Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

n Prins word die Skaapwagter

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Les 6 vir 10 November 2018

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Pretoria- 23 Junie 2012

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Doen Eers n Kosteberekening

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Nederlandse Geloofsbelydenis

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Midrash (Torah Bespreking)

Ons Hebreeuse Wortels

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

NEW INTERNATIONAL VERSION

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Pretoria- 23 Januarie 2011

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Laat die Woord Getuig

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Ps.119:89. Parashah 22. Ex.35:1-38:20 Vayak hel = Bymekaar roep (assemble) 1 Kon.7: Kor.9:1-15; Hebr. 9:1-14; Op. 11:1-3

Catharina Maria Conradie

Transcription:

1 Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua Messias die Lewende Torah is die Woord van YHVH wat vlees geword het. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep Moshe het die hele vergadering van die seuns van Yisra el bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Hierdie is die dinge wat יהוה julle beveel het om te doen. Ex. 35:1 PWL 1 Torah: Exodus 35:1 tot 38:20 Inleiding: Konfrontasie met die waarheid Ex. 35:2 YHVH se Rusdag Ex. 35:4 en 5 Hartsake Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel B rit Chadashah: Heb. 8:1 tot 5; Heb. 9:1 tot 28; Heb. 10:26 tot 31; 2 Kor. 9:1 tot 15; 1 Kor. 3:9 tot 17; 1 Kor. 12:4; Jak. 1:17. It is better to declare the truth and be rejected, than to withhold it just to be accepted. The only thing worse than being wrong, is to be wrong and to not know it Rabbi Rendelman. There are two ways to be fooled. One is to believe what is not true. The other is to refuse to accept what is true Soren Kierkegraad. 1 PWL Vertaling (Pad van Waarheid tot die Lewe) kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch

2 Midrash (Torah Bespreking) Inleiding: Konfrontasie met die waarheid Wanneer ons met die waarheid in YHVH se Woord gekonfronteer word, word ons gedwing om `n besluit te neem, want die Woord gaan ons oordeel. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Joh 12:48. Eie siening, emosies en redenasies moet daarom nooit `n plaasvervanger vir die waarheid word nie. In eerbiedige ontsag vir YHVH en Sy Woord moet ons strewe na die waarheid. Hierdie waarheid is slegs in die bladsye van die die Skrifte te vinde. Daarom moet ons versigtig wees vir die oorlewering en leerstellings van mense (Kol. 2:8; Matt. 15:1 tot 9) en slegs die Woord van YHVH gebruik om ons in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry en n regte lewenswyse te kweek, sodat elkeen wat in die diens van YHVH Yeshua staan volkome voorbereid en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2 Tim. 3:16 en 17). If you are not allowing the Spirit of Yahuweh to daily train and discipline you in obedience, you re no soldier of His! Yedidah. In hierdie week se parashah, soos ook in die vorige parashah, word ons weereens gekonfronteer met die waarheid oor die Shabbat YHVH se ewige rusdag! YHVH se Woord is die waarheid en YHVH se Woord is Sy Torah! Ex. 35:2 YHVH se Rusdag werk moet vir ses dae gedoen word, maar die sewende dag moet vir julle afgesonderd wees, n Shabbat van volkome rus tot.יהוה Wie ook al enige werk daarop doen, moet doodgemaak word. Ex. 35:2 PWL. Daar bestaan baie groot verwarring en verkeerde interpretasie onder Christene ten opsigte van die begrip: om vry van die wet te wees. Talle gelowiges is baie gou om te vertel dat hulle vry van die wet is, want hulle glo dat hulle onder die genade is. Wanneer daar dan na die wet verwys word, word die tien gebooie meestal bedoel, maar die ander voorskrifte en instruksies van die ou verbond, soos veral opgeteken is in die Torah (die eerste vyf boeke van die Skrifte), word daarby ingesluit. Diegene wat glo dat hulle vry is van die wet sal op vrae soos: Mag jy steel, mag jy begeer, mag jy moor, mag jy egbreek pleeg of enige derglike dinge doen, onmiddelik Nee antwoord. Hulle erken dus dat Christene die tien gebooie moet onderhou al die gebooie behalwe die vierdie gebod van die shabbat. Die Kerk glo, en verkondig, dat die shabbatsgebod opgehef is. Daar word geglo dat die eerste dag van die week, naamlik Sondag, die shabbatsgebod vervang het as die dag van die Here. Die Kerk glo dus inderwaarheid dat daar net nege gebooie is, want ek het nog nie gelees of gehoor dat die vierde gebod herskryf is om te lees: Gedenk die Sondag

