Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Les 6 vir 10 November 2018

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die maan en sy rol in ons wereld *

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die betekenis van die kruis (1)

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Waar is God as ons swaarkry?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Addendum A Consent form

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Wat kan die kerk doen?

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Community of Practice

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Transcription:

Inhoudsopgawe Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding... 8 Deel een: Groei nader aan Christus As Christene is ons eerste en noodsaaklikste geloofsgewoonte om n persoonlike verhouding met Jesus te bou en dit te laat groei terwyl ons na sy stem luister, met Hom praat en Hom aanbid. Hoofstuk 1: Evangelie... 14 Hoofstuk 2: Identiteit... 26 Hoofstuk 3: Verhouding... 38 Deel twee: Verstaan Christus se werk Die Christelike geloof bevat inhoud inligting en feite wat ons moet verstaan. Ons moet toeneem in ons begrip van wat God in hierdie wêreld doen, en namate ons begrip toeneem, sal ons ook groei in ons kennis van God self sodat ons beter kan verstaan wie Hy is en hoe Hy is. Hoofstuk 4: Drama... 62 Hoofstuk 5: Leerstellings... 76 Deel drie: Word soos Christus Die Bybel sê ons moet al hoe meer na die beeld van Christus verander word. Ons moet soos Hy dink, soos Hy praat en soos Hy optree. Ons kry dit reg deur van ons ou gewoontes, gedrag en passies ontslae te raak en dit met nuwe en beter gewoontes, gedrag en passies te vervang. Hoofstuk 6: Sterf af... 85 Hoofstuk 7: Leef nuut... 102 Deel vier: Leef vir Christus Ons moet leer om vanaf die oomblik dat ons in die oggend wakker word totdat ons in die aand aan die slaap raak vir Christus te leef, en dan om só te leef dat ons al die aandag op Hom vestig en aan Hom al die eer bring. Hoofstuk 8: Roeping... 113 Hoofstuk 9: Verhoudings... 122 Hoofstuk 10: Rentmeesterskap... 133 Eindnote... 147

Voorwoord Die visuele evangelie bied n vreugdevolle leeservaring. Dit kombineer standvastige kennis en goeie teologie met n leesbare, toeganklike styl en deurlopende noodsaaklike in sig in die praktiese Christelike lewe. Tim Challies en Josh Byers verbind hulle besprekings her haaldelik aan relevante Bybelgedeeltes en voorsien dan n gesonde en gebalanseerde toepassing op die Christelike lewe. n Ander sterkpunt van hierdie boek is dat dit sonde ernstig opneem, n klem wat vandag ongeluk kig in sommige evangeliese geskrifte en prediking kortkom. Hierdie boek bied aan ons praktiese stappe om ons sondige gewoontes en gedrag in ons daaglikse lewe as Christene al hoe meer te oorwin, n vaardigheid wat vir ons uiters noodsaaklik is as ons in ons volwassenheid as Christene wil toeneem. Ek teken dikwels diagramme in die klaskamer omdat ek vind studente kan die teologiese konsepte vinniger snap en beter onthou wanneer hulle dit in n enkele visuele beeld kan sien. Hierdie boek het die proses egter baie verder geneem as wat ek dit nog ooit gedoen het. Die visueel treffende infografika in hierdie boek is uiters nuttig om teologiese konsepte op te som en vir ons te wys hoe ons dit prakties in ons Christelike lewe kan toepas. Ek beveel hierdie boek van harte aan. Ek verwag dat dit baie lesers op n pad van onafgebroke Christelike groei sal lei en hulle sal help om al hoe meer aan die beeld van ons Here Jesus Christus gelyk te word. Wayne Grudem, skrywer van Systematic Theology en navorsingsprofessor in teologie en Bybelse studies aan die Phoenix Seminary VOORWOORD // 7

