Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

Similar documents
Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Van Vervolger tot Prediker

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Addendum A Consent form

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die maan en sy rol in ons wereld *

1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die betekenis van die kruis (1)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Waar is God as ons swaarkry?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Emotional drainage / Emosionele dreinering

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Die Blye Boodskap. The Good News

Luister na God. enlewe vir ewig

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Transcription:

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

Ds. Johan de Wet Daar is soveel waarheid in daardie sin en ek weet dit is verseker die gebed van elke Christen in hierdie land. Helder om al die onsekerhede van die toekoms, die politiek en die ekonomie vir ons uit te klaar. Ek weet daar is ook n klomp persoonlike sake wat ook maar nog in die duister is en dit sal wonderlik wees as die Heer die sake sal oplos en uitklaar. Ek weet ons Heer is baie meer as net antwoorde op ons vrae, maar Hy hoor ons en verstaan ons... want Hy het mens geword. Soos die engel aan Maria sê, so bevestig die Gees ook aan ons in Lukas 1:32: Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word en vers 35: Die engel antwoord haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Somer dit is die mooiste tyd van ons jaar en die helder, skoon lug skep n dankbaarheid vir die voorreg om hier te kan leef. Die lekker van vakansie en die lekkerte van die lewe. Daarom sê die engel aan die herders: Lukas 2: 10 11Toe sê die engel vir hulle: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! Hoe lekker om as verlostes en kinders van God saam met ons familie net Sy liefde en vreugde te vier. Kersfees tyd vir geskenke en feesviering. Tyd van hoop, liefde en lekker kuier. Tyd van gee: gee van liefde, hoop en blydskap. Laat weet almal om jou hoe spesiaal hulle is en hoe jy hulle geniet en hoe kosbaar hulle vir jou is. Soos die wyse manne vir Jesus bevestig het in Matt. 2:11: Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. In hierdie land ons weet nie wat volgende jaar vir ons bring nie. Ons weet verseker nie hoe lyk die toekoms nie. Natuurlik bid ons vir verbetering en groei, maar ons is verseker van God se liefdesverbintenis en dat ons behoort, aan Hom en aan n wonderlike geloofsgemeenskap, sy kerk. Matt. 1: 23: Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons. Ons gebed as leraarspaar vir jou en jou gesin, is n helder somerkersfees in ons mooi gemeente en land. Liefde in Christus. 1 Kron. 4:10 Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie. God het laat gebeur wat hy gevra het. Wat is jou verwagting vir 2018! Om net te oorleef, om net kop bo water te hou, om veilig te bly? Waaraan koppel jy jou geluk en voorspoed met die oog op 2018? Is jou gebed ook dié van Jabes en is jou verwagting ook van God om uit Sy vaderskap en liefde jou te bederf bo gebed of denke? Ons as gemeente is baie opgewonde oor 2018 want ons weet ons Vader se liefde gaan n klomp wonderlike dinge vir ons oopsluit dié jaar. Wanneer die skole begin dan plons ons in die Jabesgebed in vir die jaar 2018. Dan n lekker kuier by God met die preekreeks: Waarmee op aarde is God besig met my? en dan met Pinkster kuier ons by God, want Hy bring vir ons n hele klomp geskenke van gawes en liefde. Dan wil 2 ons nog by God kuier in The Shack wat n wonderlike openbaring gee van God se besig wees met ons as Sy kinders. Ons beplan ook natuurlik weer lekker kuiers by mekaar. Ons kan nie wag vir die jaar om te begin nie, want ons glo dit is n Jabesjaar vir ons as gemeente en ook vir jou as sy kind. Mag hierdie gebed in jou gedagtes eggo elke oggend van 2018.

