Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Les 6 vir 10 November 2018

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die betekenis van die kruis (1)

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Die Blye Boodskap. The Good News

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Addendum A Consent form

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Transcription:

Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê.

Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing - Ps 75: 4, 5, 6 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 50: 8, 10, 11 Gebed om skuldbelydenis en verligting. 2

Daar is nou geleentheid vir die doop van Ester Erasmus Sing: Ps 105:5 Woorddiens. Die Woord spreek tot ons uit Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Psalm as antwoord op die Woord Ps 105: 6 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes dis wonderlik wanneer die HERE sy teken-en-seël van doop gee. Dis wonderlik wanneer ons dit sien gebeur toe Ester gedoop is. soos net-nou weer So kom ons staan bietjie hierby stil. By: Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken Net-nou toe ons die formulier vir-ie bediening van die heilige doop gelees het kon ons hoor dat die rede waarom ons kinders ook doop die HERE se verbond is sy nuwe-genade-verbond waaraan ook ons kinders behoort. Bewys Hoor bietjie hoe staan dit daar: So spreek God ook tot Abraham, die vader van al die gelowiges... Ek sal my verbond oprig tussen My en jou 3

en jou nageslag na jou... om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag na jou. Dit betuig Petrus ook met die woorde: Want die belofte kom julle toe en julle kinders... Daarom het God vroeër beveel dat hulle besny moet word, wat 'n seël van die verbond en van die geregtigheid van die geloof was... En dan staan daar die volgende: Omdat die doop nou in die plek van die besnydenis gekom het moet die kinders as erfgename van die ryk van God en van sy verbond gedoop word. En nou gaan ons wanneer ons gaan stilstaan by Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken Begin by die verband tussen besnydenis en doop. En wat dit vir ons as gelowige ouers sê. Wat dit vir ons kinders sê. En dan gaan ons ons ook kyk na 'n paar toepassings. 1. So kom ons begin by die verband tussen besnydenis en doop. A. Kom ons praat net eers oor waar besnydenis vandaan kom. Wel ons het net-nou daarvan gelees in Gen 17. In Gen 17:7 sê-ie HERE vir Abraham: Ek sal my verbond oprig tussen My en jou 4

en jou nageslag ná jou... om vir jou n God te wees en vir jou nageslag ná jou. Kom ons sê net gou wat 'n verbond is. Verduidelik 1 In-ie Bybel is-ie HERE se verbond 'n verhouding, waarin-ie HERE ons God is en ons sy volk sy kinders en-ie HERE by ons is intiem in liefde. Natuurlik kom daar nog baie goed by. Maar ek dink regtig dat hierdie die kern is. En nou kom-ie HERE in Gen 17:7 en Hy sê vir Abraham: Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag... om vir jou n God te wees en vir jou nageslag... Verduidelik So wat die HERE sê is-at Abraham en sy nageslag sy kinders in 'n verhouding met die HERE gaan staan. En dat die HERE by hulle gaan wees in liefde. En dan om vir Abraham-hulle sekerheid te gee om vir hulle te sê: 'Hei dis regtig so vastigheid te gee 1 Vgl Baljon bl 477; TDNT vol 3 bl 449-450; Robertson, The Christ of the Covenants, bl 4-6 5

Hierdie verbond-ding is nie maar net 'n storietjie nie' gee die HERE ook 'n teken 'n seël of 'n waarborg. 2 In-ie OT was-it die besnydenis. Bewys Dis wat die HERE in Gen 17:11-12 sê: julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal n teken wees van die verbond tussen My en julle. n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word... So ja dis wat besnydenis is. Dis hierdie teken hierdie waarborg dat daar regtig 'n verbond is. B. Wat sê-it vir ons? Wel baie. Bewys Want in Rom 4:11 sê Paulus dat Abraham die vader sou wees van almal wat glo... In Gal 3:7 sê hy: Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. Verduidelik 3 So wat hierdie vir gelowiges sê is-at ook ons in hierdie verbond is. 2 Vgl Robertson, The Christ of the Covenants, bl 148-149, 152, 153 3 Vgl Reformation study Bible bl 36 6

