DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11
REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE SIENINGE OOR REGVERDIGING, IN DIE KERK VANDAG.... 3 PROTESTANTSE SIENING... 4 ROOMS KATOLIEKE KERK... 4 GRIEKSE EN RUSSIESE ORTODOKSE KERKE... 5 BYBELTEKSTE WAT OOR REGVERDIGING HANDEL... 5 HOEKOM VERSKIL KERKE VAN MEKAAR?... 7 MAATSTAF VIR VERTOLKING VAN TEKSTE OOR REGVERDIGING... 7 WATTER SIENING OOR REGVERDIGING IS KORREK?... 8 EERSTE SIENING... 8 TWEEDE EN DERDE SIENINGS... 8 VIERDE SIENING... 9 SAMEVATTING... 10 AFSLUITING... 11 Page 2 of 11
REGVERDIGING INLEIDING Jesus Christus se dood en opstanding het drie aktiewe prosesse aan die gang gesit waarby alle Christen gelowiges baat vind. Hierdie drie prosesse staan as genadewerkinge bekend en is: 1. Wedergeboorte 2. Heiligmaking 3. Regverdiging Ons het vroeër in die jaar oor wedergeboorte gesels en verlede Sondag oor Heiligmaking. Ons gaan vanoggend oor die derde genadewerking gesels naamlik; Regverdiging. U en ek, is geregverdig voor God. Is u seker u weet wat dit beteken en wat is die implikasie vir u? Ons vertrou dat u na vandag groter duidelikheid oor een van die mees belangrikste dogmas in die Christelike Kerk sal hê. Mag dit u geloof opbou en mag u n beter begrip hê vir wat Jesus deur Sy dood en opstanding, vir ons bewerkstellig het. Ons gaan vandag die volgende bespreek: 1. Agtergrond oor die verskillende teologiese sieninge oor regverdiging in die kerk vandag. As ons dit bespreek, sal u klaar duidelikheid oor die begrip regverdiging begin kry. Aan die einde van die preek, sal u ook sien waar ons gemeente staan. 2. Ons gaan op Bybeltekste let wat oor regverdiging handel. 3. Ons gaan oor die Bybelse betekenis van regverdiging gesels. 4. Ons gaan let op wat die praktiese implikasies vir ons vandag is. AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE SIENINGE OOR REGVERDIGING, IN DIE KERK VANDAG. Die leerstelling van Regverdiging word as die grootste rede geag waarom die Katolieke Kerk in die 15 de eeu verdeel en die Protestantisme to stand gekom het. In 1517 het die Katolieke Kerk geleer dat mens jou saligheid met goeie werke kan verdien of met geld kan koop. Martin Luther wat op daardie stadium n professor in Teologie was, het van die siening verskil en geleer dat saligheid slegs deur jou geloof in Jesus Christus as jou Saligmaker, bekom kan word. Dit is n werk van genade en gratis vir die wat glo. Page 3 of 11
Die leerstelling oor Regverdiging is deur die jare gedebateer en vandag is daar kortliks die volgende sieninge; PROTESTANTSE SIENING In die algemeen word geleer dat persoonlike saligheid alleenlik deur geloof in Jesus Christus as jou Saligmaker en Redder bekom kan word. Saligheid kan nie deur goeie werke verdien of gekoop word nie. Dit is gratis. Dit is ook ons gemeente se siening. Protestantse kerke verskil egter onder mekaar oor hulle vertolking aangaande die praktiese implikasies van hierdie lering. Ons kan vandag die volgende vertolkings onderskei: 1. Sommige glo dat Jesus deur Sy dood en opstanding, alle mense geregverdig het. Alle mense gaan eendag hemel toe. Jesus se genade en kruiswerk is selfs groter as n mens se ongeloof. Mense wat hierdie siening ondersteun, leer ook soms dat daar nie n hel is nie. 2. Sommige glo dat alle mense wat aan Jesus Chistus as hulle Saligmaker glo, geregverdig en gered is. Niks wat jy kan doen, kan jou regverdiging wat jy in Jesus het, wegneem nie. Gelowiges wat hierdie siening ondersteun, leer soms dat dit nie nodig is om sondebelydenis te doen nie. 3. Sommige glo dat God sekere mense uitverkies het en dat hierdie mense deur Jesus se kruiswerk geregverdig is. Hulle is deel van die nuwe verbond en verbondskinders. As jy deur God uitverkies is, gaan jy hemel toe. Jy moet egter uit dankbaarheid vir wat Jesus gedoen het, probeer om aan God gehoorsaam te wees. 4. Sommige glo dat