Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Addendum A Consent form

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Pretoria- 23 Junie 2012

Community of Practice

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Waar is God as ons swaarkry?

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die betekenis van die kruis (1)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die lewende God is meer as genoeg. Alles ter wille van ons groot God. Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder. God se volk stel sy eer eerste

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Lukas 4: Agtergrond

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

from the group who had gathered there.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die maan en sy rol in ons wereld *

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Transcription:

Preek Jan Steyn 20 Oktober 2013. Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus Inleiding: Ek het soos baie van julle grootgeword met die sondagskoolstorie van Jesus en saam met Hom Petrus wat op die water loop. Ek het selfs in 1993 hierdie gediggie daaroor geskryf. Ek was toe student in my sesde jaar op universiteit. In daardie tyd het my ouers hulle plaas verloor en is ons familieplaas op 'n bankveiling verkoop. My ouers het basies alles verloor. Ek het geweldig gesukkel om hiermee vrede te maak en depressie het oor my begin toesak. En iemand wat depressie oor hom voel toesak, weet dat net om elke dag te begin of aan die gang te kry nogal hierdie taamlike stryd is. Ek het die ou gediggie wat ek in daardie tyd aan die hand van Mattheus 14 geskryf het, vandag genoem; Vandag doem soos die diepsee voor my op en ek is nie ' surfer dat ek hierdie golf kan ry. Soos die diepsee Sy genade om my vrees vir te klein wees, te bang wees, te min. En ek loop soos Petrus saam met Jesus op die water. By Hom is ek klein, maar nie bang nie en genoeg. Ek het baie sentimentele redes om vandag uit hierdie teks iets met julle te deel. Maar die Here het hoe ek altyd oor hierdie teks gedink het, die afgelope week net heeltemal kom omdop.

Hoe kyk ons gewoonlik na hierdie gedeelte? Ons kyk gewoonlik na hierdie storie in Mattheus 14 en dink hierdie storie gaan eintlik oor Petrus en sy geloof. Petrus die geloofsheld wat dit gewaag het met die sterk wind en die magtige golwe om uit die boot te klim en op die water na Jesus toe te loop. Dit alles terwyl die ander dissipels soos een skrywer dit gestel het scared spitless was. Die lessie wat daarom uit hierdie gedeelte gehaal kan word, is dat ons soos Petrus net uit die boot moet klim en Jesus moet vertrou. Om suksesvol in ons geloofslewe te wees moet ons net soos Petrus dit waag om uit die boot uit te klim. Maar anders as hy moet ons net sorg dat ons enduit op Jesus gefokus bly, dan gaan ons nie soos hy in die stormwind en reuse golwe vaskyk en dan sink nie. Daarom as daar boeke oor hierdie gedeelte geskryf word, dan skryf John Ortberg en Joyce Meyer beide boeke met die titel If you want to walk on water, you must get out of the boat. Dan gaan dit maar op die ou end oor Petrus se geloof en hoe ons hom moet navolg in die manier waarop ons glo en Jesus vertrou. Die ergste en wreedste stukkie vals teologie wat ek hierdie week gelees het is dat ek net uit die boot moet klim, ek moet die geloofstap neem en net my hand na Jesus toe uitsteek, dan sal Hy Sy hand na my toe ook uitsteek. Vir mense wat geteister word deur die storms van die lewe is dit geen troos nie. As ek deur die pyn van egskeiding gaan of deur die trauma van kanker of ernstige siekte struggle, of finansieel aan die ondergaan is, help dit my nie veel om te hoor ek moet net uit die boot uitklim- ek moet net harder probeer, harder glo, net meer my geloofsoog op Jesus gevestig hou nie. Dit maak my net meer moeg, dit voeg by my las net by, dit maak die druk en pyn wat ek ervaar net erger en dieper. Dit is so goed die Bybel vra jou om jou self aan jou hare op te tel. Een Engelse skrywer stel dit so mooi: "I know that I must trust the Lord. Its just that no matter how hard I try, I seem to get distracted, worried, even overwhelmed at times by the waves all around me. I can find things to worry about just about anywhere, and while I know I should trust them all to the Lord, it just isn t that easy. And truthfully, having one more cheerleader tell me from the pulpit what I should do but can't seem to just not help. If anything, it makes things worse." As jy soos hierdie skrywer voel het ek het vandag vir jou goeie nuus. Hierdie gedeelte gaan nie eerstens oor Petrus en Petrus se geloof nie.

