Waarvoor Baptiste Staan:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Les 6 vir 10 November 2018

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Van Vervolger tot Prediker

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die betekenis van die kruis (1)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Catharina Maria Conradie

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Die Heerskappy van Christus in die Kerk

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Besprinkeling en die Suigelingsdoop 30 Julie 5. Teologiese begronding van die Doop 6 Augustus 9

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

NEW INTERNATIONAL VERSION

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Preek-notas: Romeine 3:21-31

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

Nederlandse Geloofsbelydenis

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

102 Beswaarskrif Joy Mansfield

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Midrash (Torah Bespreking)

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Kyk ook: - Wie is Gideon Aggenbag? - Wie is Johann Ernst? Gekopieer vanaf Kerkbode. *********** Aktuarius verduidelik hantering van doopgesprek

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Die maan en sy rol in ons wereld *

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Transcription:

Waarvoor Baptiste Staan: 'n Inleidende Studie oor Baptiste Beginsels Deur Franz F.J. Greffrath 1 P a g e

1. INLEIDING INHOUDSOPGAWE 2. BAPTISTE BEGINSELS 2.1. DIE DIREKTE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS 2.2. DIE KERK SOOS BAPTISTE DIT SIEN 2.3. DIE INSTELLINGS Die Doop van die Gelowige Die Nagmaal 2.4. DIE PRIESTERSKAP VAN ALLE GELOWIGES 2.5. DIE GODSDIENSVRYHEID VAN ELKE GELOWIGE EN DIE SKEIDING VAN KERK EN STAAT 3. SLOT 4. BIBLIOGRAFIE 2 P a g e

1. INLEIDING Die titel 'Baptis' gee vir baie die idee dat Baptiste 'n ongesonde klem plaas op die onderdompelingdoop, of die 'doop van die gelowige' soos dit genoem word. Die afleiding wat mense dan maak is dat elkeen wat onderdompel is, 'n Baptis is. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Dit sal vir baie verbasend wees om te weet dat histories, die Baptiste nie vir hulleself die titel 'Baptis' gegee het nie. Die Baptiste pioniers het hulself eintlik die Here se vry mense genoem, 'n naam wat die hart en gesindheid van Baptiste regdeur die eeue baie goed beskryf. Hierdie Baptiste pioniers was manne en vroue wat in die sewentiende eeu na Christus, weens Bybelse geloofsoortuigings, weggebreek het van die staatskerk af om vir Jesus Christus te dien deur gehoorsaamheid aan Sy Woord. Hulle het saamgekom in Gainsborough, Engeland. Die titel 'Baptis' was aan hulle gegee deur diegene wat hulle teëgestaan het. Hierdie manne en vroue het nie weggebreek oor hulle verskil met die besprinkeling-doop van babatjies nie, maar oor die feit dat die staatskerk weg beweeg het van die sentraliteit van Christus in Sy kerk. Die beginsels op grond waarvan hul weggebreek het van die onbybelse staatskerk van die tyd was die volgende: Die direkte heerskappy van Jesus Christus oor elke gelowige in Sy Kerk; Die algenoegsaamheid van die heilige Skrif vir alle sake aangaande geloof en lewe; Die Kerk van Jesus Christus bestaan uit weergebore individue; Die plaaslike kerk van Jesus Christus funksioneer selfstandig (outonomies); Die godsdiensvryheid van elke gelowige; Die priesterskap van alle gelowiges; Die skeiding van die kerk en die staat; Die ordinansies as slegs simbole van geestelike werklikhede in die weergeborene se lewe; Die groot opdrag van Jesus Christus om dissipels van alle nasies te maak. Die voorgangers van die Baptiste was vreeslik vervolg vir bogenoemde beginsels. John Bunyan, 'n baptiste leraar, was vir twaalf jaar lank soos 'n krimineel in 'n tronk in Engeland gegooi. Dit was omdat hy geglo het dat die priesterskap van alle gelowiges enigeen die reg gee om die Bybel te preek, en nie net aan die priesters van die staatskerk van sy tyd nie. Die Baptiste beginsels is nie deur Baptiste uitgedink nie, dit is als Bybelse beginsels waarvoor die Baptiste staan. Dit is die begeerte van die skrywer om 'n inleidende studie aan te bied oor vyf van die mees kern Baptiste beginsels en die Skriftuurlikheid daarvan duidelik te toon. Lees hierdie boekie biddend deur met 'n oop Bybel en oop gemoed voor die Here Jesus. 2. BAPTISTE BEGINSELS 2.1. DIE DIREKTE HEERSKAPPY VAN JESUS CHRISTUS Tydens die sewentiende eeu na Christus, toe die Baptiste pioniers weggebreek het van die staatskerk af, was beide kerk en staat deur die koning regeer. Die koning was gesien as die hoof wat, as God se verteenwoordiger, namens Hom outoritêre gesag uitgeoefen het in kerklike en geestelike sake; asook die sekulêre sake van die staat. Hy het dus die rol van middelaar tussen Jesus Christus en Sy kerk op aarde ingeneem. Die twee manne wat hoofsaaklik die Baptiste voorgangers gelei het in hul wegbreek van die 'Church of England' was John Smyth, 'n priester vanuit die staatskerk, en Thomas Helwys. Soos hulle die Skrifte ondersoek het, het hul ontdek dat daar geen middelaar tussen Jesus Christus en Sy kerk op aarde mag wees nie. Die Woord van God sê: Want daar is een God en een Middelaar 3 P a g e

