Die Nuwe Verdraagsaamheid

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Van Vervolger tot Prediker

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Les 6 vir 10 November 2018

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die betekenis van die kruis (1)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die maan en sy rol in ons wereld *

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Luister na God. enlewe vir ewig

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

Waar is God as ons swaarkry?

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Wat kan die kerk doen?

Pretoria- 23 Januarie 2011

Julian Müller bevraagteken in sy artikel PANENTEÏSME: n nuwe verstaan van God vir n nuwe tyd? ( ) die teïstiese Godsbeskouing.

Nederlandse Geloofsbelydenis

4. Struktuur Van Profesie

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Transcription:

Wat is die verskil tussen die Christelike geloof en alle ander godsdienste? Ons hoor so dikwels dat mense van mening is dat alle gelowe eintlik maar dieselfde is. Hoekom is Christene dan so onversetlik, deur te glo dat húlle geloof die enigste regte geloof is? Hoe kan jy so bekrompe, so dweperig en so onverdraagsaam wees deur te glo dat Jesus die enigste weg na God is? Die Nuwe Verdraagsaamheid In ons dekadente en immorele samelewing is die belangrikste deug deesdae verdraagsaamheid. Die grootste gebrek is onverdraagsaamheid. Wat die wêreld egter vandag onder verdraagsaam verstaan, is baie ver verwyder van die eintlik betekenis van die woord. Verdraagsaamheid het deesdae n baie wyer betekenis as in die verlede; nou word van ons verwag om ook misleiding en onsedelikheid te aanvaar. Die Nuwe Era-toleransie (New Age tolerance) val skynbaar vas wanneer dit met Bybelse Christelikheid gekonfronteer word. Enige Christen wat dit sou durf waag om by basiese Bybelse beginsels te staan, word van onverdraagsaamheid beskuldig! Dit lyk ietwat skynheilig: diegene wat alle gelowe as gelyk verklaar, is dan juis die mense wat soveel tyd en aandag daaraan spandeer om die Christelike geloof verkeerd te bewys. Juis húlle is ooglopend baie onverdraagsaam teenoor Bybelse lering... Kontraste En Weersprekings Ons moet egter aan diegene wat glo dat alle gelowe op dieselfde beginsels gebaseer is, die volgende uitwys: Bahaïsme het die Nuwe Era-gees in n godsdiens verander, sodat dit alle ander gelowe insluit. Hulle maak daarop aanspraak dat alle gelowe dieselfde is en dat hulle sowel Jesus Christus, as Boeddha, Lao-Tzu, Confucius, Mohammed, Zoroaster, en n hele swetterjoel ander ghoeroes, profete en heiliges navolg. Islam is egter sterk monoteïsties. Hulle is baie gesteld daarop dat daar net een God is. Hindoeïsme, daarenteen, is politeïsties en erken ten minste 330 miljoen gode. 1 / 8

Hoe kan monoteïsme en politeïsme dan dieselfde wees? Boeddhisme is panteïsties en leer dat alles god is. Confucius erken geen god nie. Hoe kan Ateïsme dieselfde wees as Panteïsme en Politeïsme en Monoteïsme? Dit kan mos nie! Lewe Vs Nirwana Jesus Christus het gesê dat Hy gekom het sodat ons lewe in oorvloed kan hê (Joh. 10:10). Hindoeïsme en Boeddhisme leer egter dat die lewe een groot boosheid is. Volgens hierdie gelowe behoort ons almal op soek te wees na die einde van ons persoonlike lewe deur Nirwana. Soos n druppel water wat in die grote oseaan val en alle karakter verloor, net so behoort ons, deur opeenvolgende reïnkarnasies en meditasie, die staking van persoonlike bewustheid na te streef. Omdat Boeddhisme en Hindoeïsme die lewe as ellendig beskou (dit is nogal n selfvervullende profesie, want die heidendom maak die lewe maar ellendig), is hulle doelwit die vernietiging daarvan. Hoe kan Christus se lering oor Geestelike Lewe, die Ewige Lewe en Oorvloedige Lewe, dieselfde wees as Nirwana? Onversoenbare Etiek Daar is ook die hele kwessie van etiek. Die meeste gelowe hang poligamie aan - dat n man verskeie vrouens mag hê. Die Christendom het nog altyd monogamie voorgestaan: een man wat lewenslank met een vrou getroud is. Christus het egskeiding veroordeel. Mohammed het egter voorsiening gemaak vir maklike en vinnige verbale egskeidings. Dié twee sienings is tog sekerlik onversoenbaar. Gemeenskap Met Die Bose Die Apostel Paulus het geskryf: Wat probeer ek sê? Bedoel ek dat afgodsoffers iets belangriks is of dat afgode werklik bestaan? Hoegenaamd nie. Wat ek egter wel sê, is dat daardie offers in werklikheid aan duiwels gebring word en nie aan n godheid nie. En ek wil nie hê dat enigeen van julle met die duiwels gemeenskap het nie. 1 Kor. 10:20. 2 / 8

