Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Van Vervolger tot Prediker

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Les 6 vir 10 November 2018

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Addendum A Consent form

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die betekenis van die kruis (1)

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Lukas 4: Agtergrond

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Pretoria- 23 Junie 2012

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Waar is God as ons swaarkry?

Transcription:

Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief aan die Filippense is daar duidelik twee groepe wat inspeel op hierdie gemeente of hulle geloof bedreig. Die eerste groep hoor ons in die eerste twee verse van: Hulle word letterlik honde genoem, nie net dwaalleraars nie- honde was nie in die Bybelse tyd positiewe diere soos vandag nie. Hier word gedink aan straathonde wat met mekaar baklei vir oorskietkos en maklik as trop menslike omstanders of ander diere sou aanval. Hierdie groep was waarskynlik Christene uit die Jodedom wat vir die lidmate van die gemeente van Filippi wou leer dat God se genade in Jesus nie alleen genoeg was vir jou redding nie. Dit was goed en reg, maar nie genoeg om jou te red nie. Jy moes nog ander gebruike en voorwaardes ook nakom om gered te word. Die ou Joodse gebruik van die besnydenis was vir hulle hierdie gebruik wat dan sou bewys dat jy aan God behoort het. Hierdie dwaalleraars leer dus Jesus plus nog iets, die besnydenis, is wat jy nodig gehad het vir jou redding. God se genade vat jou net sover, dan moet jy nog steeds sekere goed of gebruike nakom om jou redding te verdien. Dis weer hierdie vertroue op uiterlike goed soos die besnydenis. Paulus leer teenoor hulle Jesus alleen is al wat nodig is vir jou redding. Ons het vandag weer hierdie vals evangelie terug in ons eie dag en tyd. Christene wat glo dat jy die Joodse sabbat en die Joodse feeste moet vier, selfs besny moet word en dat dit noodsaaklik is vir jou verlossing. Diep hieragter is maar hoe vroom dit ook al lyk en klink die vermoede dat Jesus se kruis nie genoeg is vir my en jou redding nie. Dat ek nodig het om van my kant af daar iets by te sit. Die tweede groep wat op die gemeente inspeel en chaos en verdeeldheid saai, ontmoet ons in vers 18 en verder: Hulle word vyande van die kruis genoem, mense wie se maag hulle god is, wat trots is op hulle skande of sonde en hulle is mense wat aardsgesind is. Kos en seks en sonde was hierdie mense se afgode. Hierdie groep mense laat my dink aan Paulus se woorde in die Galasiër-brief se vyfde hoofstuk: Julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Hierdie groep in die gemeente van Filippi het waarskynlik ook soos van die mense in Galate hul vryheid in Christus verkeerde verstaan. Hulle het gedink hierdie vryheid beteken jy kan leef soos wat jy wil, want jou plek in die hemel is klaar deur Jesus bespreek. En niks wat jy doen op aarde kan dit verander nie. Daarom het hulle geglo dat jy daarom op aarde kon leef soos wat jy wil en selfs sondig soos wat jy wil. God het jou mos klaar vergewe vir wat jy gedoen het en nog sal doen.

Van my kollegas praat van hierdie dwaling as hypergrace- genade wat jou so vryspreek dat jy geen verantwoordelikheid het om tot God se eer te leef nie en eintlik maar kan leef soos wat jy wil. Wat was verkeerd in hierdie mense se godsdiens of geloof? Dit was eintlik net selfdiens. Jesus het nooit in die middelpunt van hul lewens kom staan nie. Die mens en sy eie sondige begeertes was in die middelpunt. Daarom was hulle vyande van die kruis, want die kruis roep jou juis op om jouself, jou eie-ek en jou natuurlike sondige begeertes te verloën en Jesus te volg. Die moderne weergawe daarvan is sekerlik die welvaartsgodsdiens waar God jou kwansuis net ryk en voorspoedig wil sien voor Hy Sy doel met jou bereik het. Hier staan mense en hul begeertes ook maar weer in die sentrum. Ons sien dit ook in kerke waar die enigste agenda is om mense tot selfvervulling of die bereiking van hul volle potensiaal te bring. Teenoor die eerste groep se vertroue op uiterlike dinge soos die besnydenis en waarskynlik ander Joodse gebruike en die tweede groep se dwaling dat genade jou laat leef soos wat jy wil en jou steeds slaaf los van sondige begeertes, wil Paulus die gemeente in Filippi leer hoe om werklik as volgeling en dissipel van Jesus te dink en te leef. Hy noem hierdie regte verhouding tot Jesus die ware besnydenis. Dis nie hierdie uiterlike besnydenis van die vlees nie, maar die innerlike besnydenis van die hart. Wat hierdie ware besnydenis of besnydenis van die hart is, verduidelik Paulus in vers 3. Dit gaan oor drie dinge: Ware besnydenis 1: Dien God deur Sy Gees: Mense wat die ware besnydenis het, dien God deur Sy Gees. Dit beteken anders as mense van die Ou Testament wat God se wet in hul eie krag probeer nakom het, mense wat waarlik van binne besny is, God se wil nakom deur die krag van die Gees wat in hulle aan die werk is. Paulus sou later daaroor skryf in sy tweede brief aan Timoteus oor wat die Gees in ons lewens doen. "Die Gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing." Krag- om op te staan vir wat reg en tot God se eer is en om te staan teen dit wat ander mense afbreek en skade aandoen. Liefde: vir ons medegelowiges, maar ook vir alle mense op ons pad. Selfbeheersing- om nee te sê vir die verlokkende roepstem van sonde in ons lewe. As die Gees in my lewe aan die werk is, gaan dit ook oor vryheid- Hy lei my op die pad van vryheid. Dink aan Paulus se woorde in 2 Korintiers 3:18: Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Dis egter nie die vryheid wat Paulus se teenstanders gesien het as om te lewe en te sondig soos wat jy wil nie. Hierdie vryheid is om telkens in situasies nee te sê vir my eie sondige begeertes of vir die druk wat mense of vriende op my wil uitoefen om die regte pad te verlaat, en ja te sê vir die wil van God. Wat doen die Gees nog in my lewe? Hy laat wat met Jesus gebeur het, ook met my gebeur. Die Gees maak eerstens Jesus se sterwe deel van my lewe. Hy doen dit deur die ou mens in my al meer te laat sterwe- om my al meer God se prioriteite, God se liefde vir mense, God se agenda vir my lewe te laat besef en te laat uitleef. Die Gees maak ook die opstanding van Jesus deel van my lewe. Hoe meer die ou mens met al sy sondige begeertes en slaaf-wees

