Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse!

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Les 6 vir 10 November 2018

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die betekenis van die kruis (1)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Pretoria- 23 Junie 2012

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Waar is God as ons swaarkry?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Luister na God. enlewe vir ewig

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die maan en sy rol in ons wereld *

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

Gebore uit die maagd Maria

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Wegraping (Saamgevat)

Hoofstuk 5: Wat doen ons nou eintlik verkeerd?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Verkorte Oorsig oor die Normale Christenlewe

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Transcription:

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse! Jan Roos 1

2

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse! My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos 'n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. (Spr. 2:1-5) Jan Roos Posbus 43792 Heuwelsig Bloemfontein 9332 3

Baie Suid-Afrikaners is op pad na die hel! Wat moet ek doen? deur dr. J.C. Roos. Eerste uitgawe 2013. Geen kopiereg word op hierdie boek voorbehou nie. Die materiaal kan gebruik, gedupliseer en versprei word met die voorwaarde dat erkenning aan die outeur verleen word en geen veranderings aan die teks aangebring word nie. Tensy anders aangedui is skrifaanhalings in die publikasie geneem uit die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling): Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Met dank aan die Bybelgenootskap http://www.bybel.co.za/home/. Asook skrifaanhalings uit die 1953-vertaling (OV); Die Boodskap Die Bybel in hedendaagse Afrikaans (2002), uit die King James Version (KJV) Bybel (e-sword) en die New King James Version (NKJV). Hierdie boek (elektroniese weergawe, PDF) kan gratis op die Webblad gelees en afgelaai word by: www.hemelofhel.co.za Dankbetuigings: Aan my vrou (Bertie) vir geduld, kommentaar en liefde. Aan al my broers en susters in die geloof. In besonder vir boeta Martin Taljaard, Johan du Toit en Andrew de Wet wat tegniese en taalversorging gedoen het. Aan God die Heilige Gees vir my entoesiasme, wysheid, insig, kennis, raad, sterkte en eerbied vir die Here. E-pos: jan@hemelofhel.co.za Faks: 086 695 6850 Jan Roos Mei 2013 4

Voorwoord Hierdie boek het op my hart kom lê nadat God Sy lig op my hart laat skyn het en my verlig het met Sy kennis. Ek moet dringend, maar uit liefde, vir my medemens waarsku dat die meeste nie op die regte pad is nie. Ek weet dit want ek was self daar. Baie Suid-Afrikaners dwaal en is mislei, hul prioriteite is nie reg nie en het nie n idee wat hulle in die geestelike sfeer (realm) doen nie. Baie verstaan nie hulle geestelike roeping nie, is verblind, lou, en is op n pad van vernietiging (na die hel), maar baie besef dit nie! Die mense sê: Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles! Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. n Mens wil eintlik sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want julle is soos blindes. (Openb. 3:17, Die Boodskap). En ons weet wat word van hulle word uitgespoeg! Let wel, ek sê op pad na die hel so, daar is nog kans om n rigtingverandering te doen bekeer! Daarom wil ek, namens God sê: Mense word wakker draai weg van die sonde na God! Kyk wat sê die Woord: Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion (voeg jou naam hierin). (Jes. 52:1). Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig. (Ef. 5:14). En die kerk vertroos ons met woorde soos ons is maar net nietige sondaars en almal oortree, maar as jy net probeer is dit genoeg solank jy net gedoop (baba besprinkeling), voorgestel en aangeneem is! Onthou, jy word nie as n Christen gebore nie, jy word nie n Christen met jou babadoop nie, jy is nie n Christen omdat jy kerk toe gaan nie. As iemand sê hy is n Christen, maak dit hom nie n Christen nie! Ek is nie n filosoof, teoloog, of sielkundige nie, maar n wedergebore Christen wat kan lees en skryf! Ek het n doktorsgraad in die natuurwetenskappe gedoen, maar genadiglik tot die besef gekom ek het nie die ewige LEWE nie! God het Sy goedheid aan my betoon en my uit die duisternis na die lig gebring en ek prys my God wat my gered het. Na wedergeboorte en eenwording met Christus (nuwe lewe), is jy geroepe as gesant (ambassadeur) van Christus en is dit n voorreg en eer om in Sy plek te handel. (2 Kor. 5:20). 5

Toe ek uit die duisternis na lig gebring is, was ek verbaas en hartseer om al die dooie bene om my te sien (familie, vriende, mede-kerkgangers wat morsdood is; net soos ek was) soos die volk Israel in Esegiël (Eseg. 37). Maar die goeie nuus is dat God deur Sy Gees weer hieruit n weermag kan bou! Dis eintlik die opdrag wat God ons gee om te doen. Daarom bid ek vir n herlewing in elkeen se hart herlewing vir ons land, Suid-Afrika. Baie Suid-Afrikaners sê en dink hulle is ware Christene; maar is dit in werklikheid nie! Hulle is wêreldse (vleeslike) Christene ( carnal Christians ) wat oppervlakkig in die siel en nie in die gees funksioneer nie. Hulle is nie met Christus verenig nie. Wat bedoel ek? Dit beteken dat n persoon is nog nie wedergebore nie ( n nuwe mens). Jy is nog n sondaar voor God, jy is sonder die Heilige Gees en jy is sonder hoop want die Bybel sê die ongeredde sondaar se toekoms is verdelging. Die satan het geweldige beheer op aarde (Joh. 12:31 & 14:30) en dit sien ons in al die sfere van die samelewing. Daar is baie valse profete (dwaalleraars) en antichriste vandag (2 Pet. 2:1; 1 Joh. 4:1 & 1 Joh. 2:22), mense leef in n leuen, en die wêreld is in vyandskap teen God! Mense leef in vrees, het baie bekommernisse en baie probleme. Mense is opsoek na geluk en wonder oor die geheim van die lewe? Maar Psalm 111:10 in Die Boodskap sê dit mooi: Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe. Hoeveel Suid-Afrikaners doen dit? Daar is baie gelowe/godsdienste ( religions ) en basies probeer hul almal om die gaping tussen God en die mens te oorbrug. Maar daar is net een, die Evangelie ( gospel ) van Christus, waarin God na die mens uitreik. Godsdiens gaan jou nie red nie; om n goeie lewe te leef, red jou nie jy het n Verlosser (Jesus) nodig. Min Christene verstaan bv. die verlossings proses en wedergeboorte. Jy kan nie verlossing verdien nie, jy kan dit nie koop nie, jy kan dit net deur geloof as n geskenk van God ontvang. Met dié boek wil ek my ervaring deel en die groter prentjie te wys. Baie mense se ken-en-verstaan van die Bybel is piering vlak en dit lei tot hul eie vals redenasies, bv. hul sal sê: Jesus het vir almal se sonde gesterf en sal ons uiteindelik almal weer in n regte verhouding met God gestel word. Maar nee, dis n vals redenasie dis nie wat die Bybel sê nie. Dis waar dat Christus vir almal se sondes gesterf het, maar as jy nie bekeer en Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanvaar nie, dan is die vergifnis van sonde nie op jou van toepassing nie en gaan jy in die verderf beland! Die HERE staan gereed om my (jou) te verlos. (Jes. 38:20 OV). 6

