Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Les 6 vir 10 November 2018

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Van Vervolger tot Prediker

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

NEW INTERNATIONAL VERSION

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Addendum A Consent form

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Nederlandse Geloofsbelydenis

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

4. Struktuur Van Profesie

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?ref=hl

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Die Blye Boodskap. The Good News

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Doen Eers n Kosteberekening

Community of Practice

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

from the group who had gathered there.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Transcription:

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Tydens die 2010 sokker Wêreldbeker kompetisie, wat in Suid-Afrika gehou was, stuur iemand vir my dit wat jy nou hier onder gaan lees. Ek weet nie of dit werklik plaasgevind het nie maar ek kan baie goed glo, dat dit wel plaasgevind het. Ek wil na aanleiding van hierdie skrywe wat vir my gestuur was aan die einde daarvan iets met jou deel, so ek vra groot asseblief, dat jy dit tog sal lees. Die persoon wat dit aan my gestuur het, het dit vir die waarheid aan my gestuur en my uitgedaag om dit te lees. Hier volg dit dan. Johannesburg 25 May 2010 An ox was slaughtered at the Soccer City stadium on Tuesday to bless the country's stadiums for the FIFA World Cup. Xhosa warrior, Zakhele Sigcawu, 70, of the Tshawe clan, speared the ox in the back of its neck between its horns. "He is a specialist in doing this," said Zolani Mkiva, president and director general of the Institute of African Royalty. "He came all the way from the rural Eastern Cape to do this." The ceremony, which started with the slaughter, was attended by about 2 000 people from most South African cultures, and most of them in traditional attire. Mkhiva said the stadium was blessed by about 300 sangomas (diviners) - including a white sangoma - and inyanga (traditional healers). They invoked "the spirits of our African ancestors to usher in their wisdom and energy in setting the scene of what was to follow in the day", he said. While the traditional herb, impepho, was burnt, traditional healers called on African ancestors and God to ensure a successful World Cup. They all also communicated the "spirit" of the day's proceedings to the other stadiums in the country "spiritually. "We centralised it (the blessing) here as the tournament starts here and ends here," he said, adding that the spiritual communication process was very "sacred".

In African culture, the stadium was seen as a "house" and a place was created within the Soccer City precinct to act as a "kraal" where the ox was slaughtered. "After that, the senior traditional healers walked into the stadium in song, drumbeating and dance, where they continued to bless the inside of the stadium with rituals," said Mkhiva. "Our stadiums are now officially blessed, according to our culture, for the tournament," he said. The ceremony included a blessing of everything related to the World Cup, including well wishes for Bafana Bafana, the organisers and the country as a whole. Soos ek gesê het, het die persoon wat dit aan my gestuur het, my uitgedaag om dit te lees. Ek Gee die persoon n fiktiewe naam. Hier volg dan my antwoord aan Francis. Goeiedag Francis. Ek het toe jou uitdaging aanvaar en dit wat jy vir my gestuur het gelees. Toe ek dit wat jy vir my gestuur het klaar gelees het, het die volgende hartseer gedagte wat al baie vantevore ook in my hart opgekom het, as ek sekere dinge lees, hoor of ervaar en ek gaan jou nie uitdaag om verder te lees nie maar ek hoop tog jy sal verder lees wat ek met jou wil deel. Ek het gedink: Sjoe. Meer as 350 jaar gelede, kom die eerste van baie Christene van hulle skepe af oor die strand aan die suidpunt van Afrika gestap met die Bybel, om dit so te stel, oop in hulle hande. Dit is nou meer as 350 jaar later en in hierdie verligte eeu lees ek van hierdie soort ding in hierdie sogenaamde (Christen) land. Dan praat ek nie eens daarvan, dat hierdie, (Christen) land vir wie ek so lief is, een van die lande in die wêreld is met die hoogste misdaad syfer nie en ek kom tot die ooglopende gevolgtrekking, dat die Christene tot op datum klaaglik misluk het in die verkondiging van die Evangelie van Jesus, as dit die resultaat is wat ons na meer as 350 jaar kan wys. Die rede waarom ons so klaaglik misluk het, is natuurlik myns insiens ook ooglopend. Ons het die Evangelie van Jesus verkondig en onder andere daarby gevoeg: Ons gaan saam in die Hemel wees maar jy mag nie langs my in n erediens sit nie en wat dit aanbetref, dit geld sommer ook vir alle ander plekke en sitplekke ook. Met ander woorde. Jy is goed genoeg vir die Hemel maar jy is nie goed genoeg vir die plek langs my nie, Nie letterlik nie en ook nie figuurlik nie. Ons het in die verlede dit so gedoen en baie van ons doen dit nog vandag so. Ons gee allerlei redes en mooi name waarom ons optree soos ons optree en die Evangelie verkondig soos ons dit verkondig maar as jy dit oopsny tot op die been, is dit omdat die meeste van ons dink dat ons net, om dit baie lig uit te druk, so n trappie hoër is as hulle aan wie ons die Evangelie van Jesus moet verkondig. Met ander woorde, ons het toe verkondig en baie verkondig nog vandag. MAT 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