Ja hierdie verbond met Abraham is uiteindelik niks anders-ie as-ie HERE se nuwe-genade-verbond waaroor ons so paar weke terug kon leer toe ons by Mark 14:22-25 was waar Jesus oor-ie Nagmaal praat en oor-ie nuwe-verbond. So dis wat dit beteken as ons in Gen 17:7 lees van-ie HERE se verbond met Abraham en sy nageslag. Abraham se ware nageslag is-ie gelowiges in Jesus. Daarom is Gen 17:7 se verbond ook met jou-en-my wat regtig in Jesus glo. Oorgang En-ie besnydenis dan? Die teken van-ie verbond? Wat sê dit vir ons? Wel ook baie. Veral as ons raak sien dat daar regtig 'n verband is tussen ons doop nou in-ie NT en-ie besnydenis van Gen 17. 2. So kom ons fokus nou daarop. Op hierdie verband tussen besnydenis en doop. Opmerking Ons kom agter wat hierdie verband is as ons bietjie dieper ingaan op-ie betekenis van die besnydenis. En dan-saar drie goed wat ons moet raaksien. 7

A. Die eerste is-at besnydenis vir Abraham-hulle wys hoe hulle regtig in hulle self is. En dis verlore verdorwe sondaars van nature onder-ie oordeel van-ie HERE en nie in-ie verbond nie. So-ie besdnydenis wys ook: Abraham, julle het verlossing uit genade alleen nodig het. 4 Ons sien-it as ons in-ie OT Skrif met Skrif vergelyk. a1. 5 Die eerste plek waarna ons kyk is Eks 6:11. Daar kla Moses. Die HERE het hom in Eks 6:10 beveel om vir Farao te sê dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek. Dis nou Egipte waar Israel slawe was. Dis dan dat Moses in vers 11 vir-ie HERE sê:... hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is? Verduidelik So onbesnedenheid wys jy't 'n gebrek. Moses sin is-at hy nie goed kon praat nie. 6 So dink hy in elk geval. So besnydenins dan wys op een of ander gebrek wat deur besnydenis reg gemaak moet word. 4 Vgl Robertson, The Christ of the Covenants, bl 150-151 5 Vgl Vos, Biblical Theology, bl 89 6 Vgl Bybel met verklaerende aantekeninge vol 1 bl 126, 130 8

En dis wat Abraham-hulle se besnydenis moet uitwys. Van nature het hulle 'n onbesnedenheid-krisis. a2. 7 En Abraham-hulle se voorhuid-besnydenis wys-at hulle hart-besnydenis nodig het. Bewys Deut 10:16 praat daaroor as daar staan: Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. En dis wat Abraham-hulle van nature het. 'n Sondige hart-probleem. 'n Totaal verdorwe hart-probleem wat vir hulle harde nekke gee wat nie wil buig onder die HERE se wil nie. 8 En dan word hierdie hart-krisis nog groter as Jeremia in Jer 6:10 sê: Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle n smaad, hulle het daar geen behae in nie. En dis waarop Abraham-hulle se besnydenis wys. Van nature het hulle 'n totaal-verdorwe hart-krisis. En by-it het hulle ore wat nie na sy Woord wil luister nie. Hulle het dus 'n sonde-krisis 7 Vgl Vos, Biblical Theology, bl 89-90 8 Vgl Verklarende Bybel bl 205 9

wat hulle onder die HERE se oordeel bring. En nie in 'n verbondsverhouding nie. En besnydenis wys-it. Besnydenis wys jy't verlossing nodig om by God in 'n verbondsverhouding te leef. Toepassing Ons doop wys-it ook. So hier-sie verband tussen doop en besnydenis. Bewys Hoor hoe sê ons doop-formulier dit vanuit die Skrif in-ie eerste paragraaf: Ons en ons kinders is in sonde ontvang en gebore en is daarom onder die toorn van God... Dit word aan ons geleer deur die indompeling in en besprinkeling met die water, waardeur die onreinheid van ons siele vir ons aangewys word... Wat vir ons wys ons het wassing nodig. 'n Radikale daad van verlossing net soos besnydenis ook wys. B. En-ie HERE gee-it. Ook hiervan is besnydenis 'n teken. Dis-ie tweede ding wat ons moet raaksien van besnydenis. Ja besnydenis wys hoe-ie HERE uit genade alleen 10