Hoekom vier jy Kersfees? Antwoord eers die vraag voordat jy verder lees.) Eer aan God in die hoogste hemel, En vrede op aarde Vir die mense in wie Hy n welbehae het! (Luk. 2:14) Kersfees is nie deur die Christene in die vroeë kerk gevier nie. Hulle het hoofsaaklik op die viering van Paasfees en daarmee saam die kruisiging en opstanding van Jesus gekonsentreer. Hulle het nie soseer in Jesus se geboorte belang gestel nie, maar eerder in Sy opstanding. Die werklike geboortedag van Jesus is nie 25 Desember nie, maar vanaf die vierde eeu nc vier die Christelike kerk dit as feesdag waarop Jesus se geboorte herdenk word. Hoekom is Christus vir ons gebore? Jesus antwoord die vraag soos volg: Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê. (Joh. 18:37) Kersfees gaan vir ons as Christene daaroor dat God, wat mens geword het, na die wêreld toe gekom het. Deur Jesus word God aan ons geopenbaar: Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God wat die naaste aan die Vader is, dié het hom bekend gemaak. Ons buig in aanbidding voor Jesus Christus ons Here, want vir ons is n kind gebore deur wie ons verlossing kom. Hy het gekom om die wêreld te red. (Joh. 3:17) In die verhaal oor die geboorte van ons Here Jesus Christus ervaar ons die vrede wat deur God kom, asook die vrede wat ons onder mekaar en teenoor vreemdelinge moet ervaar. Dit is gevolglik elke gelowige in Christus se keuse om Kersfees as die geboorte van Jesus Christus te vier. Hoekom? Want God het Sy seun, Jesus Christus, na die wêreld toe gestuur om vir die mens redding te bring. Ons is dankbaar dat God ons so lief het dat Hy mens geword het: God het 3 die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie. (Joh. 3:16) Daarom vier ons Kersfees. Luk. 2:10-11 beskryf aan ons die betekenis of sin van Kersfees soos volg: Toe sê die engel vir hulle: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die verlosser gebore, Christus die Here. Kersfees is n tyd van jubel en aanbidding want ons vier Jesus se geboorte. Hy is gebore om ons van ons sonde te verlos. Laat die vreugde van die kersseisoen in jou lewe sigbaar wees. Ek buig in aanbidding voor u Here Jesus Christus. Voel jy ook nou Sy warm liefde as ons die dag gedenk, toe Hy sy Seun aan ons gegee het - ons grootste Kersgeskenk. (Koos Du Plessis) Daneel Rossouw Om hoop te verloor is om sin en betekenis in die lewe te verloor. Baie gebeure en mense met wie ek te doen gekry het deur die jare kom in my gedagtes. Ons kuier by vriende wie net agter die polisiestasie gewoon het. Langs die draad staan n voertuig wat omgeval het. Dit het behoort aan iemand wat verbonde was aan een van talle ambassades in Kaapstad. Die dame was alleen en sonder hoop oor Kerstyd. Sy het sommer net die pad gevat sonder dat sy n bestemming gehad het. n Hele paar honderd kilometer verder het sy en haar kind hulle lewens verloor. Dit is belangrik dat ek en jy sal weet waar kom ons hoop vandaan. Dikwels verloor ons hoop omdat ons dit vestig op verganklikhede. Dit kan rykdom wees of aansien of gesondheid of mag. Alles dinge wat verbygaan. Engele was nodig om hoop aan te kondig vir mense wat hoop verloor het: Vandag is daar vir julle die Verlosser gebore, Christus die Here. (Luk. 2:11) Engele was nodig om vir die vroue by die graf te sê: Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het. Die Emmausgangers het gehoop dat n aardse koninkryk hulle lewe betekenis sou gee. Eers toe hulle oë oopgemaak is, het hulle gesien dat ware hoop alleen in Christus die Here gesetel is. Paulus moet vir die gemeente in Tessalonika skryf dat hulle nie moet treur soos mense wat geen hoop het nie, want ons glo immers dat Jesus gesterwe het, maar ook opgestaan het. (1 Tess. 4:13) Ons laat dikwels toe dat gebrekkige geloof en bekommernis ons hoop steel. Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (Hebr. 11:1) Bekommernis oor die lewe en oor môre veroorsaak dat ons in vrees reageer. Omdat God voorsien en getrou is aan Sy beloftes sal geen bedreiging of teleurstelling of wat ookal, die hoop by ons wegvat nie. Mag dié Kerstyd vanjaar jou hoop op God opnuut weer vasmaak. Mag die hoop wat jy koester in jou drome en verwagtinge, God se teenwoordigheid by jou sigbaar maak. Mag daardie hoop vir jou rus en vrede bring. Want op grond van Christus se koms na die wêreld en Sy opstanding uit die dood, is ons mos soos mense met hoop. Ds. Johann Joubert