Hierdie storie gaan oor Jesus: Dis Jesus wat die dissipels in die skuit laat klim en solank na die oorkant van die see laat vaar. Hulle vaar uit in opdrag van Jesus. Jesus kom in die vierde nagwaak, so tussen 3 en 6 uur in die oggend oor die water na hulle toe aangeloop. Hulle skrik eers toe hulle hom sien. Net godeseuns of spoke in ons taal het volgens hulle kultuur op water geloop. Geen mens was in staat om dit te doen nie. Hierdie keer is hulle meer as scared spitless. Dan is dit Jesus wat met hulle praat. Wees kalm, wees gerus. Dit is ek. Letterlik staan hier die snaakse woorde: Ek is dit. Dit verwys natuurlik vir ons na Eksodus 3 waar God met Moses uit die brandende bos praat. As Moses wil weet watter naam hy aan die Israeliete moet gee van die God wat hom na hulle toe stuur, antwoord God: Ek is wat Ek is. Jesus se woorde hier in Mattheus 14 verwys daarna. Hy is meer as mens. Hy is Ek is. Hy is God. Omdat dit Hy is wat op die golwe na hulle toe kom, hoef hulle nie meer bang te wees nie. Sy teenwoordigheid neem die vrees weg. Daardie reuse golwe wat hulle so beangs maak is goed waarop Jesus loop. Dis soos teerpad vir Hom. Hy is in volle beheer van dit wat hulle die bangste maak. Anders as wat Joyce Meyer en John Ortberg ons wil wysmaak, klim Petrus nie met hierdie geweldige stuk geloof en bravade uit die boot nie. Hy vra Jesus om hom te beveel om na Hom toe te kom as Hy dan die Ek is van Eksodus 3 is. Eers dan klim hy uit. Want Jesus is daar. En Jesus het gesê: Kom, Petrus. En Petrus stap so 'n entjie op die water en dan sink hy. Want sien, ek en jy en Petrus is nie bedoel om op water te loop nie. Ons sal natuurlik sink. Jesus laat vir Petrus op water loop sodat hy kan sink en kan sien dat Jesus eerstens die een is wat Sy hand na ons uitreik as ons sink. Want sink sal ons sink, foute gaan ons maak, God teleurstel en mense teleurstel gaan oor ons almal se pad kom. Petrus moet op die water loop om daardie prentjie in sy kop te kry van Jesus wat sy hand na jou toe uitsteek juis as jy sink. Petrus moes nie leer hoe groot sy geloof is of wat die krag van geloof is nie. Hy moes leer dat in die oomblik van jou grootste nood en ontreddering Jesus se hand na jou toe uitgesteek is. Paulus was nie hier bodoel om die krag van Sy eie geloof te ontdek nie, maar die krag van Jesus se redding en vashou.

Die prentjie wat Mattheus 14 in jou en my kop wil vasmaak is nie van Petrus wat op die water loop nie, maar Petrus wat sink. Sodat ons soos Hy sal weet waar ons ware hulp vandaan kom in ons diepste nood en krisis en dat Hy my die geloof sal gee en sal dra as my geloof opraak. Een Amerikaanse skrywer skryf die diepste geheim van hierdie storie in Mattheus 14 is: And then Jesus came Dis waar ons tema vandaan kom: En toe kom Jesus. Hierdie skrywer sien hierdie patroon op baie plekke in die Nuwe Testament. Die dissipels was beangs en alleen oorgelewer aan die reuse golwe en stormwind rondom hulle. En toe kom Jesus. Die melaatses het langs die kant van die pad gestaan- uitgewerp deur hulle families en verlaat deur hulle vriende. Alleen roep hulle uit in hulle pyn. Toe kom Jesus. Die blinde man strompel rond in sy wêreld van duisternis smekend vir een of ander aalmoes of stukkie kos om sy brandende honger te stil. En toe kom Jesus. Die man wat met demone beset was en met skuim om sy mond en vreemde klanke oor sy lippe tussen grafte gedwaal het terwyl vreemde drogbeelde deur sy brein geflits het, het geen sinvolle lewe nie. En toe kom Jesus. Die vrou wat skuldig bevind is aan egbreuk is op die grond in hierdie patetiese bondeltjie, haar gesig weggedraai van die mense. Sy wag vir die eerste van baie oordeelsklippe om haar lewe te beeindig. En toe kom Jesus. Die dissipels skuil na die kruisiging in die bokamer agter geslote en gegrendelde deure uit doodsvrees vir die Jode. En toe kom Jesus. Vandag kom Jesus steeds. Die kanker het sy verwoestingswerk aan haar gedoen, die einde is naby en vrees gryp haar vas. En toe kom Jesus. Die operasie of die behandeling was nie suksesvol nie- haar man is nie meer dieselfde as wat hy was nie en sy kry nie vrede daarmee gemaak nie. En toe kom Jesus. Die las was te swaar. Die pyn te veel. Sy het die pille al in haar hand. En toe kom Jesus. My huwelik het verbrokkel- ek en my kinders gaan hierdie pynpad stap. Ons gaan nie daar verby kom nie. En toe kom Jesus. Eintlik is Hy altyd vir jou en my daar. Hy is nie soos hierdie toeris wat in en uit ons lewe beweeg nie. Maar daar is in ons diepste oomblikke van wanhoop en pyn hierdie helder oomblikke wat ons net soveel meer intens van Hom en Sy teenwoordigheid by ons bewus raak. Dat ons as ons terugdink van daardie oomblikke die ervaring het : Toe het Jesus gekom.