INLEIDING

Ek het geweet daar sal nie n beter tyd as nou wees nie. Ek word beslis nie jonger nie. Eintlik kom 40 al hoe nader en ek word nie maerder nie. Daarom doen ek toe die ondenkbare: Ek stap by n gimnasium in en vra vir hulp. Ek wil nie doodgaan nie. Kan julle my help? Ek het nog nooit die binnekant van n gim gesien nie. Dit was vol vreemde toerusting wat op baie vreemde maniere gebruik is. Ek het om my rondgekyk en oral atletiese mense gesien wat hulle krag en behendigheid ten toon stel, swaar gewigte optel en hulleself in ondenkbare posisies inwring. Hulle almal het so vol selfvertroue en so fiks gelyk. In vergelyking met hulle het ek ongemaklik, swak en pa teties gevoel. Daardie dag het ek n kykie gekry op hoe dit voel om op n vreemde en ongewone plek te wees waar almal weet wat om te doen en hoe dinge werk, maar jy voel soos n indringer. Vir baie mense is dit hoe dit voel om vir die eerste keer by n kerk in te stap. Jy is oortuig almal kyk vir jou en mompel vir hulle vriende en bure: Hy hoort nie hier nie Vir ingeval jy gewonder het, ek het vasgebyt in die gim. Hulle het my aan n persoonlike afrigter toevertrou, en hy het my geëvalueer, spesiaal vir my n oefenprogram saamgestel en geduldig vir my gewys hoe al die toerusting werk. Mettertyd, deur my meedoënlose toewyding aan hierdie oefenprogram, het ek die resultate begin sien. Ek het sterker geword, ek het meer uithouvermoë gehad en ek was gesonder. Boonop het ek ontdek hoekom die Bybel sê elke Christen moet aan hom- of haarself as n atleet dink. Ongeveer 2 000 jaar gelede het n man met die naam Paulus, een van die eerste Christene, n brief aan sy jong medewerker Timoteus geskryf en hierdie opdrag vir hom gegee: Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid (1 Tim. 4:7). Paulus het na die wêreld van atletiek gekyk en daar het hy n gepaste metafoor vir die Christelike lewe gevind. Paulus het die Christen as n soort geestelike atleet gesien, iemand met die verlange om geestelik fiks te wees en geestelik sukses te behaal. Soos n atleet na spoed of krag streef, streef die Christen na n lewe wat God verheerlik. Goddelikheid is n eenvoudige woord, maar agter hierdie woord skuil n lewenslange uitdaging. Die Bybel bied aan ons twee maniere om te leef. Die eerste manier is om in pas met God se begeertes en God se opdragte te leef. Die tweede manier is om in ooreenstemming met ons eie begeertes en ons eie voorskrifte te leef. Die groot uitdaging waarvoor elke Christen te staan kom, is om al hoe meer te leef soos God van ons vra om vanaf die oomblik van ons verlossing tot met die oomblik van ons dood al hoe meer in ons geloof te groei. Dit is waaroor hierdie boek gaan. Dit is n boek wat vir jou wys hoe jy al hoe meer tot eer van God kan leef. Dit is n boek oor hoe om jou Christelike lewe in te rig en in jou kennis toe te neem, nie net deur die regte leerstellings en waarhede te glo nie, maar ook deur hierdie oortuigings prakties uit te leef. Dit sal jou leer hoe om as Christen te leef; dit sal jou leer hoe om jouself te evalueer, en dit sal jou help om n plan op te stel om jou lewe lank in jou geloof te bly groei. Soos atlete hulleself dissiplineer totdat hulle die lint kan breek en die trofee hoog in die lug kan ophou, dissiplineer Christene hulleself totdat hulle lewe hier op aarde verby is INLEIDING // 9

en hulle die onverganklike beloning kan ontvang. Net voordat Paulus gesterf het, het hy weer vir Timoteus geskryf en gesê: Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans vir n lewe in gehoorsaamheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy terugkeer. En dié prys is nie net vir my nie, maar vir almal wat gretig uitsien na sy heerlike verskyning (2 Tim. 4:7-8). Elke Christen smag daarna om die wonderlike oorwinnaarskroon te sien en te ontvang. N GESONDE GEESTELIKE LEWE As n liggaamlike oefenprogram daarop gemik is om jou gesonder te laat word, sal dit op n goed gebalanseerde siening van fiksheid klem lê. As jy met gewigte oefen, maar niks anders doen nie, sal jou spiere al hoe sterker word, maar jy sal nie heeltemal fiks en gesond wees nie, want jy sal nie stamina bou nie. As jy op die trapmeul oefen, maar jy leer nooit om strekoefeninge te doen of gewigte op te tel nie, sal jy dalk stamina bou, maar jy sal nie sterk of soepel wees nie. Jy sal in sommige fasette van jou liggaamlike fiksheid oorontwikkel wees, maar in ander fasette weer pateties onderontwikkel. Gesonde mense is in alle fasette van hulle lewe gesond. Gesonde Christene is ook in alle fasette van hulle geestelike lewe gesond. God wil hê ons moet al hoe meer gebalanseerd en gekoördineerd leef. Kom ek verduidelik wat ek hiermee bedoel. Ons almal het al Christene ontmoet wat ongelooflik baie kennis van Jesus het, maar hulle leef nie juis soos Jesus nie. Ons almal ken ook mense wat daarvan hou om ander te dien soos Jesus mense gedien het, maar skynbaar het hulle nie baie kennis van die Jesus wat die Bybel aan ons openbaar nie. Ook ten opsigte van die Christelike lewe kan mense in sommige fasette oorontwikkel en in ander fasette onderontwikkel wees. Die heel beste Christelike lewe is een wat geloofsgewoontes en ineenskakeling kombineer. As ons dink aan alles wat ons as Christene doen en alles wat ons is, kan ons die Chris telike lewe in vier doelwitte of geloofsgewoontes indeel. Hierdie boek is rondom dié vier geloofsgewoontes opgebou. 1 As Christene is dít ons vier doelwitte: 10 // Die visuele evangelie