van die eie-ek in my sterwe, hoe meer plek is daar vir die nuwe mens wat Hy in my laat opstaan wat wil leef tot God se eer en sy of haar medemens wil dien. Paulus skryf: Al wat ek wens is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê deur aan Hom gelyk te word in sy dood. Hierdie proses kan alleen deur die werk en die krag van die Heilige Gees in Paulus se lewe en in jou en my lewe gebeur. Die Gees en Sy werk veroorsaak dat Jesus se sterwe en opstanding meer as hierdie historiese gebeure van 2000 jaar gelede is. Hy laat Jesus se sterwe en opstanding in jou en my lewe gebeur. Ware besnydenis 2: Vertrou nie op uiterlike dinge nie. Paulus wys ons dat ons baie maklik op die verkeerde dinge kan vertrou, dat uiterlike dinge ons lewe en identiteit kan bepaal. Soos wat hy trouens eens self gedoen het. Hy wys ons so mooi die godsdienstige leertjie wat hy vir homself eens tot in die hemel en die guns van God probeer bou het. Hy kon vertrou op die dinge van hy van geboorte uit gekry het: Agste dag besny-presies volgens die Joodse wet se voorskrif. Hy was n ware Israeliet, deel van God se uitverkore volk en uit die stam van Benjamin- Jerusalem en die tempel was onder hierdie stam se jurisdiksie. Hy was boonop n egte Hebreër, want beide sy ouers was Hebreërs en hy is in daardie taal en kultuur opgevoed as kind. Hy was dus nie een van die Jode wat in die Griekse kultuur opgevoed is nie. Hy kon ook sy vertroue bou op die dinge wat hyself verwerf of bereik het. As jong man het Paulus aangesluit by die strengste wetsonderhoudende groep in die Joodse godsdiens- die Fariseërs. Die Fariseërs was die marines van die godsdienswêreld- ek het iewers gelees net so 10 persent van mense wat probeer het om die streng toelatingsvereistes vir lidmaatskap te haal, dit wel gehaal het. Dit was dus geweldig prestige-ryk om as deel van die Fariseërs gereken te word. Boonop was hy so toegewyd dat hy selfs die vyande van die Joodse godsdiens, die Christene, vervolg het. As jy wil weet hoe toegewyd ek aan iets of iemand is, vra wat ek bereid is om te doen om daardie saak of daardie mens/ mense te verdedig. In sy nakoming van die wet was hy onberispelik- geen mens sou n vinger na hom kon wys of klagte teen hom kon inbring rondom wetsonderhouding nie. Op hierdie dinge het Paulus eens sy identiteit gebou. Henri Nouwen skryf dat ons gewoonlik ons lewens-identiteit of wie ons glo ons is bou op wat ons het, wat ons doen of gedoen het en op wat ander mense van ons dink. Daarom kyk ons gewoonlik veral as ons ouer word graag terug na ons prestasies en wat ons al bereik en bymekaar gemaak het asof ons daarmee vir onsself en ander wil sê: Kyk, ek was werklik van waarde gewees. My lewe het regtig getel. Waarop roem Paulus nou? Nie meer op die uiterlike dinge wat van geboorte deel is van sy bestaan is nie of die dinge wat hyself bereik het nie. Hy vertrou nou alleen op Jesus Christus. Ware besnydenis 3: Beroem jou op Christus Jesus