Abraham-hulle uit hulle totaal verdorwe hart-krisis verlos. 9 Bewys Ons lees daarvan in Deut 30:6. Moses praat daar oor wat die HERE vir Israel sal doen: En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê... Verduidelik Sien julle wat die HERE sal doen? Die HERE besny harte wat in radikale opstand teen die HERE is. En dan? Wel-ie gevolg is-at Abraham-hulle Israel die HERE sal kan begin lief hê en dien. Opmerking 10 Calvyn sê in sy kommenataar op Deut 30:6 dat ons hier met niks ander as wedergeboorte te doen het nie. 11 En op dit alles wys Abraham-hulle se voorhuid-besnydenis. Dit wys hulle hulle is radiaal verlore met totaal-verdorwe harte. Maar-it wys ook: Die HERE besny hulle totaal verdorwe harte. 9 Vgl Calvyn se komm op die Eks-Deut, vol 3 bl 285; Vos Biblical Theology, bl 89-90; Robertson, The Christ of the Covenants, bl 153 10 Vgl Calvyn se komm op die Eks-Deut, vol 3 bl 284-285; Waltke, An Old Testament Theology, bl 495; Du Toit, Opebaringsgeskiedenis van die Ou Testament, bl 256-257 11 Vgl ook Vos, Biblical Theology, bl 90 11

En dan doen-ie HERE hierdie hart-besnydenis uiteindelik in Christus. Openbaringshistories 12 Paulus vertel daarvan in Kol 2:11-12. Hy sê: in (Christus) is julle ook besny met n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê of julle bevry het sodat julle nie meer slawe is van julle totaal verdorwe natuur nie 13 in die besnydenis van Christus of die besnydenis wat deur Christus gedoen is 14 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop... Verduidelik 15 Nou ons gaan-ie tyd hê om op al-ie detail van hierdie teks in te gaan nie. Maar wat Paulus hier sê is-at die HERE in Christus se verlossingswerk aan-ie kruis in sy dood in sy opstanding sy hart-besnydenis doen. Ons kan ook sê dat die HERE deur Christus se verlossingswerk 12 Vgl Robertson, The Christ of the Covenants, bl 163 13 Vgl Pop, Bijbelse woorden en hun geheijm bl 512-513; Calvyn se Kol komm bl 184 14 Vgl Bruce se Kol komm bl 104; Ridderbos se Kol komm bl 180; Calvyn se Kol komm bl 184-185; NAV; Beale, A NT Biblical theology, bl 809. 15 Vgl Robertson, The Christ of the Covenants, bl 163; Beale, A NT Biblical theology, bl 803-816 12

aan die kruis in sy dood in sy opstanding ons van ons van ons totale verdorwenheid verlos en vir ons nuwe harte verkry wat weer die HERE wil begin lief hê. En deur-ie Heilige Gees gee-ie HERE dan hierdie nuwe hart hier-en-nou in ons lewe. Op ander plekke noem-ie NT dit die wedergeboorte deur die Heilige Gees. Toepassing 16 En van dit alles is ons doop vir ons 'n teken en seël. So hier-sit weer: Die verband tussen besnydenis en doop. Abraham-hulle se voorhuid-besnydenis wys-heen op-ie hart-besnydenis wat die HERE deur Christus doen en deur die Heilige Gees in ons lewens werklikheid maak. En nou dat Christus dit vervul het wys-ie doop-it vir ons. Die HERE se hart-besnydenis-werk. Die HERE se wedergeboorte werk. 17 C. Daar's nog 'n derde belangrike betekenis van besnydenis. 16 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 26 17 Vgl Tit 3:5 - deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees 13