tussen God en die mense, die mens Christus Jesus... (1Tim.2:5). Maak nie saak of dit 'n koning of 'n outoritêre kerkstruktuur is nie, daar is slegs een Middelaar tussen God en elke gelowige, en dit is die God-mens Jesus Christus self. Hy alleen het direkte heerskappy oor elke gelowige in Sy kerk. Hierdie manne het ook ontdek dat Jesus die kerk:...my gemeente... (Matt.16:18) noem. Paulus laat ook geen ruimte vir misverstand wanneer hy dit duidelik stel: En Hy [Jesus] is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente... (Kol.1:18); En Hy [God] het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom [Jesus] as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Eff.1:22-23); Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook die Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. (Eff.5:23). Paulus stel dit duidelik dat daar slegs... een liggaam en een Here... (Eff.4:4-5) is. Ons glo dat Hy [Jesus] die Hoof van die gemeente is... Die gemeente bestaan uit Hom en vir Hom. Hy moet deur die gemeente geëer, gehoorsaam en verheerlik word, want Hy is Hoof en Heer. (Odendaal, 2002:8). Vir die vroeë Baptiste was die idee dat die koning van Engeland, of enige mens, die rol as hoof van Jesus Christus se kerk op aarde inneem baie verkeerd. Hulle het vas geglo dat mense vry behoort te wees om die wil van die Here Jesus Christus, soos geopenbaar in Sy Woord, persoonlik te kan doen. Die Woord sê:... waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. (2Kor.3:17). Dus het hierdie vroeë Baptiste pioniers met mekaar 'n verbond gesluit om die direkte heerskappy van Jesus Christus te volg. Hierdie verbond het hulle soos volg verwoord: As die Here se vry mense, om in Sy weë te wandel, bekend gemaak of soos dit bekend gemaak word aan hulle, wat ook al dit hulle mag kos, met die Here se hulp. Daarom is die eerste en hoeksteen -beginsel van Baptiste die direkte heerskappy van Jesus Christus oor elke gelowige in Sy Kerk. Gelowiges is Jesus se mense, nie die staat, 'n mens, of enige kerkdenominasie s n nie. Die kern karaktereienskap van Baptiste is nie die onderdompeling doop van die gelowige nie, maar die verhouding van Jesus Christus tot Sy kerk. Om die waarheid te sê, Baptiste plaas glad nie soveel klem op die doop soos ander denominasies nie. Hulle plaas die doop op 'n baie laer vlak as die direkte heerskappy van Jesus oor elke gelowige in Sy kerk. Jesus Christus het nie Sy heerskappy en rol as Hoof van Sy kerk aan enigeen gedeligeer nie, veral nie aan die pous nie. Hy lewe en is ten volle in staat om Sy skape as Herder te lei. Hy is die enigste Herder na wie se stem Sy ware skape sal luister en vir wie Sy ware skape sal volg (Joh.10: 1-16). Jesus se woorde:... en dit sal wees een kudde, een herder... (Joh.10:16) toon dat daar nie so iets soos 'n onderherder ('n middelaar tussen Jesus en elke gelowige in Sy Kerk) bestaan nie. Jesus Christus is die enigste Herder oor Sy kudde, die individuele gelowiges, wat die plaaslike kerk uitmaak. Enige struktuur of sisteem wat 'n outoriteit tussen Jesus Christus en Sy kerk plaas, maak nie saak wat daardie outoriteit is nie, verwerp die Bybelse beginsel van Jesus Christus se direkte heerskappy oor elke gelowige in Sy kerk. Die hartsbegeerte van Baptiste is om die Here Jesus Christus alleen heelhartig te volg, en Hom toe te eien as Verlosser en Hoof oor hulle kerke en persoonlike lewens. Dus, om 'n Baptis te wees, beteken: om aan Jesus Christus te behoort, weergebore deur bekering en geloof in Sy Naam; om die knie voor Jesus Christus te buig as alleenheerser oor elke area van my persoonlike lewe; en om Sy geopenbaarde wil in die Bybel persoonlik te soek en te gehoorsaam. Dit is belangrik dat kerke hierdie doktrine leer en die implikasies van hierdie beginsel duidelik maak aan gelowiges. Die Here sê aan Sy uitverkorenes: Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. (Ex.20:3). Jesus self het gesê: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. (Luk.9:23). Volgers van Jesus Christus word daagliks uitgedaag met die konflik tussen die heerskappy van Jesus Christus en ander dinge of mense wat daardie heerskappy wil oorneem. Wanneer ook al 'n weergeborene homself in so 'n situasie bevind, 4 P a g e

behoort hy die heerskappy van enigiets anders oor sy lewe te verwerp om vas te hou aan die absolute heerskappy van Jesus Christus oor sy lewe. Om... die Here God te heilig in julle harte... (1Pet.3:15) is 'n fundamentele keuse van toewyding wat elke Christen in die hart moet maak, in gehoorsaamheid aan God se Woord. Die waarskuwing in die boek van Openbaring dui aan dat Jesus Christus die eerste liefde, met ander woorde die eerste prioriteit liefde, van elke wedergeborene behoort te wees. Aan Jesus moet sy totale lojaliteit behoort (Openb.2:4-5). Elke ander liefde, of dit 'n huweliksmaat, familielid, vriend/in, kerk, stokperdjie, werk of sport is, of wat ook al ander liefde in die hart mag wees, moet 'n verre tweede plek inneem in die weergeborene se hart. Die verbond wat die vroeë pionier-baptiste met mekaar gesluit het beskryf steeds Baptiste vandag. Baptiste is weergeborenes wat daarna streef om, as die Here Jesus Christus se vry mense, in Sy wil en weë te wandel, soos Hy dit self aan hulle openbaar in Sy Woord en deur Sy inwonende Heilige Gees, wat ook al dit hulle mag kos, met die hulp en instaatstelling van die Here. Once and for all, let us begin to be His entirely. May we banish from our hearts and souls all that does not reflect Jesus. Let's ask Him for the grace to do this, so that He alone might rule in our hearts. (Lawrence, 1982:56). 5 P a g e 2.2. DIE KERK SOOS BAPTISTE DIT SIEN Die Here Jesus het geleer: Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. (Matt.18:20), en ook:...kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. (Matt.28:20). Volgens Jesus Christus se lering is Hy teenwoordig om Sy kerk op 'n direkte en persoonlike manier te lei. Hy is ook die Een wat Sy kerk in sowereiniteit bou:...ek sal my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. (Matt.16:18). Baptiste glo in een universele Kerk van Jesus Christus (Eff.1:22-23; Kol.1:18; 1Kor.12:13) - 'n onsigbare liggaam bekend aan die Here alleen, bestaande uit alle ware wedergeborenes van alle plekke en tye. Hierdie onsigbare universele liggaam / Kerk manifesteer in talle sigbare selfstandige (outonomiese) plaaslike kerke op aarde. Ons sien dit in die feit dat die Here verskillende selfstandige plaaslike kerke in Asië persoonlik toespreek in die boek van Openbaring, en nie 'n gesag of struktuur wat oor al die kerke heers nie (Openb.1:4-3:22). God se Woord erken die selfstandige plaaslike kerk, en nie 'n magtige, eenvormige, politiese wêreldkerk soos die 'World Council of Churches' nie. Baptiste het in die verlede hulself ook nie deel gemaak van sulke organisasies nie, juis om die Bybelse en selfstandige karakter van Jesus Christus se kerk te beskerm teen 'n oorheersende outoritêre liggaam. Omdat Baptiste oortuig is van die Bybelse beginsel dat die plaaslike kerk selfstandig moet funksioneer, glo hul dat geen eksterne entiteit aan die plaaslike kerk mag dikteer hoe dit behoort te funksioneer nie. Die outoriteit van die plaaslike kerk is finaal in verband met sy eie interne sake. (Rampfumedzi, 2013:23 Vertaal vanuit Engels). Hierdie selfstandige funksie van die plaaslike kerk sien ons in God se Woord, in: Die kies van ampsdraers in die plaaslike kerk (Hand.6:1-6); Die beoordeling van die lede van die plaaslike kerk (Matt.18:15-18); Die deelname en bewaring van die instellings in die plaaslike kerk (Hand.2:42-47; 1Kor.11:23-26); Die beslissing oor interne sake in die plaaslike kerk (1Kor.6:1-5); Die uitstuur van sendelinge vanuit die plaaslike kerk (Hand.13:2-3; 14:27); Die ekskommunikasie van ongelowiges uit die plaaslike kerk (1Kor.5:2,13). Omdat die universele Kerk van Jesus Christus net uit wedergeborenes bestaan, glo Baptiste ook dat...elke [plaaslike] kerk moet bestaan uit 'n weergebore lidmaatskap, hulle wat bewys lewer van geloof in Jesus Christus. (Moore, 2003:296 Vertaal vanuit Engels). Dit is absoluut