3 dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die eerste dag is die Sondag, die dag van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie... Nee, niemand het dit nog gewaag om dit in soveel woorde te sê nie, maar tog is dit juis wat geglo en verkondig word!!! Dit is ook vreemd dat diegene wat steeds die shabbatsgebod volgens YHVH se onderrig en instruksies (die Torah YHVH se wet) eerbiedig, deur die Kerk gebrandmerk word as onder die wet en daarom van die genade verval het. Is dit nie vreemd dat diegene wat nege van die tien gebooie hou as vry van die wet beskou word, maar diegene wat al tien gebooie hou, is onder die wet en is kwansuis hulle redding kwyt? Maak dit hoegenaamd enige sin om so te redeneer? Hoekom het die shabbatsgebod so n verskilpunt geword? Hoekom is dit so dat die oorgrote meerderheid van die sowat 1,9 biljoen mense wat hulself as Christene beskou die gebod van die shabbat minag? Is dit wat die Afgesonderde (Heilige) Skrifte ons leer, of is dit die leerstellings van mense? Het die shabbatsgebod verander die enigste van die tien gebooie wat deur YHVH die Almagtige herskryf is? Hierdie is belangrike vrae, want ons weet dat enige iemand wat die tien gebooie willens en wetens minag, sal nie die Koninkryk van YHVH beërwe nie (Heb. 10:25 en 26). Die Instelling van die Shabbat Die eerste vraag wat gevra moet word is: Wanneer en deur wie was die shabbat gemaak (ingestel)? Die antwoord is in Gen. 2:1 en 2 So is die hemel en die aarde en al hulle hordes voltooi. Op die sesde dag is God se werk, wat Hy gemaak het, voltooi en op die sewende dag het Hy gerus van alle werk wat Hy gemaak het (PWL). Die skepping met die gepaardgaande natuurwette, insluitend die siklus van dae (nag en dag), is deur YHVH geskape (Gen. 1:3, 4 en 14 tot 18). YHVH het alles in ses dae geskape en op die sewende dag gerus van al Sy werk. Die sewende dag, die shabbat, is dus deel van YHVH se skepping. Hy het ook hierdie dag gemaak!! Nou kan gevra word: Wat het YHVH gedoen na Hy op die sewende dag gerus het? En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.. Gen 2:3. Let daarop: YHVH God het die sewende dag geseën en dit afgesonder (geheilig) omdat Hy daarop gerus het!! Omrede YHVH op die sewende dag gerus het, het Hy hierdie dag geseën en dit afgesonder. Het YHVH, nadat Hy op die sewende dag gerus het dalk ook, soos met die res van Sy skepping, gesien dat dit goed was (Gen. 1:4, 12, 18 en 25)? Is dit moontlik die rede hoekom YHVH hierdie dag geseën en dit afgesonder het? Volgens Gen. 2:1 tot 3 sien ons drie handelinge (aksies) wat gepaard gegaan het met die skepping (maak) van die shabbat, naamlik:

