Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Van Vervolger tot Prediker

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Les 6 vir 10 November 2018

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die betekenis van die kruis (1)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Pretoria- 23 Junie 2012

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Addendum A Consent form

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Waar is God as ons swaarkry?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die maan en sy rol in ons wereld *

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Die Blye Boodskap. The Good News

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Transcription:

If you use this sermon in a service, kindly let the author know at: contact@vanbruggenpreken.nl Gemeente van ons Opgestane Heiland, Die preek handel vandag oor Thomas. Hy lyk nie juis n voorbeeld van n oortuigde Christen nie. Ons noem hom dikwels die ongelowige Thomas. Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie. Kyk maar na die ander dissipels. Ook hulle was nie ontvanklik vir die opstandingsevangelie nie! Hulle optrede op die eerste dag was maar dieselfde as Thomas s n agt dae later. Hulle het die vroue se berigte, vroeg die oggend van die opstanding, nie ernstig geneem nie. Die leë grafdoeke het hulle nie oortuig nie. Ook nie die verskynings aan Maria Magdalena, aan die twee mense wat na die land gegaan het, of aan n ander groep vroue nie. Jesus moes uiteindelik self verskyn en aan hulle almal sy hande en sy sy toon (Joh. 20:20). In die daaropvolgende dae word die dissipels aan hierdie eerste en eie ongeloof herinner. Hulle vertel vir Thomas van die verskyning van die Here Jesus. Maar dit help glad nie! En dit is ook nie vreemd nie. Die ander dissipels het nie die vroue geglo nie, waarom sou Thomas hulle nou moes glo? Die dissipels word op hierdie manier dae lank herinner aan hulle eie kleingeloof. Hulle sien dit in die weerstand van Thomas. Hy weerspieël hul eie houding op Paasoggend. Dit maak hulle skaam en gee hulle n magtelose gevoel. Ander mense se ongeloof laat ons so klein voel! Dit is hoe hardnekkig ons self is! So moeilik word ons oortuig! Watter verskil is daar nou eintlik tussen hierdie apostels en Thomas? Hoekom praat ons altyd oor die ongelowige Thomas, maar nie oor die ongelowige Petrus of Johannes nie? U sal dalk sê : Ja, maar Thomas was nie daar op die eerste paasdag nie. Dit 1 of 11

is die groot verskil met die ander. Maar weet ons hoekom hy nie op die eerste dag daar was nie? Miskien was dit maar n sameloop van omstandighede, n siekte tuis of iets anders. In elk geval maak Jesus hom later nie n enkele verwyt daaroor nie. En bowendien is Thomas die res van die week by hulle en die volgende Sondag is hy weer deel van die twaalf as n groep. Thomas is glad nie n ongelowige nie. Hy glo in die Here, die God van Israel : vóór Paasfees en ná Paasfees. Hy bly ook binne die broederskap van die gelowiges. Dit is n goeie ding dat jy nie sommer net wegloop nie, maar trou bly binne die gemeenskap waar jy geplaas is, ook as daar probleme of onbegrip is. En Thomas wil nog altyd een van die twaalf wees. Twaalf dui op die groep van apostels. Thomas hoort steeds by hierdie groep. Sy tong is net verlam : hy kan nie saam met die ander paasliedere sing nie. Hy is geblokkeer. Thomas is dus nie n verlore skaap wat weer teruggebring moet word nie. Hy is n apostel met n spraakgebrek. Hoe word hierdie man nou n oortuigde Christen? En dis beslis noodsaaklik. Om aan ander mense die evangelie te kan verkondig, moet jy eers self oortuig wees. Maar as die ander apostels dit nie kan regkry nie, hoe moet dit dan gebeur? Om dit te doen moet Jesus self verskyn in die kring van apostels. Hy moet Thomas herstel om van hom n oortuigde getuie van sy opstanding te maak. As God Hom nie self met ons besig hou nie, kan ons nooit egte oortuigde Christene word nie. Ons kan dit nie onder mekaar regkry nie, maar slegs deur Hom alleen! As Jesus dan verskyn, gebeur dit nie waar Thomas alleen by sy huis is nie. Hy soek hom op in die kring van die ander. Dit is dus goed dat Thomas wel daar is : in die gemeenskap waar hy sy plek gekry het. As jy n oortuigde Christen wil word, moet jy nie by die huis bly sit nie. Moenie sit en wag totdat daar iets met jou gebeur nie. Kom met jou swakheid en jou kleingeloof kerk toe, na die gemeenskap toe. Daar maak Christus van Thomas n oortuigde Christen. Binne daardie gemeenskap moet hy immers ook funksioneer. Christene is nie potplante nie, hulle is tuinplante! 2 of 11

