Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Prins word die Skaapwagter

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Les 6 vir 10 November 2018

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Van Vervolger tot Prediker

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die Blye Boodskap. The Good News

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Addendum A Consent form

Pretoria- 23 Junie 2012

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

NEW INTERNATIONAL VERSION

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Waar is God as ons swaarkry?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Pretoria- 23 Januarie 2011

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Wegraping (Saamgevat)

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Emotional drainage / Emosionele dreinering

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Transcription:

Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013

Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Helige Gees Amen. Lofprysing Ps 138: 1, 3, 4 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 107: 8, 9 2

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 119: 23, 26 3

Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 9:30-37. Sê iets vooraf oor die konteks. Psalm as antwoord op die Woord Ps 18: 12 Ons Fokus op vers 35-37 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes... vers 35 vertel dat toe (Jesus) gaan sit het, Hy die twaalf geroep het 1... Verduidelik En as Jesus gaan sit... dan sit in ie huis in Kapernaum waarvan vers 33 vertel. Dis waar Jesus en sy dissipels aangekom het nadat hulle uit die omgewing van Cesaria-Fillipi... noord van Galilea en Kapernaum en ook buitekant die grense van Galilea lê weer terug is in Galilea. Opmerking En verlede jaar op die 23ste Desember kon ons... in Mark 9:30-34 meer leer oor hierdie terugtog van Jesus nadat Hy in Mark 8:27 na die omgewing van Cesaria-Fillipi vertrek het. ************** 1 Die OAV vertaling vertaal met roep. Εφωνησεν is egter n aor ind akt wat na my mening hier dui op n gewone handeling in die verlede (Greek grammer beyond basics bl 557). Ek kan dus ook verteel met geroep. Vgl ook die KJV en die ESV. 4

En terug in Galilea... en op-reis deur 2 Galilea het Jesus in Kapernaum aangekom. Opmerking Kapernaum is n dorpie aan die westelike strand van die meer van Galilea waar Jesus-hulle heel gereeld gekom het. 3 En in Kapernaum het Jesus-hulle in die huis oorgebly. Opmerking Toe ons by Mark 9:30-34 was... het ons geleer dat hierdie n bekende huis was. Miskien die huis van Petrus waarvan Mark 1:29 vertel. 4 Hoe ook al: Dis in hierdie huis dat vers 35 vertel dat toe (Jesus) gaan sit het, Hy die twaalf (dissipels 5 ) geroep het... Verduidelik En so baie maal... as Jesus in die Evangelie... soos Markus... en ook Mateus en Lukas... dit vertel... so gaan sit... dan was ie volgende ding wat Hy gedoen het... om te begin onderrig gee... of om te begin leer. 6 2 Vgl Mark 9:30-34.docx 3 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 281. 4 Heel waarskynlik is hierdie huis die bekende huis van Petrus-hulle (Evans se Mark komm bl 60; Van Bruggen se Mark koom bl 209; Edwards se Mark komm bl 285). Die groot issue is egter nie in wie se huis ons is nie maar oor wat daar gebeur (Stein se Mark komm bl 443). 5 Mark 3:13-14 6 Wanneer Jesus leer dan sit Hy gewoonlik (Mat 5:1; 13:1-2; 23:2; 26:55). Wat ek dus hier leer is dat καθισας vir my sê dat Jesus, na aanleiding van die gebeure op die pad wat na vore gekom het met Jesus se vraag in vers 33, nou gaan onderrig gee (NIDNTT vol 3 bl 589; Evans se Mark komm bl 61). 5

En in Jesus se onderrig... in vers 35-37 leer Jesus sy dissipels en vir ons dat: By die Christus wat gekom het om te dien... ons dienskneg-dissipels moet word. En daarom gaan ons in die verklaring en toepassing van vers 35-37 stilstaan by... die aanleiding tot Jesus se onderrig die inhoud van Jesus se onderrig die praktiese voorbeeld by Jesus se onderrig die waarskuwing van Jesus se onderrig en die Evangelie in Jesus se onderrig. 1. So... kom ons begin by die aanleiding tot Jesus se onderrig. A. En dit begin natuurlik by Jesus se lydingsprediking in vers 31... waar Jesus vir sy dissipels gesê het: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. En so sit Jesus sy lydingsprediking wat Hy begin het in Mark 8:31 voort. En by hierdie voortgang in Mark 9:31 kon ons stil staan op die 23ste Des verlede jaar. Opmerking 7 En ek dink die belangrike van Jesus se lydingsprediking in Mark 8:31 en 9:31 7 Vgl Mark 9,30-34.docx 6

