Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Addendum A Consent form

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die betekenis van die kruis (1)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Les 6 vir 10 November 2018

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Waar is God as ons swaarkry?

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Kyk ook: Kommentare: Op facebook/kerkbode is die volgende gesprek gevoer by. :

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Pretoria- 23 Junie 2012

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die maan en sy rol in ons wereld *

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Lukas 4: Agtergrond

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Gebed. Bybelse Dissipelskap

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

Transcription:

1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku teen `n valse belydenis, en ons oproep tot `n lewe wat bely dat ons in Jesus Christus glo. Ek het nogal die snaakse gevoel dat as Jakobus hier aan die einde van hoofstuk 1 sê dat `n mens nie net die woorde van die Here moet hoor nie, maar dit moet doen dat hy eintlik bedoel `n mens moenie net die woorde van die Here hoor nie, maar dat jy dit moet doen. Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1. Die toets van beproewing 2. Die toets van versoeking 3. Die toets van ons reaksie op die Woorde van die Here Vandag hanteer ons `n 4de toets naamlik die toets van vooroordele/partydigheid. Lees Jakobus 2:1-13 Om te oordeel of nie te oordeel nie is dit die vraag? Moenie vir jou heilig hou nie, wie is jy om my te oordeel? al ooit gehoor? Sê Jakobus dat ons nie mag oordeel nie? Nee Jakobus roep ons juis op om regverdig te oordeel. Hy sluit aan by Jesus in (KLIK) Johannes 7:24 Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig. (KLIK) Waar begin Jakobus as hy hierdie oproep tot onpartydigheid maak? By ons kennis, by die feit dat ons wat goed is darem behoort te weet hoe om regverdig te oordeel? Nee, hy begin by wie ons glo Jesus Christus is! Julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid. Die Here wat jou geestelik ryp wil maak, wat die mag het om jou met die ewige lewe te kroon as jy volhard in jou belydenis. As jy in Hom glo, kan jy nie iemand op die uiterlike oordeel nie. Hoekom nie? Want een van God se wesenseienskappe is dat Hy nie vooroordele het nie. (KLIK) Deut. 10:17 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie. (KLIK) Romeine 2:11 God trek immers niemand voor nie. (KLIK)

2 (KLIK) As ons dan in die spieël van God se Woord kyk, wie sien ek as ek verby my eie drogbeeld gekyk het? (KLIK) Ja die beeld van die Here van Heerlikheid. En Hy oordeel nie volgens die uiterlike of volgens vooroordele nie. (KLIK) Hy oordeel regverdig. Maar hoe lyk dit? Wel as Jesus die Here van heerlikheid is, en regverdig oordeel, sal dit slim wees om te kyk hoe Hy dit gedoen het: (KLIK) Lees Johannes 8:1-11 (KLIK) Die wet is oortree (verduidelik owerspel vir kinders) op heterdaad het hulle hierdie vrou gevang, en iemand moet gestraf word, die wet sê so. Ons hoor nêrens wat van die man geword het nie... Maar die oordeel moet voltrek word. Kom ons dink vir `n oomblik saam oor die doel van oordeel: dit is om te dissiplineer, en dissipline wil iemand terug bring, nie wegjaag nie. Wat was hierdie manne, die beskermers van die waarheid, se doel? Hulle bring `n skuldige tussen die mense by die tempel met die doel om te verwoes. Onregverdig (want die man is nie daar nie) wil hulle die vrou se lewe verwoes, maar hulle wil ook Jesus se bediening verwoes. Deur hierdie vrou te veroordeel, skuif hulle hul eie sondes na die agtergrond, ons is darem nie so sleg soos sy nie. Wat doen Jesus Hy skryf...op die grond. Wat sou Hy geskryf het? `n Mens kan maar net wonder wat die Here wat alles weet, sou skryf om hierdie mense se gewetens te skud. Miskien iets soos... Het vanoggend sy vrou geslaan, het een van sy broers hier verkul met `n transaksie, is bly hy is nog nie gevang met owerspel nie... Aanklaers en beskuldigde ewe skuldig! Dit is regverdige oordeel! Jesus trek niemand voor nie, skuld is skuld. En as niemand die oordeel uitvoer en haar met klippe doodgooi nie, dan sê Jesus ek doen dit ook nie...! As iemand dit mag doen is dit Hy, maar hoor bietjie wat staan in (KLIK) Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (KLIK) 18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel (KLIK)