En Christus versorg die tuin wanneer hy die plantjie-thomas water gee en weer laat opleef. Ons kan daarvan leer! Hoe word jy n oortuigde Christen? Leer saam met Thomas drie dinge : 1. Roem in Jesus se wonde, 2. Glo op Jesus se gesag 3. Vertrou op Jesus se mag. 1. Roem in Jesus se wonde Thomas, een van die twaalf, leer n week later as die ander om te glo in die opstanding van die Gekruisigde. Maar wat moet hy nou eintlik leer? Hoekom het hy so gesukkel daarmee? Hoekom het hy nie die ander geglo nie? Wat het hom geblokkeer? Oppervlakkig gesien, is jy geneig om te dink dat hy nie in n opstanding kon glo nie. Maar as dit so eenvoudig was, dan sou die verskyning van die lewende Jesus reeds genoeg gewees het om hom te oortuig : n gestorwene kan blykbaar tog weer lewendig word! Maar dit is nie waarmee Thomas die meeste moeite het nie, en eintlik geld dit vir baie mense. Daar is mense wat wel glo dat n dooie kan opstaan en dat Jesus opgestaan het, maar nogtans is hulle nie bly met die opgestane Heiland nie. In Jerusalem is daar vandag Joodse geleerdes wat die opstanding van Christus erken, maar tog word hulle nie Christene nie. Hulle glo dat n mens kan opstaan, soos dit ook in Elisa se tyd gebeur het. Hulle glo ook dat die mens Jesus van Nazaret opgestaan het. Maar dit is dan ook net dit. Hulle weier om Hom te ontvang as hul Meester en hulle kan nie erken dat sy lyding, hulle versoening beteken nie. By Thomas is dit iets dergeliks, net op n ander manier. Hy is bewus van die opstanding uit die dode. Hy weet van die opstanding van Lazarus, want hy was self daarby gewees. Sy probleem is nie die lewe van Jesus nie, maar sy sterwe. Dit is daarom dat hy sê dat hy die wonde van Jesus wil voel. Hy kan nie die lyding van Christus aan die kruis n plek gee in die lewe van Jesus nie. As Jesus dus nou leef, moes Golgota net n nagmerrie gewees het. Jesus kan wel lewe, maar dan was Hy nie dood nie. 3 of 11

Thomas vind dit onversoenbaar: die lewende Meester wat gewond en gekruisig is, om dan tog weer die lewende Meester te wees. Dis nie die graf wat Thomas se denke blokkeer nie, maar wel die kruis. Die eerste ketters in die Christelike kerk het daarmee ook probleme gehad, en spoedig het die dwaling ontstaan dat Jesus slegs in skyn gekruisig is.thomas verval nie in daardie kettery nie. Hy het gesien dat sy Meester gewond is en dat sy sy deurboor is. Maar hy sien die opstanding as skyn! Want albei kan nie tegelyk waar wees nie. En as ons mooi daaroor nadink, kan ons Thomas se reaksie goed verstaan. Want eintlik is dit onvoorstelbaar. En dan gaan dit nie in die eerste plek daaroor dat God se Seun mens geword het, en dat Hy die lewende in mensegedaante is nie. In die Griekse wêreld het mense ook verhale geken van gode wat in mensgestalte neergedaal het. En God die HERE het self aan Abram as n vreemdeling wat op reis was, verskyn. Maar durf jy werklik glo dat Hy, die Ewige, aan die kruis spykers in sy hande laat kap het? Met al sy koppigheid het Thomas viervoet vasgesteek voor die grondelose diepte van God se liefde. Maar ons moenie spottend oor Thomas as n laatkomer praat nie. Ons moet liewer erken dat hy n diep denker en n diep voeler was. Hy het alles diep deurleef, maar God se gedagtes was vir hom net te hoog, te wonderbaar. Dit kan tog nie waar wees nie? Tensy hy self kon voel dat die Lewende wel daardie wonde het. Vir ons is dit soms te vanselfsprekend. Ons dink dit is heel normaal om te hoor : So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Eniggebore Seun gegee het... Ons sê Johannes 3:16 sommer maklik op. Maar Thomas laat ons besef dat dit die mees ongewone saak ter wêreld is. Dit is regtig ongelooflik!! Hoe langer jy daaroor nadink, hoe moeiliker is dit om uit te spreek. Daarom se Thomas : As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. Dit is die woorde van n baie ortodokse Jood. Hy besef dat ons voor n afgrond van liefde staan, as dit waar sou wees dat daar wonde in die hande en die sy van die Lewensvors is. 4 of 11