Nadat Jesus Christus Paulus op die Damaskuspad ontmoet het, het Paulus se lewe en die balansstaat van sy lewe totaal verander. Wat eers aan die batekant van sy lewe gestaan het, is nou laste. Jesus is nou die enigste bate in die balansstaat van Paulus se lewe. Hoekom is sy afkoms en wat hy godsdienstig bereik het vir Paulus nou laste? Omdat dit hom blind gemaak het vir die feit dat hy verlossing uit God se genade in Jesus nodig gehad het. Paulus moes leer jy kon nie godsdienstig hierdie leer tot by God in die hemel bou nie. God stuur die leer van Hom af en trek jou wat verlore is na Hom toe en die leer wat jou in die hemel optrek is Jesus Christus. Hy alleen is die weg of die leer na God toe. Daarom kan ek en jy en Paulus ons net op Jesus Christus beroem. Net wat Hy namens jou en my by God verkry het, tel by God. God word net beïndruk deur Jesus en wat Hy kom doen het. Hieroor skryf Barclay baie raak: The only boast of the Christian is in, not what he has done for himself or for God, but in what Christ has done for him. As net Jesus tel, maak hoe ek leef dan vir God saak? As net Jesus en wat Jesus gedoen het by God tel, maak hoe ek leef en wat ek doen dan hoegenaamd vir God saak. Ek kry eendag by iemand hierdie aanhaling wat my geweldig help: Grace is opposed to earning, not to effort. God se genade staan nie teenoor my effort of toewyding of inspanning as kind van die Here nie, dit staan teenoor die beginsel van verdienste. Verdienste of earning is hierdie ding dat ek deur wat ek doen self my redding by God probeer verkry. Of dat ek soos die teenstanders in die Filippi gemeente glo Jesus se verlossing is goed, maar nie genoeg nie. Ek moet sekere pligte of gebruike of een of ander geestelike standaard daar bysit om gered te word. Paulus praat oor hierdie inspanning of toewyding as kind van die Here in hoofstuk 2 vers 13: Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê of toewy om as verloste mense te lewe. Dis effort. In Filippense 3: 13 en 14 kry ons dit weer: Ek span my in, sit my uit, om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Dis effort. Hier word nie gedink aan die 100 m sprint nie, hier word gedink aan die Comrades. Verstaan jy wat ek bedoel met die beeld van die Comrades? In 2013 het 20 000 mense vir hierdie wedloop ingeskryf. Net 14 000 het by die wegspring opgedaag en net 10 000 het die wedloop voltooi. Net die helfte van almal wat ingeskryf het. Ek onthou hoe ek as standerd 7 seun baie graag die 5km veldloop wou wen by ons jaarlikse kleursport daar in Darling se Middelbare Skool. Ek het baie hard geoefen en alles gedoen wat ek kon om hierdie wedloop te wen. Die dag voor die wedloop het ons atletiekonderwyser by my kom staan en gesê: Steyntjie, jy het klaar die harde werk ingesit. Jy is fikser as enigiemand anders. Jy moet net opdaag en die wedloop is joune. Toe ek die volgende dag soos n halfdooie vis oor die wenstreep val, het die onderwyser gevra hoe ek voel. Ek kon net uitasem maar bietjie verwytend antwoord: Meneer, hierdie het bietjie meer as net opdaag gevra.

Dis waar van ons geloofswedloop as kinders van die Here ook. Dit vra meer as opdaag of om met die naam of titel van Christen te dra. Christus het klaar al die werk ingesit en Sy Gees aan jou gegee sodat jy die wedloop kan klaarmaak en kan wen, maar dit beteken nie ek en jy sal ons nie moet inspan om by die wenpaal te kom nie. Paulus het dit verstaan: Ek span my in om dit alles myne te maak, omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het (vers 12) Paulus span hom in en wy hom toe om te groei in sy verhouding met Jesus, omdat hy Jesus Christus reeds as geskenk ontvang het. Jesus het Paulus vasgegryp, daarom gryp hy Jesus vas. Jesus het reeds sy wenplek by die hemelse wenpaal bespreek en verseker, daarom hardloop hy die wedloop van die geloof soos iemand wat op pad is na hierdie prys toe wat in Jesus klaar syne is. God gryp ons in Jesus vas, daarom lei ons n lewe wat Jesus vasgryp en Hom verheerlik. Slot: Wat is ware godsdiens, wat is hierdie ware besnydenis, die geestelike en innerlike besnydenis waarvan Paulus hier praat? Dit gaan oor een eenvoudige saak: Ware geloof is nie in die eerste plek om sekere dinge, ook godsdienstig te doen nie. Schalk het so mooi getuig vanoggend dat jy baie godsdienstige dinge kan doen, maar steeds ver van die Here kan wees. Ware godsdiens, ware besnydenis van binne is n persoonlike verhouding. Dis om Jesus as Here van jou lewe te ken. Met jou kop, met jou hart, met jou keuses, met jou proiriteite, met wie en wat jy liefhet en eerste stel. Die vraag wat Goeie Vrydag en Paastyd ons elke jaar, ook hierdie jaar vra is: Waar staan jy met Jesus en waar staan Hy in jou lewe? Amen