Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Van Vervolger tot Prediker

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Pretoria- 23 Junie 2012

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Waar is God as ons swaarkry?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Les 6 vir 10 November 2018

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die betekenis van die kruis (1)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Addendum A Consent form

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Die Blye Boodskap. The Good News

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Pretoria- 23 Januarie 2011

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Nederlandse Geloofsbelydenis

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Transcription:

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie samevatting van wat in hoofstuk 18 gebeur. In die tyd van die profeet Elia was Agab die koning oor Israel. Hy was getroud met Isebel, 'n geslepe en gevaarlike vrou wat nie in die Here geglo het nie, maar die godsdiens van Baal en sy vroulike godin Asjera aangehang het. Die Here se profete moes vlug voor haar strewe om die Baalgodsdiens nie net te bevorder nie, maar ook die staatsgodsdiens in Israel te maak. In 1 Konings 18 kom die hele konflik tussen die Here en Baal tot hierdie groot klimaks. Die profeet Elia daag die 450 priesters van Baal en die 400 van Asjera om op Karmelberg bymekaar te kom. Hy nooi ook die hele volk van die Here om by hierdie geleentheid te wees. Hy nooi dan die profete van Baal uit om 'n offer vir hul god op 'n altaar neer te lê. Hy sou dan dieselfde doen. Die een wie se God met vuur antwoord is God. Die profete van Baal is eerste aan die beurt. Hulle gil en skree en sny hulself stukkend om die nodige reaksie uit hul god te kry maar niks gebeur natuurlik nie. Elia begin hulle spot oor Baal se gebrek aan reaksie; Wasy, wasy, wasy? Slaap hy bietjie, is hy op die toilet? Dis wat hy eintlik in die Hebreeus sê. Uiteindelik is dit Elia se beurt. Hy spog so bietjie. Hy brag met wat die Here kan doen. Hy gooi nog sy offer sopnat ook. Drie maal nogal. Dit het beteken dit was so nat soos dit sou kon wees. Elia doen niks buitengewoon nie. Jy hoef nie te perform om die ware God se aandag te trek nie. Elia doen net hierdie gebed dat die Here met vuur sal antwoord. En ons sien hier een van die kragtigste demonstrasies van God se mag in die hele Ou Testament. Die vuur wat die Here uit die hemel stuur verteer die offer, die hout, die klippe van die altaar en selfs die grond en al die water wat op die offer uitgegiet was. Dis duidelk wie God is. En die volk gryp op Elia se bevel die profete van Baal en maak hulle almal dood. Elia is op hierdie geestelike high- hy hardloop voor Agab se wa en perde uit. Blykbaar kan die afstand wat hy gehardloop het so ver as 42 km. So die eerste ou wat die marathon onder 2 ure gehardloop het was dalk nie 'n Keniaan nie! Maar nou hoor Isebel die profete van Baal is doodgemaak. Wat is haar reaksie? Ons lees daarvan in die begin van hoofstuk 19

Skriflesings: 1 Konings 19:1-21 (15-21), 2 Konings 2:1-15, Jesaja 61:1-10 Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God, want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel.. (Jesaja 61:10) Ou Afrikaanse vertaling I will sing for joy in God, explode with praise deep in my soul! He dressed me up in a suit of salvation, he outfitted me in a robe of righteousness (Isaiah 61:10 Message) Wat is Elia se mantel? Elia se mantel was hierdie gewone kledingstuk wat hy bo oor sy ander klere aangetrek het- dit het gedien om hom warm te hou veral in die nag en hy maak daarmee sy gesig vir die Here toe in 1 Konings 19. Die woord wat hier vir mantel gebruik word is se stamwoord hou verband met krag of mag (power). Dit is dus simbool van Elia se outoriteit of gesag as profeet van die Here. Dis hierdie simbool van outoriteit en krag wat Elisa optel as Elia weggevoer word in die stormwind. Elia se mantel is soos Moses se staf- hier verdeel die mantel net die water en nie Moses se staf of kierie nie. Wat is Christus se mantel? Ek bring Jesaja 61 met Christus Jesus in verband, want dit is wat Hy self doen in Lukas 4: As Jesus SY mission statement of verklaring moet gee waarom God Hom gestuur het en die sinagoge in Nasaret, Sy tuisdorp, haal Hy Jesaja 61 aan: Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep, en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig. Hy sê eintlik nie Jesaja nie, maar Ek is die groot profeet van God wat gestuur is om vryheid en genesing en herstel te bring. En dan lees ons in Jesaja 61 hierdie vreemde vers wat nie by maklik by die res inpas nie, wat so half onverwags opduik. Ons het een Afrikaanse lied wat daarna verwys: Ek is bly, ek is bly, ek verbly my in die Heer. Hy het my 'n nuwe kleed gegee. Hy het my verlos, Hy het my verlos. Ek is bly, ek is bly, soos 'n bruidgegom en bruid, ek is bly. Net soos wat die eerste verse van Jesaja 61 presies beskryf wat Jesus kom doen het, net so beskryf vers 10 iets van ons verlossing of redding deur Hom. Dit beskryf ons redding en ons status voor God