Die moeites van Thomas is reeds gewortel in die gebeure voor Paasfees. In Johannes 11:16 is Thomas ook al aan die woord. Ook daar worstel hy met die liefde van God. Die berig kom dat Lazarus gesterf het. En dan wil Jesus soontoe gaan. Na Betanië, naby Jerusalem. Dit is gevaarlik en juis die plek waar die leiers op die loer is om Hom gevange te neem. Wat wil Jesus daar gaan maak? Wil Hy dalk sterwe? Die leerlinge is verward. Maar Thomas sê dit hardop, beslis en verbonde aan Jesus : Laat ons dan maar saam met Hom gaan en saam met Hom sterwe. Hy is getrou tot in die dood. Trou tot in die sinlose ondergang as dit dan moet. Thomas het natuurlik al dikwels vir Jesus hoor spreek oor sy sterwe, maar net soos die ander dissipels, het hy nie geweet wat om daarmee te maak nie. Die boodskap van die kruis het vir hom vreemd gebly. En op Paasfees is dit steeds so. En nou kan God sê dat Thomas dit moes geglo het dat God die wereld so liefgehad het, maar dit moenie as n goedkoop verwyt van ons af kom nie. Ons mag eers iets daarvan sê as ons self die matelose diepte van God se liefde enigsins gepeil het. En as jy voor daardie afgrond gestaan het en daarin gestaar het, dan sal jy Thomas nie meer verwyt nie. Dan sal jy verstaan waarom hy so toegeslaan het. Dan verstaan ons ook waarom Christus self moes ingryp om in ons die diepte van verwondering oop te maak, wat die weerspieeling is van die diepte van God se liefde. So gebeur dit dan ag dae na Paasfees. Die apostels is weer bymekaar. Binne, die deure is gesluit. Thomas is ook daar. En dan verskyn Jesus Christus. Hy is sommer net daar. Asof Hy reeds binne was, maar net onsigbaar. Skielik word Hy sigbaar. En dan is Hy daar. Hoe wonderlik kom Hy. Toe deure. Jesus kom sommer in die gesigsveld van die apostels binne. Dit voel baie besonders. Hy was dus reeds daar. Hy is dus reeds by ons, voordat ons Hom sien. So is dit ook met ons. Hy is by ons in ons kamer, daar waar ons twyfel, daar waar ons soekend is, of besig is om ons blind staar op dinge. Hy is by ons, ook al sien ons Hom nie. Daardie tyd, soveel eeue gelede mog sy dissipels Hom nog n rukkie sien. Dit was n bonus. Hierdie ekstra het ons nie nodig nie : as Hy maar daar is, naby ons. Dit het Hy belowe. 5 of 11