Verduidelik 18 En dis-at besnydenis nie net wys op hoe verdorwe Abraham-hulle se harte is-ie nie net wys-at die HERE hierdie harte besny nie. Nee, daarby wys-ie HERE met besnydenis ook dat Hy Abraham-hulle se sondeskuld weg neem dit vergewe sodat jy regverdig voor die HERE kan staan nie meer onder sy oordeel nie. Paulus sê-it in Rom 4:11: En (Abraham) het die teken van die besnydenis ontvang as n seël van die geregtigheid van die geloof... Verduidelik 19 In Rom 4:3 skryf Paulus en dan haal hy eintlik aan uit Gen 15:6. Hy skryf: Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. In vers 5 leer ons meer oor wat dit inhou as Abraham so in God glo. Daar lees ons-at Abraham in God geglo het wat die goddelose regverdig... En presies so was Abraham. Goddeloos met sy totaal-verdorwe onbesnede hart. 18 Vgl Robertson, The Christ of the Covenants, bl 159-160 19 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 23 v/a 59-61 14

En Abraham besef-it. En Abraham los elke stukkie self-vertroue en vertrou op God wat die goddelose regverdig... En dan skryf Paulus in Rom 4:3 Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. En dit beteken Abraham staan nou voor die HERE met sy sonde vergewe. Dit beteken Abraham staan nou voor die HERE regverdig. Nie uit die werke nie maar deur die geloof in God wat die goddelose regverdig... deur Jesus aan-ie kruis wat in gelowiges se plek vir jou jou oordeel dra sodat jy vergewe kan word en voor God regverdig kan staan en in 'n verbondsverhouding sy kind kan word. En dan skryf Paulus in vers 11 dan gee God vir Abraham die teken van die besnydenis... as n seël van die geregtigheid van die geloof... 20 Toepassing En presies dit is waarvan ons doop ook 'n teken en seël is. 21 20 Vgl Vos, Biblical theology, bl 90 21 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 26 v/a 70 15

Bewys Hand 22:16 wys-it vir ons. Paulus vertel daar hoe Jesus hom tot bekering gebring het. Direk daarna het Paulus by 'n sekere Ananias uit gekom. Ananias het toe vir Paulus gesê: laat jou doop en jou sondes afwas... Verduidelik 22 Nou wat Ananias nie hier bedoel nie is-at doop-water regtig Paulus se sonde afwas. Nee! Ananias praat soos Jesus by-ie instelling van-ie nagmaal. Jesus sê daar bv in Mark 14:22 oor-ie brood wat Hy vir sy dissipels aangee: Neem, eet, dit is my liggaam. En dan bedoel Jesus mos nou baie duidelik nie dat Hy 'n stuk van sy lyf vir sy dissipels gee nie. Of-at die brood in sy lyf verander het nie. Nee, Jesus bedoel dat die brood 'n teken is van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis oorgee. En dis hoe Ananias ook in Hand 22:16 praat oor-ie doop 22 Vgl Mark 14,22-26.pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 16

as hy vir Paulus sê: laat jou doop en jou sondes afwas... Wat Ananias hier bedoel is-at die doop vir Paulus 'n teken en waarborg is van dit wat in Openb 1:5 staan. Dis waar ons hoor dat Jesus ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed. En daarvan is-ie doop 'n teken en 'n seël. Verduidelik Ja ons doop is 'n teken dat ons in-ie bloed van Jesus vergifnis het en regverdig voor God staan. Saamvat So sien julle die ooreenkoms die verband tussen besnydenis en doop? Doop het nou in die plek van besnydenis gekom. Maar OT-besnydenis en NT-doop wys altwee op-ie verlossingswerk van die HERE. Besnydenis en doop wys ons van nature totaal verdorwe is so verdorwe dat ons nie eers in die HERE kan glo nie. Besnydenis en doop wys op-ie HERE se wedergeboorte werk 17