Die Bybel is baie duidelik - God is nie met alle godsdienstige aktiwiteite tevrede en gelukkig nie. Die mees veroordeelde sonde in die Bybel is afgodsdiens. Die meeste wêreldse godsdienste is deurspek met afgodsdiens. Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval - in so n mate dat hulle die verering van die altydlewende God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld. Rom. 1:22. Is Jy n Goeie Mens? Volgens die meeste gelowe is die mens inherent goed. Die Bybel, daarenteen, beskryf die mens is inherent boos. Dit is soos die Skrif sê: Niemand is goed nie - selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; niemand wat werklik ernstig na God soek nie... Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Rom. 3:10-23. Pasop Vir Godsdienstige Misleiding Jesus het ons teen valse profete (Mat. 7:15), vals leraars en godsdienstige leiers (Mat. 23) gewaarsku. Wees versigtig dat niemand julle op n dwaalspoor bring nie. Mat. 24:4. In Openbaring staan daar dat God aan die einde n Engel sal stuur wat die satan sal bind...sod at hy nie langer die nasies sou verlei nie... Openb. 20:3. Dit is baie duidelik dat satan deesdae baie nasies verlei. Ons is in n geweldige konflik betrokke - n oorlog van wêreldbeskouings: - Ateïsme vs. Teïsme - Politeïsme vs. Monoteïsme - Kommunisme vs. Christendom - Sharia wet vs. God se Wet - Poligamie vs. Monogamie - Slawerny vs. Vryheid - Aborsie vs. Pro-lewe - Pornografie vs. Moraliteit 3 / 8

- Homoseksualiteit vs. Familiewaardes - Siektes vs. Gesondheid - Leuens vs. Waarheid - Verontreininging vs. Reinheid - Dood vs. Lewe - Godsdiens is hoe die mens na God probeer uitreik. Christus is egter God wat Hom na die mens neerbuig. Godsdiens is mensgemaak. Christendom is God-geïnisieer. Godsdiens sê: Probeer! Christus sê: Vertrou! Ons, as Protestantse gelowiges, glo in die vryheid van gewete, spraak, omgang en aanbidding. Die Protestantse Hervorming het beslag gegee aan die konsep van godsdienstige verdraagsaamheid. Die feit dat ons die beoefening van ander godsdienste verdra, is egter geen aanduiding dat dit reg of aanvaarbaar is nie. Die moderne Nuwe Era-konsep van verdraagsaamheid is beslis nie die oorspronklik betekenis van die woord nie. Wat Is Die Verskil? Wat is die verskil tussen die Christen-God en die gode van ander godsdienste? Die allerbelangrikste is dat die God van die Bybel wérklik is. Die ander gode nie. God bestaan. Die ander is verbeeldingsversinsels en demoniese misleiding. Die verskil tussen die Christendom en alle ander godsdienste is die rede waarom ons verskillend kyk na mense, dinge, die werklikheid en verantwoordelikheid, verlossing en dissipelskap. Dit is ook meer as net die waarheid oor God, die mens, die ewigheid en verlossing. Dit is selfs meer as die lewe, hier en ook in die hiernamaals. Die allerbelangrikste en grootste verskil tussen die Christendom en alle ander gelowe, is ons begrip van God se Heiligheid en die erns van sonde. Versoenende Werk Van Jesus 4 / 8