GROEI NADER AAN CHRISTUS VERSTAAN CHRISTUS SE WERK WORD SOOS CHRISTUS LEEF VIR VIR CHRISTUS GROEI NADER AAN CHRISTUS Die een kenmerk wat die Christelike geloof van elke ander geloof in die wêreld onderskei, is dat die Christelike geloof nie net n godsdiens is nie, maar ook n verhouding. Ongelukkig het sommige mense hierdie waarheid al so baie herhaal dat dit holrug gery is of soos n cliché klink, maar laat ons tog nie die wonder van hierdie verstommende waarheid vergeet nie: Die Christelike geloof is n godsdiens wat op n verhouding met n Persoon gegrond is. As Christene staan ons in n ware en lewende verhouding met die Skepper van die heelal. En as Christene is dit ons eerste en belangrikste geloofsgewoonte om hierdie persoonlike verhouding met Jesus te bou en dit te laat groei terwyl ons na Hom luister, met Hom praat en Hom aanbid. VERSTAAN CHRISTUS SE WERK Die Christelike geloof gaan oor n verhouding. Maar n verhouding vra dat jy sekere dinge sal weet oor die persoon met wie jy in n verhouding staan, veral wie hulle is en wat hulle graag doen. Ook die Christelike geloof bevat noodsaaklike inhoud of kennis inligting wat ons nodig het en feite wat ons moet verstaan. In hierdie tweede geloofsgewoonte val die klem hoofsaaklik daarop om Christus se werk te verstaan. Ons moet toeneem in ons begrip van wat God deur die werk van Christus in hierdie wêreld bereik. Terwyl ons dit doen, sal ons ook INLEIDING // 11

toeneem in ons kennis van God self sodat ons beter kan verstaan wie God is en hoe God is. WORD SOOS CHRISTUS Namate ons al hoe nader aan Christus groei en al hoe meer toeneem in ons kennis van wat sy werk behels, sal ons in onsself die begeerte vind om al hoe meer soos Hy te word. Die Bybel sê ons doel in die lewe is om al hoe meer na die beeld van Christus verander te word om soos Hy te dink, soos Hy te praat en soos Hy op te tree. Ons doen dit deur van ons ou gewoontes, gedrag en passies ontslae te raak en dit met nuwe en beter gewoontes, gedrag en passies te vervang. In die derde deel van hierdie boek sal ons die klem hierop laat val. LEEF VIR CHRISTUS Die vierde en laaste geloofsgewoonte is een wat elke dag ons hele lewe in beslag behoort te neem. Vanaf die oomblik dat ons in die oggend wakker word totdat ons saans aan die slaap raak, moet ons leer om vir Christus te leef, en dan om só vir Hom te leef dat ons die aandag op Hom laat val en aan Hom al die eer bring. Ons moet leer om soos Christene te leef, soos Christene lief te hê en soos Christene te dien om alles wat ons doen op n kenmerkend Christelike manier te doen. Die doel van hierdie boek is om elk van hierdie geloofsgewoontes dieper te ondersoek. As jy eers onlangs n Christen geword het, sal jy ontdek hoe om op n doelgerigte en gebalanseerde manier te streef na n lewe wat God sal verheerlik. As jy al lank n Christen is, sal jy na jou geestelike gesondheid en fiksheid kyk, jou sterkpunte en jou swakpunte identifiseer en planne maak om al hoe meer in jou geloofslewe te groei. Deur dit alles heen wil ek jou uitdaag om dit n lewenslange gewoonte te maak om jouself in n lewe tot eer van God in te oefen. En ek wil hê jy moet hierdie inoefening met doelgerigtheid en struktuur benader. Nie een van ons het al immers die wenstreep bereik nie. Ek dink nie enigeen van ons sal sê ons is al so volwasse soos ons moet wees, of soos ons behoort te wees, of soos ons (hoop ek) wil wees nie. n Atleet durf nooit ophou oefen nie, en as Christene behoort ons nooit op te hou streef daarna om soos Christus te wees nie. 12 // Die visuele evangelie