God het ons n vrye will/keuse gegee: jy kies vir Hom en dan kies jy die ewige lewe (hemel) of jy kies teen Hom en gaan die dood (hel) tegemoet (Deut. 30:19). Dit is n eenvoudig keuse, maar n moeilike besluit! Hoekom? Omdat die satan en al sy demone (die magte van duisternis) jou wil verhoed om die lewe te kies. As jy dus hel toe gaan is dit omdat jy daarvoor gekies het (Jesus verwerp). Jou keuse sal deur God gerespekteer word en jy kry die loon vir die sonde wat die dood is (Rom. 6:23). Die Bybel is een van die grootste geskenke van God aan die mens. Die Bybel is n groot en komplekse boek (66 boeke deur 40 skrywers oor meer as duisend jaar), en dit is n groot uitdaging wat baie tyd en wysheid vereis om dit reg te verstaan. Maar min mense wat ek ken, ken die kern waarhede en begrippe van die Bybel en baie mites word geglo. Algemeen word gesê: Eva het n appel in die tuin van Eden geëet, maar die Bybel sê nie dit was n appel nie dit sê net n vrug. Of daar word gepraat van een paar van elke dier in Noag se ark, maar daar staan sewe pare van die rein diere en voëls (Gen. 7:2-3). Nog n voorbeeld is dat Noag 40 dae in die ark was. Nee, dit het 40 dae gereën; hulle was meer as n jaar lank in die ark (377 dae). Baie Suid-Afrikaners is op n pad van vernietiging die breë weg! (Matt. 7:13). Ons leef volgens die wêreld se valse reëls. My oproep en hartewens is daarom: moet nie verder tyd mors deur om doelloos op die leë, selfsugtige breë weg van die vleeslike lewe te wandel nie, want dit lei na die verderf! Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn! (Amos 4:12). Die eindtyd waarin ons leef, sal gekenmerk word aan bandeloosheid, geweld, chaos; net soos dit vandag alreeds is en dit sal net erger word, want terwyl die gelowiges al hoe meer die heerlikheid van Christus deelagtig sal word, sal diegene wat sonder Hom leef, al meer en meer aan die satan gelykvormig word! Daar is n groot verantwoordelikheid op elke persoon om vas te stel waar hy of sy met die Here staan. Ondersoek opnuut jouself of jy werklik in die geloof is, in liefde leef, en of jy deur n lewe van heiligmaking (transformasie) en geestelike groei, n bruikbare getuie ( n dissipel) vir Jesus Christus is. Is die Heilige Gees jou leidsman? Jou ewige lewe hang hiervan af! Lees die res van die boek. Moet nie dat die godsdienste gees (van die duiwel) jou verhinder om verder te gaan nie. Leer die Waarheid ken, en die Waarheid sal jou vrymaak! (Joh. 8:32). 7

Ons as Christene het krag en glorie (heerlikheid) op n manier wat nie beskikbaar was voor die Kerk op Pinksterdag begin het nie. Die Heilige Gees, God self, is nou binne ons! Christene is nie net volgelinge van Christus nie. Ons is deur die Gees met Christus verenig, ons het n identiteit met Hom. Hy het ons sondigheid en swakheid verruil vir Sy sterkte en krag ons is vrygemaak! Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. (Rom. 8:2). En nou as individuele lede van Sy Liggaam (kerk), as mense met Christus in ons, as Sy verteenwoordiger, laat ons ons opnuut verbind om Christus in die wêreld in te bring deur ons. Die wederkoms is baie naby, die oes is groot, maar die arbeiders is min, laat ons inspring en werk. Die wêreld het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop, vertrou en bid dat hierdie boek jou sal help om werklik in n geestelik eenheid en harmonie met die Drie-enige God; Vader, Seun en Heilige Gees te kom en in vrede en vreugde te lewe. Liefde in Jesus Christus die Here, Jan Roos 8

