Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Prins word die Skaapwagter

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Van Vervolger tot Prediker

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Pretoria- 23 Junie 2012

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die betekenis van die kruis (1)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Waar is God as ons swaarkry?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Addendum A Consent form

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Community of Practice

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Wat kan die kerk doen?

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Transcription:

Lees: Psalm 23 Teks: Ps. 23: 1 Tema: God se herderskap is en bly uniek! Sing: 1. Ps. 147-2: 1 en 3 2. Sk. 14-1: 1 en 2 3. Ps. 40-1: 4 4. Ps. 65-1: 3 5. Ps. 116-1: 7 en 10 6. Sk. 10-2 Die psalm wat ingebed lê in die genadige verbond van God wat spreek van sy liefde vir verlore skape en waarin een van die skape wat deur Here gevind is, jubel oor die waarde om in God te vertrou dit is, geliefde gemeente, hoe hierdie besondere psalm saamgevat kan word. En oor die rykheid en rypheid en troos wat die psalm bied, sal seker nooit uitgepraat kan raak nie. En iets wat dan opval, is hoe die man na God se hart, soos God na Dawid wat hier praat, verwys, in die psalm beweeg van die half onpersoonlike praat van God en wat Hy doen, na die persoonlike verhouding wat hy van God ervaar. Die eerste drie verse verwys die digter deurlopend na HY en dit verander in die laaste drie verse na DIE MEER INTIEME EN PERSOONLIKE U! En hier is die volgende wel van belang: iemand wat hierdie herderskap wil beleef soos Dawid dit hier beskryf, sal God deeglik moet ken. Dit behels dat so iemand, liewe lidmate, moet weet WIE God is en wat Hy doen. Want eers as dit deeglik in die gedagte lê, sal God in sy genade en liefde gesien en ervaar word. Dan eers sal die mens besef hoe God die mens in sy aardse stryd bring in groen weiveld en by waters waar daar vrede is. Want dit is iets wat op geestelike vlak gebeur. Terwyl alles hier in die wêreld woel en roei en terwyl wat rondom ons gebeur, ons ineen wil laat krimp, dan bring die Woord ongekende rustigheid in die gemoed. Dan kan ons na God deur Jesus Christus en deur die Gees vlug en Hy gee ons rus wat die wêreld verstom laat. En 'n heel belangrike aspek wat ons sekerlik mag beleef, is wat die digter in vers 4 deurgee: Hy gee aan ons nuwe krag. Nie so nou en dan nie, maar elke dag. En wat Hy presies daarmee bedoel, word mooi in die Engelse vertaling uitgedruk: He restores my soul. Hoor mooi: terwyl ek elke dag platgeslaan word met al die geweldige en negatiewe dinge wat gebeur met en rondom my; terwyl satan my daagliks kasty met sy versoekinge en aanslae op verskillende wyses; terwyl ek deur alles wat my druk voel hoe my geestelike knieë swik en my hande en arms slap word; is die werklikheid daar: God herstel my geestelik om staande te bly en soos Paulus dit uitdruk: om as oorwinnaar te kan leef, oorleef en voortgaan. Hoor mooi: God doen dit. Hy wil dit doen uit liefde. Ons kan maar net vra. So mooi druk Jesus presies dit uit waar Hy sê: Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee (Mat. 11: 28). Daar 1

waar Hy vra dat ons die juk en las van Hom moet opneem want dit is sag en lig. So, geliefdes, beklemtoon die psalm die voordeel, die wins, die waarde van God se liefdevolle, omgee teenwoordigheid in, by en rondom ons in ons elke dag se lewe. En dan moet ons weet: Hy is 'n Persoonlike, liefdevolle Wese en nie 'n koue en kliniese Wese nie! Laasgenoemde word veral duidelik in Jesus se menswording en die woon onder sondige mense. Dit dan om as besondere Herder sy lewe af te lê sodat ons die heerlike Herderskap van God as hemelse Vader voluit kan beleef. Daaruit weet ons verseker: Dat al gaan ons deur donker dieptes, die Lig van God en Jesus verlig alles rondom ons met die wete dat dit tydelik is en ons kan uitsien na die hemelse feesmaal saam met Christus in ewigheid. Iets daarvan ervaar ons elke nagmaal waar ons verseker word van die herderlike werk van Jesus in ons elkeen se belang. Dat al bied die wêreld geen groen weivelde of stil waters van vrede nie, die Woord van God en elke nagmaal ons dit geestelik bied totdat ons dit in hemelse heerlikheid elke oomblik van elke dag voluit sal geniet. Die sekerheid daartoe, liewe gemeente, lê in die feit dat God se verbondstrou vas staan vir tyd en ewigheid. Dat sy liefde en genade daarin geanker lê. Dat die groot Herder sy kinders by die Naam ken en sy kinders Hom Persoonlik en by die Naam ken laasgenoemde omdat Hy Hom daarmee bekend gemaak het. Onthou nou: Dawid kon die psalm met oortuiging skryf en het God so beleef omdat Hy God in sy sorg beleef, geken en vertrou het. As jy en ek dit ook so wil ervaar; as ons God met oortuiging as Herder nie net wil voorhou nie, maar ook wil beleef, sal ons Hom moet ken en vertrou selfs al lyk dit pikdonker nag rondom ons. Dit is maar hoe dit vir lang tye rondom Dawid en in sy lewe ook gelyk het. In hierdie nagmaal soos dit trouens met elke nagmaal die geval is staan God se herderskap vir ons uit. In Christus het die Herder ook ons Vader geword wat in liefde en genade ons dra en verdra. Juis daarom hoef ons vir niks te vrees of terug te diens nie. Lewe voluit in sy diens. Beleef Hom as naby en Persoonlike God. Prys Hom omdat jy met geloofsvertroue deur Christus ook kan sing en bely: DIE HERE IS! Ja, die Here is my Herder,... is my Helper,... is my Versorger. Ek kom niks kort om salig te kan leef en uiteindelik ook salig te kan sterf nie. Amen. 2