OOR HIERDIE BOEK Ek hou baie van woorde. Na my mening verteenwoordig woorde die heel beste grondstowwe om mee te werk. As n skrywer begin ek met n gedagte inligting wat ek aan ander mense wil oordra en dan werk ek hard daaraan om woorde, my grondstowwe, te omvorm in n voltooide stuk werk wat die inligting met bepaalde nuanses, op n vars manier en met trefkrag sal oordra. Die mate waarin ek hierin slaag, is die mate waarin ek met die uitkoms tevrede sal wees. Dit is n onafgebroke uitdaging en een wat ek graag aanpak. Ek hou baie van woorde, maar ek hou ook baie van beelde. Oor die afgelope paar jaar het ek veral n liefde en respek vir n sekere soort beeld begin ontwikkel dit wat ons in fogra fika noem. Informasie-grafika is n manier om inligting te visualiseer en dit dan uit te beeld. Dit is daarom n kunsvorm, maar n besonder funksionele kunsvorm. Alberto Cairo, n vi sualiseringskenner, skryf: Die hoofdoel van enige grafika en visualisering is om n hulpmid del vir jou oog en brein te wees om raak te sien wat buite hulle natuurlike vermoë lê. 2 Infografika stel ons in staat om inligting op vars, treffende en aantreklike maniere uit te beeld op maniere wat woorde alleen nie kan regkry nie. Hierdie boek begin met die begeerte om te ontdek hoe om as Christene in hierdie wêreld te leef. Dit kombineer die verskillende passies van n skrywer en n kunstenaar n skrywer met n passie om te skryf oor wat eg en pragtig en goed is, en n kunstenaar met n passie om dit wat eg en pragtig en goed is uit te beeld. Hierdie boek is die produk van ons gemeenskaplike begeerte en ons unieke passies. Deur woorde én grafika verkondig dit die geloofsgewoontes wat die grondslag van die Christelike lewe vorm. Ons wil hê jy moet die waarheid lees, maar ons wil ook hê jy moet die waarheid sien. Ons hoop die grafika in hierdie boek sal die woorde op n kragtige manier aanvul en dat die woorde die grafika op n treffende manier sal vaslê. Ons wil hê die waarheid moet moeiteloos deur hierdie twee uiters uiteenlopende soorte media saamvloei. Kom dus saam. Sluit by ons aan terwyl ons die grootste van alle waarhede vir jou beskryf en vir jou wys. INLEIDING // 13

DEEL EEN GROEI NADER AAN CHRISTUS HOOFSTUK EEN EVANGELIE

Ek het onlangs by ons kerkgebou ingestap, soos ek feitlik elke dag doen. Ek het die kantoor deur oopgemaak en is begroet deur die bekende piepgeluid van ons alarmstelsel. Dit het my gewaarsku dat ek net 30 sekondes het om die sekerheidskode in te pons. Ek het hierdie kode al honderde en honderde kere gebruik, maar daardie oggend het my verstand om die een of ander duistere rede net toegeslaan. Ek het elke denkbare kode probeer, maar niks wou werk nie. Teen daardie tyd het die alarm afgegaan, die telefoon het begin lui en ek was geheel en al verbouereerd. Selfs toe die sekerheidsmaatskappy my herinner wat die kode is, kon ek dit glad nie onthou nie. Dit was die vreemdste ervaring ooit. Op n manier het ek eenvoudig n baie belangrike stukkie inligting, wat ek feitlik elke dag gebruik, vergeet. Ons as mense is maar n vergeetagtige klomp. Ons lewe is baie besig en ons brein werk teen volle kapasiteit. Soms voel dit vir ons vir elke feit wat ons wel onthou, is daar honderd wat ons vergeet. Sonder hulp en sonder inoefening sal ons maklik selfs die heel belangrikste inligting kan vergeet. Wanneer ons iets moet onthou, maak ons dit gewoonlik deel van n soort gewoonte of ritueel. Een van my stokperdjies is om gedigte te memoriseer. As ek n gedig wil bemeester en onthou, moet ek dit weer en weer vir myself herhaal totdat ek dit perfek kan opsê. Maar dit is nie genoeg nie. Ek moet ook n roetine ontwikkel om die gedig in die maande en jare wat volg aan te hou opsê. Die oomblik dat ek ophou om die gedig vir myself op te sê, sal ek dit begin vergeet. Dit is nie net waar wanneer ons gedigte wil memoriseer nie. Dit is ook in die gewone lewe waar én dit is waar vir ons lewe in Christus. Die rede waarom ons Kersfees en Paasfees vier, is om vir ons die struktuur te voorsien om seker te maak ons herinner onsself gereeld aan Jesus se geboorte en dood. Die rede waarom ons die nagmaal vier, is om onsself te herinner aan wat Christus vir ons gedoen het en wat Hy belowe het om vir ons te doen. Ons vergeet so gou; daarom ontwikkel ons gewoontes en rituele om ons aan die heel belangrikste waarhede te herinner. Vir Christene is niks belangriker as dit wat die Bybel die evangelie noem nie, die Goeie Nuus van wat Jesus Christus vir ons gedoen het. Hierdie Goeie Nuus is feite en geskiedenis; dit gaan oor ware gebeure wat afgespeel het op plekke wat regtig bestaan het en met mense wat regtig geleef het. Maar hierdie Goeie Nuus gaan ook oor n verhouding, en dit is n uiters belangrike element van ons strewe om al hoe nader aan Christus te groei. GROEI NADER AAN CHRISTUS DEUR DIE EVANGELIE Een van die heel beste dinge omtrent my lewe as leraar is om te gaan sit om op die vloer by die kindertjies te gaan sit en met hulle te gesels. Hulle kan nie na my vlak toe opkom nie; daarom moet ek tot by hulle vlak neerdaal. Ek kry dikwels die kans om in my kantoor op EVANGELIE // 15