is dat Jesus leer dat Hy die Seun van die mens is. Dus:... Hy is Dan 7:13 se oorwinnende Messias. Want in die profesie van Dan 7 word die oorwinnende Messias die Seun van die mens genoem. Maar... dan preek Jesus in Mark 9:31 ook dat Hy die HERE se lydende Kneg is soos Jes 53 oor die Christus profeteer. Die lydende Kneg wat nie gekom het om gedien te word nie. Maar om n dienskneg te wees. En sy lewe te gee vir sy uitverkore-gelowiges as n losprys. 8 Om so ons sondeskuld betaal sodat ons die Koninkryk en die ewige-lewe daarin kan beërf. ************* B. Nog iets wat aanleiding gee tot Jesus se onderrig is dat die dissipels die lydingsprediking in vers 31 glad nie verstaan het nie. So vertel vers 32. Opmerking 9 En dan was it nie omdat hulle dom was nie. Nee! Dit was omdat die dissipels Jesus se lydingsprediking nie wou verstaan nie. Hulle wou dit nie gelowig aanvaar nie. 8 Vgl Mark 9,30-34.docx 9 Vgl Mark 9,30-34.docx 7

En as jy nie glo nie... kan jy ook nie verstaan nie. 10 En n Christus as n lydende dienskneg wou die dissipels net nie gelowig aanvaar nie. So n Christus het net nie ingepas by hulle manier van dink oor die Christus nie. Daarom verstaan hulle ook nie Jesus se lydingsprediking nie. ************** C. En een van die redes waarom nie... gee vers 33-34... waar ons hoor dat Jesus en sy dissipels in die huis in Kapernaum aangekom het. Daar het Jesus toe gevra: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer? Markus vertel dat hulle stilgebly het; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is. ************** En is it nie skrikwekkend nie... geliefdes! Verduidelik 11 Jesus preek oor hoe Hy die ware Dienskneg is; oor hoe Hy die minste geword het vir ons. En dan? Wel dan stry die dissipels oor wie die grootste moet wees. 10 Heb 11:3 11 Vgl Mark 9,30-34.docx 8

En net hier sien ons die skrikwekkende sonde van hoogmoed die skrikwekkende sonde van selfgerigtheid. en die skrikwekkende sonde van om alles net oor jouself te laat gaan en jou posisie en rang en status. Saamvat *************** Nou... oor dit alles kon ons op die 23 Des verlede jaar meer leer. Maar nou sit ook hierdie... Lydingsprediking van Jesus En die dissipels wat dit nie verstaan nie omdat hulle vasgevang sit in die sonde van die eie-ek wat die grootste wil wees in plaas van almal se dienskneg... wat die aanleiding is tot Jesus se onderrig in vers 35-37. Jesus se onderrig wat leer dat... by die Christus wat gekom het om te dien sy dissipels dienskneg-dissipels moet word in plaas daarvan om die grootste te wil wees. Toepassing n Onderrig wat vanoggend kliphard ook met ons moet praat... geliefdes. 12 *************** 2. Maar goed... kom ons konsentreer nou in die tweede plek op die inhoud van Christus se onderrig. En ons hoor daarvan as Jesus in vers 35 vir sy twaalf dissipels... 12 τους δωδεκα (vers 35) Wat verder baie belangrik is, is dat die δωδεκα nie los te maak is van die δωδεκα stamme van Israel nie dus van die ware volk van die HERE nie. Die δωδεκα is dan uit-eindelik ook n simbool van die volheid van die kerk. Dit wys dat Jesus gekom het om die ware volk van die HERE soos geprofeteer deur die profete te herstel (vgl Jes 49:6; Eseg 45:8; Efes 2:20; Openb 7:4vv; 21:12-14) (NIDNTT vol 2 bl 695; Van Bruggen se Mark komm bl 87; Stein se Mark komm bl 169; Guelch se Mark komm bl 158). Dus, deur hulle praat Jesus ook met ons. 9

wat so stry oor wie die grootste moet wees... sê: As iemand die eerste (of die grootste 13 ) wil wees (of n ere posisie wil hê 14 ), moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees. Verduidelik En net hier wys Jesus ons op die ontsaglike kloof die ontsaglike verskil... die ontsettende antitese wat daar moet wees tussen die sondige-wêreld 15 en die volk van Christus... sy kerk... sy gelowige dissipels by Hom. 16 Want die sondige-wêreld-mense is mense wat die grootste en die belangrikste wil wees. Alles moet om hulle draai. Alles moet daar wees vir hulle. As hulle in leiers-posisies is dan wil hulle bo die ander verhewe wees. Belangriker as die ander wees. 17 Want die sondige-wêreld-mens leef in sy sondigheid verslaaf aan die leun van Satan in Gen 3:5... waar Satan vir Eva gesê het: julle kan soos God wees. En dis woorde waarmee Satan vir Eva gesê het: Eva, jy kan aan die bo-punt van alles wees. 13 πρωτος het hier die selfde betekenis as μειζων in 34c. Dit gaan by πρωτος dus oor rang en status. Die πρωτος is dan die belangrikste, die vernaamste, die grootste (TDNT vol 6 bl 868; Baljon bl 846). n Verdere betekenis wat πρωτος in die tyd van Jesus op aarde gehad het is heerser, aristokraat, iemand met mag en gesag (Evans se Mark komm bl 61). 14 Vgl voetnoot 13. 15 Mat 20:25-26; Mark 10:42-43 16 Vgl Edwards se Mark komm bl 287 17 Vgl voetnoot 13 10