noodsaaklik dat hierdie ideaal nagestreef word vir die plaaslike kerk om Bybels te funksioneer. Dit is waarom kerk dissiplinebelangrik is (Matt.18:15-17): om ongelowiges, wat deur volharding in onbekeerde sonde toon dat hulle nie weergebore is nie, van die ledelys van die plaaslike kerk af te verwyder. Dit klink hard en koud, maar is eintlik die liefdevolle ding om te doen ter beskerming van Jesus Christus se eer, Sy kerk en die waarheid van Sy Woord. Baptiste het unies en assosiasies waaraan plaaslike Baptiste kerke behoort, maar hierdie unies en assosiasies dien slegs die plaaslike kerk en oorheers dit nie. Byvoorbeeld, in Suid-Afrika kan net 'n selfstandige plaaslike kerk deel word van die Baptiste Unie, sodat geen outoritêre gesagstruktuur of liggaam, nie eens die Baptiste unie waaraan die plaaslike kerk behoort, tussen Jesus Christus en Sy plaaslike kerk staan nie. Die Afrikaanse Baptiste Kerke van Suid-Afrika is 'n voorbeeld van 'n God ingestelde assosiasie waaraan verskeie eendersdenkende en selfstandige Baptiste kerke behoort. Hierdie unies / assosiasies skep 'n basis vir eendersdenkende plaaslike Baptiste kerke om saam te bid en werk tot voordeel van God se koninkryk op aarde. Baptiste glo ook in die interafhanklikheid van eendersdenkende plaaslike kerke. Die plaaslike kerk, alhoewel dit selfstandig is, funksioneer nie in isolasie van ander eendersdenkende plaaslike kerke nie. Baptiste kerke werk, dien en bid saam tot voordeel van die koninkryk van God. Dit is slegs wanneer die plaaslike kerk in trotsheid sy oë van Jesus Christus afhaal dat dit nie meer die waarde insien om saam met ander eendersdenkende plaaslike kerke te werk nie. Baptiste glo, soos die Woord leer, dat Jesus aan elke gelowige in die plaaslike kerk 'n unieke en spesiale gawe/s gegee het, primêr om die plaaslike kerk te bedien. Hierdie gawes is 'n aanlegging, begaafdheid of talent wat deur die Heilige Gees bekragtig word om tot geestelike of temporale voordeel vir ander gelowiges te wees (Rom.12:6-8; 1Pet.4:10-11; 1Kor.12:4-11; 14:12). Gelowiges moet die ruimte en vryheid in die plaaslike kerk gegun word om hul gawes op 'n ordelike manier te beoefen tot seën en opbou van elke individu in die kerk. Jesus het ook aan die plaaslike kerk gawes gegee in die vorm van ampte; leiers wat die kerk bedien met die doel om elke gelowige geestelik toe te rus vir die werk van die bediening sodat die hele liggaam saam kan groei tot volwassenheid in die Here Jesus Christus (Eff.4:11-16). In verband met die praktiese leiding van Jesus Christus se plaaslike kerk glo Baptiste dat 'n pluraliteit van ouderlinge die kerk lei deur hul goddelike voorbeeld (1Pet.5:1-3; Fil.1:1; Tit.1:5-9; 1Tim.3:1-7), en dat ouderlinge sowel as die gemeente gemeenskaplik deelneem aan besluitneming in die plaaslike kerk deur te stem. Hierdie staan bekend as die gemeenskaplike vorm van kerkregering. Geen een lid van die liggaam van Jesus se stem tel meer as 'n ander s n nie, nie eens die ouderlinge of die leraar s n nie. Op so 'n manier maak God Sy wil bekend deur die kerk. Reg deur die Woord van God sien ons dat die hele plaaslike kerk in alle belangrike sake gesamentlik verantwoordelik was om besluite te neem: Die apostels onderwerp hulleself en gee aan die hele plaaslike kerk in Jerusalem die verantwoordelikheid om ampsdraers te kies (Hand.6:1-6); wanneer wettiese manne vanuit Jerusalem 'n valse evangelie in die kerke van Galasië versprei, skryf Paulus nie aan die leiers nie, maar aan die plaaslike kerke gesamentlik om die waarheid van die evangelie en van God se Woord te bewaar (Gal.1:1-2, 6-9,5:1-4, 10); in die geval van kerkdissipline is die hele plaaslike kerk die finale gesag wat die uitkoms beoordeel (Matt.18:15-17); met die herinstelling van 'n bekeerling tot die plaaslike kerk is die hele plaaslike kerk betrokke (2Kor.2:6-8); wanneer die Korintiërs die nagmaal misbruik tot oneer van Christus, en nadeel van hulleself, skryf Paulus aan die hele plaaslike kerk om tot bekering te kom en die waardige gebruik van die nagmaal te herstel (1Kor.11:18-34); aangaande interne sake plaas Paulus die verantwoordelikheid op die plaaslike kerk om te beslis (1Kor.6:1-4); sendelinge word deur die hele plaaslike kerk uitgestuur (Hand.13:1-3; 14:27); wanneer 'n persoon/e hulleself verhard in onbekeerde sonde, word die hele plaaslike kerk geroep om die persoon/e te ekskommunikeer onder die geestelike beskerming van die kerk uit (1Kor.5:1-2, 13). 6 P a g e