daar tussen n ware en vals geloof in Jesus Christus, onderskei moet word. Net diegene wat n ware geloof het, sal die Saligheid beêrwe. Ware geloof veroorsaak dat gelowiges se lewens verander word sodat hulle die karakter en beeld van Jesus meer en meer in hulle lewens sigbaar raak. Hulle dra die vrug van die Gees in hulle lewens. Hulle verrig goeie dade uit dankbaarheid vir wat Jesus aan die kruis gedoen het en is gehoorsaam aan die leiding van die Heilige Gees. ROOMS KATOLIEKE KERK Die Rooms Katolieke en die Lutherse Kerk het na onderlinge gesprekke oor die Leer van Regverdiging op 31 Oktober 1999, die Joint Declaration on the Doctrine of Justification (JDDJ), uitgereik. Hulle aanvaar die lering dat persoonlike saligheid alleenlik deur geloof in Page 4 of 11
Jesus Christus as jou Saligmaker en Redder bekom kan word. Dit kan nie deur goeie werke verdien of gekoop word nie. Hulle sê voorts dat: "We confess together that good works - a Christian life lived in faith, hope and love - follow justification and are its fruits. When the justified live in Christ and act in the grace they receive, they bring forth, in biblical terms, good fruit. Since Christians struggle against sin their entire lives, this consequence of justification is also for them an obligation they must fulfill. Thus both Jesus and the apostolic Scriptures admonish Christians to bring forth the works of love." GRIEKSE EN RUSSIESE ORTODOKSE KERKE Hulle aanvaar die lering dat persoonlike saligheid alleenlik deur geloof in Jesus Christus as jou Saligmaker en Redder bekom kan word. Dit kan nie deur goeie werke verdien of gekoop word nie. Soos ek dit verstaan glo hulle voorts in n inisiële regverdiging wat by die doop gebeur en n finale regverdiging na n leeftyd se strewe om aan God gehoorsaam te wees. Dit is kortliks wat die verskillende sieninge oor die leerstuk van regverdiging betref. Kom ons let nou op Bybeltekste wat oor regverdiging en saligheid handel. BYBELTEKSTE WAT OOR REGVERDIGING HANDEL ROMANS 3:21-26 (AMP) But now the righteousness of God has been clearly revealed [independently and completely] apart from the Law, though it is confirmed by the Law and the words and writings of the Prophets. This righteousness of God comes through faith in Jesus Christ for all those [Jew or Gentile] who believe and trust in Him and acknowledge Him as God s Son. There is no distinction, since all have sinned and continually fall short of the glory of God, and are being justified [declared free of the guilt of sin, made acceptable to God, and granted eternal life as a gift by His grace, through the redemption [the payment for our sin] which is provided in Christ Jesus, 25 whom God displayed publicly [before the eyes of the world] as a life-giving sacrifice of atonement and reconciliation by His blood [to be received] through faith. 1 COR 6:11 Such were some of you; but you were washed, but you were sanctified, but you were justified in the name of the Lord Jesus Christ and in the Spirit of our God. Page 5 of 11
EPHESIANS 2:8-9 (AMP) For it is by grace [God s remarkable compassion and favor drawing you to Christ] that you have been saved [actually delivered from judgment and given eternal life] through faith. And this [salvation] is not of yourselves [not through your own effort], but it is the [undeserved, gracious] gift of God; 9 not as a result of [your] works [nor your attempts to keep the Law], so that no one will [be able to] boast or take credit in any way [for his salvation]. OMSKRYWING: REGVERDIGING Die Griekse term is: dikaíōsis Dit beteken: divine approval; emphasizing Christ's full payment of the debt for sin which liberates the believer from all divine condemnation. It focuses on the acquitted penalty by receiving Christ i.e. as a person is moved from eternal "condemned" to "divinely pardoned" at conversion, by faith in Jesus