sodat ons kan glo en met nuwe lewens die HERE weer wil begin dien. Besnydenis en doop wys op-ie HERE se vergifnis van ons sondeskuld en regverdigmaking uit genade alleen deur die geloof in Jesus alleen. Ons Kategismus by Sondag 26 sê dat ons doop vir ons wat glo wys dat ons met die bloed en Gees van Christus gewas is. En dit beteken dat ons van God vergewing van sonde uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus... Verder, om deur die Heilige Gees vernuwe en as lede van Christus geheilig te wees sodat ons die sonde hoe langer hoe meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe. 3. So wat sê-it vir ons kinders? Kom ons fokus daarop. Wat sê-it alles vir ons kinders? A. Wel al hierdie beloftes waarvan besnydenis en doop tekens is is ook vir ons kinders. Dis regtig 'n lyn deur-ie HERE se Woord. 18

Bewys I In Gen 17:7 sê-ie HERE nie dat sy verbond net met gelowige Abraham is-ie. Nee die HERE sê: Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag... II In Deut 30:6 sê Moses nie dat die HERE net volwasse Israeliete se harte gaan besny nie. Nee Moses sê: die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag... III As-ie HERE in Jer 32:38-40 soos ook in Jer 31 oor sy nuwe-verbond praat dan sê-ie HERE: En Ek sal hulle een hart... gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle... IV En as Christus op Pinksterdag in-ie NT die Heilige Gees uitstort dan sê Petrus in Hand 2:39 aan ouers wat tot bekering gekom het en nou in Jesus glo en ook die gawe van die heilige Gees ontvang het: die belofte (van die Heilige Gees) kom julle toe en julle kinders... (almal van hulle 23 ) wat die Here onse God na Hom sal roep. 23 Hand 2:39b ὅσους + ἂν + aor subj lei n onbepaalde byvoeglike bysin in (Binnewerk bl 59). Hierdie sin verwys na n ongespesifiseerde groep (Greek grammer beyond basics bl 660; Comm on the NT use of the OT bl 543). ὅσους ἂν het dan die betekenis van 'soveel as wat'. ὅσους = akk ml mv van ο σος (Binnewerk bl 59). Hierdie ml mv stem ten eerste en die mees natuurlikste ooreen in getal en geslag met πασι τοις εις μακραν. Daarom meen ek dat ons in 39b ten eerste 'n beskrywing het van πασι τοις εις μακραν in 39a (Greek grammer beyons basics bl 335-336). Die Verklarende Bybel bl 155(NT) meen egter dat hierdie frase ook υμιν en τοις τεκνοις υμων nader beskryf. So ook Macarthur se Hand komm bl 76; 19

En dan? Wel in-ie OT gee die HERE die besnydenis wat teken en seël is ook vir Abraham se kinders. En ons in die NT? Verduidelik 24 Wel in alle nederigheid sê ons dan: Dit kan nie anders nie. As besnydenis en doop op-ie selfde verlossing-beloftes wys en besnydenis was in-ie OT ook vir gelowiges se kinders omdat hierdie verlossing-beloftes ook vir-ie kinders is wel dan-sie doop ook vir-ie kinders. Want die selfde beloftes is steeds ook vir gelowiges se kinders. B. Maar nou sal iemand sê: 'Maar doop is dan 'n teken van-ie wedergeboorte. En doop is 'n teken van vergifnis en geregtigheid voor God wat wedergeborenes ontvang alleen deur-ie geloof.' Reeformation study Bible bl 1563. Gevolgtrek: Ek stem met laas genoemde saam. Veral ogv 2Tes 2:13-14. Daar kry ek die volgende: οτι ειλετο υμας ο θεος απ αρχης εις σωτηριαν εν αγιασμω πνευματος και πιστει αληθειας εις ο εκαλεσεν υμας... Die εις ο wys hier terug na εν αγιασμω πνευματος και πιστει αληθειας, tog is hier nie sprake van ooreenstemming in getal en geslag nie. Dit wys my dat 'n relatiewe vnw ook na 'n frase kan terugverwys (Greek grammer beyons basics bl 342). Die konteks en die res van die Skrif moet uiteindelik die deurslag gee. In die geval van Hand 2:39 is die analogia fidei baie duidelik. Dit leer ons immers dat dit wat beloof word in die belofte van die Gees nie sonder roeping ons besit word nie bv Rom 8:30; 1Kor 1:9. Dus: Die wat besitters van die belofte is, is uiteindelik 'julle wat die HERE ons God na Hom toe sal roep' en 'julle kinders wat die HERE onse God na Hom sal roep' en 'almal wat daar vers is wat die HEREE onse God na Hom toe sal roep'. Ons sien hier dat 'julle kinders nie sommer net outomaties ook besitter van die belofte is nie. Dis die geroepte kinders... deur God... Hulle sal ook uiteindelik bekeer. God bly soewerein aan die werk in ons en ons kinders se verlossing 24 Vgl A Putitan Theology Doctrine for life, bl 728; Sproul, http://www.gty.org/resources/articles/a361/case-for-infant- Baptism-The-Historic-PaedoBaptist-Position 20