7 P a g e What court has the final word? It is not a bishop, a pope, or a presbytery; it is not an assembly, a synod, a convention, or a conference. It is not even a pastor or a board of elders, a board of deacons or a church committee. It is, quite simply, the church that is, the assembly of those individual believers who are the church. (Dever, 2004:221). Baptiste verwerp die idee van 'n gesagstruktuur of rangorde wat onafhanklik van die res van die gemeente besluite neem in die plaaslike kerk. Maar alhoewel elke praktiese saak voor die kerk gebring word om oor te stem, het die pluraliteit van ouderlinge die verantwoordelikheid om elke saak vooraf te oorweeg in die lig van God se Woord as geestelike opsieners aangestel deur God (Hand.20:28). Na hierdie oorweging van besluite in die lig van God se Woord moet die ouderlinge dan Bybelse voorstelle aan die kerk voorlê waaroor gesamentlik gestem moet word. Omdat die ouderlinge die God-gegewe leiers van die plaaslike kerk is, aangestel deur die Heilige Gees, moet die kerk hulself gewilliglik laat lei deur die ouderlinge (Heb.13:17) mits die ouderlinge se leiding Bybels is en aan Bybelse voorskrifte voldoen. Hierdie is die plaaslike kerk se God-gegewe verantwoordelikheid of rol, sodat die ouderlinge die plaaslike kerk met vreugde kan lei. Dus, in praktiese kerklike sake is die Bybelse beginsel wat deur die plaaslike kerk nagestreef moet word: liefdevolle, nederige ouderling leierskap en liefdevolle, nederige gemeentelike deelname. Hierdie beginsel, soos deur die Here ingestel in Sy Woord, bied aan gelowiges met bedrieglike harte 'n veilige vorm van aanspreeklikheid teenoor mekaar voor die Here. Om bogenoemde in Bybelse terme te stel: Baptiste glo nie dat Jesus Christus die plaaslike kerk lei deur net 'n 'voet' of 'n 'oor' alleen nie. Volgens Paulus se verduideliking aangaande die gesonde funksionering van die plaaslike kerk as die liggaam van Christus, in 1 Korintiërs 12:14-27, lei Jesus elke gelowige in Sy plaaslike Kerk deur Sy inwonende Heilige Gees. Dus speel elke gelowige in die plaaslike kerk (selfs diegene wat minder eerbaar lyk ) 'n belangrik rol in Jesus se gemeenskaplike leiding van die hele plaaslike kerk. Hierom is die gemeenskaplike vorm van kerkregering die enigste ware Bybelse model. Die Bybelse data stel 'n gemeenskaplike vorm van kerkregering voor met plaaslike outonomie en 'n basiese demokrasie. (Saucy, 1972:118 Vertaal vanuit Engels). Aangaande die gesindheid waarmee die pluraliteit van ouderlinge Jesus se plaaslike kerk lei het Jesus Christus ook duidelike bevele gegee, en dit is aan hierdie bevele wat Baptiste hulleself onderwerp. Die Here Jesus Christus het geleer: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien... (Matt.20:25-28). En:...laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders... Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. (Matt.23:8-12). Jesus Christus het dit baie duidelik gemaak deur Sy lering dat outoritêre dominering aan die hand van ampsdraers in die plaaslike kerk en die leiding van die plaaslike kerk nie bymekaar pas nie. Die outoritêre afdwing van gesag is hoe die wêreld funksioneer, nie die kerk van Jesus Christus nie. As gevolg van die resultate van outoritêre dominering word Jesus Christus se Naam 'n oneer aangedoen, die doktrines van die evangelie word minag en baie mense word diep seergemaak in die proses. (Martin, 2010:163 Vertaal vanuit Engels). '' Ja, het Jesus gesê, dit is reg: ons noem hulle (diegene in posisies van outoriteit) weldoeners. Dit ['n rangorde van outoriteit] is goed vir meeste dinge. Maar, het Hy voortgegaan om te sê, dit sal nie so wees tussen julle nie. My kerk sal nie gekenmerk word deur die idee van gedeligeerde outoriteit en krag nie, maar die idee van liefdevolle, nederige diens. Aangesien Ek altyd teenwoordig is, is daar geen behoefte aan 'n rangorde van gesag nie. Ek, die Generaal, die bestuurende Direkteur, die hoof Leraar, is

teenwoordig in elke groep wat opreg my wil soek en dit doen. Ek sal persoonlik leiding gee. '' (Parnell, 1980:25 Vertaal vanuit Engels) Elke gelowige in die kerk van Jesus Christus behoort aan Jesus alleen, nie aan die leierskap van die plaaslike kerk nie, en daarom kan Paulus aan die Romeine skryf dat elke gelowige staan of val ten opsigte van sy eie Here (Rom.14:2-4, 10-12). Die kudde is...die kudde van God... (1Pet.5:2). Die leiers is voorbeelde en nie dominerende heersers nie (1Pet.5:3). Die leiers van Jesus Christus se kerk vervul hul God-gegewe rol as manne wat ook onder die direkte heerskappy van Jesus en die gesag van God se Woord staan, en is dus nie vry om te domineer en te dikteer oor 'God se vry mense' soos hul goeddink nie. Die voorreg en verantwoordelikheid om Jesus Christus se kerk te lei is 'n mandaat wat aan hul verleen word deur God se Woord. Hulle is dus verplig om die plaaslike kerk te lei volgens die voorskrifte van God se Woord. Wanneer hulle egter die grense van God se Woord oorskry ten opsigte van hulle leiding, verbeur hul ook die voorreg en verantwoordelikheid om Jesus se kerk te mag lei. Dus, in praktiese sake wat nie sonde insluit nie, weens hul God-gegewe rol, kan die geestelike leiers leiding gee en aanbevelings maak, maar aan niemand dikteer hoe hy/sy God moet volg nie. Jesus het hierdie beginsel van liefdevolle, nederige en dienende leiding in die plaaslike kerk prakties geïllustreer in die bo-vertrek toe Hy die dissipels se voete gewas het. Sy woorde aan Sy toekomstige leiers was: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie grooter as sy heer nie, en 'n gesant is nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen. (Joh.13:12-17). Hulle wat die kerk lei moet dienende leiers wees... voorbeelde aan wie die gemeente hulleself gewilliglik sal onderwerp. (Merkle, 2009:36 Vertaal vanuit Engels) Saam met die pluraliteit van ouderlinge maak die Woord van God dit ook duidelik dat daar 'n pluraliteit van diakens in die plaaslike kerk dien (1Tim.3:8-13; Fil.1:1; Hand.6:1-6), en dat hulle taak spesifiek diens in praktiese sake is. 8 P a g e 2.3. DIE INSTELLINGS Christus het tydens Sy aardse bediening twee ordinansies ingestel vir Sy kerk op aarde, naamlik die doop en die nagmaal. Hierdie instellings dien as sigbare simbole wat getuig van geestelike werklikhede in die wedergeborene se lewe. Baptiste streef daarna om hierdie instellings in gehoorsaamheid na te volg. Die Doop van die Gelowige: Die Baptiste glo dat die doop van elke gelowige 'n onmiskenbare instelling van die Here Jesus in die Nuwe Testament is. Jesus sê: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het. (Matt.28:19). Die boodskap van die apostels weergalm hierdie selfde opdrag: En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (Hand.2:38). Die plaaslike kerke van die Nuwe Testament was gemeentes wat bestaan het uit gedoopte gelowiges. Ons lei dit af in Paulus se briewe aan die kerke van Rome en Kolosse: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? (Rom.6:3)....omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop... (Kol.2:12). Wanneer Paulus in sy sendbriewe praat van die