4 Harties Voetekerk is soveel meer as net 'n plek waar kinders opgepas en besig gehou word, sodat die ouers ongestoord in die kerk kan sit. Dit is 'n volwaardige bediening waar elke kind op sy vlak bedien, geleer en toegerus word. Die Goeie Nuus van Jesus se liefde en plan vir elkeen van hulle word op 'n verstaanbare manier aan hulle verduidelik. Hulle leer om hulleself, hulle maats, die Bybel en meer as alles, Jesus, lief te kry en te geniet. Die Voetekerk is n besige deel van hierdie gemeente. Ons Sondae is gevul met n klomp klein voetjies wat kom sing, speel, leer, spoeg en plak en daar is altyd tyd vir n lekker eetdingetjie om die les mee af te sluit. Ons is baie bederf met die groot nuwe lokaal, heerlike speel- area en ordentlike kaste wat Pieter Brynard vir ons gemaak het. Ons Poppekas bied vele vermaak vir groot en klein. Ons kyk na tot 30 kinders op n keer en dit kan ons nogal heel besig hou, maar vir elkeen van ons is dit lekker om te sien hoe baie die kinders hul tyd daar geniet en sommer dadelik wil spog by pappa en mamma oor wat hul by die Voetekerk geleer het. Die jaar 2018 is om die draai en ons sien uit na nog meer maatjies se bywoning. Ons groep groei jaar na jaar en dis met groot vreugde dat ons sien hoe ons gemeente al hoe meer jong gesinne bykry en hulle voel tuis en gemaklik, omdat daar in hul behoeftes voorsien word. Raak betrokke: Die Voetekerk verskaf ook bedieningsgeleentheid aan mense met 'n roeping vir hulle lewe en 'n passie vir kinders, om een tot twee keer per kwartaal hulle lewens te kom deel as aanbieder of as n spanlid. Kontak my gerus vir enige navrae of as jy deel wil word van hierdie dinamiese span wat kinders se lewens verander. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir almal in ons span dankie te sê vir hul aandeel in n wenspan wat hierdie groot werk so maklik en lekker maak: Talita; Annalien; Louis & Hanlie; Theunis & Jacoline; Peter & Marquerite; Vernon & Ronel; Coreen; Johanette; Bennie & Maryke; Henda; Annelie en laaste, maar nie die minste nie, my man Karl. Voetekerkgroete Melanie Voigt By Harties Kids werk Nagmaalsondag anders as wat ʼn mens sou dink. Hulle gee so baie van hulleself vir ons, dat ons voel hulle behoort nagmaal saam met die gemeente te gebruik. Hulle het ook al gesê dit voel asof hulle batterye weer gelaai word om te kan aangaan. Dis vir ons mentors ook belangrik om saam met hul gesinne nagmaal te hou! Ons goeie vriendin Antje het gekom kom om ons uit te help. Sy het weer dié Nagmaalsondag ʼn baie oulike boodskap vir ons kinders kom gee oor God se liefde vir ons. Sy het oor die verlore seun gepraat. Ons kinders het eers saam die storie van die verlore seun uitge- beeld. Elkeen was iemand of iets in die storie: van die pa tot die varkies. Dit was so kosbaar om te sien dat elkeen van graad 1-6 deelneem en dit geniet. Ons wil net weer baie dankie sê vir Antje vir haar tyd en liefde wat sy so mooi met ons kinders deel! Antje het ook vir ons ʼn baie ou tekening oor troos, wat sy by haar pa gekry het, saamgebring. Die tekening is oor die honderd jaar oud en die kinders het elkeen iets anders in die prent gesien en beleef.