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse! 1.1 Inleiding: Ons het in voorafgaande hoofstukke heelwat na die hemel en hel verwys en in Hoofstuk 1 probeer aantoon wat blokkeer baie mense om in n regte verhouding met God te kom en wat hou ons uit die hemel. En in Hoofstuk 3 aangetoon dat baie mense, insluitende predikers, nie meer aan n hel glo nie! Maar die Bybel vertel van beide so, jy kan nie net aan die hemel glo en dan nie aan die hel nie! Die voorlopers van die valse profeet (in Openbaring) is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Daar is in Suid-Afrika verskeie teoloë wat klaar deur die mag van satan se monistiese en integrerende denkwyse vasgevang is. Hulle kan nie meer onderskeid tussen konsepte soos die hemel en die hel tref nie, daarom ontken sommige van hulle die bestaan van beide. (Malan, 2005). Die kerke is deesdae baie versigtig om oor die hel te preek, want dit maak mense ongemaklik, dit maak hulle kwaad en dan kan hulle dalk (met hul geld) weggaan; maar dis n groot fout! dit is wat die satan wil hê! Wanneer laas het jy n preek oor die hel gehoor? König (2010) stel dit duidelik: ondanks al die uitsprake van Paulus in die Bybel en mense se interpretasies bly die hel n skokkende maar ook n onmiskenbare deel van die boodskap van die Bybel. En dit hang saam met die feit dat die universele versoening net geld vir dié wat dit aanvaar. Meer kerke breek weg van die waarheid van die Woord en stem saam met wat die Sataniese Bybel op bladsy 33 sê: There is no heaven of glory bright, and no hell where sinners roast. Here and now is our day of torment! Here and now is our day of joy! Here and now is our opportunity! Choose ye this day, this hour, for no redeemer liveth. (in Liebenberg, 2008). Dit is belangrik dat ek aan die begin moet sê dat ek nie vrees wil verkondig nie, maar verlossing. Alhoewel, vrees vir die hel kan dalk help om jou aandag te kry! Maar, dit moet nie n geval wees van jy sien die hel as n plek van pyn en lyding met geen toekoms en nou besluit jy om gou n paar goedjies te doen net om dit vry te spring nie jy wil net brandversekering uitneem! Nee, jy moet uit die mag van die duisternis kom en oorgebring word in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde! Jy moet in die regte verhouding (in harmonie) met God kom! 9

Om aan die hemel te glo, het geen waarde as ons nie glo in die opstanding van die Een wat die hemel geskep het en die hemelpoorte oopmaak vir almal wat wil binnegaan nie! Ek dien nie God omdat ek bang is vir die hel nie, maar uit dankbaarheid vir wat Hy alles aan my geskenk het uit Sy liefde en genade. o Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van Sy Seun wat Hy liefhet. (Kol. 1:13). o God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder. Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding. (Jes. 12:2-3). Hemel en hel is, soos al die ander onderwerpe wat ons in die boek aangeraak het, baie komplekse onderwerpe en dik boeke is al hieroor geskryf, maar ek wil net die breë belangrike beginsels vaspen. In die Bybel is daar egter baie duidelike uitsprake oor die hemel én die hel. 1.2 Dit gaan eintlik oor lewe en dood ewige lewe en ewige dood: Niemand het die lewe in homself nie (Joh. 6:53), alleen God het die ewige lewe (1 Tim. 6:16). o Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Rom. 6:23) o God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Joh. 3:16) o Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie. (Openb. 2:11) die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood. (Openb. 21:8). Die dood vir die gelowige is nie die einde nie; dit is die begin van die Lewe en dit n lewe in oorvloed! (Joh. 10:10). M.a.w. soos daar n tweede en hoër Lewe is, so is daar ook n tweede en dieper dood. En soos dáár na daardie lewe geen dood meer is nie, so is daar ná daardie dood geen lewe meer nie. 1.2.1 Dit gaan oor n Persoon Jesus Christus: Jesus het nie aan die kruis gesterf vir mense se sonde sodat hulle aan die hemel kan glo nie, maar sodat hulle in Hom kan glo. Die hemel red nie siele nie dit versamel siele. En as jy dink dit is belaglik om te glo dat die lewe oor die dood sal triomfeer, dan moet jy nie met Christenskap sukkel nie, want jy kan nie n Christen wees as jy dit nie glo nie! 10

Nadat Lasarus al vier dae lank in die graf was, demonstreer Jesus Sy opstandingskrag deur Lasarus uit die dood op te wek. Toe Hy by die graf kom, het Hy met n harde stem uitgeroep: Lasarus, kom uit! en Lasarus het uit die graf gekom en voor die skare gaan staan (Joh. 11:43). Dit het Jesus se mag oor die dood bewys en ook die waarheid van Sy belofte aan ons: o Ek (Jesus Christus) is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit? (Joh. 11:25-26). To know God is to cut the cords of death. (Urantia, 2008). Dit beteken ook gehoorsaamheid: o Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie. (Spr. 12:28) o Wie in die Seun (Jesus Christus) glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom. (Joh. 3:36). People who would be happy in heaven if Christ is not there, will not be there. The gospel is not a way to get people to heaven; it is a way to get people to God. It s a way of overcoming every obstacle to everlasting joy in God. If we don t want God above all things, we have not been converted by the gospel. John Piper God is the gospel. 1.2.2 Dit gaan oor Lig (God) wat lewe gee en duisternis (satan) wat dood gee! o Ek (Jesus) is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee. (Joh. 8:12) o Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die satan tot God kan bekeer. (Hand. 26:18). En onthou, daar is net twee koninkryke (heerskappye) op aarde. Die koninkryk van die Lig en die koninkryk van die duisternis. As jy ongehoorsaam is aan die koninkryk van Lig, dan is jy gehoorsaam aan die koninkryk van duisternis. Deur gehoorsaam te wees aan die koninkryk van duisternis sal dit deure van duisternis open in jou en jou familie se lewens en dit ly tot die ewige verderf. Dus uiteindelik gaan dit oor die keuses wat ons maak! Take care of your life and the Lord will take care of your death. George Whitefield. 11