Wat absoluut uniek is aan die Christendom, is die sentrale boodskap van die eenmalige en onherhaalbare, vervangende Versoeningswerk van Jesus. Jesus Christus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. Sy opofferende dood aan die Kruis het versoening vir ons sonde bewerkstellig en die verlossing van Sy kinders moontlik gemaak. Ander gelowe het n baie laer dunk van God se Heiligheid en die erns van die mens se sonde. Net die Christendom beskik oor die balans tussen God se Heiligheid en Sy genadige liefde. Die beslissende vraag is egter: hoe kan n Heilige God homself met sondige en verdorwe mense versoen, en nog steeds Sy geregtigheid behou? Slegs iemand wat sonder sonde was, kon die versoener wees en net God Sélf, in die gestalte van n mens, kon die volmaakte offer wees. Die Lewe Van Christus Ander godsdienste is gebaseer op die léring van die stigters daarvan. Die Christendom is egter gebaseer op die léwe van die Stigter. Christus is sentraal in die Apostoliese Geloofsbelydenis: Ons Here, Jesus Christus, gebore uit die Maagd Maria, wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is; wat ter helle neergedaal het en op die derde dag weer opgestaan het uit die dood. Wat opgevaar het na die Hemel en sit aan die Regterhand van God, die Vader, die Almagtige; vanwaar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Herdenk Christus Dit is waarom die volgende die feeste van die Christelike Geloof is: Kersfees, Goeie Vrydag, Paasfees en Hemelvaartdag. Kersfees herdenk die menswording van God, Emmanuel, God met ons; Goeie Vrydag - die soendood van die Seun van God vir die sonde van die wêreld; Paasfees - Christus se oorwinning oor die dood, die hel en die graf deur Sy Opstanding. Ek was dood en kyk, nou leef Ek vir altyd en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. Openb. 1:18 Bo Alle Gesag 5 / 8

Hemelvaart verkondig die Heerskappy van Christus oor alle menslike gesag en instellings. Ch ristus het die Hemel binnegegaan. Hy sit nou aan die regterhand van God, met die engele, magte en kragte onder Sy beheer. 1 Pet. 3:22. God het volle mag oor die Hemel aan My toevertrou. Gaan dan, maak dissipels... Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. Mat. 28:18-20. Want Christus moet aan bewind bly totdat Hy alle vyande finaal verslaan en aan Hom onderdanig gemaak het. 1 Kor. 15:25. Ons het dan nou n groot Hoëpriester wat deur die Hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Heb. 4:14. Daarom het God Hom ook tot in die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. So sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die Hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here! En so sal God die Vader verheerlik word! Fil. 2:9-11. Christus Se Uniekheid Jesus Christus het nie net aanspraak daarop gemaak om die pad te ken nie, Hy ís die pad. Hy het nie net die waarheid geleer nie, Hy ís die Waarheid. Hy het nie net lewe nie, Hy ís die Lewe! Net Jesus Christus het n perfekte lewe geleef, n versoenende dood gesterf en het weer uit die dood opgestaan. Confucius, Boeddha, Mohammed en al die ander is dood, begrawe en daar is net nooit weer van hulle gehoor nie. Die Opstanding van Jesus Christus uit die dood is egter n unieke, historiese feit. 6 / 8

Die Lewensredder Die mensdom is besig om in n sonde-oseaan te verswelg. Die wêreldgodsdienste is besig om swemhandleidings uit te deel en probeer om die drenkelinge te leer swem. Jesus Christus is egter die Lewensredder wat Self in die oseaan ingeduik het om die wat besig was om te vergaan, te red - ten koste van Sy eie lewe. Daar is geen redding by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om gered te word nie. Hand. 4:12. Is Jesus Christus jou Heer en Verlosser? Of sal Hy jou ewige Regter wees? Die vraag is nie: sal jy voor Hom buig nie, maar wánneer sal jy voor Hom buig? Daarom het God Hom ook tot in die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. So sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die Hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here! En so sal God die Vader verheerlik word! Fil. 2:9-11. Die eerste keer het Hy gekom as Lam wat die sonde van die wêreld wegneem. Die tweede keer, wanneer Hy weer kom, kom Hy nie as Redder nie, maar as Regter, Koning van die konings en Heer van die here, n oorwinnaar en ewige Regter. Ons buig vandag, terwyl dit nog genadetyd is, voor Hom, of ons sal eendag op die Oordeelsdag voor Hom moet buig - sonder n keuse. Die Genadedeur sal dan dig gesluit wees en alle hoop en vergifnis sal tot niet wees. Ons buig of nóú voor Hom wat ons Heer en Meester is, of op die Oordeelsdag, wanneer Hy sit as die ewige Regter wat gaan oordeel. 7 / 8

Is Jesus jou Redder of jou Regter? 8 / 8