simbolies met die klere van heil en die mantel van geregtigheid. Christus se kleed is dus nie soos Elia se kleed fisies nie, maar geestelik. Die klere van heil (suit of salvation): Jesaja 61:10 Die klere van heil of redding laat ons onthou ons word gered, in die regte verhouding met God gestel deur wat die Here Jesus gedoen het om ons te verlos, nie deur iets wat ons self gedoen of bygedra het vir ons redding nie. Daarom dat Paulus ons ook in die Ou Vertaling in Romeine 13 herinner: Beklee julle met die Here Jesus Christus. Want deur Hom word ons gered en vry en regverdig verklaar by God. Die klere van redding kom nie uit ons klerekas nie, dit kom nie uit een of ander kettingwinkel nie. Dit word anderkant Golgotha uitgedeel, waar Hy die eenmalige en absoluut genoegsame offer vir ons sonde gebring het. Die klere van heil of redding is gedoop in Jesus se bloed. Ons kan net die klere van heil of redding dra omdat wat in Kolossense 2 staan waar is: Hy (Jesus) het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis vas te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Die mantel van geregtigheid: (Jesaja 61:10) In die Here Jesus dra God se kinders ook die mantel van geregtigheid. My sonde is aan die kruis van Golgotha op Jesus oorgedra en Sy geregtigheid op my en jou. Sy geregtigheid is dat Hy in die regte en volmaakte verhouding tot God staan, die verhouding van die Vader en die Seun en dat daar in Hom geen sonde en onreg is nie en God se volle aanvaarding en goedkeuring op Hom is. Hy is natuurlik ook die enigste mens wat ooit die wet van God volmaak gehou het. Net die mens sonder sonde kon vir die sondige mensdom sterf. Ek word aan die kruis van Golgotha in Sy plek onskuldig verklaar en Hy in my plek skuldig. Die wonde wat vir ons genesing moes bring was op Hom. Nou staan ek en jy voor God so vry en regverdig soos die Seun self voor die Vader staan. Daarom doen Paulus so baie moeite om ons te herinner die Gees van Christus getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename saam met Christus. Ons was soos mense wat in vuil lappe en vodde voor God gestaan het- skuldig en verlore. Maar deur wat aan die kruis gebeur het, het ons die mantel van geregtigheid gekry, die duurste mantel ooit, want dit het die dood van God se Seun gekos. As jy hierdie mantel aanhet, gaan die belangrikste deur ooit vir jou oop- die deur van die troonkamer van God. Waar jy nou soos Hebreers ons leer met vrymoedigheid kan ingaan, sonder vrees vir God se straf en God se oordeel.