die vloer te gaan sit en met n paar van hulle te gesels. Ek ontdek gewoonlik skreeusnaakse feite oor my vriende, besonderhede wat deur die gedagtes van hulle kinders gefiltreer is. Ek kan ook met die kinders oor hulle diepste binneste gesels. Ek glo dit is goed vir die kinders, maar ek weet ook dit is goed vir my. Dit leer my om belangrike inligting op n eenvoudige en duidelike manier oor te dra. Hierdie gewoonte dring my om die feite selfs nog beter te ken, want as ek nie alles verstaan sodat ek dit op n eenvoudige manier kan oordra nie, verstaan ek dit waarskynlik glad nie. Een van my gunsteling verhale uit Jesus se lewe is deur sy vriend Johannes oorvertel. Ek hou so baie van hierdie storie omdat dit die eenvoudige en kinderlike geloof uitbeeld wat God in ons lewe wil sien. Jesus stap verby n man wat sedert sy geboorte blind is en Jesus se dissipels vra vir Hom n eenvoudige maar hartverskeurende vraag: Rabbi, wie het nou eintlik gesondig, hierdie man self of sy ouers, dat hy blind gebore is? (Joh. 9:2). Hulle het aangeneem die man was blind omdat God hom gestraf het óf hy óf sy ouers moes iets vreesliks gedoen het, en God het daarop gereageer deur die man met blindheid te straf. Jesus antwoord egter dat dit nie die geval is nie God het hierdie man blind gemaak sodat Hy n groot wonderwerk deur hom kon doen. Toe doen Jesus iets baie ongewoons en wonderbaarliks. Hy het op die grond gespoeg en klei met die spoeg aangemaak. Hy het die klei op die man se oë geplak en vir hom gesê: Gaan was jou in die bad van Siloam. (Siloam beteken gestuurde.) Hy het toe gegaan en hom gaan was, en op pad terug kon hy sien! (9:6-7). Die man het gesond geword, maar dit is nie die einde van hierdie storie nie. Die godsdiensleiers het Jesus gehaat. Hulle afguns op Hom omdat Hy wonderwerke soos hierdie kon doen, het hulle waansinnig gemaak. Hulle het geweier om te glo dat Jesus werklik die Een was wat hierdie man gesond gemaak het. Dalk was dit net n kulkunsie, of dalk kon hy nie regtig sien nie. Hulle laat roep toe die man en ondervra hom. Hulle eis om te weet hoe dit gekom het dat hy kan sien en wie daarvoor verantwoordelik was. Die man vertel toe vir hulle dit was Jesus wat hom gesond gemaak het, en die godsdiensleiers skop hom daar uit en gaan ondervra eerder sy ouers. Toe hulle steeds nie hou van die antwoorde wat hulle kry nie, laat kom hulle die man n tweede keer en eis beter antwoorde van hom: Gee erkenning aan God; ons weet dat hierdie man n sondaar is (9:24). Die man se antwoord was eenvoudig en ontsagwekkend: As hy n sondaar is, weet ek dit nie. Een ding weet ek wel: Ek wat blind was, sien nou! (9:25). Hy het nie veel geweet nie, maar hy het dít geweet: Vroeër daardie dag was hy blind, maar nou kon hy alles sien. Dit was al wat hy vir seker geweet het, en dit was genoeg. Dalk kan jy jou met hierdie verhaal vereenselwig. In jou lewe, soos in elke Christen se lewe, was daar n tyd toe jy geestelik blind was. Jy was nie in staat om die heel beste en heel belangrikste waarhede in die wêreld raak te sien nie. Maar toe verlos Christus jou en nou het jy die voorreg om te kan sien. Jy sien jouself as n sondaar; jy sien Christus as jou Verlosser; jy sien die evangelie as die Goeie Nuus wat alles verander. Die evangelie is inderdaad Goeie 16 // Die visuele evangelie