Hier is ons belydenisklas wat op 15 Oktober belydende lidmate van ons gemeente geword het. Hulle is ʼn ongelooflike, talentvolle groep jongmense, wat die jaar net so veel vir die mentors geleer het as wat die mentors vir hulle geleer het. Karen en Rudi begelei al ʼn paar jaar die groep. Hulle as groep het ʼn baie hegte band gehad en dit was duidelik sigbaar in hulle omgang met mekaar. Ek het die jaar deel van die groep geword as mentor en het dadelik deel gevoel van die groep. Ek kon onmiddellik aanvoel dat ons n interessante jaar gaan beleef. Die kinders het geluister en vrae, wat ds. Johan lekker uitgedaag het, gevra as hulle nie iets verstaan het nie. Dis vir my heerlik om te leer deur net te luister wat hulle die dominee vra en hoe hy elke vraag beantwoord. Ons dominee het regtig ʼn ongelooflike gawe om met ons belydenisgroep te praat. Hy ontmoet hulle op hul vlak en geniet dit om met hulle te gesels. Op die kamp kry die jongmense kans om regtig vir hom enige iets te vra en hy antwoord geduldig sonder om hulle te laat voel dis ʼn eienaardige of onbenullige vraag. Gun my ook net die geleentheid om dankie te sê aan die ouers wat hulle kinders aan ons (mentors en ds. Johan) toevertrou. Dankie dat julle verstaan dat jul kinders elke Sondag tydens hul belydenisjaar teenwoordig moet wees. In ons belydenisjaar stap ons ʼn pad met die groep om seker te maak hulle weet wie God is en die rol wat Hy in hulle lewe speel. Die belydenisgroep is vir ons baie spesiaal en dit is ʼn voorreg om ʼn pad saam met hulle te stap. Baie dankie aan die groep vir die kans om saam met julle te groei en saam met julle die pad te kon stap. Mag julle altyd onthou julle is spesiaal en God is altyd daar vir julle! Monique Fauré Fluit - fluit dié storie is uit! Teen die spoed van wit lig het hierdie jaar ook tot sy einde gekom en wanneer n mens n oomblik vat om te reflekteer oor elke ervaring, besef jy werklik hoe dankbaar ons kan wees vir die leiding en genade wat ons daagliks van die liewe Vader ontvang. Dit is met dieselfde spoed en verwondering wat ek terugkyk na die jaar by die jeugbediening en so beleef ek God se betrokkenheid met hierdie besondere taak. Dit is vir my moeilik om te verwoord hoe vreeslik dankbaar ek is vir elkeen wat betrokke is by die jeugbediening. Dankie: baie, baie dankie vir jul toewyding en entoesiasme om elke Sondag getrou beskikbaar te wees om die kinders te bedien met die wonder van die Woord en liefde van Christus. Dit bly vir my n voorreg om met koninkrykswerk besig te wees. Alle eer aan God hiervoor. Dit is voorwaar deur die leiding en genade van onse Vader dat die hele span vanaf die Voetekerk, Harties Kidz en Tropgeraas soos n goed, geoliede masjien funksioneer. Die Voetekerk verskaf voorwaar n baie besondere diens gedurende die erediens, wat vir pappa en mamma die gemoedsrus verskaf dat hul rustig na die preek kan luister, sonder enige kiddie - steurings. Verder geniet elke kind by Harties Kidz die spesiale kleinkerk -diens wat deur ds. Johann Joubert in die gemak van hul eie omgewing aangebied word. Hier word beslis n kerkdissipline onder ons kinders gevestig. Laastens het ons weer die jaar uit Tropgeraas n groot groep belydende lidmate gehad, wat die vrug is van ons hele proses. n Ongelooflike voorreg om dit aan die gemeente te bied. Soos ons die versier op die Desember vakansie trek, is dit my wens dat elkeen n geseënde Christusfees saam met geliefdes sal geniet en vir dié wat die groot trek see toe vat: mag jul veilig reis met die wete dat Sy beskermende hand saam reis. Ons is opgewonde oor waar mee die liewe Heer ons in 2018 gaan bederf en ons kan nie wag om elke kind weer te ontvang nie! 5

Dit het alles begin met n oproep. Dis moeilik om nee te sê, al sluit hy die gesprek af met: Gaan dink en bid daaroor, dan laat weet jy my. Soos ons nader kom aan die naweek sien ek n opgewondenheid in die ander manne se oë as ons mekaar raakloop. MAAR, niemand het n idee wat op ons wag nie. Al wat ons hoor is: Kom net, alles is gereël. Die naweek breek aan en op pad na Mabula kom ons al agter hier kom n ding. Die manne is opgewonde en ons kuier n hond uit n bos. Vir die van ons wat gedink het ons gaan tent - penne inkap en in slaapsakke slaap, wag daar n groot verrassing. Ons word verwelkom met n kouedingetjie en jou naam is reeds op jou kamersleutels. Ons kamers is lekker lugverkoel met n mooi notatjie wat sê: Welkom hier op Mabula geniet jou naweek. Ons word op die hande gedra. Skaars gestop toe kuier ons al oor n bord kos. Doom Johan moet ons aanjaag, want die eerste sessie is al op ons. En daar gebeur iets wat ons die hele naweek nie los nie. Die Gees vat ons en ons kan nie genoeg gesels en deel in sy Woord nie. Rondom baie koppies koffie en kos en n raadsaal word ons pêlle vir altyd. Die Mabula-span laat ook nie op hulle wag nie en bederf ons met die mooiste bosveld en n spesiale safaririt in God se mooiste skepping. Daar trek n rustigheid in ons siele in en ons kan nie wag om huis toe te gaan en God met ons mense te deel nie. Hierdie was nie net n mannekamp nie maar n ondervinding wat ons altyd sal bybly. Hierdie is n baie geseënde projek, waarby ons gemeente direk en indirek betrokke is. Sinah, wat spesiaal deur die gemeente voorberei is, tesame met haar assistente, is n wenkombinasie wat met hierdie projek wonderlike, geseënde resultate behaal. Daar moet egter ook baie dankie gesê word aan die ondersteuningsgroepe (Karl Voigt en omgeegroepe) wat baie betrokke, behulpsaam en ondersteunend is. Behalwe vir die warm klere wat voor die winter aan die k leuters en jeug uitgedeel is, is daar n jeug- 6 kamp wat binnekort (1-3 Des.) plaasvind. Die kamp word by Die Hoekie-jeugkampterrein aangebied. Die tema van die kamp is: Wandel met God - vertrou Hom in al jou weë. Groot dank word aan julle as gemeentelede betuig vir alle hulp en ondersteuning om hierdie uitreik vanaf ons gemeente moontlik te maak. Prys God omdat sy liefde geen perke het nie. Jan Swartz