DANKSEGGINGSDIENS Lees: Joh. 10: 1-16 Teks: Joh. 10: 3 Tema: In n goeie verhouding met en respek vir Jesus, sal Hy gehoorsaam word. Hierdie gedeelte, liewe gemeente, is al deur verklaarders en predikers vir veel meer gebruik as wat Jesus daarmee bedoel het. Dit omdat dit heel waarskynlik nie in samehang met hoofstuk 9 gelees en hanteer word nie. Jesus is in die gedeelte eenvoudig besig om Hom as ware opregte en enigste herder te stel teenoor vals herders wat die mense mislei. Saam met Hom staan elke ander herder wat die wat aan hulle toevertrou is nie met tradisies, menslike gebuike en dies meer in n rigting dwing nie, maar in onderdanigheid eenvoudig met God/Jesus se Woord voed. Drie sake word in die gedeelte, veral in die teksvers, uitgelig waaraan ons elkeen, as ons onsself sien as deel van Jesus se kudde (broers en susters), met opregtheid en ware commitment sal aandag gee. Ons wat dan sopas ons verlos wees deur die Opperherder gevier het in die nagmaal. Miskien die belangrikste: daar heers n sterk liefdesverhouding tussen Jesus as Opperherder en die ware herders en skape in sy diens. n Verhouding wat gekenmerk word daarin dat hulle nie skaam is, wegkruiperig optree en agteraf werk nie. Hulle gaan by die hekwagter verby (word geken en gesien deur die hekwagter) en by die hek in. Daar word nie skelm by n geheime ingang of op n onwettige manier toegang verkry nie! Wat hulle doen en sê, maak hulle nie skaam om dit openlik te doen nie. Onthou: Jesus as Herder was ook nie skaam om poedelnakend in die openbaar op n koppie waar Hy vir elke mens wat daar verbygekom het sigbaar was, aan n kruis te hang in jou en my plek nie. Was nie skaam om so sy liefdesverhouding met jou en my as t ware uit te basuin nie. En daarmee die belangrikste hek die hemelpoort vir jou en my oop te maak nie. 3

Die tweede saak wat onderstreep word, is dat die skape en herders in diens van Jesus se kerk en koninkryk, LUISTER na sy stem. Dit wil sê: hulle hoor nie net wat Hy sê of weet wat Hy sê nie, maar hulle gehoorsaam dit dit. Hulle hele lewe en optrede in alle fasette getuig dat hulle Jesus as dissipels navolg en doen en dien en optree soos Hy dit in gehoorsaaheid aan sy hemelse Vader gedoen het. En dit doen hulle of hulle nou voorspoed beleef of ernstig vervolg word en swaarkry. Vir hulle is godsdiens nie bloot om voorspoed te beleef en kry nie, maar om diensbaar te wees soos hulle Leermeester. Die derde saak wat gehoor word, liewe lidmate, is dat die skape die groot herder se stem ken. In die ken lê opgelsuit: hulle herken en erken sy stem. Om dit te kan doen moet hulle tog weet hoe die stem klink dus naby Hom lewe. Dit hou daarom in dat die bybel nie net n besonderse boek in hulle besit is nie, maar dat dit bestudeer word. o En onthou gerus dat ek reeds daarop gewys het dat daarby die ware herder en skaap nie skaamte vir die Woord (stem) van die ware Herder is nie. Dus word daar gereeld Bybel gelees al sou daar vriende of familie kuier. Daar word eredienste bygewoon al is ek dalk moeg of het ons besoekers. Daar word aandag gegee nie net aan lees van die Bybel nie, maar ware bestudering daarvan. o Hoekom? Wil die stem van die Opperherder en sy Vader beter en beter leer ken om dit tussne miljoene ander gemaklik uit te ken en te gehoorsaam. Geliefdes, Jesus het alles gedoen om te wys dat Hy waardig is om die Herder en ja, jou Herder te wees. Hy het selfs sy lewe vir jou afgelê sodat jy nie net vir die aardse deel van jou bestaan in n verhouding met Hom kan leef nie, maar dit vir ewig kan doen. Ken, herken en erken jy nog sy stem in jou hele lewe? Reageer jy voluit in gehoorsaamheid daarop? Is jou lewe kenmerk daarvan dat jy met Hom, die Vader en die Heilige Gees in n liefdesverhouding wat jy koester lewe? 4

Met die nagmaal het jy onderneem om dit wel te doen. Kom die onderneming na, want dit is deur en deur die moeite werd nou en vir ewig! Amen. 5