'En klein babatjies glo tog-ie. Hulle het ook-ie sonde-besef en bekering wat merktekens van wedergeboorte is-ie. So hoe kan ons hulle doop?' So wat antwoord ons dan? Verduidelik 25 Wel in nederigheid moet ons maar sê dat ons dit vir God moet gaan vra. Want dis presies wat God in die OT beveel het. Besnydenis is 'n teken van-ie wedergeboorte deur-ie HERE. Besnydenis is 'n teken van vergifnis en geregtigheid voor God uit genade alleen deur'ie geloof in Jesus alleen. En dan gee-ie HERE hierdie teken vir gelowige Abraham na sy wedergeboorte na sy bekering na hy begin glo het. Dis wat Rom 4:11 mooi op wys. En dan? Wel-an beveel-ie HERE in Gen 17:11-13 vir Abraham: 'Gee die teken ook vir jou baba seuntjies al glo hulle nog nie al is hulle nog nie weergebore nie.' 25 Vgl Macarthur, http://www.gty.org/resources/articles/a360/case-for-believers-baptism-the-credo-baptist-position; Sproul http://www.gty.org/resources/articles/a361/case-for-infant-baptism-the-historic-paedobaptist-position. 21

Toepassing En wat doen Abraham dan? Sê hy: 'HERE maar dit kan mos nou nie. Hulle glo dan nog nie?' Nee Gen 17:23-27 vertel dat Abraham gehoorsaam gedoen het wat die HERE gesê het. In Gen 21:4 lees ons-it weer: En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het. C. Maar nou sal iemand sê: 'Ek hoor maar dis in-ie OT. Ons het nie in die NT so 'n bevel nie.' Verduidelik 26 Wel in nederigheid sal ons moet sê: 'Ja dis reg ons het nie.' Maar het Jesus gesê toe Hy die doop gegee het: 'Hou van nou af op om-ie teken van my verlossing-beloftes ook aan gelowiges se kinders te gee.' Wel daarvan lees ons ook nie. 26 Vgl Macarthur, http://www.gty.org/resources/articles/a360/case-for-believers-baptism-the-credo-baptist-position; Sproul http://www.gty.org/resources/articles/a361/case-for-infant-baptism-the-historic-paedobaptist-position. 22

D. Maar nou sal iemand dalk nog vra regtig in opregtheid: 'Maar moet ons-ie maar net bly by die duidelike voorbeelde van die NT nie? En in-ie boek Handelinge lees ons tog net van mense wat eers gelowig geword het voor hulle gedoop is.' Verduidelik 27 Wel ons lees in die NT van omtrent 12 dope. En by van hierdie dope is van-ie mense wat tot geloof gekom het se hele huisgesinne saam met hulle gedoop. Ons lees bv in Hand 16 daarvan. Opmerking Persoonlik dink ek dat dit al klaar vir ons begin wys in-ie rigting dat ook kinders gedoop is. Maar goed. Kom ons sê dat al hierdie kinders al groot kinders was en saam met hulle ouers gelowig geword het toe-ie Evangelie gepreek is en dat hulle as gelowiges saam met hulle ouers gedoop is. So dan het ons nou in-ie NT net voorbeelde van mense wat gedoop is na hulle tot geloof gekom het. 27 Vgl Macarthur, http://www.gty.org/resources/articles/a360/case-for-believers-baptism-the-credo-baptist-position; Sproul http://www.gty.org/resources/articles/a361/case-for-infant-baptism-the-historic-paedobaptist-position. 23

