Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Les 6 vir 10 November 2018

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die betekenis van die kruis (1)

Van Vervolger tot Prediker

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Pretoria- 23 Junie 2012

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Addendum A Consent form

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Transcription:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer verander of tot SY volle vervulling probeer bring omdat Hy die Messias was nie. Hy het nie die ou koninkryk van Dawid as politieke en militêre leier probeer herstel soos wat die ou Jode gedink het die Messias sou doen nie. Daarvoor het Jesus te veel met die Joodse godsdienstige leiers gestry. Hy het dan die Joodse offerstelsel afgewys en self die eenmalige en genoegsame offer vir ons sonde geword. Hy het vertel dat Sy liggaam aan die kruis die nuwe tempel sal wees wat afgebreek gaan word en in drie dae weer opgebou sal word. Jesus het ook nie een of ander nuwe godsdiens probeer skep teenoor ander bestaande godsdienste nie. Stephan Joubert skryf Jesus het 'n radikale nuwe manier van leef in die genadige teenwoordigheid van God daar kom stel. Jesus kom leer ons dus hierdie lewenswyse onder God se genade. Genade is die een woord wat die Christelike godsdiens van alle ander onderskei. Ons vier vandag Hervormingsondag en gedenk hierdie jaar die 500 jaar sedert die Reformasie begin het. Dit het begin by hierdie Rooms Katolieke priester met die naam van Maarten Luther. Maarten Luther het in sy eie lewe en die kerk van sy tyd iets gemis. Mense is oortuig deur die kerk hoe sleg en verlore hulle is en daarop is gehamer. Maar die goedheid en liefde van God het hulle nie gesien en geken en ervaar nie. Daarom skree Maarten Luther die vraag uit wat alles begin het: Waar vind ek 'n genadige God? Luther vind daardie God in die Bybel wat hom leer van God se genade in Christus Jesus aan verlore sondaarmense bewys.

In Sy TV reeks op TBN, Grace is Greater, verduidelik Kyle Idleman mooi hierdie radikale verskil tussen godsdiens en die genade lewe wat Jesus kom ons kom leer en kom wys het: Religion Grace Keyword Do Done Focus Outward Inward Foundation Rules Relationship Motivation Shame Gratitude Feeling Fear/ frustration Freedom Outcome Pride/ Guilt Love Jy kan dink as jy na hierdie skema kyk hoekom Louie Giglio se definisie van wat grace, genade die volgende is: Grace is God at work. Ons teks bevestig dit. Hierdie redding kom nie uit julleself nie, dit is 'n gawe, 'n genade geskenk van God. Dit kom nie uit ons eie verdienste, uit iets wat ons gedoen het nie. God het ons gemaak wat ons nou is. Die engelse vertaling is: We are his handiwork. Grace is God at work. As dit ek en jy aan die werk is om onsself te bevry of ons eie saak by God reg te maak, is ons weer besig met godsdiens bedryf en leef ons nie meer uit genade nie. Ons was geestelik dood: (vers 1 tot 3) Paulus beskryf hierdie before and after van ons geestelike lewe- voor die Here Jesus in ons lewe gekom het en daarna. Hy begin by die vooraf, die before prentjie. Ons was geestelik dood as gevolg van ons sonde en oortredings. Jy was nie geestelik half hulpeloos soos iemand wat met krukke loop en soms gehelp moes word nie. Of soos die baba wat leer loop maar daar is ouerhande wat jou sal vang as jy val nie. En op die ou end sal jy in elk geval self kan loop nie. Jy was nie geestelik halfdood soos iemand wat in hierdie ernstige ongeluk was, maar die dokters kan jou dalk nog red nie. Jy was geestelik dood soos hierdie lyk of dooie liggaam en as jy daarmee praat, sou jy geen reaksie kry nie. Ons was geestelik breindood, hartdood, die masjiene was afgeskakel en die laaste laken oor ons gegooi. Die woord wat hier vir die sonde gebruik is hamartia- dis 'n skiet woord. Dit beteken om jou doel of die teiken te mis. Geestelik beteken dit om nie te wees wie jy veronderstel is om te wees en kan wees nie. Die ergste is