wonderlike geestelike waarhede waarvan die doop 'n uiterlike simbool is, neem hy aan dat sy lesers gedoopte gelowiges is. Jesus het egter nie net vir ons 'n opdrag gegee nie, maar ook 'n voorbeeld nagelaat wat ons as Sy kerk moet navolg. Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het. (Matt.3:13-17). Doop is 'n integrale deel van die evangelie van Jesus Christus en kan nie deur kerke verander, weggelaat of geïgnoreer word nie! Die Here Jesus het dit gemagtig deur die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het. (Albertse, 1988:13). Aangaande die metode van die doop glo Baptiste dat die Skriftuurlike model onderdompeling is. Alle geleerde teoloë wat hul sout werd is sal erken dat die Griekse woord baptizo, vertaal as doop in ons vertalings van die Bybel, die betekenis van onderdompeling dra. 'To dip or to immerse'. Behalwe vir die betekenis van die Heilige Gees-geïnspireerde woord, kan ons ook vanuit die Bybelse gebruik aflei dat die metode onderdompeling was. Die Woord van God sê dat Johannes vir Jesus in die Jordaanrivier gedoop het, waar hy vir Jesus onder die water kon dompel, en:...nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim... (Matt.13:16). Indien besprinkeling die Bybelse gebruik aangaande die doop was, sou dit totaal onnodig gewees het vir Johannes om juis in 'n rivier te doop en vir Jesus om in die water af te klim. Die volgende Heilige Gees-geïnspireerde Skrifgedeelte toon ook baie duidelik die Bybelse metode van die doop: En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my omgedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. (Hand.8:36-39). Op grond van die Woord van God raak ons, sover as wat die wyse waarop die doop bedien moet word, tot die volgende logiese, voor die hand liggende, onbetwisbare gevolgtrekking: die persoon wat gedoop moet word, moet in die water afklim, eenmaal onder die water gedruk word en dan weer uit die water opklim. (Odendaal, 1981:23) Een van die belangrikste redes waarom Baptiste glo dat die metode van die doop onderdompeling is, is as gevolg van die geestelike waarhede wat die doop simboliseer. Baptiste glo dat die gelowige deur wedergeboorte verenig is met Jesus Christus in Sy dood, begrafnis en opstanding. Deur sy vereniging met Jesus se dood en begrafnis is die ou slaaf van sonde tot niet gemaak, en deur sy vereniging met Jesus se opstanding is hy/sy geestelik lewend gemaak om die Here Jesus te dien as 'n nuwe skepsel. Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding... (Rom.6:3-5; cf. Kol.2:12). Die doop van die gelowige simboliseer ook die Heilige Gees se plasing van die gelowige in die onsigbare universele Kerk van Jesus Christus deur wedergeboorte. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. (1Kor.12:13). Die doop simboliseer dus die opstanding van die gelowige saam met die Here Jesus uit die dood, en die plasing van die gelowige in die universele Kerk van Christus. As sulks is die metode van onderdompeling die mees geskikte metode om hierdie geestelike werklikhede te simboliseer. 9 P a g e

