Van Vervolger tot Prediker

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die Blye Boodskap. The Good News

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die betekenis van die kruis (1)

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Luister na God. enlewe vir ewig

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Waar is God as ons swaarkry?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Pretoria- 23 Junie 2012

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Wat kan die kerk doen?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

VOOfe: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN >SPIP-gAFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) - - SAAKNOMMER: CC 482/85 PRETORIA

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Wegraping (Saamgevat)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Addendum A Consent form

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

K O'REILLY

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Les 6 vir 10 November 2018

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Pretoria- 23 Januarie 2011

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

4. Struktuur Van Profesie

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

*29 Desember 4 Januarie

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Transcription:

Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker

Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org BFC PO Box 3 Winnipeg, MB R3C 2G1 Canada 2013 Bible for Children, Inc. Lisensie: U het die reg om hierdie stories te kopieër en te druk maar u mag dit nie verkoop nie.

God het groot dinge deur sy mense gedoen in die vroeë kerk. n Man met die naam Filippus was besig om vir mense in n oorvol stad van Jesus te vertel. Maar toe stuur God hom die woestyn in. Hoekom?

God het geweet daar was n reisiger in die woestyn, n hoë amptenaar van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is. Hy was oppad terug huistoe en het uit n spesiale Boek gelees. Kan jy raai watter boek dit was?

Toe Filippus God gehoorsaam het, het God hom reguit gelei na die hoë amptenaar wat God se Woord gelees het sonder om dit te verstaan. Hy het Filippus genooi om saam te ry.

Wat beteken dit? het die amptenaar vir Filippus gevra. Terwyl die wa aangery het op die woestynpad, het Filippus by daardie Skrifgedeelte begin en Jesus aan hom verkondig.

Die Etiopiese amptenaar het gou die Bybel se boodskap, dat Jesus Christus die Seun van God is, geglo. Toe hulle by water kom, het hy gevra: Wat verhinder dat ek gedoop word?

Toe het Filippus gesê: As jy met jou hele hart glo, kan dit gebeur. Toe die amptenaar antwoord: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is, het Filippus hom die water ingeneem en hom gedoop.

Toe hulle uit die water gekom het, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem, sodat die Etiopiese amptenaar hom nie weer gesien het nie. Hy is toe vol blydskap terug Etiopië toe.

Maar party mense het die Christene gehaat. Stefanus, een van Filippus se vriende, is doodgemaak deur woedende mense wat nie wou hê dat hy oor Jesus praat nie. n Man met die naam Saulus van Tarsus het gehelp om Stefanus dood te maak. Saulus het alle Christene gehaat.

Saulus, wat die Christene met die dood gedreig het, het na die hoëpriester toe gegaan en by hom briewe gekry wat hom die reg gegee het om mans en vrouens wat Jesus se volgelinge was, te arresteer.

Arme Saulus van Tarsus! Hy het nie besef dat as hy God se mense kwaad aandoen, hy dit eintlik aan die Here Jesus Self doen nie. God moes vir Saulus keer. Maar hoe?

God het vir Saulus gearresteer! Toe Saulus oppad was na die stad Damaskus, het God n helder lig uit die hemel op hom laat skyn. Saulus het op die grond geval. Toe hoor hy n Stem!

Wie is U, Here? het Saulus uitgeroep. Ek is Jesus. Dit is vir My wat jy vervolg. Verstom en bewend het Saulus gevra: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here het vir hom gesê: Staan op en gaan in die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jy moet doen.

Die mans saam met Saulus het ook die Stem gehoor, maar hulle het niemand gesien nie. Saulus het opgestaan en ontdek hy is blind! Hulle het hom aan die hand in Damaskus ingelei.

In die stad kon Saulus drie dae lank nie sien nie. Hy het ook nie geëet of gedrink nie. Miskien het hy die tyd gebruik om die Here Jesus, wat hom op die Damaskuspad ontmoet het, te aanbid.

God het alles beplan. In Damaskus was daar n dissipel met die naam Ananias. Die Here het hom gestuur om vir Saulus te help. Ananias was bang. Maar hy het die Here gehoorsaam. Toe hy Saulus die hande opgelê het, het die blindheid verdwyn en Saulus is vervul met God se Heilige Gees.

Saulus is gedoop. Hy het ook geëet en sy kragte herwin. Saulus het krag nodig gehad. Hy moes iets baie belangrik doen.

Dadelik het Saulus oor Christus in die sinagoges gepreek, dat Hy die Seun van God is. Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: Is dit nie die man wat die Christene wou uitroei nie? Sommige het beplan om Saulus te vermoor.

Saulus se nuwe vyande het die stadspoorte dopgehou om hom te vermoor wanneer hy die stad verlaat. Maar sy nuwe vriende, die Christene, het hom gedurende die nag in n groot mandjie oor die stad se muur laat afsak.

En van toe af het Saulus, die vervolger van Christene, gelewe as n getroue volgeling van sy nuwe Meester, die Here Jesus Christus.

Van Vervolger tot Prediker n Storie uit God se woord, die Bybel, soos gevind in Handelinge 8-9 Die lees van die Woord gee lig. Psalms 119:130

Die Einde 58 60

Dié Bybelstorie vertel ons van ons wonderlike God wat ons gemaak het en wat wil hê dat ons Hom sal leer ken. God weet ons doen baie verkeerde dinge, Hy noem dit sonde. Die straf vir sonde is die dood, maar God het ons só lief dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir ons sondes aan die kruis te kom sterf. Jesus het opgestaan uit die dood en opgevaar hemel toe! Wanneer jy in Jesus glo en Hom vra om al jou sondes te vergewe, sal Hy dit doen! Hy sal saam met jou stap deur die lewe, en jy sal vir altyd saam met Hom lewe! As jy glo dat dit die waarheid is, sê dan die volgende vir God: Liewe Jesus, ek glo dat U God is en vir al my sondes kom sterf het en nou vir altyd lewe. Kom stap asseblief saam met my deur my lewe. Vergewe asseblief al my sondes, sodat ek n nuwe lewe kan hê en eendag vir altyd saam met U kan lewe. Help my om aan U gehoorsaam te wees en vir U te lewe, sodat ek u kind genoem kan word. Amen. Lees die Bybel en praat elke dag met God! Johannes 3:16