Waar is God as ons swaarkry?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die betekenis van die kruis (1)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Addendum A Consent form

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Les 6 vir 10 November 2018

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Pretoria- 23 Junie 2012

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Luister na God. enlewe vir ewig

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Transcription:

Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig of nie besig nie in n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan n paar blogs spandeer aan sy boek. Daar is vandag baie pyn en lyding in die wêreld. Mense leef met chroniese pyn, siektes, depressie Ander se pyn is as gevolg van hulle kommer oor ander: ouers met kinders wat aan dwelms verslaaf is; kinders met ouers met Alzheimer se siekte; ander wat swaarkry as gevolg van armoede en ongeregtighede; ens. Dan moet ons dink aan natuurrampe aardbewings, vloede, tsunami s en ander dinge soos oorlog, geweld en terrorisme. Waar is God as ons seerkry? Hoekom laat God toe dat boosheid sy gang gaan? Watter goed, indien enige, kan daar uit sulke gebeure kom? Ons wil weet hoekom sulke dinge gebeur? Ons wil iemand blameer en as ons nie weet wie nie, sê ons dit is optrede deur God acts of God. Na die tsunami van 2004 in Asië skryf Heather MacDonald: It s time to boycot God. Hoe kan God passief sit en toekyk hoe mense hulle lewens verloor. Sy gaan dan verder: He gets credit for the good things and no blame for the bad. Ek is seker daar is baie mense wat net soos sy dink. Een fout wat ons maak, is om tragedies te probeer kwantifiseer. Die feit dat meer mense in die tsunami in Asië gesterf het, maak die gebeurtenis nie meer tragies as dit wat by Marikana gebeur het nie. Daar is net individue wat lei en wonder waarom God dit toegelaat het. Dit is interessant dat hierdie vraag nooit aan ander godsdienste gevra word nie:

Waarom laat Allah/Boeddha dit toe? Ons moet respek hê vir n God wat aan die mens die vryheid gee om Hom te verwerp, om sy Seun te kruisig en wat woorde van verwerping in sy Woord insluit: Gideon praat met die engel en wil weet as God dan met ons is hoekom gebeur al hierdie vreeslike dinge met ons. In die psalms kry ons n oproep dat God tog wakker moet word: Here, hoekom slaap U? Die Prediker sê dat alles tevergeefs is. Jesaja sê dat God n God is wat Homself versteek het. Selfs Jesus wil weet waarom God Hom verlaat het. Volgende keer gaan ons na die hoekom vraag kyk: Hoekom gebeur tragedies in die wêreld? My vriend kry swaar Never work just for money or for power. They won t save your soul or help you sleep at night Marian Wright Edelman My vriend kry swaar Weer een van Henri Nouwen se stukkies: Om samehorigheid met n persoon wat swaar kry, te betoon, beteken nie dat ek met hom oor my eie swaarkry moet praat nie. Om oor jou eie pyn te praat, is baie selde van waarde as jy met iemand wat swaarkry praat. n Gewonde geneser is iemand wat na n persoon in pyn kan luister sonder om oor sy eie wonde te praat. As ons deur n pynlike situasie geleef het, kan ons met aandag en liefde luister na n ander persoon wat swaarkry sonder om ons eie probleme te noem. Moenie n persoon wat swaarkry se aandag op jouself fokus nie. Vertrou dat jou eie wonde jou in staat sal stel om na ander met jou hele wese te luister Dit is genesing. Ons voel so dikwels dat as ons by iemand wat swaarkry kom, ons iets moet sê. Nouwen sê vir ons dat dit onnodig is. Wat wel belangrik is, is om te luister.

Die oplossing vir pyn en lyding To trust in any thing more than God, is to make it a god ~ Thomas Watson Die oplossing vir pyn en lyding As Christene siek word en swaar kry, kan hulle bid en God vra vir genesing of verlossing. God het die krag om ons lewens te verander en die swaarkry weg te neem. Maar wat doen ons as dit nie God se wil is dat ons nou genees word nie? Wanneer en hoe sal swaarkry en pyn dan ophou? In Openbaring 21:1 4 lees ons: Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. In hierdie gedeelte gee God aan Johannes n gesig van n nuwe hemel en n nuwe aarde. Die wêreld soos ons dit tans ken, sal nie vir ewig bestaan nie. Hierdie is n wêreld wat onder die gevolge van die sonde, soos siekte en dood, gely het. maar God se plan is duidelik: Kyk, Ek maak alles nuut. Nadat Johannes die nuwe hemel en nuwe aarde gesien het, sien hy Jerusalem wat uit die hemel afkom. Jerusalem is die hoofstad van God se koninkryk die plek wat God gekies het om sy troon op aarde te vestig. Hierdie stad is pragtig soos n bruid wat vir haar man versier is. Toe hoor Johannes die harde stem van God: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Die koms van die nuwe Jerusalem simboliseer die koms van God om op n fisiese wyse in die wêreld teenwoordig te wees. Dit gaan dus nie oor ons wat gaan om by God te wees nie, maar God wat kom om by ons te wees. Die implikasies hiervan is massief: Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Volgens God se tydtafel word volle genesing eers bewerkstellig as die nuwe Jerusalem kom. Dit beteken dat voor dit gebeur sal Christene ly en trane stort. In hierdie wêreld word Christene steeds siek en sterf uiteindelik. Dit is egter nie die Christen se eindbestemming nie. Eendag sal God die trane afdroog. Wat ook al ons pyn en swaarkry is, sal die terugkeer van Jesus Christus en die transformasie van die heelal die uiteindelike oplossing bring. Dan sal alles volmaak wees. Dit is gewaarborg: Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees (Openbaring 21:7).