Christ. Matt Stick: Christian Apologetics Justification is the work of God where the righteousness of Jesus is reckoned to the sinner, so the sinner is declared by God as being righteous under the Law (Rom. 4:3, 5:1, 9, Gal. 2:16, 3:11). This righteousness is not earned or retained by any effort of the saved. Justification is an instantaneous occurrence with the result being eternal life. It is based completely and solely upon Jesus' sacrifice on the cross. (1 Pet. 2:24) and is received by faith alone (Eph. 2:8-9). No works are necessary whatsoever to obtain justification. Otherwise, it is not a gift (Rom. 6:23). Therefore, we are justified by faith. (Romans 5:1). Verstaan u wat die term regverdiging beteken? Die leerstelling van regverdiging is een van die wonderlikste boodskappe in die Bybel veral as u dit vanuit die volgende perspektief sien; Die mens is na die sondeval, verdoemde wesens. Ons is afgesny van ons Skepper en God. Ons het ons reg tot heerskappy oor ons eie planeet aan n ander wese en sy volgelinge naamlik Satan afgestaan. Ons het slawe en gevangenes van Satan geword. Ons is verdoem om eendag saam met Satan en sy demone, hel toe te gaan. Daar is absoluut niks wat ons uit onsself, daaraan kan doen nie. God die Vader het ons ten spyte van ons rebellie teen Hom, steeds lief. Sy liefde lei daartoe dat Hy besluit om Sy enigste Seun na die aarde toe te stuur om ons uit die mag van Satan te verlos. God se Seun wat as die mens Jesus van Nasaret bekend staan en wat as Jesus die Gesalfde bekend geword het, vervul Sy missie op aarde suksesvol. Page 6 of 11
Jesus se sukses lei daartoe dat die mens uit sy verdoemenis gered kan word. Ons kan uit die slawerny van Satan bevry word. Die wyse waarop ons redding kan verkry is om in Jesus Christus as ons Saligmaker te glo. Ons moet tot geloof in Jesus as God se Seun kom. Ons moet bely dat Hy God is wat mens geword het, vir ons sondes gesterf het, uit die dood opgestaan het en leef. Sou ons tot geloof in Jesus Christus kom, word ons deur God die Vader regverdig verklaar. Dis die beste nuus van alle tye! HOEKOM VERSKIL KERKE VAN MEKAAR? Die vraag wat ons nou gaan bespreek is; hoekom verskil die kerke so onder mekaar oor die vertolking van die leerstuk van regverdiging? Watter vertolking is reg? Ek sou graag vir u wou sê dat hierdie verskille bloot van akademiese belang is en dat u nie daaraan moet aandag gee nie. Ons kan dit egter nie doen nie. n Kerk se siening oor die Leer van Regverdiging, beinvloed elke ander teologiese siening wat die kerk huldig. Dit is derhalwe krities belangrik dat u die Leerstuk van Regverdiging, korrek verstaan. Ons gaan nou ons gemeente se siening oor die leerstuk van regverdiging met u deel. Onthou asb, ek sê nie ons alleen het die enigste waarheid en al die ander kerke se lidmate gaan eendag hel toe nie. Ons het n mening en ons vertrou dat die Heilige Gees ons die waarheid sal wys as ons verkeerd is. Gelowiges is geroep om vir mekaar te bid en mekaar nie te veroordeel nie. MAATSTAF VIR VERTOLKING VAN TEKSTE OOR REGVERDIGING Om die Bybeltekste te vertolk, moet daar n maatstaf wees. Ons eerste maatstaf is om te kyk hoe die Bybeltekste oor die Leer van Regverdiging, by ander leringe in die Bybel pas. Ons tweede maatstaf is om spesifiek te let op wat Jesus Christus geleer het. Die rede hiervoor is dat die Apostels almal dissipels van Jesus was. Hulle het dus dieselfde teologie as Jesus verkondig. Hulle het op Jesus se leringe uitgebrei en dit verduidelik, maar nooit iets geleer wat van Jesus se leringe verskil het nie. Die praktiese implikasie hiervan is die volgende; As ek bevoorbeeld n Bybelteks in Romeine reg wil verklaar, behoort ek te kyk wat Jesus se siening oor die saak is. As my vertolking van die teks van n lering van Jesus verskil, is my vertolking van die teks in Romeine, verkeerd. Page 7 of 11