Wat is die evangelie? Deur die krag van die Heilige Gees het God sy Seun na die wêreld ge stuur sodat Hy n volmaakte lewe kon leef, in ons plek kon sterf en oorwinnend uit die graf kon opstaan (1 Kor. 15:1-8). Hierdie evangelie (of Goeie Nuus) is vir alle mense be doel sodat almal wat hierdie bood skap glo van hulle sonde ge red kan word (Rom. 10:9-13). As re ak sie hierop, moet Christene die bood skap van die evangelie deur die he le wêreld versprei en só van die heer likheid en die genade van God ge tuig (Matt. 24:14). Vir dié wat verder wil lees: The Gospel: How the Church Portrays the Beauty of Christ deur Ray Ortlund. Nuus jóú Goeie Nuus. En om nader aan Christus te kan groei, moet jy hierdie Goeie Nuus oor en oor vertel en oor en oor inoefen. Ek wil myself net gou onderbreek om n belangrike on der skeid te tref. Daar is net een evangelie een ware en reddende evangelie maar ons kan op minstens twee ma niere daaroor praat. Die evangelie is n objektiewe en universele feit wat vir alle mense van alle tye waar is. Dit is een manier om oor die evangelie te praat. Maar die evan gelie is ook iets wat elke Christen op n unieke en per soonlike manier ervaar. In hierdie sin is die evangelie sowel feite as ervaring. Elke mens wat die evangelieboodskap hoor, word op n ander tydstip aan die feite blootgestel en elkeen re a geer op n ander manier daarop. Ons almal het n evangelieverhaal om te vertel hoe God in ons lewe ingekom en vir ons sy verlossing aangebied het. Voordat ons verder gaan, wil ek eers op die tweede manier oor die evan gelie nadink oor die evangelie as n persoonlike er va ring. In n later hoofstuk sal ons na die objektiewe feite van die evangelie terugkeer. In ons strewe om nader aan Christus te groei, wil ek jou vra om diep na te dink oor hoe jy persoonlik Christus se reddende genade deur die evangelie ervaar het. VERTEL DIE EVANGELIE OOR 8 Augustus 1998. Vir die meeste mense was dit n dag soos enige ander dag, maar vir my en Aileen sal dit altyd n besonderse en onvergeetlike dag wees, want dit was die dag waarop ons getrou het. Elke jaar wanneer 8 Augustus naderkom, onderbreek ons ons lewe om hierdie dag te vier en elke keer gebeur iets ongeloofliks. Wanneer ons oor daardie dag sit en gesels, wanneer ons onthou hoe ons voor in die kerkgebou na mekaar toe gedraai het, en wanneer ons onthou hoe ons ons beloftes aan mekaar afgelê het, vind ons dat ons verhouding groei en ons liefde vir mekaar verdiep. Wanneer ons twee saam op die bank EVANGELIE // 17

E K EVANGELEI J E S U S D I E V E R H O U D I N G S V E R B I N T E N I S TUSSEN MY & JES U S

gaan sit om na ons troufoto s te kyk, vind ons dat ons onvermydelik nader aan mekaar skuif. Om die gebeure van die dag oor te vertel versterk die intimiteit tussen ons. Die ervaring trek ons nader aan mekaar en ons verhouding groei deur die eenvoudige gewoonte om te onthou en ons stories met mekaar te deel. Dit is hoe God ons geskep het wanneer ons saam onthou, groei ons saam. Wanneer ons n egte en lewende verhouding met Jesus Christus het, is dit daarom net logies dat hierdie verhouding sal groei deur die blydskap wat ons ervaar wanneer ons vir ander daarvan vertel. Ons vertel die evangelie oor en oor en terwyl ons dit doen, groei ons in ons verhouding met Christus. Daar is spesifieke maniere waarop ons die evangelie deur ons lewe heen kan oorvertel. Ons doen dit in privaatheid en in die openbaar, op formele en informele maniere. Die belangrikste is egter, ons doen dit dikwels en gereeld. VERKONDIG Jy vertel die evangelie oor wanneer jy die feite vir jouself herhaal. Baie Christene leef met die ongelukkige illusie dat die evangelie net die ingang tot die Christelike lewe is. Hulle glo die evangelie kry jou by die deur in, maar dan moet jy na dade, geloofsbelydenisse en diens vorder. Die Goeie Nuus word egter nooit oud nie. Ons beweeg nooit verby die evangelie of tot anderkant die evangelie nie. Dane Ortlund skryf: Die evangelie is nie net die deurgang tot die Christelike lewe nie, maar die pad van die Christelike lewe. 3 Die evangelie is die verhoudingsverbintenis tussen jou en Jesus. Dit is die gom wat julle in die eerste plek saamgebind het en dit is die gom wat julle sal aanhou saambind. Ek en Aileen onthou ons huwelikseremonie en ons beloftes aan mekaar. Ons vertel weer en weer vir mekaar daarvan en ons dra ons trouringe om ons aan ons gemeenskaplike verbintenis aan mekaar te herinner. As n Christen moet jy die evangelie onthou en dit oorvertel om jouself te herinner aan en te verseker van jou verhouding met Jesus. Hierdie geloofsgewoonte gaan nie net daaroor om die objektiewe feite van die evangelie oor te vertel nie; dit gaan ook daaroor om te vertel hoe die evangelie jou en jou lewe raak. Dit is een ding om te sê: Die mensdom het in sonde verval en Christus het vir sondige mense gesterf. Dit is iets heeltemal anders om te sê: Ek is n sondaar en Christus het vir my gesterf. Wanneer jy die evangelie vir jouself vertel, herinner jy jouself aan jou eie ervarings dat jy verlore was en dat Christus jou gevind het. Dit maak die evangelie intiem persoonlik, n kragtige ervaring wat jy en Christus met mekaar deel. Vertel die evangelie vir jouself en jy sal al hoe nader aan Christus groei. Soos C.J. Mahaney skryf: Om onsself aan die evangelie te herinner is die belangrikste daaglikse geloofsgewoonte wat ons kan vestig. 4 Herinner jy jouself elke dag aan die evangelie? Vertel jy vir jouself van die blydskap wat jou verlossing vir jou gebring het? EVANGELIE // 19