7 Ons Kerfeesvieringe hierdie jaar was weer n baie geseënde belewenis. Die eerste van drie vieringe, was n erediens vol belewinge: vanaf Overkruin Hoërskool se koor wat ons met hulle pragtige sang bedien het, twee gesinne wat hulle nuwe kleinmensies gebring het om die seël en bevestiging van Christus se ewige versorging en beskerming te ontvang. Daarmee saam die pragtige ster wat die liturgiese ruimte verlig en die boodskap saam met die wyse manne en goeie herders van Immauel (God met ons) en vrede op aarde, uitjubel. Ons tweede viering was n kosbare saamsing geleentheid, met die voorsangers, wat ons reeds vooraf met pragtige kersliedere bederf het. Nagmaal is kenmerkend tydens ons laaste Kersdiens gevier en die gemeente is uitgestuur met die wonderlike troos en verwagting dat die geboorte van ons Here Jesus vir ons elke dag meer as genoeg rede tot groot blydskap gee. Mag ons hierdie vreugde LEEF... Ons het 'n heerlike oggend saam met die kleuterskoolkinders van Danville spandeer tydens hul kersboom en -konsert. Dankie Harties Gemeente vir die bydrae waarmee ons vir die kleuters geskenkies kon koop. Dankie dat ons al die afgelope klomp jare gereeld kospakkies en spesiale bederfies kan uitdeel. Die projek bly volhoubaar omdat die gemeente so getrou bydra en ondersteun. Susan Engelbrecht ISRAEL: n Eenkeer in n leeftyd ervaring. Ek is niks lief vir geskiedenis, ou geboue, vaalheid en hitte nie - my eerste ervaring toe ons van die vliegtuig in Amman in Jordanië afstap en ons met die bus na die grenspos ry, was dat Johan my waarskynlik op die eerste vlug terug sal moet stuur Suid-Afrika toe. En daarby n diepe teleurstelling dat my heel eerste oorsese reis (waarna ek ongelooflik uitgesien het) op 57-jarige ouderdom so n slegte ervaring moet wees. Ons is die eerste dag midde n hittegolf deur n grenspos en berg op met taxi s wat erger as ons land s n ry. En vir die eerste maal raak ons bo-op die berg van Verheerliking stil en daar raak die Here my aan. Skielik besef ek dat ek in Jesus se land - waar Hy regtig gestap, geleef en gepreek het - is! Watter genade en voorreg dat spesifiek Israel my eerste oorsese ervaring was. Die res van die reis was een geestelike na die ander wonderlike belewenis. Die bootrit op die meer van Galilea, die stilword in die tuin van Getsemané en die ervaring by die tuingraf was vir my van onskatbare waarde met besondere betekenis. n Nuwe verstaan en beleef van die Bybel selfs nou twee jaar verder - bly my by. Kom beleef dit in 2018 saam met ons! Marianne