Dat hierdie gedeelte nie oor Petrus gaan nie, maar oor Jesus sien ons in hoe dit eindig. Toe Petrus en Jesus in die boot klim, is daar niemand wat hom op die rug klop en sê Petrus, my ou, watter mighty geloof het jy.ons is nie waardig om saam met jou in die bootjie te wees nie. Nee, hulle val nie voor Petrus in bewondering neer nie. Hulle val voor Jesus neer met die eenvoudige geloofsbelydenis. U is die Christus, die seun van die lewende God. Hierdie gedeelte wou ons nie vertel wie Petrus is nie, maar wie Jesus is. Dit wil ons nie vertel van een van die mighty men van die geloof Paulus nie, maar van die mighty Jesus wat Petrus en ek en jy kan volg en dien. Die boot en dissipels in boot simbool van die kerk onder bedreiging: Die Christene in die vroee kerk het onder baie verskillende vorme van vervolging swaar gekry. Die Jode het hulle vervolg, die samelewing het hulle verwerp. Die evangelie van Mattheus wat heelwat jare na Jesus se opstanding en hemelvaart eers op skrif gestel het, het ook as doel gehad om die Christene van die vroee kerk te bemoedig in hulle tyd van vervolging- die golwe was hoog en die stormwind om hulle kwaai. Die boot was van vroeg af simbool van die kerk gewees. Daarom is die dissipels in die boot hier simbool van die kerk of eerste Christene. Hulle troos is daarin dat hulle nie alleen of verlore is in die samelwing waar hulle nie inpas nie en vervolg word nie. Jesus is naby herinner Mattheus 28 hulle- met hulle elke dag en elke omstandigheid tot aan die einde van die tye. Jesus het lank terug al opgestaan, maar hulle vertrou nie op een of ander spook nie. Die Here is steeds by hulle. Tom Wright skryf die boodskap aan die vroee kerk was eenvoudig: Jesus is Koning en Hy is hier. En die doel van ons lewens is eenvoudig om te leer leef saam met Jesus en saam met mekaar. Die eerste Christene moes baie opoffer vir hulle geloof en die vraag het telkens na vore gekom of dit die moeite werd is om so baie daarvoor op te offer. Want mense het hulle sosiaal en in besigheid van jou afgesny. Die boodskap van Mattheus 14 is dat God ons kleingeloof tegemoet kom. Want my krisis en my storm lyk ook maar soms te groot. Waarheen stuur Jesus Sy dissipels met die boot? Jesus stuur hulle na die ander kant, na die oorkant van die see toe, na die landstreek van Gennesaret toe sodat die mense daar na Jesus toe kan kom en

genees kon word, dat hulle ook daar die boodskap kan hoor dat God se koninkryk naby gekom het deur Sy Seun Jesus Christus. Ons kerke lyk meer soos bote wat in die hawe vasgemeer het of in die droogdok bly lê jaar in en jaar uit. Ons dink ons is maar net daar vir die ander bemanningslede van die boot. Maar ons vergeet die kerk is bedoel om daardie boot in beweging te wees wat sal gaan na die mense aan die oorkant of die ander kant wat nog nie van Sy liefde en genade weet nie, wat nie daardie genadehand van Jesus sien wat in hulle nood na hulle uitgesteek is nie. Dis tog wat gestuurde gemeentewees beteken. Slot: Ten slotte moet ons weet dat moeilike tye en krisisse, storms en tsunami golwe in die lewens van God se kinders nie abnormaal is nie. Lees Jesus se woorde in Johannes 16:33: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê." Daar is natuurlik ook hierdie geleentheid agter die stormtye en krisistye van ons lewens. Dit stel ons soos niks anders nie aan ons onsself bekend. Dit skep geleentheid vir groei. Dit toets ons geloof. Dit is ook die geleentheid vir verdieping in ons verhouding met God. Dit leer ons dat God ten diepste betrokke is in die storms en krisistye van ons lewens, dat Sy krag skryf Paulus juis tot volle werking kom wanneer ons swak en gebreek voel. Kyk vandag na jou lewe. Na jou diepste krisis en jou diepste seer. Na daardie ding of seer of geheim wat te veel is om te dra. Na die stormwind wat teen jou is en jou teister en na die golwe wat te hoog lyk om veilig of sonder baie skade verder te gaan. Sien in jou krisis en in jou nood die hand van Jesus wat na jou toe uitgesteek is. Sy stem wat na jou toe roep. Kom. Ook jy wat so uitgeput en oorlaai is. Kom en jy sal rus vind vir jou gemoed. Ek verwag geen heldedade of dat jy my of die ander dissipels om jou moet probeer beïndruk nie. Jy is nie bedoel om op water te loop nie. Los die bonatuurlike en die onmoontlike vir my. Ek is hier. Dis waar jou krag is. Dis waar jou hoop is. Dis waar jou anker is. Moenie meer bang wees nie. Dit is Ek wat by jou is en bly. Amen.