N MANIER OM M Y SEL F AS N SONDAAR TE SIEN DIE GOEIE N UUS DIE EV ANGELEI DIE MANIER WAT EK CHRISTUS A S MY VERLOSSER KAN SIEN OBJEKTIEF & U N I V ERSEEL VIR ALLE MENSE VAN ALLE TYE

U N I EK & P E R S O ONLIK DIE VERHOUDINGSVERBINTENIS TUSSEN MY & J E S U S DIE G ENESING VIR GEESTELIKE BLINDHEID

EVANGELISEER Dit is goed en wys om jouself gereeld aan die evangelie te herinner, maar jy moet dit ook aan ander verkondig. Dit is nog n manier om in jou verhouding met Christus te groei. In my huwelik met Aileen is ek nie net lief vir haar nie; ek sê ook vir ander mense dat ek vir haar lief is. Ek vertel vir mense van my liefde vir Aileen en van die eienskappe in haar wat ek so waardeer. Dit bring eer aan haar en vir my bring dit blydskap. Een van Christene se grootste vreugdes is om vir ander mense van Jesus te vertel. Nie so lank gelede nie het ek met n nuwe Christen in ons kerk gesels. Hy het gekla oor n gesprek met een van sy kliënte en gesê: Ek het nie regtig kans gehad om vir haar die evangelie te vertel nie. Ek het net vir haar vertel wat Jesus vir my familie gedoen het. Ek het vir hom verduidelik dat hy presies gedoen het wat hy moes. Jesus het eenkeer n man gesond gemaak wat deur n horde duiwels besete was. Nadat Jesus hom van die duiwels vrygemaak het, het die man by Jesus gesmeek dat hy Hom kon volg en soos een van sy dissipels saam met Hom kon reis. Maar Jesus wou dit nie toelaat nie. Hy het vir die man gesê: Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het. Hy het toe deur die hele dorp loop en vertel watter groot ding Jesus vir hom gedoen het (Luk. 8:39). Hierdie opdrag geld ook vir jou gaan vertel van alles wat God deur Christus Jesus vir jou gedoen het. Wanneer jy vir ander mense van Jesus vertel, vertel jy die evangelie onvermydelik ook vir jouself; jy vertel weereens wat Christus alles vir jou en in jou gedoen het. Jy sal selde n dieper en duideliker gevoel van Christus se liefde en teenwoordigheid ervaar as wanneer jy verkondig watter wonderlike dinge Hy in jou hart en in jou lewe gedoen het. Die plaaslike kerk Alle gelowiges is deel van die uni versele liggaam van Christus die kerk (1 Kor. 12:27-28). Maar God begeer ook dat Christene ter wille van geloofsgemeenskap, aanspreeklikheid en geestelike groei (Heb. 10:19-25) by n plaaslike deel van sy liggaam sal aansluit (Tit. 1:5). God roep sy mense om in sy teenwoordigheid bymekaar te kom (Ps. 100:4), vir Hom lofliedere te sing (Ef. 5:19) en te luister na hoe die Bybel getrou verkondig word (2 Tim. 4:1-2). Om die eenheid en reinheid van die kerk te bewaar, gee God ouderlinge om die kudde wat Christus met sy bloed gekoop het, te lei en te versorg (Hand. 20:26-28). Vir dié wat verder wil lees: The Church: The Gospel Made Visible deur Mark Dever. 22 // Die visuele evangelie