3 Regverdige oordeel se eerste doel is om te red, nie om te verwoes nie. Daarom laat Jesus die vrou nie maar net gaan nie, sy is skuldig! Gaan en bly weg van sonde af! Moet dit nie meer doen nie. Wat is so goed aan die Goeie Boodskap? vra hierdie vrou, sy sou jou kon vertel hoe dit een wat skuldig is oordeel en nie veroordeel nie. Jesus fokus op die herstel van die verhouding nie die letter van die wet nie, maar herstel deur die wet wat vry maak! Jared Wilson (KLIK) Jesus will convict you, and Jesus wil judge your sin. But provided you repent and follow him, Jesus does not bring condemnation. He brings forgiveness. (Your Jesus is too safe) (KLIK) Kom ons kyk nou weer na ons teksgedeelte. Gaan dit hier bloot oor ryk en arm? Nee dit gaan daaroor of ek God se heiligheid en heerlikheid verstaan en streef om Hom te eer deur heilig te leef. Dit gaan ook oor of ek die Goeie Boodskap reg verstaan. Want wat is dan so goed aan die Goeie Boodskap as al wat dit sou doen is om te vertel wat als verkeerd is en wat reg is, hoe `n goeie mens lyk en hoe `n slegte mens lyk? Wat `n goeie gelowige aantrek, sing... Dink weer aan die vorige hoofstuk, die spieël as ek reg kyk sal ek die persoon wat terug kyk volgens die wet moet veroordeel, want daar is niks goeds in hom/haar nie. Maar as ek bly kyk, staar in die spieël van die Woord, dan sien ek Hom wat my liefhet, Hy wat sê: Ek doen dit ook nie, gaan en moenie meer sonde doen nie. Dit is goeie nuus! Ons moet praat en optree soos mense wat geoordeel word volgens die wet wat vry maak (v. 12)! Wat is die wet wat vry maak? Dit is as ek vas glo, dat wanneer Jesus sy kinders oordeel, Hy dit doen om ons vry te maak, en nie om ons te veroordeel nie. So moet ons ook oor ander oordeel. En dit broer en suster het met iemand se binnekant te doen nie met sy uiterlike nie. Sy uiterlike het met sy konteks, omstandighede, gedagtegang, vrese, geleenthede en baie meer te doen. Iemand se uiterlike diskwalifiseer nie sy binnekant nie. Dat ek en jy geneig is om partydig te wees en met vooroordele na mense te kyk, vertel baie meer oor ons eie misverstaan van God se grootheid, as die kamstige foute wat daar by hulle sou wees. Verstaan ons God se barmhartigheid, sy omgee en redding vir ons? Die hartseer is, dat as ek mense volgens hul uiterlike of een of ander onregverdige rede oordeel, ek dikwels die moontlikheid afsny om by hul binnekant uit te kom.

4 Miskien sou ek met druk hul buitekante kon verander soos baie sendelinge oor die jare probeer het om die heidene op te voed en mooi aan te trek. Maar ons mis die persoon, die binnekant, die rou stukkende verlore mens wat nie klere of seep of `n huis nodig het om gered te word nie, maar Jesus Christus! Jy mis die geleentheid om die barmhartigheid wat aan jou bewys is, aan `n ander te deur te gee. As dit dan kom by oordeel, is dit belangrik om die volgende te onthou: 1) Binne die liggaam van Christus, moet medegelowiges mekaar oordeel om dissipline en oortuiging van skuld te bring in die hoop om die liggaam van Christus verder heilig te maak 2) Ons moenie mense buite die liggaam van Christus oordeel nie. (KLIK) Jared Wilson skryf: Lost people do lost things. That is just common sense. Treating people who don`t know Christ like they should behave as if they do know Christ is just naive, and it says more about our own state of unholiness than it does theirs. (KLIK) `n Paar grense vir Christelike oordeel: Mat 7:1-3 Jy sal geoordeel word volgens die maat waarmee jy oordeel. Moenie huigel nie wees eerlik oor jou eie tekortkominge. Oordeel volgens die wet wat vrymaak. Wees baie versigtig, maak seker, hoor eers iemand se binnekant. Wat is die verskil tussen om te oordeel en om veroordelend te wees? Om `n medegelowige se dade te oordeel is om te sê: dit wat jy nou doen voldoen nie aan God se standaard nie en Hy roep ons op tot iets beter. Dit is `n oproep tot God se heiligheid, en `n oproep om Hom te eer. Om veroordelend en partydig te wees is om te sê: Niemand behalwe ekself voldoen aan God se standaard nie, en gelukkig is ek hier om ander daaraan te herinner dat hulle dit waarskynlik nie gaan maak as hul nie soos ek lyk, aantrek en aanbid nie. Dit is toonbeeld van menslike werke en gebrek aan onpartydigheid soos God is. So mag dit nie by ons wees nie, en kom ons wees baie prakties: As die Here aan ons almal die opdrag gee om dissipels te maak waarom kom ons net by die praat daarvan uit, waarom doen ons dikwels nie die woorde van die Here nie, maar hoor dit net aan? As ware erediens voor God is om weduwees en wese in hul moeilike omstandighede by te staan, waarom praat ons so baie daaroor, maar doen dit nie werklik nie? Want dit is makliker om `n tjek vanaf `n diakonie aan te stuur as dat ekself moet moue oprol.

5 Is jy vriende met mense wat verslaaf is, wat worstel met hul seksualiteit, iemand wat saambly, `n straatkind wat gom snuif om die pyn van nag na nag op straat oorleef te verdof? Kom jy naby genoeg aan jou Hindoe, Moslem, Ateïs of naam-christen buurman of kollega sodat jy hul binnekant kan sien, hul storie kan hoor? Ons sal drasties hieraan aandag moet gee. Anders gaan ek net bly praat oor regverdig oordeel volgens die wet wat vry maak, maar ek proe nie die vrug daarvan as iemand in verbasing opmerk maar jy veroordeel my nie, jy`s nog steeds hier, hoekom doen jy dit? En ek kan sê: want ek kan nie anders nie, so is ek gered. Mag barmhartigheid oor die vooroordeel en partydigheid in ons triomfeer, tot eer van God!