MAT 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. MAT 22:38 Dit is die eerste en groot gebod. MAT 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. MAT 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Dan voeg ons natuurlik, baie vroom godsdienstig daarby. 1KOR 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 1KOR 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 1KOR 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit Francis, is wat ons toe verkondig het en dit is wat ons nog steeds vandag verkondig maar as gevolg van ons eie belangrike ek, wat bo die ware Evangelie van Jesus gestel word, het die volgende tragedie toe gegeld en geld dit nog vandag en ek gaan dit in engels aan jou stel. All of us did then and are still today talking the talk, but most of us did not then and still are not today, walking the walk and that is sad, tragically, so very sad. Tot sovêr my skrywe aan Francis. In wat ek nou gaan skryf, wil ek net weer noem wat ek al in die verlede ook genoem het. Ek sê nie, dat dit verkeerd is om dit wat vir jou belangrik is, om dit so te stel, jy nie mag vertroetel nie maar ek sê wel, dat niks, niks, heeltemal niks, mag vir ons belangriker word, as dit wat ons Here van ons verwag nie. Verstaan dit wat nou volg en wat vooraf gegaan het teen hierdie agtergrond. Hoe absoluut tragies is dit nie. Ons lees in die Woord, dat die volgende geld vir almal wat Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker. 1PET 2:9 Maar julle is n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom, n heilige volk, n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 1PET 2:10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. Die Woord sê vir my, dat hierdie volk deur Jesus se bloed gekoop en uit die volgende saamgestel is. OPG 5:9 Toe sing hulle n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, OPG 5:10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

Dit is maar net enkele voorbeelde uit die Woord om te wys, dat almal wat Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker, tot een volk behoort, die volk van Christus. Tog is daar mense wat hulleself Christene noem, wat na mede Christene kyk en hulleself van daardie Christene distansieer en van daardie ander Christene as volksvreemdes praat en kan jy dit glo, in baie gevalle nie eens saam met hulle in die selfde gebou ons Here wil dien nie. Al weet hulle, dat ons Here in Sy Woord vir ons wys, dat ek op niemand mag neerkyk nie, maak nie saak hoe laag daardie persoon in die oë van die samelewing is nie. KOL 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het KOL 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, KOL 3:11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. KOL 3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. KOL 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. Sommer vir die interessantheid daarvan. Die HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, verklaar die woord barbaar onder andere so: Lid van n onbeskaafde stam, volk. n Skith was in Paulus se tyd die laagste trap van mens wees. Dit is dan ook waar ons woord skiewie vandaan kom. Die HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal sê in die verband die volgende: Skiewie, iemand wat baie laag op die sosiale leer is of baie nederige werk moet doen. Die Skithe was in Paulus se tyd die absolute laagste vorm van beskaafdheid wat daar was. As iemand dalk dink ek oordryf, om n punt te bewys. In een van my bronne wat ek van tyd tot tyd gebruik (Die Bybel se ensiklopedie vir die Jeug), lees ek die volgende oor Die skithe. Skith: Die Skithe was oorspronklik afkomstig uit die Kaukasus (Rusland) en was toonbeelde van algehele ongeletterdheid en die laagste trap van beskaafdheid. Hoe verskriklik is die sonde van iemand wat hom/haarself distansieer van n mens net omdat dit God behaag het, om die ander persoon nie in dieselfde volk te plaas, of dieselfde kleur te gee, waar sy/hy deel van is nie. Soos ek van tevore al gesê het, sê ek nou maar weer. Dit het ons Here behaag om my wit te skape. Dit was ons Here se keuse, nie myne nie en daarom mag niemand op my neerkyk omdat ek wit is nie. Dit wat vir my geld, geld vir elke ander mens op hierdie aarde, ongeag haar/sy kleur of volk.

Iemand wat op my of enige ander mens neerkyk vanweë ons kleur of volk, kyk neer op God se handewerk. So mede Christen, laat ons nie teen enige mens diskrimineer bloot omdat die persoon nie van ons volk of taal is nie. Laat ons die Evangelie van Christus verkondig soos die Woord dit verkondig en dan, so glo ek, sal ons Here deur die groot verskeidenheid Christene in hierdie land, van hierdie land en sy mense werklik n Christen land maak. Ten slotte dan, net die volgende uit die woord. MAT 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. MAT 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. MAT 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. MAT 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet? MAT 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. MAT 22:38 Dit is die eerste en groot gebod. MAT 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. MAT 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. JHN 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. JHN 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 1JHN 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is n leuenaar en in hom is die waarheid nie. 1JHN 2:5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. So my vriendin/vriend en dissipel van Jesus. laat ek en jy nie soos so baie in die verlede, n evangelie verkondig nie maar laat ons die Evangelie verkondig. Anders gestel. let us not only talk the talk, but let us also walk the walk. Judas 1:24-25 Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, 25. aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.

Groete Sakkie Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die subject box na sparsons@absamail.co.za Moet asseblief nie n leë e-pos stuur nie. Aangesien ek blind is en gebruik maak van n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie. In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.