AANBID Jy verkondig ook die evangelie wanneer jy God as deel van die gemeenskap van gelowiges, n plaaslike gemeente, aanbid. My liefde vir my vrou word versterk wanneer ek hoor hoe ander mense haar eienskappe, wat ek so waardeer, raaksien en vir my van haar wonderlike ka rak tertrekke vertel. Wanneer hulle vir my al hoe meer oor haar vertel, dink ek: Wat n wonderlike mens is sy nie! Ons het ander mense nodig om die waarheid aan ons te vertel sodat ons nie stiksienig en selfsugtig sal raak nie. Die aanbiddingsdienste wat Christene hou, is bedoel om n voortdurende herinnering aan die evangelie te wees. Aanbiddingsdienste volg gewoonlik n doelbewuste patroon eerstens is daar die oproep om God te aanbid, gevolg deur sondebelydenis en die versekering dat ons vergewe is, en ons reaksie om vir God dankie te sê. Dan ontvang ons n uitdaging deur God se Woord wat verkondig en op ons lewe toegepas word. Laastens ontvang ons die seën wat dien as n soort opdrag om só te gaan leef dat God ver heerlik word wanneer ons ander mense dien. Hierdie soort erediens volg die struktuur van die evangelie en moedig n gemeente aan om by mekaar aan te sluit om die groot waarhede oor wat Christus gedoen het, te onthou en oor te vertel. Hierdie soort aanbidding fokus op n ver houding. Terwyl jy God aanbid, groei jy in jou verhouding met Hom omdat jy nie net die fei te oor n onbetrokke godheid oorvertel nie, maar God se krag en teenwoordigheid werklik ervaar. SAKRAMENTE Jy vertel die evangelie wanneer jy God se spesiale rituele (wat ook sakramente genoem word) vier. God het vir ons as Christene twee sakramente gegee wat spesiaal ontwerp is om ons te help om die evangelie te onthou en oor te vertel. Wanneer ons die sakramente vier, groei ons nader aan Christus. Ek en Aileen vier ons huweliksherdenkings en verjaarsdae saam om opnuut vir mekaar van ons liefde vir mekaar te vertel. Net so gee God vir ons sekere rituele oomblikke wat ons verbintenis aan Hom versterk en ons aan sy liefde vir ons herinner. Die eerste ritueel of sakrament is die doop. Die doop is n pragtige beeld van wat Christus in jou lewe gedoen het. Die water van die doop dui daarop dat jou sonde weggewas is. Om in die water in te gaan en weer daaruit op te staan, verteenwoordig dood en nuwe lewe. God werk deur die doop om jou nader aan Christus te trek. Wayne Grudem skryf die doop is n teken van die gelowige se dood en opstanding saam met Christus (Rom. 6:2-5; Kol. 2:12), en dit is gepas dat die Heilige Gees deur so n teken sal werk om ons geloof te versterk, om ons deur hierdie ervaring te laat besef ons is dood vir die mag van en liefde vir die sonde in ons lewe, en om ons te oortuig van die krag van die nuwe opstandingslewe wat ons as gelowiges in Christus ontvang het. 5 Die doop is nie bloot n simboliese daad nie, maar gaan ook oor ons verhouding met Christus. EVANGELIE // 23

DOOD DIE CHRISTELIKE LEWE V E R T E L V I R J O U S E L F V E R K O N D I G A A N A N D E R A A N B I D I N G E M E E N S K A P V I E R D I E S A K R A M E N T E FUNKSIE & GEBRUIK VAN DIE EVANGELIE VERLOSSING 24 // Die visuele evangelie

Die tweede sakrament is die nagmaal. Dit is spesiaal ontwerp om seker te maak jy dink gereeld aan Jesus se dood en vertel die verhaal oor. Toe Jesus hierdie sakrament ingestel het, het Hy brood geneem, n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy sê: Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My (Luk. 22:19). Die brood wat gebreek word, herinner jou aan hoe Christus se liggaam gebreek is; die wyn wat geskink word, herinner jou aan hoe Jesus se bloed gestort is. Deur hierdie sakrament onthou jy nie net wat Christus gedoen het nie; jy groei ook in jou verhouding met Hom. Christus is geestelik by jou teenwoordig terwyl jy die nagmaal vier. Soos dr. Grudem skryf: Vandag sal die meeste Protestante sê buiten die feit dat die brood en die wyn die liggaam en bloed van Christus verteenwoordig, is Christus ook op n spesiale manier geestelik teenwoordig wanneer ons deel het aan die brood en die wyn. 6 Wanneer jy die nagmaal vier, is Christus teenwoordig, jy is teenwoordig, en die verhouding tussen julle groei. GEVOLGTREKKING Jou strewe om al hoe nader aan Christus te groei begin met die evangelie en gaan voort deur die evangelie. Wanneer jy die evangelie glo, begin jy verstaan dat Christus jou nog die hele tyd gesoek het en dat Hy tot in sy dood om jou te verlos tot jou genader het. Nou reageer jy met blydskap en dankbaarheid en nader op jou beurt tot Hom. Jy groei in die wonderbaarlike verhouding wat jy met Hom geniet. EVANGELIE // 25