons hier in Mat 5:28 dat hierdie nie die algemene siening was nie. Nee... die Fariseër-wettisiste se fokus was op die buitekant. Solank jy nog nie saam met n vrou in die bed was nie... kon jy maar met begeerte kyk... en al hierdie fantasieë gehad het in jou hart... Dis oraait... ook voor God... Want alles gaan mos oor die buitekant (Vgl Hendriksen se Mat komm. bl. 302; TDNT vol 4 bl. 733-734; NIDNTT vol 2 bl. 583). 19 Vgl NIDOTTE vol 1 bl. 304, vol 2 bl. 168 20 Spr 6:25 9

selfgesentreerd besluit het in jou hart da-die HERE se plan om jou begeerte na n vrou te bevredig die HERE se plan van n lewenslange huwelik tussen een vrou en een man nie vir jou goed genoeg is nie. Jy gaan jou eie plan maak. En dit is? Wel Ek kyk na daai vrou om haar te begeer haar beeld gly in my hart in en daar pleeg ek eiewillig my fantasie-egbreek. Los van die HERE. Los van vertroue op die HERE. Los van onderwerping aan die HERE se wil. Dit alles terwyl ek wetties dink: Ek is oraait want ek is mos-ie fisies saam me-daai vrou in-ie bed nie. 4. En ek en jy? Wel kom ons kyk na n paar Toepassings. Opmerking En dan dink ek dat as ons eerlik is ons sal moet erken: Ons is almal op n manier gevangenis van-ie sonde van egbreek in jou hart. A. 21 Dit begin baie maal as jy nog jonk is. Iemand by die skool wys jou pornografie op jou sy selfoon. Of toe jy op die internet was het hierdie advertensie opgekom met hierdie girl. Of-it gebeur toe jy die huisgenoot deur blaai. Of jy-s een van hierdie meisie-kinders wat jou vreeslik inleef in hierdie storie-boeke. En dan beskryf-aai boek hierdie vry-toneel net so ontsaglik wonderlik. Of-it gebeur van alle plekke hier op die kerk-erf. Verduidelik Hier-s hierdie meisie heeltemal onskuldg. Maar sy t nie mooi gedink hoe sy aantrek nie. En toe gebeur-it. Jy sien haar raak. Maar dis-ie al nie. Toe jy haar raaksien toe sien jy hier by haar voorkant in tot binne in haar binnekant. 21 Vgl https://www.ccef.org/resources/blog/its-all-about-me-problem-masturbation 10

En toe t jy bly kyk. Jy-t gekyk om te begeer. En nou kom leef al hierdie goeters in my kop. Dis goed wat hierdie owerspel-fantasie in my kop word. Verduidelik Wat-sie sonde hiervan? Wel as ek my daaraan oorgee dan leef ek nie met die volle bedoeling van-ie HERE se 7de gebod nie. Ek s besig met egbreek en hoerery in my hart. Soos Jesus ons leer in vers 28. En met my kyk en begeer en fantaseer besluit ek selfgesentreerd in my hart dat ek nie vir-ie HERE kan wag nie. Vir-ie HERE om op sy tyd sy plan om my begeerte na n vrou te bevredig met die vrou wat Hy vir my wil gee. in n huwelik Nee ek kan nie vir Hom wag nie. My begeerte moet nou bevredig word. En ek gaan dit self doen in my fantasie wêreld. En dan dink ek dis oraait want ek is mos-ie fissies besig om-ie 7de gebod te oortree nie. Dis alles net hier in my hart. Jesus sê: elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. B. 22 Hier s nog n voorbeeld. Ek en my vrou sit vas. Vir redelik lank nou al. Ons leef met kwaad-wees in ons harte. Ons maak ons verhouding nie reg nie. Ons doen nie moeite om saam na iemand toe te gaan vir hulp nie. Opmerking So ons oortree die 6de gebod in ons harte. Ons is eintlik moordenaars in ons harte. Dis mos wat ons verlede week in vers 21-26 by Jesus kon leer. En dan? Wel daar s hierdie oulike vrou by die werk. Ons werk saam. Ons sien mekaar elke dag. Sy-s nie uitsonderlik nie. Maar regtig sy s net so gaaf. Ons werk ook baie goed saam op projekte. 22 Vgl Paul Tripp, Just Married, bl. 86-89; Wayne&Carol Mack, Sweethearts for a lifetime, 115. 11