8 Deur die oë van 'n tjipstannie: Ons is paar jong dames wat vreeslik graag ook betrokke wou raak by die herfsmark - toe tannie Marianne voorstel of ons die tjipsstalletjie kan beman het ons gretig ingestem. Dit was inderdaad meer as wat ons ooit sou kon raai dit was nie net slegs tjips braai nie, dit was vriende maak, ander gemeentelede beter leer ken, dit was ds. Johann wat moes kinderoppasser speel, sodat sy mamma die olie kan ruil, dit was glimlagte, grappies en n gespook met krag. Maar die belangrikste was - dit was LEKKER, lekker om deel te wees, lekker om as span saam te werk, lekker om te kuier en lekker om te voel ons jong dames kon ook n bydrae lewer en deel wees van die KUIERMARK - dis inderdaad nie werk gewees, maar een lang gesellige kuier saam met almal. Ons sien uit na volgende jaar en saam sal ons weer om die warm olie kuier. Groete Hanlie Evans Die Kuier-en-Kersmark het vanaf 22-30 September plaasgevind. Ek sal sê n fees van n mark, wat met soveel liefde en toewyding op die tafel gesit en met deernis aangebied is n reuse sukses. Dit was n goedbeplande mark waar die tekortkominge, wat verlede jaar ingesluip het, grootliks uitgeskakel is. Goeie bemarking en advertensie was aan die orde van die dag. Hiermee kan die markkomitee en ons twee sosiale mediakenners, hartlik geluk gewens word. Daar was van die staanspoor af n gees van om te dien, is beter as om bedien te word. Die organiseerders en betrokkenes het in n gees van liefde en omgee, mekaar met n blymoedige gesindheid ondersteun. Niks was vir iemand te veel moeite om vir n ander te doen om so n verskil te kan maak nie. Die uitstallers wat aan n keuringsproses onderworpe was, het besondere produkte op hulle tafels gehad en die standaard het vir seker gesorg dat die besoekers sonder skroom hulle beursies oopgemaak het. Die wegneemtent en teetuin se heerlike geregte is met stralende gesigte en vriendelikheid bedien. Betaalpunte was maklik bekombaar en het goed gefunksioneer. Die terrein is in n feestuin omgetower. Feesgangers het oral daarna verwys en die kinders het veral die plaasdiere baie geniet en hulle kon selfs perdry. Ek is van mening dat elkeen wat betrokke was, die medalje van sukses met trots kan dra. Niks was egter sonder die liefde van Bo moontlik nie - alle lof en eer kom ons Hemelse Vader toe. Jan Swartz Ek betuig dan ook net weer my opregte dank en waardering aan elkeen wat op die een of ander wyse by die mark betrokke was. Dit was werklik n heerlike, verreikende en verrykende ervaring - veral aan die markkomitee wat n hele jaar gewerk het en nou alweer aan die gang is met die reëlings vir 2018: BAIE, BAIE DANKIE. Die totale wins vir die mark is R280 000 - n bedrag wat al ons verwagtinge oortref het. Na baie saambid, navorsing en bespreking is die mark vir 2018 verskuif na 24-29 Augustus 2018. n Bietjie vroeër en korter as dié jaar. Tot dan, liefdegroete en seën Marianne de Wet

AMBASSADORS OF JESUS CHRIST When you believe in Jesus Christ and accept Him, He gives you the right to become and power to be called a child of God. (John 1:12) You become a new creation, the old is gone and behold the new has come. (2 Corinthians 5:17) The Holy Spirit abides in you and enables you to be a witness or ambassador of Jesus Christ. You begin to represent Jesus Christ in all you do and say, you just can t keep quiet but want those around you to encounter the same love that you have encountered. You begin to realize the importance and value of just one lost soul (Luke 15) and want those who don t know Jesus Christ yet to experience the forgiveness and unconditional love of God in their lives. You want them to also be reconciled with God through Jesus Christ. May the LORD help us to be His ambassadors everywhere we go. TEENAGE CONFERENCE During the July school holidays, I had an opportunity to attend a Swipe Right Conference with four teenage girls from Afsaal and Sunway. It was a 3 days teenage conference that was hosted by Doxa Deo Church. The topics involved dating, marriage and sex. GIFTS FROM BEETHOVEN On 25 July, the patients from Beethoven Recovery Centre, sent gifts to all the students that attend the Tuesday extra Math classes at Afsaal. Each gift was put in a bag that had a message of hope and encouragement to the students. We thank God for the gifts. MISSION EXPOSURE Molemo Hlabela (12years) and Bonolo Moreba (8 years) are the two young girls in the Bible Club that are passionate about sharing the Gospel. Whatever they learn every Saturday they take it home and share with their parents, they are not ashamed to share the Gospel with the students at school. I took them to a missionary conference, to expose them to mission work and missionaries. Please pray that they will grow up with this passion and boldness of sharing the Gospel and that God will use them to reach out to their parents and those that come across them. Give God all the glory for these two young girls. OUT OF MY NORMAL SCHEDULE I took a break from my normal schedule from 15-24 September 2017, to join the International Com-mission on their outreach in Zimbabwe. The outreach consisted of 52 missionaries from America and Southern African countries. We were divided into smaller teams and each team was designated to a Baptist Church in Harare. We worked with 14 churches, doing street ministry, house to house visitations, school visitations, church services every evening and youth services. About 3 852 people gave their lives to Jesus Christ in Harare through this outreach. We thank the LORD for for them and pray that the churches will do a follow up, disciple them and help them to grow. NB 1. There s a new lady at Ennis Thabong who is also doing the Monday Openings. Her name is Bernadette pray for her and that God will use her to reach out to the student. 2. The new toilets at Tshwaraganang Pre School are now working. A very special thank you from Vinoliah and the kids. Prayer requests: 1. Please pray with us for the planning of the boys and girls camp. We are still looking for a campsite and a suitable date for everyone. 2. Pray for Gloria Shokane, the lady who helps with the kids club in Ten Rooms. She has been going through some challenges, pray that God will intervene and help her to overcome. Thank you. Sinah Rabaji 9