1.3 Wat na die dood eerste fisiese (liggaamlike) dood? God het in elkeen van ons n innerlike wete geplaas dat die lewe op aarde nie die einde is nie. Die Bybel stel dit duidelik: o Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. (Pred. 3:11). Die mens kan hierdie waarheid onderdruk of ontken, maar ons gewete kan nie stilgemaak word nie. Die klein, stil stemmetjie, van God sê vir ons diep binne-in dat dit steeds waar is (1 Kon. 19:12). Ons moet nooit daardie innerlike stem ignoreer nie, maar liewer dit wat ons glo met die skrif vergelyk, want dit is waar Hy hierdie waarhede aan ons openbaar. (Graham, 2012). Meeste gelowe glo dat as mens dood gaan, gaan jy na een of ander paradys, gewoonlik hemel. Volgens n onlangse peiling het getoon dat 81% van die Amerikaners glo aan n lewe na die dood en 74% glo daar is n hemel en n hel (Shook, 2008). Dis waarskynlik n persentasie wat ook ongeveer (miskien laer %) op Suid Afrikaners van toepassing sal wees. Ons weet dat ons net tydelik hier op aarde is en dat ons (gelowiges) ewige bestemming saam met God is. Ons almal weet dat die mens n sterflike wese is net tydelik op aarde, maar ons as Christene glo dat as jy dood gaan, gaan jou gees terug na God wat dit gegee het en gaan ons saam met Hom woon Die Hemel is n fisiese plek! Maar onthou jy word nie n engel soos die flieks wys nie jy is hoër as n engel, jy is n kind van God, mede erfgenaam saam met Christus en gaan oor die engele oordeel. So, Christene wat dood gaan, gaan onmiddellik na die hemel en wag vir die opstanding van hul slapende (dooie) liggame (2 Kor. 5:8; Filip. 1:21-24; Hebr. 12:22-23; Openb. 6:9-11). Wanneer Christus die hemel verlaat en neerdaal na die aarde (met die wegraping), kom die heiliges wat in die hemel is saam met Hom ( dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 1 Tess. 4:14) en word verenig met hul liggame wat in n oomblik opgewek gaan word (1 Tess. 4:14, 16, 17; 1 Kor. 15:51-58). o Die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het. (Pred. 12:7). o Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. (1 Tess. 4:14). 12

o Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. (2 Kor. 5:6-8). Ons weet daar is lewe na die dood omdat God dit in Sy Woord belowe, ons gees daarvan getuig en bo alles, omdat Jesus Christus dit met Sy lewe, dood en opstanding bevestig het. Kyk dus na Jesus. Deur Sy opstanding, sê die Bybel, het Hy: o die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring. (2 Tim. 1:10). God, in Sy groot liefde, maak dit vir ons moontlik om die oorwinning te behaal oor die dood, ten spyte van die feit dat ons daardeur moet gaan. Die Bybel sê vir ons die dood kan nie die gelowiges in God skei van die liefde van God nie. o Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom. 8:38-39). Een van die grootste waarhede in die Bybel is dat God ons nie slegs vir hierdie wêreld geskep het nie. Ons is vir die hemel bedoel ja, die hemel is ons uiteindelike tuiste. (Graham, 2012). Jesus het gesê: o kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (Joh. 14:3). Dit is nie nodig om die dood te vrees nie indien jy jou lewe aan God gegee het nie. Neem vertroue in die waarheid van God. Trouens Hy wil dat jy saam met Hom moet lewe in oorvloedige vreugde vir ewig en altyd. En Hy sal dit laat gebeur indien jy Hom toelaat! Death is only the beginning of an endless career of adventure, an everlasting life of anticipation, an eternal voyage of discovery. (Urantia, 2008). 1.3.1 Is ons onmiddellik by die Here in die hemel wanneer ons doodgaan, of het ons n tyd van sieleslaap voordat ons in God se teenwoordigheid ingaan? God het beloof om ons na Hom toe te neem wanneer ons sterf. Die Bybel sê: o Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. (2 Kor. 5:1). 13

Die Bybel leer ons: o om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. (2 Kor. 5:8 OV). Paulus skryf uit die tronk dat hy verlang na die heerlikheid wat op hom wag wanneer Sy liggaam doodgemaak sou word en hy in die Here se teenwoordigheid sou wees: o ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste. (Filip. 1:23). Jesus het aan die berouvolle sondaar wat saam met Hom gekruisig is gesê: o Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees. (Luk. 23:43) en hy was; kyk die bespreking onder oor die kompartemente van die doderyk (11.9). Waar is die mense van Sodom en Gemorra? Nie in n sieleslaap nie maar brand in die hel: o As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand. (Jud. 1:7b) Die apostel Johannes het n ander ervaring in die tronk gehad. Toe hy n visioen van die hemel gesien het, het hy n vlugtige blik op die siele gehad van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die Woord van God vasgehou het. (Openb. 6:9). Dit was die Christen-martelare, en Johannes het hulle hoor uitroep en vra wanneer die Here hul bloed gaan wreek. Johannes het die Stem hoor sê dat hulle nog n klein tydjie moes rus (Openb. 6:11 OV). Hierdie is n beeld van siele wat rus in die teenwoordigheid van God. Hoewel hul liggame nog in die graf is in afwagting op die laaste opstanding, vertroos God se Gees hulle geeste omdat Hy die God van alle troos is. Hier het ons nog n bewys dat die siele van afgestorwenes welbewus voortbestaan na die dood en dat hulle wél kennis dra van wat op die aarde gebeur, soos ook die woorde van Christus getuig in Luk. 16:19-31). Jesus het gesê: Hy is nie n God van dooies nie maar van lewendes (Matt. 22:32; Mark. 12:27). Engele vergesel die afgestorwenes na die hemel: Ons kry in werklikheid n vlugtige blik daarop in die verhaal wat Jesus vertel het van die ryk man en die bedelaar, Lasarus. Toe die bedelaar gesterf het, het Jesus gesê, is hy: o deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. (Luk. 16:22). 14