Sy s net so anders as my vrou. En sjoe nou-ie dag ek kon-it nie mis nie. Sy t net so spesiaal mooi gelyk. Weereens so anders as my vrou wat net nie meer moeite maak nie. En nou? Wel ek ontrek nou maar in die aande daar in my gerage in. Luiset musiek. Lees kwansuis op oor my nuwe kar-opbou-projek. Maar intussen het ek hierde owerspel-fantasieë in my hart met hierdie vrou by die werk. En hei ek verneuk mos nie my vrou nie. Dis alles net in my hart. Wel Jesus sê:... elkeen wat na n vrou kyk om haar te begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. Verduidelik Omdat jy met jou begeer en fantaseer selfgesentreerd besluit het da-die HERE en sy plan om jou begeerte na n vrou te bevredig in jou lewenslange huwelik met jou vrou net nie meer kon werk nie. Jy doen ook nie moeite om jou stukkende huwelik reg te maak nie. Jy bid nie. Jy kom nie uit en sê: Ons het hulp nodig nie. Oorgang So wat-sie antwoord op hierdie sonde-krisis van ons om nie die 7de gebod uit te leef nie soos die HERE dit bedoel en soos Jesus dit hier in vers 28 vir ons uitbring nie. Hoe gaan ons breek met daai na n vrou (of man) kyk om haar (of hom) te begeer, (wat) reeds in (ons) hart egbreuk is... Wel Jesus gee die antwoord in vers 29-30. 23 So kom ons fokus nou daarop. 5. Op Jesus se antwoord vir n lewe inlyn met die 7de gebod. Kyk-aar in vers 29-30 sê Jesus: As jou regteroog jou dan laat struikel 23 Vgl Van Bruggen se Mat komm. bl. 100; MacArthur se Mat komm. bl. 304 12

of jou tot die sonde van egbreuk verlei 24 ruk dit uit en gooi dit weg van jou af... En as jou regterhand jou laat struikel of jou tot die sonde van egbreuk verlei kap dit af en gooi dit weg van jou af... A. So wat sê Jesus hier? Verduidelik 25 Wel een ding is seker. Jesus wil hê ons moet radikaal raak. Oog uitruk en hand afkap is radikaal. So Jesus wil hê ons moet radikaal raak in ons stryd teen ons sonde. Maar miskien moet ons net ook sê wat Jesus nie met hierdie radikaliteit bedoel nie. Verduidlik 26 Wel Jesus bedoel nie dat jy regtig jou oog moet uitruk en jou hand moet afkap nie. As dit Jesus se bedoeling was gaan-aar kort voor lank niks van ons oorbly nie. Alles sal af gekap wees. So Nee! Jesus bedoel nie letterlik oë uitruk en hande afkap nie. B. So wat bedoel Jesus dan? Wel dat ons radikaal moet breek met kyk-goed en doen-goed wat jou verlei om die sonde te doen van om na n vrou kyk om haar te begeer, (en dan so)... in (jou) hart met haar egbreuk (te) pleeg... Verduidelik 27 Dis wat Jesus bedoel as Hy in vers 29-30 sê: As jou regteroog jou tot die sonde van egbreuk gaan verlei, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af... Opmerking Dis-ie kyk-goed. Die goed wat as jy dit sien jou tot die sonde van egbreuk gaan verlei. Breek net radikaal daarmee. 24 Vir die betekenis van σκανδαλιζει (29a en 30a) sien Baljon bl. 886; NIDNTT vol 2 bl. 708; Grosheide se Mat komm. bl. 62. 25 Ons sien dit onderandere in die ει + praes ind ww. + aor imperat voorwaarde sinne in vers 29 en vers 30 (vgl. Jordaan, Die Binnewerk van die Griekse taal, bl. 66; Grosheide se Mat komm. bl. 62; Nolland se Mat komm. bl. 238-239; France se Mat komm. bl. 206; Hendriksen se Mat komm. bl. 303; MacArthur se Mat komm. bl. 305). 26 Vgl NIDNTT vol 1 bl. 231; Grosheide se Mat komm. bl. 61; Van Bruggen se Mat komm. bl. 100. 27 Vgl NIDNTT vol 2 bl. 710; Groshede se Mat komm. bl. 61-62; Hendriksen se Mat komm. bl. 303. 13

En as jou regterhand jou tot die sonde van egbreuk verlei, kap dit af en gooi dit weg van jou af... Opmerking Dis-ie doen-goed. Die goed wat as jy dit doen jou to-die sonde van egbreuk gaan verlei. Breek net radikaal daarmee. Skrif met Skrif Hoor hoe sê Paulus dit in Rom 13:14. Hy sê:... maak geen voorsorg vir die vlees jou ou sonige natuur om sy begeerlikhede te bevredig nie. So Don t feed the monster! Bly weg van goed wat my tot sonde gaan verlei. Breek daarmee. En wees radikaal daaroor! C. Hoekom so radikaal? Verduidelik 28 Wel omdat Jesus ons in vers 28 leer dat dit by die uitleef van die HERE se gebooie soos Hy dit regtig bedoel altyd oor jou hart gaan. Daar in jou hart moet jou begeerte nie meer jou god wees nie. Nee Jesus moet die HERE moet. Sy wil moet jou wil word. Ook-ie HERE se wil oor hoe Hy jou begeerte na n vrou gaan bevredig. m.a.w: Binne in n huwelik met jou eie vrou jou hele lewe lank. So daarom: Die moment as ek agterkom dat daar kyk-goed en doen-goed is wat daai sondige begeerte in my opwek om owerspel in my hart te pleeg breek net absoluut verskriklik radikaal daarmee. Hoekom? Wel my begeerte mag nie god wees nie. Die HERE moet. 28 Vgl NIDNTT vol 2 bl. 386; Calvyn se komm. op die Sinop Evang vol 1 bl. 291; Heidelbergse Kategismus Sondag 33, Sondag 34 v/a 94. 14