Nie dat ons Hom altyd sal sien nie, maar wel dat Hy altyd by ons sal wees tot aan die voleinding van die wêreld. Jy leef nie in n lugleegte nie : die Meester is naby, elke dag, elke uur! Heilig is die grond waarop ons staan in hierdie week. En dan klink die gebruiklike groet vir ons almal : Shalom! Vrede vir julle almal tesame. Dit kry n ryk klank noudat Hy dit sê. Die klem val nou op die goeie môre of die goeie aand. Jesus rig Hom dadelik tot een van die twaalf, naamlik Thomas. Jesus wys dat Hy alle dinge weet. Thomas het slegs vir die ander dissipels gesê : Tensy ek my vingers op sy wonde kan lê, maar tog weet Jesus dit en sê : Bring jou vinger hier.... Dit is ook vir die ander dissipels en vir ons n vreugde, gemeente, om te ontdek dat ons n Lewende Heiland het wat al ons sorge en weerstand ken. Hy luister saam tydens die huisbesoek. Hy weet wat ons vir mekaar sê. Hy ken ons sms e! Jesus weet wat in ons hart woel, nog voordat ons dit vir Hom vertel. Ons moet ons hart uitstort by Hom en al ons behoeftes met danksegging en gebed aan Hom bekend maak. Dit is noodsaaklik om ons vertroue in die Here te oefen. Maar vir Jesus is dit nie nodig nie. Hy deurgrond en ken my reeds voor elke gebed. Hy deurgrond en ken ons as gemeente al voor elke huisbesoek. Ons lewe op heilige grond voor die aangesig van Hom wat ons tot in ons hart deurgrond. Hy ken ons ook as ons sukkel om te bid. Thomas voel hom nou wel betrap in sy blokkering. Ons moet dalk meer daarby stilstaan dat Jesus ons betrap op gedagtes en woorde wat ons gedink het om net vir onsself te hou, of maar net vir mekaar wou sê. Miskien tob ons saam oor dinge omdat ons dink dat Jesus nie daarmee kan help nie. Maar ons sou skaam kry as ons besef hoe haarfyn Hy ons gedagtes en woorde ken! En dit is hartseer vir Hom en die Heilige Gees, as ons maak asof Hy tog nie daarvan sou weet nie. Jesus ken vir Thomas voordat Thomas Hom erken. En die groot wonder is dat Jesus hom in liefde ken. Hy verwyt Thomas glad nie. Hy kom hom in genade tegemoet en kom sy swakheid te hulp. 6 of 11

Hy sê nie : Hoe kon jy...! nie. Hy gaan in op Thomas se moeite en dit beskaam Thomas meer as wat verwyte ooit kon doen. Die Heiland is vir ons n voorbeeld in die verdra van mekaar se swakhede en kleingeloof. Ondersteun mekaar, moenie mekaar in die steek laat nie! Praat met jou kinders oor hulle optrede, ook al is dit soms teleurstellend, maar moenie hulle mond snoer met vinnige verwyte nie! Thomas moet vorentoe kom. Jesus steek sy hande uit : Voel, Thomas! Moenie net kyk nie, steek jou hande uit en voel die lyne van my littekens. Is dit die rafels van n spykergat of nie? En dan moet Thomas nog n keer voel. Jesus maak sy bo-kleed los, vat Thomas se pols en bring sy hand na sy sy. Is dit die sny van n spiespunt of nie? Thomas kan die hardhandige werk van die soldate aan die littekens voel. Nou begin Thomas dit rofweg voel : Jesus leef nie net nie, maar Hy het regtig vir ons aan die vervloekte kruishout gehang. Golgota is nie n vreeslike nagmerrie nie, maar n peillose evangelie. Voel jy dit, Thomas? En dan wel Thomas se antwoord op uit dieptes wat toegesluit was. Dit is nie n antwoord op Jesus se verskyning nie, want dan sou hy al eerder hierdie aand gepraat het. Dit is die antwoord op die verbintenis tussen littekens en lewe, oorgawe en verskyning, dit is n antwoord op die peillose diepte van God se liefde. En dan stamel Thomas : My Here en my God! Vir die eerste keer hoor ons uit die mond van n dissipel so regstreeks die woorde, my God! Die dissipel wat laaste gekom het, spreek nou die hoogste woord uit. Littekens en die Lewende : dit is nie meer menslik nie, dit is so hoog soos God, so diep soos die Almagtige. Thomas buig nie voor n leerstelling (versoening, kruis, en opstanding) nie, hy buig voor n Persoon, Here en God. Nou sê hy nie meer laat ons saam met Hom sterf nie. Hy staan nou aan die voet van die berg Sinai, en hy kyk op na die vuurkolom op die berg en hy beef van verwarring voor die Lewende. So leer Thomas om te roem in Jesus se wonde. Dit is die kern van die geloof van die twaalf apostels. Dit is ook heel persoonlik van toepassing op ons. Saam met Thomas moet ons leer om te sê : My Here en my God. 7 of 11