Die derde maatstaf is om te let wat die doel van die boek soos byvoorbeeld Romeine was. Ek behoort die teksvers binne die konteks van die doel van die boek, te verklaar. Reg, kom ons gebruik nou ons drie kriteria om die Bybeltekste oor Goddelike Regverdiging te verklaar. Watter van die vertolkings in die Kerk van Jesus is na ons beskeie mening korrek? WATTER SIENING OOR REGVERDIGING IS KORREK? EERSTE SIENING Jesus het deur Sy dood en opstanding, alle mense geregverdig. Alle mense gaan eendag hemel toe. Jesus se genade en kruiswerk is selfs groter as n mens se ongeloof. Daar is nie n hel nie. Daar is talle Bybeltekste wat hierdie siening weerlê, soos byvoorbeeld; JOHN 3:16 (AMP) For God so [greatly] loved and dearly prized the world, that He [even] gave His [One and] only begotten Son, so that whoever believes and trusts in Him [as Savior] shall not perish, but have eternal life. Beteken Goddelike Regverdiging dus dat alle mense eendag hemel toe sal gaan? Ons dink nie so nie. TWEEDE EN DERDE SIENINGS 1. As n persoon bely dat hy/sy Jesus Chistus as hulle Saligmaker aanvaar, gaan die persoon hemel toe. Niks wat persoon doen of nie doen nie, kan jou regverdiging wat jy in Jesus het, wegneem nie. 2. God het sekere mense uitverkies en al hierdie mense is deur Jesus se kruiswerk geregverdig. Hulle is deel van die nuwe verbond en verbondskinders. As jy deur God uitverkies is, gaan jy hemel toe. Het Jesus geleer dat as ons in Hom glo, ons verseker hemel toe sal gaan? Nee. MATT 7:21-23 (AMP) Not everyone who says to Me, Lord, Lord, will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of My Father who is in heaven. Many will say to Me on that day [when I judge them], Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, and driven out demons in Your name, and done many miracles in Your name? And then I will declare to them publicly, I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands]. Page 8 of 11
Jesus leer dat daar gelowiges is wat Jesus as God erken het en selfs in Sy naam wonderwerke gedoen het, wat nie die Saligheid gaan beêrwe nie. Ons moet God se wil doen as ons hemel toe wil gaan. Dit beteken dat my geloof tot dade moet oorgaan as ek die Saligheid wil beêrwe. Daar is dus n dieper dimensie van geloof as bloot n verbale verklaring en n lewe wat op die oog af Christelik voorkom. Is my vertolking van Matt. 7: 21-23 in lyn met ander Bybeltekste? Ons dink so ja. Hier is voorbeelde van Bybeltekste wat ons vertolking onderskryf. JAMES 2:14 (AMP) What is the benefit, my fellow believers, if someone claims to have faith but has no good works as evidence? Can that kind of faith save him? No, a mere claim of faith is not sufficient genuine faith produces good works. Die Apostel Paulus wat die Leer van Regverdiging die meeste in die Bybel verduidelik het, het ook nie gedink dat n verbale belydenis van geloof in Jesus Christus noodwendig jou persoonlike saligheid tot gevolg het nie. Dit is hoekom hy ook die volgende geleer het; GALATIANS 5:19-21(AMP) Now the practices of the sinful nature are clearly evident: they are sexual immorality, impurity, sensuality (total irresponsibility, lack of self-control), idolatry, sorcery, hostility, strife, jealousy, fits of anger, disputes, dissensions, factions [that promote heresies], envy, drunkenness, riotous behavior, and other things like these. I warn you beforehand, just as I did previously, that those who practice such things will not inherit the kingdom of God. Is die tweede en derde siening korrek? Ons dink nie so nie. Wat van die siening dat gelowiges nie meer nodig het om hulle sondes te bely nie? Wel Jesus het in die Onse Vader gebed geleer dat ons ons sondes moet bely. Die Apostels het daarop uitgebrei. Lees byvoorbeeld 1 Johannes 1:9. Die Bybel leer ook dat die Heilige Gees gelowiges van sonde kan oortuig. Hoekom sal die Heilige Gees ons van sonde oortuig as dit nie meer nodig is nie? Ons kan dis nie met hierdie siening saamstem nie. VIERDE SIENING Kom ons let nou op die vierde siening. Persoonlike geloof in Jesus as Saligmaker is die weg tot redding. Daar moet egter tussen n ware en vals geloof in Jesus Christus, onderskei moet word. Net diegene wat n ware geloof het, sal die Saligheid beêrwe. Ware geloof veroorsaak dat gelowiges se lewens Page 9 of 11