nie dat jy sekere sondige goed gaan doen nie. Dis dat jy sondige gewoontes gaan aanleer en sondige patrone gaan volg wat as jy dit genoeg herhaal, jou normaal word. Dat jou sonde en aan wie jy skade doen, jou later nie meer gaan pla nie. Dan het jy jou doel in die lewe gemis. Hierdie lewe van geestelik dood wees is 'n lewe geleef soos hierdie sondige wêreld- dus volgens sy standaarde en waardes, skryf Paulus. Daar is iets erger- as jy hierdie soort lewe leef is jy en jou lewe onder die heerskappy of die regering van die vors van die onsigbare magte. Jy was dus onder die heerskappy van die duiwel- sy magsgebied is gesien as die lug, want die antieke mense het geglo die lug rondom ons is vol bose geeste en die vors of heerser van hierdie bose magte is saam met hulle daar. Hierdie lewe is in wese om vasgeval te wees in jouself- Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en ons het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Dis mý lewe ek sal doen wat ek wil doen wanneer ek dit wil doen en met wie ek dit wil doen. Dit kom in my gedagtes op, ek begeer dit en ek doen wat ek dink en begeer. Dit klink so goed en vry, maar dit is nie. Daar is geen harder meester as die eie-ek of jou sondige menslike natuur nie en geen groter tronk as om daaraan uitgelewer te wees nie. Hierdie lewe onder heerskappy van die sonde en die bose en daardie selfgerigte eie-ek het een uitkoms- vers 3: jy gaan deur God gestraf word. Jy staan onder God se oordeel. Ons lewe nou geestelik: (vers 4 tot 10) Dis die na die tyd, die after prentjie: Vers 4: Maar God is ryk aan barmhartigheid en het ons innig lief. Ons was vasgevang in ons sonde en oortredings. Maar God het. Net Hy kan lyke lewend maak. Kyk maar Esegiel 37. Die Here bring die profeet by hierdie laagte vol doodsbeendere. Die Here vra die profeet: Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom? Die profeet antwoord: Dit weet net U Here my God. Dis in U hande. Net U het die mag as Here en God om lewe uit die dood te bring. Dis al hoe jy geestelik tot lewe kan kom. Deur die ingrype van buite jouself deur iemand baie groter en magtiger as jy wat jou iets kom gee wat jy glad nie verdien nie. Vryspraak by God, herstelde verhouding met God. Jy kan dit nie self doen nie, jou ouers kan dit nie vir jou doen nie, die kerk kan dit nie vir jou doen nie. Net God se liefde kan dit doen. Jy wat dood was as gevolg van jou sonde word saam met Christus wat vir ons gesterf het, lewend gemaak. Jou skuld word op Christus geplaas en Sy onskuld op jou. Jy kan tog net geestelik lewe as jou skuld vergewe is. Christus Jesus staan dus nie net iewers 2000 jaar gelede alleen op en dis verby nie. Die skokgolwe daarvan skud jou en my lewe vandag nog so dat dit ons kan verander van geestelik dood na geestelik lewend. Deur die werk van die Heilige Gees kom staan Jesus vandag in jou en my lewe op en word ons saam met Hom lewend gemaak. Nie fisies lewend soos wat Hy gemaak is nie, maar geestelik lewend.