Gemeente, ons het by die tweede gekom wat ons moet leer van Thomas as ons oortuigde christene wil word, ons moet : 2. Glo op Jesus se gesag Hoe het Thomas so verander? Deur homself? As gevolg van n logiese gevolgtrekking? Deur n besondere ervaring? Nee, want verstand en ervaring bring ons nie tot geloof nie, al ondersteun dit die geloof wel. Dit is nie Thomas wat homself tot die orde geroep het nie. Dit is Christus wat hom met gesag roep tot geloof : Moenie ongelowig wees nie, maar GLO! Dit is n bevel. Ons lewe in n tyd wat nie van bevele hou nie. Jy merk dit in die prediking en by evangelisasie gesprekke. Dit lyk asof mense gepaai, gelok en geboei moet word, maar nie beveel wil word nie. Iets wat sterk ontbreek in ons tyd, is dit wat die Dordtse Leerreëls noem die prediking met bevel van geloof en bekering. Dit kom kort waar daar gesprekke oor geloof gevoer word. Die oproep en die bevel van God om te glo, ontbreek dikwels. Die Dordtse Leerreëls het nie verniet die Remonstrante sterk afgewys nie. Van nature kan én wil n mens nie glo nie. Maar God gebied ons om terug te keer na Hom. Daardie bevel is nie bedoel om af te skrik nie, maar dit is juis lewewekkend. Kyk maar wat het met Thomas gebeur. Christus breek deur sy harde hart met die bevel : Hou op met jou ongeloof, Thomas, Ek is hier, hou op om my te misken. Geloof is nie n guns van die mens nie, maar ongeloof is wel n sonde van die mens, ook vandag. Jesus wys Thomas op sy sonde. Hy mag nie aarsel of weier nie. En deur hierdie bevel, open Hy sy hart. Ook vandag is dit die taak van die kerk om ongeloof as sonde, en twyfel as hoogmoed, uit te wys. Dit moet juis gedoen word om die pad van terugkeer en verwondering oop te maak : dat God ons Skepper nog te doen wil hê met ons onwilligheid en hardnekkigheid! Dikwels het ongeloof in die lewe van mense n lang geskiedenis. So was dit ook by Thomas. Hy was dit wat in die nag voor Jesus se sterwe nogal voorbarig gesê het: 8 of 11

Here, ons weet nie waar U gaan nie, hoe kan ons dan die weg ken? (Joh 14:5) En toe antwoord Jesus: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Thomas was dus gewaarsku. Slegs as hy Jesus sou volg op die weg na kruis en opstanding, sou hy tot die Vader kan kom. Maar Thomas het juis geweier om Jesus te aanvaar as die gekruisigde. Daardeur het hy self sy pad na die Vader geblokkeer. Maar nou beveel Jesus hom om op te hou met sy ongeloof. En vanaf daardie oomblik vind Thomas die pad na die Vader. Jesus die Gekruisigde is God self. Wie Hom sien as Here en God, weet wie God is en wat die Vader met ons wil doen. So is die bevel van God tot ons behoud. Dit is nie vir die mens om te kies nie, maar dit is God wat ons roep en gebied. Ons ongeloof is n skuldige onvermoë. Slegs God kan dit met sy skeppende woord deurbreek. Hy is ons Skepper en Redder, my Here en my God. Die Bybel omskryf die geloof as gehoorsaamheid. n Gehoorsaamheid wat deur God se bevel in ons harte binne gebring word. Laat ons ons nie verset teen sy skeppende bevel nie! As jy n oortuigde christen wil word, moet jy : 3. Vertroue in Jesus se mag Die slotwoorde van Jesus is: Salig is die wat nie gesien het nie, maar tog geglo het. Dit klink soos n kompliment vir mense wat dit beter sal doen as Thomas. Maar so word dit nie bedoel nie. Dit is eerder n bemoediging. Daar sal mense kom wat sal glo sonder dat hulle Jesus self te siene gekry het. Tog klink dit onwaarskynlik. As Thomas, een van die twaalf, al nie kon glo sonder om te sien nie, hoe sal dit dan later met die ander mense en die heidene moet gaan? Sal dit dan almal Thomasse wees wat sê : Eers sien, eers voel, en dan glo? Maar tog belowe Jesus dat daar baie gelowiges sal kom wat nie sien nie, maar tog glo. Daardie wonder sal Hy bewerkstellig. Ons lees in Johannes 20 hoe die Here reeds op die eerste opstandingsdag sê dat die dissipels getuies moet wees in die hele wêreld. En ons hoor hoe Jesus dan op hulle blaas as simbool vir die neerdaling van die asem van die Gees. Hulle voel fisies Jesus se asem op hulle blaas: so werklik is die Heilige Gees in 9 of 11