Oorgang Maar hoe? Voorbeelde 29 Daarom breek ek so radikaal. En ek raak prakties daaroor. I Ek sit n pornografie-blok-program op my rekenaar. II Ek gooi daai boeke weg wat in my hart daai owerspel-fantasië opwek. III Ek gooi daai flieks weg wat in my hart daai owerspel-fantasië opwek. IV Ek maak radikaal planne met hoe ek my lewe inrig. Ek doen byvoorbeeld moeite om so min as moontlik alleen te wees. Want ek kom agter dis wanneer ek alleen is en alleen met my eie gedagtes opgeskeep sit dat ek hierdie sonde van owerspel-in-my-hart doen. V Ek raak betrokke in my gemeenskap. Ek begin n lewe leef van ander-dien. Want so breek ek met my eie klein selfgesentreerde fantasie-wêreldjie. VI Ek praat hieroor met n broeder of suster wat my kan bystaan vir my kan bid gereeld vir my vra hoe dit nog gaan in my stryd teen hierdie sonde van my en my so verantwoordelik hou. VII Ons kan nog n hele klomp voorbeelde uitdink. Hierdie planne gaan ook nooit presies die selfde wees vir elkeen nie. Want ons elkeen se stryd teen die sonde lyk anders. Maar die hart die kern van wat Jesus sê as Hy in vers 29:30 sê: As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af... En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af... is: Wees radikaal in jou stryd teen sonde. Toepassing Is dit nie ook die vraag by baie van julle nie. Wel dis-ie vraag by my. Hoe? Hoe gaan ons so radikaal wees. 29 Vgl https://www.ccef.org/resources/blog/breaking-pornography-addiction-part-1; https://www.ccef.org/resources/blog/its-all-about-me-problem-masturbation; Hendriksen se Mat komm. bl. 303; MacArthur se Mat komm. bl. 305. 15

Hoe gaan ons uit kom by die nuwe lewe inlyn met die HERE se OT-gebooie soos Jesus vir ons die volle betekenis daarvan uitbring. Wel nie uit ons eie nie. Paulus sê in Rom 8:7 dat wat die (natuurlike verdorwe mens) bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En selfs as wedergebore verloste mense sê Paulus in Rom 7:21 As ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. En kyk ek na my self is ek n skuldige owerspeler en egbreker. 6. So kom ons sluit hiermee af. Hoe? Hoe gaan ons uit kom by die nuwe lewe inlyn met die HERE se 7de gebod soos Jesus vir ons die volle betekenis daarvan uitbring? Wel nooit los van Jesus nie. 30 En nou kom Hy sommer hier dig by ons. Bewys Verlede week het ons dit in vers 22 gesien. Vanoggend hier in vers 28 waar Jesus sê: Maar Ek (Ek) sê vir julle... En so sit Jesus al die fokus op Hom. So ons fokus moet nie net wees op wat Hy sê nie. Nee! Ons fokus moet ook wees op Jesus self. Ons moet Hom sien. Jesus is nie ver van ons af nie. Christus verkondiging I En wie is Hy? Wel Hy is die Een wat in Mat 9:13 sê: Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. II En in 1Tim 1:15 sê Paulus: Dit is n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red... III En in Joh 6:37 sê Jesus: Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. 30 Vgl Duvenage, Die navolging van Christus, bl. 160-171 16

IV En in Mat 11:28 sê Jesus: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is... Met julle skuld van owerspel en egbreek en hoerery in julle harte. Tpeassing So wat sal ons doen? Wel kom ons gaan. Kom ons gaan bely ons bankrotskap ons armoede ons sonde-skuld. Kom ons gaan bely ons verdorwe harte waaruit voortborrel slegte gedagtes... (van) egbreuk (en) hoerery... 31 Kom ons bely ons sondige totale onvermoë om n lewe te leef inlyn met volle bedoeling van die HERE se 7de gebod soos Jesus dit hier in sy Bergpredikasie uitbring Slot Weet julle wat gaan Jesus vir ons sê? Hy gaan sê: Salig is die wat arm van gees is geestelik bankrot is vrot met die sonde-skuld van owerspel en hoerery in jou hart want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 32 Jesus gaan sê: Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid Of n lewe te leef inlyn met volle bedoeling van die HERE se 7de gebod soos Jesus dit hier in sy Bergpredikasie uitbring want hulle sal versadig word. Verduidelik Want Jesus sal ons versadig met Homself. Deur die geloof sal Hy met sy Gees in ons harte kom woon. 33 Sodat ons saam met Paulus in Gal 2:20 kan sê: Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En daarom n lewe kan leef waarin ek al meer dood gaan vir my ou-sondige-ek. En daarom ook kan begin om radikaal te breek met die ou sondige ek kyk-goed en doen-goed wat my verlei tot die sonde van egbreek en hoerery in my hart. Amen. 31 Mat 15:19 32 Mat 5:3 33 Gal 2:20 17