4 YHVH-God het gerus op hierdie dag, Hy het dit geseën, en Hy het dit geheilig, naamlik afgesonder (set-apart) Verder kan ons vra: Was Yeshua betrokke by die skepping en by die maak van die shabbat? Die volgende teksverse gee vir ons die antwoord: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. Joh. 1:1 tot 3 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Kol. 1:15 en 16. Alles wat ontstaan het (geskape; gemaak is), het deur Yeshua Messias, die vleesgeworde Woord van YHH, ontstaan. Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Yeshua is die Woord van die krag van YHVH deur wie Hy alles geskape het (Heb. 1:2 en 3) ook die shabbat. Die Almagtige het alles deur Yeshua Die Gesalfde Een geskape (Ef. 3:8 en 9). Die sewende dag van die week (die shabbat) is dus die rusdag van YHVH Yeshua. Daarom weet ons dat Yeshua het dit kom bevestig wat YHVH van die begin af geskep en bepaal het! Yeshua het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Joh. 5:19. Die mens is op die sesde dag geskape. Wat is dus die eerste ding wat die mens gedoen het? Hy het saam met sy Skepper-God op die sewende dag gerus! Ons moet dus ook die voorbeeld van ons Messias volg en op die sewende dag van die week rus en dit gedenk en afsonder. Dit is waarvoor YHVH die sewende dag gemaak het. Dit is die Almagtige se oomblik in tyd wat spesiaal opsy gesit word en waar Hy saam met die mens wil rus. Opsommend: Die shabbat is n ewige instelling en deel van YHVH se skepping. Hy sal dit nie verander nie, want Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde (Heb. 13:8). Bepeins of Bespreek 1. Is Jes. 66:23 bevestiging dat die Shabbat steeds gedenk moet word en ook in die Millennium gedenk sal word?

5 2. Sal jy dit wat YHVH geskape (gemaak) het tot niet wil maak? Het YHVH nie aan die mens gesê om dit wat Hy geskape het te bewaak (te beskerm) nie (Gen. 2:15)? Moet ons die Shabbat bewaak (beskerm)? Ex. 35:4 en 5 Hartsake Moshe het met die hele vergadering van die seuns van Yisra el gepraat en gesê: Dít is wat יהוה beveel en gesê het: Vat vanuit julle n bydrae aan.יהוה Laat elkeen met n gewillige verstand, wil en emosie dit bring as n bydrae aan.יהוה Ex. 35:4 en 5 PWL Ons het reeds in Ex. 25:1 tot 7 (parashah 19) geleer dat YHVH verlang van elkeen n gewillige en vrygewige hart. Nou in Ex. 35:4 en 5 herhaal Moses hierdie woorde van YHVH! Die bydrae (terumah) vir die bou van die tabernakel (mishkan) was dus n hartsaak, naamlik om volgens hartsbegeerte aan YHVH te gee sonder om die kosteberekening te doen. YHVH ontvang graag dit wat met n gewillige en vrygewige hartsgesindheid gegee word. Die les wat ons hieruit leer is dat die bou van die tabernakel n hartsaak van die hele volk was. Daarom moet die bou van ons liggaam as tabernakel ook n hartsaak wees, asook die bou van die liggaam van Yeshua (die gemeente)! Die hart van die tabernakel was die verbondsark wat in die Mees Afgesonderde (die Allerheiligste) van die tabernakel geplaas was. Die hart van die hart van die verbondsark was YHVH se Torah die Woorde van die Tien Gebooie. Hierdie is n sinnebeeld van wat in die hart van elkeen moet wees wat deur vertroue in Yeshua geregverdig verklaar is, naamlik n hart waarop YHVH se Torah geskryf is. Dit is die vervulling van die belofte soos YHVH deur die profeet Jeremia gespreek het en in Heb. 8:10 bevestig word: Want dit is die verbond wat Ek na daardie dae sal sluit met die huis van Yiesraél, sê Yahweh: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skryf; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem wees, en hulle sal vir My 'n volk wees (Woord en Getuienis) Die mens se hart is sy wil en emosie wat deur sy verstand (vermoë tot kennis en begrip) beheer word. In elkeen se hart moet YHVH se heerlikheid soos deur Sy Torah gemanifisteer word wees, maar dit moet oorskadu word deur YHVH se heerlikheid soos dit in Yeshua gemanifisteer het! Verwys parashah 21 Moses se sluier waar die heerlikheid van Torah en die heerlikheid van Yeshua bespreek word. Indien YHVH se Torah deur die genade van YHVH in Yeshua op die tafels van jou hart geskryf is, dan het jy die wil en begeerte om Torah-gehoorsaam te wees. Dan wil jy uit dankbaarheid vir jou redding deur vertroue in Yeshua, en uit liefde vir die Vader, in alles aan Hom gehoorsaam wees. Dan is gehoorsaamheid aan YHVH se onderrig en instruksies nie n vermoeienis nie! Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. 1 Joh. 5:3