die apostels en in die gemeente. Maar op Thomas kon die Here toe nie blaas nie. Hy was nie daar op die aand van klein Pinkster nie. En hy het hom ook nie in die daarop volgende week deur die ander apostels laat inspireer nie. Inteendeel, sy eie blokkering het hom ongeskik gemaak om n getuie te wees in die wêreld. Hoe kan jy getuig oor iets wat jy self nie kan aanvaar nie? Vir die apostels, maar ook vir ons almal, is dit noodsaaklik dat ons van binne self aangeraak is deur die Gees. Dan sal ons, gedryf deur n hartlike oortuiging en n groot liefde, met ander mense kan praat. Ons moet lewe op die asem van die Heiland. Dit het ook vir Thomas gegeld. En nou spoor Jesus vir Thomas op n besondere manier aan. Hy self kon moeilik glo sonder om te sien. Jesus moet self verskyn en hom beveel. Eers toe het die deurbraak gekom. Is dit n somber vooruitsig? Nee, want dit is Jesus wat sal sorg dat baie mense sal glo sonder om te sien. Nog n groter wonder as by Thomas. Net hierna bemoedig Jesus weer sy apostels met die wonderbare visvangs! (Johannes 21). En een van die apostels wat by hierdie bemoediging aanwesig was, is Thomas. Jesus belowe aan hulle vol nette. Nette vol mense wat sal glo sonder om te sien. Dit is nie die werk van hierdie vissermanne nie. Dit is die ongesiene wonderwerk van die Meester wat langs die hemelse kus staan en wat die visse beveel om in die nette van die apostels te swem. Thomas sal nog sien wat gaan gebeur wanneer die asem van Jesus begin werk soos die wind van die Gees, en soos vuur! Gelukkig is die mense wat daardeur aangeraak sal word, hulle wat oorrompel word deur die mag van Christus! Hulle wat die diepte ervaar van sy wonde en die mag van sy bevel, is gelukkige mense! En wees gerus, Thomas: die wêreld sal vol word van sulke gelukkige mense. Danksy die geheimsinnige krag van die evangelie wat harte van mense oopbreek sonder dat hulle sien of voel of ervaar. Gelukkig is u, gemeente: u is gebou op die fondament van die apostels. Een van daardie fondamenstene onder die kerk is Thomas. Hy het gevoel, ons nie. Hy het geglo, ons ook. En ons deel saam met die apostels in die saligheid en die geluk van die opgestane Heiland. 10 of 11

Laat ons bid om dié saligheid en daardie geluk, en mag die Here eenmaal in die eindgerig vir ons almal sê : Wel gedaan, getroue dienaar en dienares, u het geglo sonder om my te sien : aanskou nou u Meester in sy pragtige hemelse majesteit. En dan sal Hy aan ons verskyn ; Hy sal in ons midde staan as die Lam wat geslag is en sy woorde sal soos dou op ons koppe neerdaal : Vrede vir julle! En bewend van geluk sal ons ervaar hoe waar dit nog altyd was : Rabboeni: My Here en my God! AMEN 11 of 11