Baie beskrywings vertel van sterwende gelowiges wat vrede ervaar het as gevolg van hierdie engele-teenwoordigheid. Om te glo dat God hierdie engel troosters sal stuur om ons uit hierdie wêreld te begelei na die volgende een, moet groot vrede bring in ons siel (Graham, 2012). Heidi Baker (2008) skryf ook: When babies die in our arms, there is a mourning deep within our spirits, but we know that the babies go straight from our arms into the arms of Jesus. Die Bybel sê: o Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. (Ps. 121:7-8 OV). Maar die ryk man se liggaam is begrawe, terwyl sy siel en gees in die hel was. Hy was nie in n sieleslaap en gewag vir die oordeelsdag nie. En wie het hom soontoe geneem die engele of die demone? As engele die gelowiges wegdra na hul dood, dan maak dit vir my sin dat demone ongelowiges wegdra soos deur Baxter (1993) beskryf word: When you die on earth, if you are born again by the Spirit of God, your soul goes to heaven. If you are a sinner when you die, you go immediately to a burning hell. Demons with great chains will drag your soul through the gateways of hell, where you will be thrown into the pits and tormented. In time, you will be brought before Satan. You know and feel all things that happen to you in hell. 1.3.2 Die toekomstige oordeel: En die dag as jy doodgaan of weggeraap word, dan is die volgende wat vir jou wag die oordeel. Ons moet weet dat oordeel kom die Bybel is baie duidelik hieroor. So, jou liggaam is dood en sal vergaan (van stof na stof), maar jou gees en siel bly leef. o 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. (Hebr. 9:27). o God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan. (Hand. 17:30-31). o Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God Sy regverdige oordeel sal uitspreek. (Rom. 2:5) 15

So, maak jou klaar om jou God te ontmoet: o maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn! (Amos 4:12). Geen ompaaie: Baie mense laat hul mislei deur valse leringe soos bv. reïnkarnasie en sulke ompaaie, want daardeur probeer hulle die oordeel vryspring en hoef hul aan niemand rekenskap te gee of aan iemand te verduidelik wat hul met hul lewe gemaak het nie. Nee, moet jou nie deur die leuens laat mislei nie. Wat ons op aarde doen, sal deur die ewigheid eggo. Ja, elkeen sal verantwoording doen vir sy dade. Ons sal moet rekenskap gee van elke ligsinnige woord én van elke ligsinnige stilte. (Benjamin Franklin). o Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor Sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. (Hebr. 4:13). o Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel. (Openb. 20:12). o So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is. (Rom. 14:11; Jes. 45:23). Maar ons as gelowiges het niks om te vrees vir die oordeelsdag nie: o Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. (1 Joh. 4:17) Want ons weet Sy (Jesus) se oordeel is regverdig! o Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig. (Joh. 5:30). Beoordeel of veroordeel? Voordat jy geoordeel word, moet jy eers uit die dood opstaan en fisies verander word verheerlikte liggaam. Dit is soos as jy ruimte toe wil gaan moet jy eers n ruimtepak aantrek. o Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike. (1 Kor. 15:53). Die Bybel beskryf twee opstandings. Met die wegraping staan die gelowiges op uit die grafte en die wat nog lewe word in n oogwink verander (1 Kor. 15:52) die eerste opstanding. Ontmoet Christus in die lug en gaan na die Hemel en verskyn voor die regterstoel of Bema. 16

Die ongeredde dooies sal met die tweede opstanding (na die duisendjarige vrederyk) uit hulle grafte opstaan, in veroordeling voor God verskyn (Groot wit troon), en dan vir ewig in die poel van vuur gewerp word (Dan. 12:2; Openb. 20:11-15). o So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. (Matt. 13:49-50). Die ongereddes sal dus net so seker as die gereddes uit die dood opgewek word. o Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word. (Joh. 5:28-29). Dié wat Christus ontvang het, sal vir ewig by Hom leef. Dié wat Christus verwerp het, sal vir ewig afgesonder van Hom leef. Dit is die harde werklikheid. o Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. (1 Joh. 5:12). Wat is die BEMA oordeels sitplek? (Liebenberg, 2008) Rondom die Griekse Olimpiese stadium was daar groot pawiljoene. Daar was ook n spesiale pawiljoen vir die eregaste. In dié pawiljoen was daar n spesiale platform of n verhoog, die amptelike sitplek vir n regter. Al die wenners was na dié spesiale verhoog gebring en deur die eregaste geluk gewens en is met n lourierkrans om hul nek beloon. Dieselfde sal basies eendag met die wedergebore gelowige gebeur, dit is net die beloning wat gaan verskil. Paulus verwys na n soortgelyke plek in 2 Kor. 5:10 en gebruik die Griekse woord BEMA. In Afrikaans en Engels het ons nie n woord wat die BEMA kan beskryf nie, en regterstoel is toe gebruik wat n totale verkeerde boodskap uitstuur. Die gevolg is dat die meeste mense dink dat die kind van God voor n regterstoel gaan staan en sien n beeld van n regter met n rooi jas wat hom gaan oordeel. Wat gaan gebeur is dat die regverdige direk na die Wegraping homself voor die Bema gaan bevind, waar hy dan beoordeel (nie veroordeel) gaan word volgens sy goeie dade en dan sy kroon ontvang. Dit sal plaasvind voor Y shua Ha Mashiach (Jesus Christus) in die hemel, wat alle gelowiges wat ooit geleef het insluit. 17