6 Nee, want Yeshua se las is lig en Sy juk is sag (Matt. 11:29 en 30) wanneer die hart vol is van Yeshua se Vleesgeworde Torah. Niks is te veel moeite wanneer dit hartsliefde is nie! Torah-gehoorsaamheid is hartsake. Dit is die besnydenis van die hart waar die letter van Torah deur die Gees lewend gemaak word. Elke geregverdigde in Yeshua bou dus aan sy tabernakel met n gewillige verstand, wil en emosie! Elkeen moet n bydrae bring soos wat in sy hart opgewek word n vrywillige bydrae volgens hartsbegeerte en volgens wat YHVH van elkeen vra vir die bou van Sy tabernakel (Ex. 25:1 tot 7; Ex, 35:5 tot 9). Die Afgesonderde Gees sal dit dan gebruik om volgens die plan van YHVH se hemelse tabernakel n aardse tabernakel van elkeen te maak waar YHVH in elkeen se midde kan woon! Dan sal Yeshua deur die Afgesonderde Gees as Koning en Hoëpriester in elkeen woon sodat YHVH daardeur verheerlik sal word! Dan sal ons as koninklike priesterdom saam met Yeshua regeer om te verkondig die deugde van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig (1 Pet. 2:9 en 10). Bepeins of Bespreek 1. Ons kan nie net vir YVH bring wat ons wil of wat ons dink goed genoeg sal wees nie. Nee, ons moet dit bring wat YHVH ons vra om te bring. YHVH gee vir ons n spesifikasie van wat benodig word om van elkeen se liggaam n tabernakel (tempel) te maak. 2. Ons liggaam en die liggaam (gemeente) van Yeshua is die teenswoordige tempel waar YHVH in ons midde wil woon. Lees 1 Kor. 6:19 en 2 Kor. 6:16, saam met 1 Korinthiërs hoofstuk 12. Ons moet nie net bou aan ons liggaam as n tempel nie, maar ook bou aan die gemeente as n tempel van die Afgesonderde Gees. 3. Net soos elkeen se liggaam een (Hebreeus: echad) is, naamlik nie verdeel is nie, maar as eenheid funksioneer, so moet die gemeente echad wees, want YHVH is echad (Deut. 6:4). Die Christendom is verdeeld en ons sien dieselfde tendens in die Messiaanse Beweging! Kan YHVH waarlik in ons midde woon indien Sy liggaam die gemeente verdeeld is? Midrash Haftorah (Haftorah Bespreking) 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas. 1 Kon. 7:21. Hierdie week se Haftorah vind aansluiting by ons parashah in die sin daarvan dat beide te doen het met die bou van n heilgdom vir YHVH. Salomo het Hiram uit Titus laat haal om te help met die bou van die tempel, asook met die maak van die tempelgereedskap en