Paulus skryf juis hier in Efesiërs 1:19 dat die krag wat God uitoefen in ons wat glo dieselfde kragtige werking van Sy mag is waarmee Hy Christus uit die dood opgewek het. Wat is die gevolge van hierdie nuwe lewe waartoe ons opstaan? 1. Ek het 'n plek in die hemel. Dis die deel wat ons goed ken en verstaan en ek het baie as kind gehoor dat jy die Here moet aanneem as jou persoonlike Verlosser sodat jy kan weet dat jy eendag hemel toe sal gaan en nie hel toe nie. 2. Ek leer "ons" dink en praat en leef. Ons dink altyd hierdie redding is net persoonlik, maar hierdie gedeelte praat heeltyd van ons: Ons is saam met Christus lewend gemaak, deur die goedheid wat God in Christus Jesus aan ons bewys het. Jesus se opstanding leer jou ons sê en leef. So wie vir Jesus die opgestane Here ja sê, sê ja vir die kerk, daardie mense wat saam met ons in Christus Jesus opgewek is tot nuwe geestelike lewe. Hierdie persoonlike godsdiens van ek sal by God self uitkom as dit my pas en ek het nie die kerk nodig nie, is totaal onbybels. 3. Ons leef in Christus. Vers 6: In Christus het Hy ons opgewek. Vers 10: In Christus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ons is nie meer net in onsself nie- ons is in Christus. Dit beteken die krag wat in ons werk is Sy krag of die krag van Sy Gees en ons word deur Sy krag bewaar. 4. Ek het 'n roeping hier op aarde. Wat is dit? Vers 10: Om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ons wy ons lewe aan hierdie goeie dade want Hy het ons gemaak wat ons nou is, in Engels ons is Sy handiwork, in Grieks ons is Sy gedigte (poema). Eugene Peterson sê so mooi die opstandingslewe het nie net te make met life after death nie, maar met life in the land of the living. Waar mense swaar kry, waar mense verward is en rigting soek, waar mense gebrek het, waar mense geen hoop of lig in die tonnel sien nie. Julle ken uit julle sondagskooldae die driedeling van die Heidelbergse Kategismus- sonde (vers 1 tot 3), verlossing (vers 4-9), dankbaarheid (vers 10). Jy doen nie goeie dade sodat jy gered kan word nie. Dis godsdiens denke en nie genade denke nie. Jy doen goeie dade omdat jy gered is en uit dankbaarheid vir hierdie onbegryplike geskenk van God se genade. Goeie dade is doodeenvoudig die vrug van die ware geloof. God se gedigte is veronderstel om goeie dade aan ander te doen. In Johannes 15 herinner Jesus ons: Wie in My bly en Ek in Hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As ons in Hom bly, sal die vrug kom.

Slot: Kom ons vat biejtie hierdie lewe voor en na Christus saam in 'n skema wat ons teenoor mekaar sit: Voor Dood as gevolg van sonde Jy is 'n vyand van God Jy is onder die duiwel se regering Jy word gelei deur sondige begeertes Jy vra wat pas en bevoordeel my Jou handboek is wat jy dink en begeer Jy sou deur God gestraf word Na Saam met Christus lewend gemaak Jy is 'n kind van God Jy is nou in Christus Jesus onder Sy regering Jy staan onder beheer van die Heilige Gees Jy wy jou lewe aan goeie dade Jou handboek is die Bybel Jy is vry gespreek en leef ewig Die grootste transformasie van alle tye- mense wat geestelik dood was en nou geestelik lewe. Die opstanding van ons Here Jesus vind elke dag in die mense om ons in binne-in ons plaas. Ons kan dit net in geloof ontvang. Geloof is die leë hand van die bedelaar wat iets ontvang wat hy glad nie verdien nie en niks het om terug te gee nie. Geloof is net om te aanvaar dat die werk wat God deur Sy Seun gedoen het, ook vir my was. Dat ek een is wat daardeur begunstig en bevoordeel word. En dat ek dit alleen deur genade mag wees. Alleen omdat God weens Sy innige liefde vir ons so groot in barmhartigheid is. Paulus vat in 2 Korintiers 5:17 saam wat Hy in Efesiers 2 beskryf: Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Amen