Baptiste glo dat die doop op sigself geen geestelike waarde inhou nie en dus slegs 'n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here is. Die doop kan nie red nie, dit maak nie die individu 'n nuwe skepsel nie, dit sal nie die gelowige se liggaam opwek op die laaste dag nie en dit plaas ook nie die gelowige in die universele Kerk van Jesus Christus nie. Die onderdompeling doop is slegs 'n publieke getuienisaflegging van die geestelike waarhede wat reeds waar is van die gelowige deur bekering en geloof in die evangelie van Jesus Christus. Baptiste glo dat slegs gelowiges gedoop mag word volgens die Woord van God (Matt.28:19). Menende, slegs individue wat 'n openbare belydenis van hul geloof in Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Here kan gee; wat 'n getuienis van bekering kan gee; en wat 'n basiese verstaan van die betekenis van die doop het. Op die vraag, hoe oud moet 'n kind wees om gedoop te kan word?, is die Bybelse antwoord: sodra hy / sy oud genoeg is om aan die bogenoemde drie vereistes te voldoen. Vir Baptiste is die argument oor die doop nie tussen 'groot doop' teenoor 'klein doop' nie; maar eerder tussen 'die doop van gelowiges' teenoor 'die doop van ongelowiges'. Diegene wie werklik bekering tot God, en geloof in, en gehoorsaamheid aan onse Here Jesus Christus, bely, is die enigste geldige kandidate vir hierdie verordening. (Dit Waarin Ons Verseker Glo: 52) Omdat die Baptiste glo in die priesterskap van alle gelowiges, sien hulle geen rede waarom die doop slegs deur 'n geordineerde leraar bedien mag word nie. Alhoewel hy dit gewoonlik bedien as die een wat geestelik omsien na die Here se kudde, is elke gelowige bevoegd om te doop. Die Nagmaal: Die Baptiste glo dat die nagmaal 'n onmiskenbare instelling van die Here Jesus in die Nuwe Testament is. God se Woord sê: En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. (Matt.26:26-29; cf. Mk.14:22-25; Luk.22:19-20; 1Kor.11:23-29). Die apostel Paulus skryf dat:...so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. (1Kor.11:26). Deur die gereelde gebruik van die nagmaal op 'n eenvoudige en waardige manier, en in gehoorsaamheid aan God se Woord, streef die Baptiste om elke gelowige te herhinner aan die versoeningsdood van Jesus Christus namens hulle, asook die onverdiende voordeel wat hulle deur Sy genade daaruit ontvang. Daarom is die nagmaal 'n fees van dankbaarheid. Die Woord van God toon dat, sover die elemente aangaan, die brood Christus se fisiese liggaam simboliseer. Sy liggaam is gebreek vir elke gelowige om die toorn van God oor hul sonde te verwyder (Rom.3:25-26; 5:1; 8:1; 1Joh.2:1-2), asook om die die straf wat hul sonde verdien namens hulle te betaal (Jes.53:5-6,12; 2Kor.5:18-21). Die wyn simboliseer die bloed van die Here Jesus wat aan die kruis gevloei het. Sy kosbare bloed reinig elke gelowige van hul sondes (Jes.1:18; Eff.1:7; Kol.2:13-14; 1Joh.1:7,9), asook hul gewetens van alle skuld voor God (Heb.9:14; 10:17-18, 22-23; Jes.6:7; 53:11). Baptiste glo dus dat die nagmaal die versoeningsdood van die Here Jesus Christus namens al Sy uitverkorenes simboliseer. Jesus se dood aan die kruis bly altyd die sentrale gedagte van die nagmaal. Die deelname van die gelowige aan die nagmaal simboliseer sy persoonlike toe-eiening van die voordele van Jesus se kruisdood vir homself, want deur die gebruik van die elemente vereenselwig hy homself met die dood van Jesus Christus (1Kor.10:16). Deur deelname aan die nagmaal toon die gelowige sy daaglikse afhanklikheid van: Jesus se voortdurende geestelike voeding, Jesus se voortdurende heiligmaking en Jesus se voortdurende vergifnis en reiniging in sy 10 P a g e

lewe (Joh.6:51-58; 15:5). Hy toon ook sy eenheid met ander gelowiges in die plaaslike kerk van Jesus Christus (1Kor.10:16-17), asook sy geloof in die koms van die koninkryk van God (1Kor.11:26). Baptiste glo dat die nagmaal op sigself geen geestelike waarde inhou nie en dus slegs 'n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here is. Die nagmaal verwyder nie die toorn van God oor sonde nie, dit neem nie die straf van sonde weg nie, dit reinig nie die gelowige van sondes nie en dit neem ook nie die skuld van sondes weg nie. Die nagmaal is slegs 'n simbool, 'n publieke herinnering van die geestelike voorregte wat Jesus Christus vir elke gelowige deur Sy kruisdood verdien het. Hierdie voordele word alleenlik elke gelowige se deel deur bekering en geloof in die evangelie van Jesus Christus. En baie belangrik: die elemente word nie die fisiese liggaam en bloed van die Here Jesus nie, dit bly slegs simbole wat diep geestelike werklikhede voorstel. Baptiste glo dat die nagmaal in die Nuwe Testament het 'n plaasvervanger geword het vir die Ou Testamentiese paasfees, en dat die brood en die wyn van die nagmaal dus die lam van die paasfees vervang omdat Jesus Christus vir ons die volmaakte Paaslam geword het (1Kor.5:7). In die Ou Testament het individuele huishoudings die paasfees gevier, behalwe waar huishoudings te klein was kon bure, vriende en familie die paasfees saam vier. Net so ook word die nagmaal in die verskillende plaaslike kerke, as intieme huishoudings van Jesus Christus, gevier. Hierdie intieme karakter van die nagmaal word gesien in die feit dat Jesus nie die nagmaal ingestel het by 'n algemene vergadering van gelowiges nie, maar voor Sy dissipels (Matt.26:26-29). Wanneer ons weer van die nagmaal lees, na Jesus se instelling daarvan, word dit gevier deur huishoudings wat 'n intieme Christelike kennis en gemeenskap gedeel het (Hand.2:46; 20:7-11). Aangesien die nagmaal die 'tafel van die Here' is, mag geen beperkings daarop geplaas word nie, behalwe die beperkings wat die Woord van God self daarop plaas. Omdat die nagmaal deur die Here Jesus ingestel is vir Sy kerk, bestaande uit weergebore individue, glo Baptiste dat die nagmaal slegs deur weergeborenes gebruik mag word. Dit is die Skriftuurlike oortuiging van die skrywer dat enige weergeborene welkom is by die plaaslike kerk se nagmaalviering, en nie net lede van daardie plaaslike kerk nie. Soos Chris Parnell sê: Ons kerke sal aankondig: 'Die Here Jesus Christus nooi elkeen uit wat Hom ken as persoonlike Saligmaker en wie in Sy weë wandel om na Sy [nagmaal] tafel te kom.' Elkeen is welkom sonder ondervraging. (Parnell, 1980:66 Vertaal vanuit Engels). Soos wat die verskillende huishoudings in die Ou Testament soms die paasfees saam gevier het, is dit ook goed dat verskillende huishoudings (plaaslike kerke) in die Nuwe Testament die nagmaal saam vier. Dit bly die 'tafel van die Here', ingestel vir al Sy dissipels, en nie die 'tafel van die plaaslike kerk' nie. Die Skrif maak dit duidelik dat, alhoewel die plaaslike kerk voorsiening moet maak vir die waardige gebruik van die nagmaal deur elke gelowige, die onus op die individue rus om hul eie harte voor die Here te ondersoek en so die nagmaal op 'n waardige manier te gebruik. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. (1Kor.11:27-29). Die ondervraging, deur leraars en ouderlinge, van belydende gelowiges wat die plaaslike kerk besoek word nie in die Bybel beveel nie. Inteendeel, die Woord van God plaas die verantwoordelikheid van ondersoek op elke individu. Dit is wel die plaaslike kerk se verantwoordelikheid om elke deelnemer te waarsku teen die ernstige gevolge wanneer die nagmaal op 'n onwaardige manier, met ander woorde, sonder inagneming van die hele plaaslike kerk, gebruik word (1Kor.11:26-34). Omdat die Baptiste glo in die priesterskap van alle gelowiges, sien hulle geen rede waarom dit slegs deur 'n geordineerde leraar bedien mag word nie. Alhoewel hy dit bedien as die een wat leiding neem in die aanbiddingsdiens, is elke gelowige bevoegd om die nagmaal te bedien. 11 P a g e