verander word sodat hulle die karakter en beeld van Jesus meer en meer in hulle lewens sigbaar raak. Hulle dra die vrug van die Gees in hulle lewens. Hulle verrig goeie dade uit dankbaarheid vir wat Jesus aan die kruis gedoen het en is gehoorsaam aan die leiding van die Heilige Gees. Indien al die kriteria wat vroëer vermeld is in ag gemeem word, is dit na ons mening die regte vertolking van die Leerstuk van Goddelike Geregtigheid. SAMEVATTING Samevattend kan ons die volgende konstateer: Jesus se koms na die aarde, sy sterwe, opstanding en verheerliking, het gevolge vir die mens wat tot vandag toe sigbaar is en tot in ewigheid weerklank vind. Hierdie gevolge staan as Jesus se genade werkinge bekend. Dit is wedergeboorte, regverdiging en heiligmaking. WEDERGEBOORTE Matt Stick: Christian Apologetics: Regeneration is the act of God whereby He renews the spiritual condition of a sinner. It is a spiritual change brought about by the work of the Holy Spirit so that the person then possesses new life--eternal life. Regeneration is a change in our moral and spiritual nature, where justification is a change in our relationship with God. Also, sanctification is the work of God in us to make us more like Jesus. Regeneration is the beginning of that change. It means to be born-again. REGVERDIGING Matt Stick: Christian Apologetics: Justification is the work of God where the righteousness of Jesus is reckoned to the sinner, so the sinner is declared by God as being righteous under the Law (Rom. 4:3, 5:1, 9, Gal. 2:16, 3:11). This righteousness is not earned or retained by any effort of the saved. Justification is an instantaneous occurrence with the result being eternal life. It is based completely and solely upon Jesus' sacrifice on the cross. (1 Pet. 2:24) and is received by faith alone (Eph. 2:8-9). No works are necessary whatsoever to obtain justification. Otherwise, it is not a gift (Rom. 6:23). Therefore, we are justified by faith. (Romans 5:1). HEILIGMAKING Matt Stick: Christian Apologetics: Sanctification is the process of being set apart for God's work and being conformed to the image of Christ. This conforming to Christ involves the work of the person, but it is still God working in the believer to produce more of a godly character and life in the person who has already been justified (Phil. 2:13). Sanctification is not instantaneous because it is not the work of God alone. The justified person is actively Page 10 of 11
involved in submitting to God's will, resisting sin, seeking holiness, and working to be more godly. (Gal. 5:22-23). Baie mense praat oor God se genade. Ek vertrou dat ons almal nou n beter begrip het daarvan. AFSLUITING Ek wil met die volgende vraag afsluit. Wat is die doel van hierdie genade werkinge? TITUS 2:11-14 (AMP) For the [remarkable, undeserved] grace of God that [a] brings salvation has appeared to all men. It teaches us to reject ungodliness and worldly (immoral) desires, and to live sensible, upright, and godly lives [lives with a purpose that reflect spiritual maturity] in this present age, awaiting and confidently expecting the [fulfillment of our] blessed hope and the glorious appearing of our great God and Savior, Christ Jesus, who [willingly] gave Himself [to be crucified] on our behalf to redeem us and purchase our freedom from all wickedness, and to purify for Himself a chosen and very special people to be His own possession, who are enthusiastic for doing what is good. AMEN Page 11 of 11