7 -versiersels (1 Kon. 7:13). Hiram, wat adelike beteken, was die hoofargitek en hoofingenieur vir die bou van Salomo se tempel en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak (1 Kon. 7:14). Hy het onder andere twee pilare van koper gemaak aan weerskante van die deur van die voorportaal van die hoofvertrek van die tempel (1 Kon. 7:21). Die regterpilaar het hy Jagin genoem en die linkerpilaar het hy Boas genoem. Wat is die betekenis van hierdie twee pilare? Ina van Niekerk gee in haar boek: Die Pilare Jagin en Boas en die Orde van Melgisedek 2, n breedvoerige uiteensetting van die betekenis. Eerstens verduidelik sy die betekenis van die Hebreeuse woord vir pilaar ( ע מוּד amoed) soos deur die letters ajin, mem, wav, dalet uitgebeeld word, naamlik: Die Lig/Kennis van die Woord/Waarheid is die Onwankelbare Versoening waardeur Jeshua vir ons n Deur geword het na die Vader toe. Stel jou hierdie prentjie voor: Twee pilare van n groot gebou, met n deur tussen die twee pilare. Dit is hoe die tempel se vooraansig was, en dit is presies wat die prentjieskrif van amoed hier uitbeeld. Die lig is die een pilaar, en die waarheid is die ander pilaar. As hierdie twee pilare mekaar ontmoet, open dit n deur na die genade van Abba, in Jeshua ons Verlosser. Die betekenis van die name Jagin en Boas verduidelik Ina soos volg: Jagin beteken: Hy sal vestig/oprig (Strong s 3199) en Boas beteken: In Hom is sterkte (Strong s 1162). Hierdie twee name is so ryk aan betekenis, dat ons dit verder moet ontleed. Jagin se wortelwoord כוּןis (koen), wat beteken: to be erect, to set up (lit/fig), firm, fixed, confirmed, frame, ordain, stable (Strong s 3559). En koen is n primêre wortelwoord waarvan die woord kohen כ ה ן) ) duidelik familie is. Kohen is die woord vir priester in Hebreeus (Strongs s 3548). Die Ancient Hebrew Lexicon of the Bible beskryf koen sò (1244 ( J)(V)): Firm: to set something firmly in place, either physically or with words. Dit is n baie mooi beskrywing van n fisiese of geestelike pilaar. Dit beskryf werklik die rol van n priester. Nou begin daar vir ons iets deurskemer. Jagin simboliseer die priesterlike amp wat JHWH se koninkryk bedien en sodoende oprig terwyl Boas, wat uit die stam van Juda 2 Ons beveel hierdie boek aan, want dit is propvol insig en geestelike waarhede oor die betekenis van die koperpilare en die priesterorde van Melgisedek. Hierdie boek is beskikbaar deur op hierdie skakel te kliek: http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/melgisedek-mei-2012-1.pdf. Ina kan ook gekontak word by: inavniekerk@gmail.com

8 kom (Matt. 1:1, 5), die koninklike amp simboliseer, omdat dit so oor Juda geprofeteer is in Genesis 49:10, dat die septer van Juda nie sal wyk nie. Koning Dawid was dan ook uit die stam van Juda, so was Jeshua as Koning ook uit die stam van Juda en die sterkte is in Hom (Matt.1). Die tempel van Salomo is dus ook n sinnebeeld van Yeshua as Koning en Hoëpriester. Aangesien ons liggaam die tempel van God is (2 Kor. 6:16), moet Yeshua ook as Koning en Hoëpriester in ons hart woon. Die bou en instandhouding van jou en my liggaam as tempel van YHVH is n hartsaak! Soos alle konings van Israel volgens Torah moes regeer (Deut. 17:14 tot 20), so moet Yeshua ook volgens Torah in jou en my hart regeer. En soos alle hoëpriesters die middelaar tussen YHVH en die mens was, so moet Yeshua as Ewige Hoëpriester in jou en my hart as Middelaar optree. Bepeins of Bespreek 1. Die vraag is of jy en ek toelaat dat Yeshua die Koning en Hoëpriester in ons hart is, naamlik van ons denke, wil en emosie. Is Lig (Yeshua) en Waarheid (Torah) die twee pilare wat aan weerskante van die deur van ons hart staan? Het ons al van ons mensgemaakte troon van selfheerskappy en eie-geregtigheid ten volle afstand gedoen en die deur van ons hart oopgemaak dat Yeshua kan binnekom en oorneem as Koning en Hoëpriester? -o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalomgroete tot volgende keer. Johan Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.