Die vraag is net waar bevind jy jou oor 100 jaar en vir altyd? Die Bybel sê daar is net 2 bestemmings. Hemel of Hel; Koninkryk of doderyk Smoking or non-smoking? 1.4 Alle paaie lei nie na Rome nie! 1.4.1 Daar is slegs twee paaie, twee hekke (poorte), twee eindbestemmings: Daar is baie godsdienste (baie paaie), maar daar is fundamenteel net twee om van te kies: die een wat reg is (ewige lewe) of die een wat verkeerd (verderf) is! Kyk Tabel 11.1. o Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. (Gal. 6:8). Daar is net twee tipe saad dié van die slang (verderflike saad) of die van die vrou (onverganklike saad). Ateïste, agnostici, Hindoes, Boeddhiste, Islam, en Taoïste is saad van die slang. o En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. (Gen. 3:15). Onthou, die satan sal nie vir jou n bordjie opsit wat sê: Na die Hel nie! o Daar is n weg wat vir n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. (Spr. 14:12 OV). Maar Jesus sê jy moet by die nou poort ingaan dit lei na die lewe! o Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min. (Matt. 7:13-14). Die breë pad is vir die happy go lucky crowd die vrolike groepe wat vry is om te maak wat hulle wil, en dié pad is baie besig maar moenie verlei word om die skare te volg nie, want dit lei na die verderf! Om te weier om God se wil na te streef en vir Hom te leef, is die pad na die ewige verderf. Kies die enigste pad wat lei na die deur van die hemel: Jesus het gesê: Ek is die weg (Joh. 14:6); Jesus het gesê: Ek is die ingang (Joh. 10:9); en Hy het ook gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. (Matt. 4:17). Hy het aan ons gedink toe Hy uit die hemel na die aarde gekom het. Hy het ons in gedagte gehou toe Hy na die kruis toe gegaan het. 18

Jesus gee om vir ons terwyl Hy afkyk uit die hemel. Vra Hom om in jou hart in te kom sodat jy vir ewig by Hom kan woon. Ja, op die smal pad werk dit anders jy moet alleen deur die smal hekkie gaan, met moeite; jy moet naak wees (sonder bagasie), in self ontkenning, gestroop van jouself (geen trots), van jou sonde bekeer en totaal oorgegee aan God, dus nie vir supersterre nie! Bekerend: Jy moet vergifnis van jou sonde kry ook jou medemens vergewe anders kan God nie met jou werk nie jy is nie vir Hom aanvaarbaar met jou sonde en onvergifnis nie! Jy moet wegdraai van die sonde en die lewende God dien. Totaal oorgegee aan God: Jy moet God se wil soek soos Jesus. o Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie My wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. (Joh. 5:30). o Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matt. 5:3). o maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe. (Matt. 25:46). Luister gerus na die uitstekende preek van John MacArthur: Heaven! Narrow or Broad Gate? (2005) beskikbaar op www.sermonaudio.com. Tabel 11.1: Vergelyking van die breë pad met die smal pad. Die BREË pad Menslike godsdiens ( religion ) mens gemaak Menslike prestasies Werke eie pogings Vlees verstand siel Onafhanklik self in beheer Lei tot vernietiging geen toekoms Baie mense Boom van kwaad; Vrugte sleg Bouers dwaas Fondasie sand Die SMAL pad Goddelike weg volgens die Woord God doen alles in Christus Genade onverdiend Geloof hart gees Afhanklik van God Lei tot lewe hoopvolle toekoms Min mense Boom van die lewe; Vrugte goed Bouers wys Fondasie Rots (Christus) 19

1.5 Dis nie maklik om in die Hemel te kom nie! o Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is. (Matt. 7:21). Baie gaan probeer, maar dit nie regkry nie! o Toe vra iemand Hom: Here, is dié wat gered word, maar min? Hy sê vir hulle: Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. (Luk. 13:22,23). o Baie is immers geroep, maar min is uitverkies. (Matt. 22:14). Moeitevol Jy moet reg lewe! o Tot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom. (Luk. 16:16). o As 'n gelowige beswaarlik gered word, wat word dan van 'n goddelose en 'n sondaar? (1 Pet. 4:18). Span al jou kragte in! o Hy sê vir hulle: Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. (Luk. 13:24). o Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom, het hulle gesê. (Hand. 14:22) Volhard tot die einde! o Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. (Matt. 24:13; 10:22). o Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het. (Hebr. 3:14). o En laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. (Hebr. 12:1-2). Moet nie net sê: Ek Glo nie Dis te maklik enige iemand kan dit sê. Waarin glo jy? Of in wie glo jy? Jy moet bekeer en dan moet jy ook so leef! Having faith in Jesus is not simply believing that He is our Savior; it is believing His message, His promises, His instructions. 20

Daar is ongelukkig mense wat dink dat bekering nie nodig is nie, en dat ons net in die Here Jesus moet glo om gered te word. Geloof in Christus vereis noodwendig bekering, want n persoon kan nie sê dat hy in Jesus Christus glo terwyl hy steeds die ou weë bewandel en nog nie sy sondes bely en laat staan het nie. Paulus bevestig ook die noodsaaklikheid van bekering: o God verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer. (Hand. 17:30) Die Here Jesus wil nie passiewe volgelinge hê wat net in Hom glo en verder niks vir die uitbreiding van Sy koninkryk in n verloregaande wêreld doen nie. Hulle moet getuies van Sy reddende genade wees en ook n aktiewe gebedslewe lei. Jesus waarsku duidelik: o Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is (Matt. 7:21). o So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. (Jak. 2:17). Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om n godvrugtige lewe te lei en die wil van ons hemelse Vader te doen. Hy wil hê dat ons, geestelik gesproke, die lig van die wêreld moet wees. (Malan, 2006). o Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe! As julle dit nie doen nie, sal die Here vir Josef soos 'n vuur tref, 'n vuur wat vir Bet-El sal verteer sonder dat iemand dit kan blus. (Amos 5:6). A man s destiny on Judgment Day will depend not on whether he has known God s will, but on whether he has done it. En baie is onder die illusie dat hulle op die regte pad is! o Dan sal julle sê: Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer. Maar Hy sal weer vir julle sê: Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom! (Luk. 13:26,27). 1.6 Wat belowe die Here oor die toekoms? Hy belowe ewige geluk en lewe vir Sy mense. o Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterkant sê: Kom, julle wat deur My Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit... maar dié wat die wil van God gedoen het, (ontvang) die ewige lewe. (Matt. 25:34, 46). 21

o Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. (Openb. 22:14 OV). Maar die ewige straf vir die goddelose: o Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en Sy engele voorberei is... En hierdie mense sal die ewige straf ontvang. (Matt. 25:41, 46). o En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. (Matt. 25:30). So, as jy nutteloos (lou, dof, jou sout verloor het) geword het vir God, dan word jy weggegooi op die ashoop om verbrand te word. Die Hel is dus God se verbrandingsoond ( incinerator ). Wie is die nuttelose wat gestraf gaan word? o Wanneer die Here Jesus met Sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van Sy wonderbaarlike mag. (2 Tess. 1:7-9). o Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree. (Matt. 7:23). Ons eindbestemming is dus net óf in die teenwoordigheid van God, in Sy koninkryk (= Hemel) óf geban uit Sy teenwoordigheid (= Hel). 1.7 Die Hemel: In die Bybel is daar verwysings na drie hemele (2 Kor. 12:2): (1) Die atmosfeer rondom die aarde (die biosfeer), waarin die voëls van die hemel vlieg en die wolke is (Jer. 4:25; Eseg. 38:20; Hos. 2:17; Matt. 6:26; 13:32). (2) Die sterrehemel (Gen. 1:14-19; 15:5; Ps. 8:4; Eseg. 32:7; Matt. 24:29; Openb. 8:10). (3) Die derde hemel die planeet Hemel (2 Kor. 12:1-7), wat die hoogste hemel is waar God woon (Luk. 2:14; 2 Kor. 12:2-4; Ef. 4:10). Dit is die woonplek van die Drie-enige God: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees Sy heilige woning. Hy het dit geskep, Hy woon daar, en eendag sal alle gelowiges ook daar woon. (Deut. 26:15; Pred. 5:1; Matt. 5:16; Luk. 24:51; Hand. 7: 55-56; Ef. 6:9; Kol. 4:1; 1 Tess. 1:10; 4:16; 2 Tess. 1:7; Hebr. 8:1; 22

1 Pet. 1:12; 1 Joh. 5:7). Dit is ook die woonplek van die engele. (Matt. 22:30; Luk. 2:15, 22:43). Die woord hemel kom 533 keer in die Bybel voor; van die eerste vers in die Bybel tot die laaste boek (Openb. 21:10). Trouens 54 van die 66 boeke in die Bybel praat van die hemel ons enigste gesaghebbende bron van inligting oor die hemel. Jesus praat 66 keer van die hemel net in die Evangelie van Mattheus. Die idee van 7 hemele is vals dit kom uit die ou astrologie en word deur sekere vals godsdienste geglo, soos Hindoes en Islam, want die Koran noem die bestaan van 7 hemele. 1.7.1 Het ons n idee waar die Hemel en hel is? Ja, die Bybel vertel ons waar die Hemel en die Hel is: o 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder. (Spr. 15:24). Die Hemel is bo en die Hel onder, in die hart van die aarde en nie soos sommige denominasies ons leer, in jou kop nie. Dit is bokant die sterre; aan die uithoeke van die noorde; dit is bo die hoogtes van die wolke (Jes. 14:13-14) Moses het gebid: Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel (Deut. 26:15) en Jesus het ons harte bewus gemaak van die werklikheid van die hemel toe Hy na die hemel opgekyk het en gebid het: Ons Vader wat in die hemel is (Matt. 6:9). Net voordat Stefanus gesterf het, het hy opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien (Hand. 7:55). To those of you who think that hell is here on earth well, you are right it is! Hell is in the center of the earth, and there are souls in torment there night and day. (Baxter, 1993). o Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal. (Ps. 55:16) 1.7.2 Die huidige Hemel is n planeet! Ek noem net n paar interessante feite: o Ligging: in die noordelike deel van die heelal, in verhouding tot die wêreld (Jes. 14:12-14; Ps. 75:6-7), bokant (1 Kon. 8:23) en in die hoogste deel van die skepping (Job 22:12; Luk. 2:14; Ef. 1:21; 4:10) 23

o Vorm: Rond (Job 22:14; Ps. 19:6) soos die aarde (Jes. 40:22; Pred. 1:6) o Grootte: Onbekend, maar waarskynlik groter as die aarde, afgelei van die grootte van die stede (Openb. 21:9-27) en van die aantal inwoners (Jer. 33:22; Hebr. 12:22-23). o Dit het regte stede (Hebr. 11:10-15; 13:14; Openb. 21:2, 9-27) o Het tempels (Ps. 11:4; Openb. 3:12; 7:15; 11:19; 14:17; 15:5; 16:1, 17; Jes. 6:1) o Fonteine van water (Openb. 7:17) o Riviere van water (Openb. 22:1) o Diere (2 Kon. 2:11; 6:17; Sag. 1:8, 10; 6:1-5; Openb. 19:11, 14, 21) o Bome en strate (Openb. 2:7; 22:1-3) o Berge (Sag. 6:1; Hebr. 12:22-23; Openb. 14:1), bv. Dit is duidelik dat daar n Sionsberg in die hemel is: Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met Sy miljoene engele, by die feestelike samekoms. (Hebr. 12:22) o ens. Kyk Dake (2010) se 50 feite oor die Planeet Hemel. Die hemel is n letterlike plek. Dit is nie n denkbeeldige land of n fantasiewêreld om in te bly nie. God het die hemel geskep met n lang lys van outentieke eienskappe. Jesus het nie opgevaar na n droomwêreld iewers in die lug nadat Hy uit die dood opgestaan het nie, maar teruggekeer om te sit aan die regterhand van God. o Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit. (Mark 16:19). Ds. De Kock (1955) skryf: Ek het altyd gedink dat die Hemel baie ver weg is en dat dit n lang reis daarheen sou wees. Maar nou weet ek dat die hemel baie naby is net maar n stap van ons verwyder. In n oogwink word die kind van God n kind van die Hemel. Wat kan jy in die Hemel verwag? Wetenskap-fiksie skrywer Isaac Asimov het geskryf, I don t believe in the afterlife, so I don t have to spend my whole life fearing hell, or fearing heaven even more. For whatever the tortures of hell, I think the boredom of heaven would be even worse. Tragies, dat mense so n siening van die Hemel het. Hartseer dat mense sonder hoop leef; hoe leeg en betekenisloos maak dit jou lewe! 24