Maar en dis nou belangrik. Ons het nie in-ie NT een voorbeeld waar 'n apostel bevel gee dat 'n kind wat in 'n huis groot geword het van gelowige ouers wat reeds in die verlede gedoop is en toe hierdie kind gekry het nadat hulle gedoop was dat hierdie kind eers gedoop moet word nadat hy gelowig geword het. Ons het nie so 'n voorbeeld nie. As ons so 'n voorbeeld gehad het of so bevel gehad het dan sou ons nie anders kon nie. Dan sou ons eers ons kinders moes doop nadat hulle gelowig geword het. Maar nou het ons nie so 'n voorbeeld of bevel nie. E. So wat moet ons doen? Wel in nederigheid altyd nederig en biddend laat ons ons lei deur-ie groot boodskap van-ie HERE se Woord. Verduidelik En dan sien ons hoe-ie HERE totaal verdorwe mense radikaal uit genade alleen verlos. Die HERE gee hulle hart-besnydenis Die HERE gee hulle wedergeboorte. 24

Die HERE gee hulle geloof. Die HERE gee hulle Jesus. En deur-ie geloof in Jesus het ons geregtigheid voor God en vrede en 'n verbondsverhouding met die HERE. En 'n teken-en-seël wat vir ons sê al hierdie goed is regtig. Dis vas dis vir my. En dan? Wel dis so wonderlik dan sê die HERE en wee-en-weer sien ons-it ja dan sê die HERE: 'Ek gaan nou in jou gesin verder werk. Jy en jou vrou gaan nie meer net kinders vir-ie hel baar nie. Nee Ek gaan my kinders uit jou kinders versamel met wedergeboorte met bekering met geloof in Jesus.' Toepassing Dis troos. Dis groot groot troos. En dan? Wel-an gee die HERE in-ie OT sy besnydenis. Nou in-ie NT gee die HERE sy doop. En uit die groot boodskap van-ie Bybel kan ons dan-ie anders-ie as om tot die oortuiging te kom dat doop nou in-ie NT nie net vir gelowiges is-ie 25

maar ook vir ons kinders. 4. Kom ons sluit af met 'n paar toepassings. A. Die eerste is-at as-ie HERE se verlossing-beloftes inhou dat Hy ons en ons kinders verlos deur wedergeboorte en geloof in Jesus dan maak die HERE hierdie beloftes werklikheid deur sy Woord en Gees. Dis hoe die HERE werk. 28 Dis hoe die HERE sy verlossing-beloftes werklikheid maak. Bewys Ons sien-it bv in 1Pet 1:23 waar Petrus sê: julle is wedergebore... deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. So wat sê dit vir my en jou wat gelowig geword het oor hoe ons ons kinders moet opvoed? Toepassing Wel net een ding. Doen-it met die Woord. Bewys Dis hoekom die HERE in Gen 18:19 oor Abraham sê: Ek het hom verkies, 28 DL 1:8; 3/4:6 26

dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou... Dis hoekom Moses in Deut 6:6-7 vir ons as ouers sê: hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Dis hoekom Paulus in Efes 6:4 sê: vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here. So hoe gaan-it met ons huisgodsdiens? Bring ons-ie Woord vir ons kinders? Hoe gaan dit met ons stilte-tyd? Bid ons vir ons kinders? Praat ons met hulle oor hulle verhouding met Jesus? Hê geliefdes? Dis hoe God werk. Moenie in sy pad staan nie. Nee kom ons wees kanale waardeur die HERE sy lewend-makende Woord 27

na ons kinders bring. B. Hier's 'n tweede toepassing. Dis vir ons kinders. Maar ook vir ons as pa's en ma's en vir ons almal. En ek wil hê ons moet ons Bybels hier oop maak by Rom 9:6-8. (blaai) Kyk daar staan: Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. Verduidelik 29 En nou-sie een belangrike ding wat ons hier moet raaksien vandag dit: Nou in hierdie tyd is daar nog in God se verbond twee soort kinders. 29 Vgl Ridderbos -genadeverbond.pdf, bl 1-29; Reformation study Bible bl 36, 1628 28