2.4. DIE PRIESTERSKAP VAN ALLE GELOWIGES Die Woord van God plaas die klem op die individu. Daarom plaas Baptiste die klem op elke individuele gelowige in die plaaslike kerk, en nie op die plaaslike kerk self nie. Die Bybelse beginsel, benoem deur Baptiste as die ''priesterskap van alle gelowiges'', verwys dus na die verantwoordelikheid en vryheid van elke individuele gelowige voor God, menende dat elke gelowige direk en persoonlik aanspreeklik vir homself is voor God, en aan geen mens of menslike instansie nie. Hy is 'n priester voor God. In die Ou Testament het God priesters vir Sy volk aangestel om as tussengangers op te tree. Hulle het ingetree vir die volk by God deur middel van offergawes totdat Jesus Christus, die Messias, sou kom. Jesus se koms as elke gelowige se volmaakte Hoëpriester het die seremoniële wette van Moses, en dus ook die rol van die priester wat dit bedien het, vir ewig vervang (Heb.7:17-8:6; 9:1-15). Daarom, in die Nuwe Testamentiese tyd waarin ons leef, is daar nie meer 'n menslike priester tussen die gelowige en God nie. Jesus is die Middelaar waardeur elke gelowige nou as priester direkte en vrye toegang tot God het. Terwyl ons dan n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Heb.4: 14-16). Elke Nuwe Testamentiese gelowige is dus 'n priester voor God (1Pet.2:9), met Jesus Christus self as die volmaakte Hoëpriester. Dit beteken dat elke gelowige se hoogste en mees edele taak, waarvoor hy deur God geroep is, is om persoonlik voor God 'priesterlike' diens te doen: deur aanbidding (Eff.5:19-21), deur 'n heilige lewe te leef (Eff.1:4-6; Rom.6:11-13; 12:1; 1Thes.4:3), deur Woordverkondiging (Hand.4:31; 8:4), en deur die beoefening van sy God-gegewe gawes tot opbouïng van ander gelowiges in die plaaslike kerk (1Kor.12:4-11;14:12; Rom.12:4-8). Al hierdie dinge is geestelike offers wat die gelowige alleenlik aan God kan bring deur die genade van die Here Jesus Christus en die instaatstelling van die inwonende Heilige Gees....en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot n geestelike huis, n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1Pet.2:5). Dit raak elke gelowige se voorreg om God daagliks te verheerlik as priester wat voortdurend in die teenwoordigheid van God dien. Dit is baie hartseer dat soveel kerke hierdie Bybelse beginsel minag en, tot die nadeel van kerk en gelowige, die leraar verhef tot hoëpriester ('onderherder') om die tussenganger te wees tussen God en die individu. In so 'n geval steel die leraar die plek wat net God mag besit in elke gelowige se lewe, en die gelowige word in 'n gemaksugtige posisie geplaas waar hy / sy nie meer verantwoordelikheid neem vir hul eie lewe voor God nie. Hierdie is 'n tendens wat ons in baie tradisionele kerke aantref. Die Bybelse beginsel van die priesterskap van alle gelowiges word ook aan bande gelê wanneer die leraar en ouderlinge hulleself op 'n onbybelse manier verhef, en die gelowige dan vereis word om homself / haarself aan die leierskap van die plaaslike kerk te onderwerp. Hierdie onbybelse tendens vind ons in verskeie outoritêre kerke in Suid-Afrika. In sulke kerke word die gelowige vervreem van sy Bybelse voorreg om 'n heilige priester voor God te wees wat geestelike offers direk aan God bring. Wanneer die gelowige dan nie homself / haarself volkome onderwerp aan sulke onbybelse en outoritêre leiers nie, word hy / sy gewoonlik verkeerdeliks gesien as 'n rebel wat die gedelegeerde outoriteit van Jesus Christus verwerp. Alhoewel, in so 'n geval is dit eintlik die leraar en ouderlinge wat die outoriteit van Jesus Christus verwerp deur die plek wat net Hy in elke gelowige se lewe mag hê, te steel. Jesus het nie Sy heerskappy oor elke individu in die plaaslike kerk aan enige mens gedelegeer nie. 12 P a g e