Dis duidelik uit onkunde, want mense se visie van die hemel is gewoonlik beperk tot n Hollywood wanvoorstelling of n vervelige, ongeïnspireerde kerkdiens. Op n manier het die hemel nie ons verbeelding aangegryp en ons lewens getransformeer nie. Die belonging vir geregtigheid is nie om, soos in die Hollywood voorstellings, in die hemel rond te sweef op n wolkie en harpmusiek vir ewig te speel nie! Die gebrek aan n ewigheid perspektief kan ons en veral jongmense ontmoedig en verswak tot sonde. So baie mense dink daar is sekere plesiertjies wat, indien jy dit nie nou ervaar nie, sal jy dalk nooit. En aangesien God ons sondes sal vergewe, hoekom nie probeer en leef daarin nie? So baie dink en leef vir seks, geld, dwelms, menslike prestasies en gewildheid. Maar ons is in werklikheid geskep om in n verhouding met God en ons medemens te wees, nou en uiteindelik in die hemel. Om hierdie waarheid te mis, kan katastrofiese gevolge vir jou lewe hê. In sy uitdagende boek Heaven, toon Randy Alcorn aan dat n onbybelse siening van die Hemel die kerk geïnfiltreer het. Trouens, hy sê dat van satan se gunsteling leuens is omtrent die Hemel, want satan weet dat as ons werklik die realiteit van die Hemel verstaan, sal dit ons lewens radikaal verander soos mense wat die Hemel en of hel gesien het in doodservaring (NDE, Near Death Experiences) kyk hieronder. 1.7.3 Die Bybel skets n totaal ander prentjie van die hemel! Kyk die pragtige beskrywing van die troonkamer in Openbaring 4 en 5. Johannes word uitgenooi kom op hierheen (4:1) en kom kyk hoe lyk die hemel, n voorreg van n paar in hul leeftyd (Paulus het n soortgelyke ervaring; 2 Kor. 12:1-6). Dit is die plek vanwaar God regeer en beheer. Die Troon is die kernwoord en dit kom 16 keer voor. Let op die klem op sit (4:2, 9, 10; 5:1). Dit is die beheersentrum van die Koninkryk van die hemel. Dis vuurfakkels, weerligstrale, n see van glas soos kristal, n groen reënboog om die troon (met die glans van smarag), ens. Pawson (2007) beskryf dit baie mooi: The scene is breathtakingly beautiful, almost defying description. Green rainbows (!), golden crowns, thunder and lightning, blazing lamps one can almost imagine John s eyes darting from one striking feature to another as he grazes in awe and wonder. In trying to describe what he can see of God himself, he can only compare this with two of the most brilliant gemstones he has ever seen before (jasper and carnelian). Above all, there is a peaceful aspect to the whole scene, expressed as a sea of glass, stretching to the horizon. 25

Daar is heerlike geure van brandende wierook in die hemel: o Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God. (Openb. 8:4). Onthou, as ware Christen gelowige is jy n kind van God; jy het dus n volmaakte Pa, die Koning van die heelal, die rykste Pa in die kosmos en jy erf alles van Hom van Sy eienskappe tot Sy eiendom! Jy bly in n herehuis in n stad van goud en pêrels jy heers saam met jou oudste broer, Jesus, oor die nasies en die heelal. Jy ervaar ewige geluk, vreugde, en vrede. Jy vier fees! Dit gaan die verstand te bowe om jou net te probeer indink aan die uitbundige fees wat vir ons wag wanneer ons in die hemel aankom! Ek sien uit hierna! As jy nog nie n deelgenoot is nie, maak seker dat jy deel word van hierdie vreugdevolle gemeenskap van gelowiges! Die Bybel verklaar: o Alles behoort aan julle. (1 Kor. 3:21), o Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie. (Ps. 84:12). Want hoekom is jy gebore? Jy is gebore om n verheerlikte, onsterflike lid van God se familie te word gelykvormig te word aan die Seun (Jesus Christus); te lewe, te dien en te regeer saam met die Vader, Seun en Heilige Gees in vreugde sonder einde, en helder te skyn soos n ster vir altyd en ewig! 1.7.4 Daar is soveel opwindende beloftes oor die hiernamaals saam met God ek noem n paar: God belowe ewige geluk en vreugde vir Sy mense. o Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. (Openb. 22:14 OV). o Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie. (Spr. 10:28) Die hemel is n plek van diens: En hulle wat soontoe gaan verlang daarna om Hom te hoor sê: o Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde! (Matt. 25:21). o Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en Sy dienaars sal Hom dien. (Openb. 22:3). 26

Ons ontvang God se genade deur ons hoop: o Vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet. 1:13). Daar sal geen duisternis wees nie: o Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is Sy lamp daar sal nie meer nag wees nie. (Openb. 21:23, 25). Die wil van God heers daar: o Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers. (2 Pet. 3:13). En almal sal Hom dien en gehoorsaam wees: o Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. (Openb. 1:5-6). o Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees. (Dan. 7:27). Daar is blydskap in die hemel. Daar is blydskap in die hemel oor elke persoon wat gered word en sodoende n lid van hierdie wonderlike koninkryk word: o Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie. (Luk. 15:7). Die blydskap van die heiliges sal volkome wees wanneer hulle met hemelse opstandings-liggame beklee sal wees, wat ver bokant die beperkings van hulle aardse bestaan verhewe is. o Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek. (2 Kor. 5:1-2) o Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees. (Filip. 3:21). As een dag in die tempel beter is as n duisend daarbuite hoeveel te meer nie vir die Hemel nie!? o Waarlik, één dag in U tempel is beter as duisend daarbuite. (Ps. 84:11). 27