God tug my omdat ek gesondig het? Seeking to free sexual love from old restraints, we ve freed it from its meaning, responsibility, and exaltation. Wendell Berry God tug my omdat ek gesondig het? Vraag: Die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien n kind wat nie deur sy vader getug word nie? (Hebreërs 12:6 0 7). Beteken dit nou dat swaarkry, siekte, ens gebeur omdat God sy kinders tug? Wat van die swaarkry van ongelowiges? Is dit God wat hulle tug? Is dit straf vir hulle sonde? Beteken dit dat slegte dinge (of net sekere slegte dinge) wat met Christene gebeur, gebeur omdat God ons tug? As n Christen griep of kanker kry of as hy in n motorongeluk is of sy werk verloor moet ons dit as God se tug sien? Natuurlik is God soewerein oor alle dinge, maar as slegte dinge met Christene gebeur, is dit God se tugtiging of gebruik God dit vir ons beswil? Hierdie vraag het n leser na die Gospel Coalition se blog gestuur. Ek gebruik dit hier, want dit is n vraag waarmee almal van ons op een of ander stadium mee sukkel. Antwoord: Prof D. A. Carson het die vraag geantwoord. Daar is gedeeltes waar God katastrofiese oordeel bloot as vergelding stuur. Dink aan die vernietiging en dood van Saul Samuel kry selfs opdrag om nie meer vir hom te bid nie. Daar is gedeeltes waarin mense vir jare lank ly wat glad nie aan n onmiddellike sonde verbind kan word nie die blinde man in Johannes 9. In hierdie geval moet ons aanvaar dat sy blindheid deel van lewe in n gevalle wêreld is. Hy sou nie blind gebore gewes het as Genesis 3 nie plaasgevind het nie. Aan die ander kant is dit deel van God se voorsienigheid Jesus sê dat hy blind is sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. Ons kan ook dink dat in sommige gevalle lyding as gevolg van sonde is Jesus sê vir die man wat al 38 jaar verlam was: Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets erger met jou gebeur nie (Johannes 5). Hier mag tug ter sprake wees. Daar is gedeeltes wat lyding nie die gevolg van n direkte oortreding was nie. Hoe

verklaar ons dit? Daar is die enigste verduideliking dat ons God wie se mag en kennis oneindig groter as ons s n is, moet vertrou. Hier dink ons byvoorbeeld aan Job. Dit is duidelik dat ons uit hierdie verskeidenheid gedeeltes ten minste drie gevolgtrekkings met belangrike pastorale implikasies kan maak: Ons gaan groot foute maak as ons enige van hierdie gedeeltes neem en aanvaar dat hulle alle lyding verduidelik. Daarvoor is hulle te uiteenlopend. Ons kan tog nie Saul se situasie op Job van toepassing maak nie. n Christen moet nie aanvaar dat elke geval van lyding wat hy ondervind noodwendig die gevolg van God se tug vir n spesifieke sonde is nie. Net so kan n Christen nie aanvaar dat God dalk nie sy lyding as tugtiging gebruik nie. In elke geval van lyding is God besig om baie dinge te doen al sien ons net twee of drie raak. n Christenvrou in haar middeljare wat gevorderde borskanker ontwikkel: Berei Hy haar voor vir die ewigheid dit is genade om te weet jy gaan sterf en tyd te hê om jou daarvoor voor te berei? Is God besig om haar 20 jarige seun wat ongelowig is, te skok sodat hy homself ondersoek? So kan ons aan baie moontlikhede waarmee God besig is, dink. Soms moet ons net stilbly en in geloof bely dat ons nie alles begryp wat God besig is om te doen nie. Ons weet dat Hy getrou is Hy het sy Seun gestuur om vir ons te ly. Lyding is n geleentheid vir selfondersoek God mag met ons as ons wyse hemelse Vader praat iemand wat diegene wat Hy liefhet tugtig. Dit mag sy reaksie op spesifieke sondes in ons lewens wees. Dit mag wees dat Hy ons sterker maak sodat ons sal ophou dink Hy skuld ons gesondheid en welvaart. Of, soos in Job se geval, het God dalk n weddenskap met Satan aangegaan. Ons selfondersoek moet eerlik wees, maar ons moenie glo alle sleg wat met ons gebeur as gevolg van my persoonlike sonde is nie. Maak nie saak wat die oorsaak van ons lyding is nie die antwoord is altyd dieselfde: Gaan na die kruis en vertrou jou goeie, genadige en heilige Vader. Maklik formules om die ingewikkelde probleem van lyding te verstaan help nie. Dit reduseer die probleem en dit is swak teologie.