Kersfees is vir ons n familiefees n tyd om saam met ons gesin en familie te kuier en speletjies te speel lekker te eet saam kerk toe te gaan n tyd en dag om net dankbaar te wees n dag om terug te dink aan al die genade-oomblikke deur die jaar n dag om alle eer aan God te bring. BM, Elizna & Elé Swartz Vandat ons kinders getroud is en hulle eie gesinne het, kom ons elke tweede Kersfeees vir n paar dae bymekaar - ons kuier saam; eet baie lekker saam; versier ons eie kersboom; gee persente vir mekaar Met Kersfees word die verhaal van die herders en die engel se boodskap graag oorvertel: die skaapwagters wat skielik n engel voor hulle sien staan en deur God se heerlikheid omstraal word. God se kinders - ons en ons kinders en hulle kinders kan reeds hier op aarde sy heerlikheid uitstraal deur die eienskappe, wat deel van God se karakter is te vertoon: liefde, genade, goedheid en regverdigheid. Ons behoort spieëls van hierdie heerlikheid te wees en so te leef dat mense God se heerlikheid in ons lewe kan raaksien. Met Kersfees gee ons vir mekaar geskenke, nie net as liefdestekens nie, maar ook omdat ons so bly is oor Jesus, God se volmaakte geskenk aan die mensdom. Met Kersfees heers daar n gees van welwillendheid. Om Kersfees met die regte gesindheid te vier, beteken dat ons hulde aan die Kerskind moet bring. Dit beteken dat ons Kersviering op Jesus moet fokus: dat kersgeskenke vir jou heenwys na God se groot geskenk en dat die kersliggies jou aan Jesus - die Lig van die wêreld herinner. Aan die einde van 2017 kuier ons gesin weer almal saam daar ver in Abu Dhabi. Die Here is goed vir ons - daar gaan DV in Junie nog n kleinkindjie gebore word. Ons kan en gaan n verskil maak deur Kersfees n ware Christusfees te maak HOE? Ons gaan kniel voor die Kersfeeskind en aan HOM hulde bring!! Jan en Ansie Swartz Lukas 10:2 lê ons na aan die hart. Die Barnardo-familie is gewoonlik almal bymekaar in Beaufort-Wes en gaan op Kersoggend saam kerk toe om die kosbare boodskap te ontvang in die pragtige wit kerk in die hoofstraat. Na die diens gaan ons terug huis toe en drink ons tee en eet die tradisionele kerskoek. Sjoe en dan middagete: daardie tafel wat kreun onder al die kos n tradisie wat spruit uit ons grootwordjare. Dit is lamsboud, vark, tong, mosterdring, gestolde wortelslaai en al die ander lekkernye. Die nagereg is koekstruif en roomys! Ons kuier natuurlik n hond uit n bos, want ons sien mekaar net een keer per jaar! Hierdie jaar gaan ons egter tuis wees, want van die kinders besoek familie in Engeland, die ander is ook weg - maar een seun is darem hier. George en Wendy Barnardo. 10