Die teenwoordigheid van die Heilige Gees: Die gees van Elia rus nou op Elisa het ons gelees in 2 Konings 2, wat eintlik beteken dieselfde Gees van God wat in Elia gewerk het, is ook in Elisa aan die werk. Elia gaan salf nie vir Elisa as profeet soos die Here beveel het nie, hy gaan gooi net sy mantel oor hom. Elisa verstaan dadelik wat die oorgooi van die mantel beteken het. Die mantel was simbool van Elia se gesag en roeping. Deur volgeling van Elia te word, word Elisa voorberei om eendag die mantel of die gesag van Elia as profeet oor te neem. Daarom doen Elisa ook geen wonderwerke voordat Elia in die stormwind in die hemel opgeneem word nie. Dan tel hy die mantel van Elia wat agter gebly het op en slaan daarmee op die rivier sodat die rivier in twee verdeel en jy daardeur kan gaan sonder om nat te word. Dis die eerste wonderwerk wat die Here deur Elisa doen. So gaan die werk van die Gees van die Here deur die geslagte en eeue voort. Ons staan in die profetiese lyn van Elia en Elisa deur Christus Jesus wat toe Hy opgevaar het na die hemel Sy Gees gegee het om vir altyd by ons te bly. Jy word beklee met die Here Jesus Christus, of daar kom al hoe meer van Hom in jou en jou karakter en dade na vore deur die werk van die Heilige Gees. Die Heilige Gees word op 'n hele paar plekke in die Nuwe Testament die Gees van Christus genoem. Hoekom? Johannes 14: 25: Jesus se woorde: Die Heilige Gees sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Die Here Jesus hang nie een of ander mantel soos Elia om ons skouers om ons te herinner dat ons aan Hom behoort en deur Hom geroep word nie. Hy gee ons soveel meer- Hy gee ons die Heilige Gees om ons daaraan te herinner dat ons volgelinge van Hom is en om ons aan Hom te herinner. As daar in die gereformeerde tradisie na kinders van die Here verwys word, word na hulle verwys as konings, priesters en profete. Ons lees juis in Handelinge 2 dat Petrus by die uitstorting van die Heilige Gees die profeet Joel aanhaal om te verduidelik wat daar gebeur hetl Ek sal my Gees uitstort op alle mense, julle seuns en dogters sal as profete optree, julle jongmense sal gesigte sien, julle oumense sal drome droom. Ja op My dienaars en dienaresse sal Ek in daardie dae My Gees uitstort en hullel sal as profete optree. Wat beteken dat ons profete is? Profete doen 4 dinge: Hulle praat- wat is die Here se wil, wat het Hy in my en ander se lewens gedoen en is Hy aan die doen. Hulle praat oor wat die Here in die kerk doen, maar ook buite die kerk doen, waar hulle Sy werke sien. Profete luister- luister na die Here en SY Woord, luister na samelewing om ons en mense se nood Profeet bid- vir mense en hul swaarkry en soeke na God en lig en hoop ingetree by God.

Profeet staan op- mag dinge wees soos dit is, in Christelike land, is dit wat mense dink reg of aanvaarbaar is wel so. Hulle staan op en bevraagteken of hoe dinge is, is hoe dit moet wees in God se oë. Elia het Elisa gehad wat sy mantel kon kom optel, sy taak en roeping kan kom voortsit. Jesus self sê vir Sy dissipels en vir ons: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek vir julle. Nie in julle eie krag nie, maar in die krag van My Gees. Ons wil hierdie werk van God se Gees soms eensydig verstaan soos Elia- Hy is net in kragtige buitengewone dinge soos die vuurwonder op Karmel of in die stormwind of in die aardbewing of die buitengewone genesing of indrukwekkende preke met vol kerke en groot inkomste. Ons soek die werk van God se Gees baie keer in die buitengewone gang van die lewe. Baie keer is dit dat die Gees ons in die gewone gang van die lewe vir mense laat omgee. Want mense is eintlik te besig en selfgerig om om te gee. Die werk van die Gees kom na vore in gehoorsaam leef aan God in die alledaagse gang van die lewe. Dit staan net so uit, want mense is oor die algemeen net gehoorsaam aan hul eie gees en hul eie drome en begeertes. Hulle buig en gehoorsaam net die eie ek. Die Gees wat aan ons gegee is, vul ons nie net met krag nie, maar ook met liefde en selfbeheersing lees ons in 2 Timoteus 1. Ons is vandag God se profete, in die lyn van Elia en Elisa. Toegevou met die klere van heil en die mantel van geregtigheid. Toegerus met die Gees van God, dieselfde Gees wat op Elia en Elisa gerus het en op die Here Jesus Christus, ons Here en Meester. Die Gees van Christus rus nou op God se kinders. Amen