Kinders van die vlees. En kinders van die belofte. Paulus noem in vers 11-13 'n voorbeeld van 'n kind van die vlees. Dis Esau. Hy was Jakob se boetie. Abraham was sy oupa. Hy was besny. So van buite bekyk was Esau in die verbond. Maar dan sê Paulus dat hierdie Esau hierdie kind van die vlees dat God Hom nie uitverkies het nie en dat God hom gehaat het. Maar weet julle: Nou-saar een baie belangrike merkteken van hierdie kinders van die vlees. Verduidelik 30 Hulle leef hulle bly leef om die belofte van Jesus en die geregtigheid deur-ie geloof in ongeloof te verag. Dis hoe Esau was. Opmerking Gen 25 byvoorbeeld vertel dat sy goed sy lewe sy hier-en-nou behoeftes vir hom net veel belangriker was as Jesus. 30 Vgl a'brakel, Het redelijk Godsdiens, bl 978-979 29

Maar so wys hulle dat hulle kinders van die vlees is. En nie kinders van die belofte nie. In Rom 11:20 sê Paulus dat hulle ongeloof maak dat hulle soos droë takke uit die verbond-boom afgebreek word. Want hulle was nie kinders van die belofte nie. Toepassing So daarom geliefdes moet ek en jy onsself vanoggend voor-ie Woord van 2Kor 13:5 stel. Dis waar Paulus sê: Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. So ja is ek en jy kind van die belofte? Kinders van die belofte is ons wat deur ons lewe al meer-en-meer besef ons is in ons self niks verlore. In ons self kan ons Jesus nie volg nie. Ons besef al wat ons regtig goed kan doen is om Jesus in die steek te laat. Ja deur ons lewe besef ons al meer hoe nodig ons Jesus as ons Verlosser het. En dan bid ons dit. Ons vra Hom. 30

Weet jy as-it gebeur dan sê Jesus in Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie... Ja dan-sie HERE besig in jou met hart-besnydenis sodat jy die pyn van jou verlorenheid in jouself kan voel en-ie wonder van verlossing keer op keer kan beleef in Jesus wat jou gryp en sê: 'Ek sal jou rus gee.' Slot C. Hies's 'n derde toepassing. Ons laaste een. Dis vir ons wat nou al klein babatjies het wat dood gegaan het. Is hulle kinders van-ie belofte? Verduidelik 31 Ons het dit eintlik net-nou al gesê. In-ie verbondsgemeenskap leef kinders van die vlees om Jesus te verwerp. Dis 'n merkteken van 'n kind van die vlees. Dis soos Esau. Daarom kan ek en jy getroos weet soos ons leer in ons DL hfst 1:17 Die Woord van God... getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is... 31 Vgl a'brakel, Het redelijk Godsdiens, bl 978-979; Kersten, Reformed Dogmatics vol 2 bl 514-517 31

nie van nature nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie. In tussen kom ons maak erns met ons verhouding met Jesus. Kom ons leer ons kinders-ie Woord. Kom ons praat met hulle oor Jesus. Kom ons bid vir ons self en vir hulle. Want so maak die HERE sy verlossing-beloftes werklikheid. Die beloftes van wedergeboorte wat Hy werk die beloftes van vergifnis en geregtigheid deur die geloof in Jesus. Die beloftes wat die HERE in ons en ons kinders se doop beseël. Amen. Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord - Ps 105: 6 Gebed 32

Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 37: 14, 15, 16, 17 Slotsang Ps 100: 1, 2, 4 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 33