KERSFEES CHRISTUSFEES Vir ons as familie is dit n Christusfees. Laat November maak ons, ons bome op (ja, ons aanbid geen versierde boom nie, ons bring vrede en vreugde in ons huis, sodat ons heeltyd bewus is dat Jesus vir ons gebore is en ons daaroor kan en mag fees vier). Op 24 Desember kom ons by een van die familie se huise bymekaar, waar baie lekker vingerhappies op die tafels uitgepak word en veral die kinders mag dan eet net wat en hoeveel hulle kan en wil eet. Daarna sal een persoon nadat almal geëet, daar baie gelag en gespeel is, die Kersverhaal vertel of voorlees en die kinders se vrae beantwoord. Een sal die geskenke uitdeel en groot pret is aan die orde van die dag met die Ons en ons ses kinders en ses kleinkinders vier gewoonlik saam Kersfees. Twee van ons aangetroude kinders is van Duitse afkoms en vir hulle is Oukersaand n baie groot geleentheid. Om hulle onthalwe doen ons vreugdevol mee. Die Kersboom is versier met rooi filtharte, sterre en n filtgesiggie van elke kind. Ons lees die Kersverhaal en verduidelik God se liefde vir ons, vandaar die harte aan die boom. Oupa beklemtoon dit vir die kinders dat hul deel is van God se liefde. Dit is ook belangrik dat hul weet hoekom ons geskenke gee. Teen dié tyd word die glimlaggies al meer en die ogies blink... Kersoggend wens ons mekaar n geseënde Kersfees toe en gaan dan kerk toe. Dit is wonderlik om saam met medegelowiges Kersliedere te sing en te aanbid. Ons geniet n lekker middagmaal waartoe elkeen n bydrae gelewer het sodat niemand moeg gewerk is nie. Die lekker samesyn met geliefdes bly ons lank na Kersfees nog by. Wessel en Alicia Ebersöhn Vir my is Kersfees rustyd om net weer saam met my familie te ontspan saam kersliedere te sing persentjies te deel en om saam weer te onthou Wie vir ons gebore is. Amanda Berg 11 oopmaak van die geskenke. Uiteindelik sal die kinders, moeg maar tevrede, almal in die spreekwoordelike krismisbed slaap. Kersdag word daar vroeg opgestaan, almal gaan saam kerk toe en daarna volg een groot fees van verskillende koue vleise, baie slaaie, sommer met neute en sjokolade en alles wat lekker is, op die tafels. Na die heerlike nagereg van vrugtekoek en vla, raak almal stil-stil weg om n plekkie te kry om te rus en diep na te dink. Want vandag is ʼn Kind gebore. Abri en Monique Fauré verteenwoordig die doringkroon op Jesus se kop met sy kruisiging die sirkel en groen kleur dui op Chris- tus se ewige liefde vir my, sodat ek die ewige lewe kan beërwe simboliseer die aankondiging van Jesus se geboorte die goue kleur dui op Christus se koningskap die oproep vir die mensdom om God te aanbid ook soos wat die herder sy skape kan vind met die geluid van die klokkies, so soek en vind die Goeie Herder my dui op Jesus wat as die LIG vir die wêreld gekom het Jesus is die Goeie Herder wanneer die staf omgedraai word, is dit die letter J vir Jesus se naam die rooi strepie dui op Jesus se bloed wat vir ons gevloei en ons vrygekoop het die wit strepie dui op ons wit soos sneeu status omdat ons vrygespreek is wys heen na Jesus wat die grootste geskenk ooit vir die ganse mensdom is simboliseer ook die goud, mirre en wierook wat die wyse manne as eerbewys vir die Jesuskind gebring het die boom verwys na die boom van die lewe in die paradys en herinner so aan die Skepping en dat Christus weer sal kom om ook die Skepping te verlos die groen kleur van die boom verwys ook na die ewige lewe as erfenis van my vryspraak

Finansiële verslag 2016 a. Uitgawes mag nie meer as die inkomste wees nie. b. Skuld moet binne drie jaar afbetaal wees. Ons is in jaar twee van skulddelging. c. Die begroting moet deursigtig wees. d. Geen beleggings nie. Dankbaarheid vir 2016 a. Geloofsoffer: R570 000 - n 30% verhoging. b. Ons inkomste toon n totale groei van 10% bo 2016. Die vorige jaar was dit 15%. c. Vyf persent minder uitgawes as begroot. d. Die gemeente groei met 153 belydende en 71 dooplidmate. e. Hiervan is 24 babas in ons gemeente gedoop. f. Ons personeelkorps: 6 beamptes, 1 evangelis, 2 pastoralebedienaars en 2 dienswerkers. g. Vyftien bedieninge word deur die gemeente bestuur. BEGROTING 2016 DIENSVERHOUDINGE Begroting 2017: a. Verhoging in uitgawes: 7% b. Uitgawes gaan na buite: 20,6% c. Kapitale aanbouings: R1,7 miljoen vir 2 jaar. d. Gemeentefees. e. Dankoffer aan Afsaal: R20 000 f. Dankoffers van die lidmate aan die Vader vir sy sorg. (Ps 16) Ons verskil : Hier vir n verskil! A. Projekte binne die gemeenskap van Harties: 1. Voedselprojek by skole 2. Naaldwerkklasse 3. Beethoven Rehabilitasiesentrum 4. Plaaslike betrokkenheid binne die gemeenskap a) Vervoer van bejaardes b) Kospakkies c) Versorg/bederf d) Hulp met lees by skole e) Gesinsbegeleiding (De Vos gesin) f) Siekebesoeke g) Hoërskool : (i) Jeugweek (ii) Hashtag glow (iii) Slic - banier 5. Plaaslike betrokkenheid buite die gemeenskap a) Rusland b) Danville c) Gideons d) Bybelverspreiding e) Uitreike by werke - bid in die oggende saam f) Afsaal: (i) Kleuterskool (ii) Komberse (iii) Sweetpakkies: hoër-,, laer- en kleuterskool (iv) Stuur kinders na Imagine kamp (v) Toilette 12