In die Internasional Standard Bible Encyclopedia (1930:2446) verskyn die volgende: ''By virtue of their relation to Christ all believers have direct approach to God, and consequently, as this right was formerly a priestly privilege, priesthood may now be predicated of every Christian. That none needs another to intervene between his soul and God; that none can thus intervene for another; that every soul may and must stand for itself in personal relation with God such are the elements of the New Testament doctrine of the priesthood of all believers.'' (Versfeld, 1997:84) Die priesterskap van alle gelowiges beteken nie dat daar nie plek is vir leraars en leiers in die plaaslike kerk nie. Die Woord van God vereis dat daar ouderlinge en diakens moet wees in die plaaslike kerk wat die plaaslike kerk geestelik en prakties bedien (1Tim.3:1-13; Fil.1:1). Deur Sy genade roep die Here Jesus ook manne tot voltydse diens, dit sien ons byvoorbeeld in die lewens van manne soos Timotheus (2Tim.4:1-5), Titus (Tit.1:5; 2:15), Epafras (Kol.1:7), Silvanus (1Thes.1:1; Hand.16:19-31), Apollos (Hand.18:24; 19:1; 1Kor.3:4-6, 22; 4:6; 16:12; Tit.3:13), Tichikus (Kol.4:7), ens. Hierdie manne bekwaam hulself dan om die volgende reformatoriese dienste in die plaaslike kerk te verrig (2Tim.4:5): Toe te sien dat die Woord van God suiwer verkondig word; Toe te sien dat God se kudde in die waarheid beskerm en gevoed word; Toe te sien dat die instellings op 'n Bybelse manier uitgevoer word; Toe te sien dat kerk disipline op 'n Bybelse manier toegepas word. God se onherroeplike roeping tot voltydse diens word bekragtig deur: 'n begeerte vir die werk van geestelike opsigter (1Tim.3:1); die geestelike gawes om die verantwoordelikheid van die amp te vervul (Eff.4:11-12); 'n karakterpatroon wat voldoen aan die Bybelse kwalifikasies vir die rol van geestelike opsigter (1Tim.3:1-7; Tit.1:5-9); en die erkenning van sy alreeds effektiewe diens vir die koninkryk binne die plaaslike kerk (Hand.13:1-4). Alhoewel die geroepene homself spesifiek bekwaam om leiding te neem in die plaaslike kerk aangaande bogenoemde dienste, beklemtoon die priesterskap van alle gelowiges dat alle gelowiges, ingewoon deur God se Heilige Gees, bevoeg is om bogenoemde dienste te verrig binne Bybelse perke. Geroepenes, ouderlinge en diakens staan op gelyke voet met alle ander gelowiges voor die Here as aanspreeklik aan en voor Hom alleen. Die enigste verskil tussen ampsdraers en alle ander gelowiges is die verantwoordelikhede of rolle wat elkeen vervul in die plaaslike kerk. Daar is dus geen verskil in status nie, slegs in funksie. Op grond van die voorafgaande bespreking beteken die priesterskap van alle gelowiges dat elke gelowige vir sy/haar eie geestelike lewe en geestelike diens voor God persoonlik verantwoordelikheid moet neem. 'n Leraar, ouderling, ouer, familielid of vriend kan nie namens die gelowige voor God verantwoordelikheid neem nie. Dit is ook nie die leraar of ouderlinge se Bybelse plig om alewig gelowiges aan te por om hul persoonlike roeping voor God te vervul nie. In die lig van die priesterskap van alle gelowiges is elke gelowige 'n geroepene van God, en sy/haar sendingveld die lewensstasie waar die Here hom/haar in Sy sowereiniteit geplaas het. Die gelowige is persoonlik verantwoordelik om: tot bekering te kom; om sy geloof in Jesus as persoonlike Saligmaker en Here te plaas; om Jesus heelhartig in alles te gehoorsaam; om God te aanbid; om heilig te leef; om die Woord te verkondig; en om sy God-gegewe gawes in die plaaslike kerk te beoefen. Op hierdie manier word die individuele gelowige van die groep (plaaslike kerk, familie, vriende, ens.) geskei en persoonlik van aangesig tot aangesig met God gebring. Hierdie lering van persoonlike verantwoordelikheid voor God word regdeur die Bybel gevind: Elkeen sal weens sy eie ongeregtighede sterwe... (Jer.31:30);... die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees. (Eseg.18:20);...Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (Matt.3:10); Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, 13 P a g e

word hy uitgewerp... (Joh.15:5-6); Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. (1Kor.11:28); Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. (2Kor.13:5). 14 P a g e 2.5. DIE GODSDIENSVRYHEID VAN ELKE GELOWIGE EN DIE SKEIDING VAN KERK EN STAAT Op grond van die persoonlike verantwoordelikheid voor God, beteken die priesterskap van alle gelowiges ook dat elke gelowige / priester vryheid van keuse en vryheid van geloof voor God het. Elke gelowige is vry om God se Woord te lees; vry om God se Woord, deur die instaatstelling van die inwonende Heilige Gees, vir homself te interpreteer; vry om tot God te nader; en vry om God te gehoorsaam deur 'n heilige lewe volgens die voorskrifte van sy gewete. Van die vroegste tye af, ten spyte van sterk teenstand vanaf die Rooms-Katolieke kerk en baie reformasie-leiers, het die Baptiste...waar ook al hulle was, hard gestry dat elke mens vir homself aan God rekenskap sal gee en dat hy vryheid gegun moet word om sy eie oortuigings aangaande geestelike sake te vorm. (Cook, 1953:195 Vertaal vanuit Engels). Godsdiensvryheid is die reg van die mens om volgens sy (hul) eie oortuiging, leerstelling en praktyk, ongehinderd en sonder bedreiging sy (hul) godsdiens publiek en / of privaat te beoefen. (Versfeld, 1997:45). Baptiste sal altyd kampvegters wees vir die persoonlike godsdiensvryheid van elke gelowige, en ruimte laat vir die private uitleg van God se Woord deur elke gelowige, soos die Heilige Gees van Waarheid vir hom/haar lei (Joh.16:13; 1Joh.2:27; 2Pet.1:21-22). Baptiste sal dus nooit enige gelowige forseer of kwaadwillig manipuleer om 'n lidmaat van die plaaslike kerk te word of hul te laat doop nie. Dit moet die Bybelse hartsoortuiging van die gelowige voor God wees. As gevolg van elke gelowige se godsdiensvryheid is Baptiste se leiding en raadgewing in alle praktiese sake: Ondersoek die Skrif, kyk wat dit aanbeveel en besluit vir uself. Doen soos die Bybel u rigting gee. (Odendaal, 1981:14). Die lering van die persoonlike godsdiensvryheid van elke gelowige word deur God se Woord onderstreep: Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. (Gal.5:1). Jesus Christus is... gestuur... om aan gevangenes vrylating te verkondig... om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur... (Luk.4:18-19). Jesus Christus het ons...vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (Rom.8:2). Jesus sê aan elke individu: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. (Joh.8:31-32). Vir mense wat swaar gelaai was met reëls en regulasies wat hulle nie kon onderhou nie, nooi Jesus om persoonlike godsdiensvryheid en rus by Hom te geniet: Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. (Matt.11:28-30).... waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. (2Kor.3:17). Daar is baie ongelowiges wat onder die vaandel van Christenskap hierdie Bybelse beginsel verkrag en dit verdraai om losbandigheid en wetteloosheid te regverdig. Maar ten spyte hiervan, beperk Baptiste nie die Bybelse beginsel van godsdiensvryheid nie. Die weergebore Christen wat hierdie beginsel verstaan weet dat hy nie vrygemaak is om die sonde te dien nie. Hy is juis van die oorheersende mag van sonde vrygemaak om vir Jesus heelhartig te dien soos die Heilige Gees hom / haar deur die Woord lei. Godsdiensvryheid beteken nie vryheid van godsdiens nie, maar dat die gelowige vrygemaak is om Jesus Christus heelhartig te dien. Die praktiese implikasie van die godsdiensvryheid van alle gelowiges is dat geen mens, ongeag sy persoonlike status of hoedanigheid, vir 'n gelowige kan dikteer hoe hy/sy voor God moet leef nie. Hiervan was die pionier-baptiste, wat weggebreek het van die koning-regeerde staatskerk, vas oortuig. Dit het hulle nie baie populêr gemaak in die tyd wat hulle geleef het nie. John Smyth en Thomas Helwys het geglo dat hierdie Bybelse beginsel alle gelowiges losmaak van die kettings van