Jy kan maak soos jy wil. Jy kan en moet die belangrikste wees al moet jy ander mense rondom jou vertrap. Ja... Eva... jy moet die een wees om wie alles draai. 18 ************** Maar by Jesus se gelowige dissipels mag dit nie so wees nie. Nee by ons moet die een wat eerste wil wees... die pa van die huis... die ouderling in die gemeente ja... ons almal die laaste van almal en almal se dienaar wees. So leer Jesus in vers 35. Verduidelik En as ek die laaste van almal is beteken dit dat ek in vergelyking 19 met die res van Jesus se dissipels die nederigste van almal moet wees die een wat nie in die minste belangrik wil wees nie. Ek moet daarop uit wees dat dinge nie om my moet draai nie. 20 Skrif met Skrif In Fil 2:3 praat die apostel Paulus hieroor en dan sê hy: in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. En in 1Kor 10:24 sê hy: Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van n ander. 18 Vgl Waltke, An OT theology bl 262-263. 19 παντων is hier n gen van vergelyking dus in vergelyking met die res van almal moet hy wat πρωτος wil wees, εσχατος wees (Binnewerk bl 80). 20 παντων εσχατος het hier die betekenis van die nederigste, die aller laagste van almal (Baljon bl 377), iemand met geen mag of gesag nie, heeltemal die teenoorgestelde as πρωτος, iemand wat heeltemal sonder eer is (Evans se Mark komm bl 61; TDNT vol2 bl 698). 11

En daarby... terwyl ek die laaste van almal moet wees so leer Jesus in vers 35 moet ek ook die dienaar van almal wees. En dit beteken dat ek glad nie meer selfgerig leef nie. My eie-ek maak nie meer vir my saak nie. Wat ek wil is nie meer vir my belangrik nie. 21 Skrif met Skrif Nee! In die plek daarvan word ons mense wat aan mekaar onderdanig is soos Paulus daaroor praat in Efes 5:21. *************** Saamvat En dis ie inhoud van wat Jesus in vers 35 leer. Sy dissipels moet radikaal anders wees as die sondige-wêreld. Elkeen van ons moet... die laaste van almal en almal se dienaar wees. Ja terwyl die wêreld om ons baklei oor wie die grootste moet wees moet die uitverkore-gelowige kerk van Jesus n gemeenskap wees waar ons elkeen die laaste van almal en almal se dienaar moet wees. **************** 21 Wanneer ek διακονος is staan dit direk teenoor πρωτος. Verder word ek nederig. Daar s by my nie trots nie. Ek is nie selfgerig nie. Ek kan nie doen wat ek wil nie (NIDNTT vol 3 bl 544). 12

3. Maar nou stop Jesus nie op hierdie punt met sy onderrig nie. Nee Jesus vat dit verder met n praktiese voorbeeld. En dis ons derde punt. En Jesus se praktiese voorbeeld begin in vers 36 wat sê: En Hy neem n kindjie en laat hom in hul midde staan... Verduidelik 22... waar almal die kindjie goed kan sien waar die kindjie in die middelpunt van almal se aandag is. Want met hierdie kindjie wil Jesus sy onderrig van vers 35 met n prakties voorbeeld verder vat. **************** En toe? Wel... vers 36 sê dat Jesus toe sy arms om die kindjie geslaan het of omhels het... of in sy arms toegevou het. 23 En terwyl 24 Jesus so met die kindjie in sy arms gestaan het het Hy vir sy dissipels... in vers 37... gesê: Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. 22 εν μεσω αυτων hierdie voorsetsel-frase wys my op die plek waar Jesus die παιδιον laat staan in die middel van hulle (Baljon bl 600). So word die kind nou die fokus-punt (Van Bruggens se Mat komm bl 340). 23 εναγκαλισαμενος het die betekenis van terwyl in arms neem Of: terwyl omhels (Baljon bl 315). 24 εναγκαλισαμενος aor part akt wat hier wys op n handeling van Jesus wat gelyktydig of saam met Sy ειπεν handeling plaasvind (Greek grammer beyond basics bl 624-625; vgl ook vertaling van Evans se Mark komm bl 59). 13

Verduidelik En nou sit met Jesus... met hierdie kindjie toegevou in sy arms daar tussen die dissipels... en Jesus se woorde van vers 37 dat Jesus besig is om sy onderrig van vers 35 prakties te maak en te verduidelik. En nou s daar twee dinge wat ons moet raaksien in hierdie praktiese voorbeeld van Jesus. I Die eerste is dat daardie kindjie in die middelpunt van almal glad nie in daardie tyd belangrik was nie. Kinders is hoegenaamd nie opgehemel nie. Hulle was gewoon net nie die middelpunt van belangstelling nie. Kinders was niks meer as onvolwasse nie. 25 Baie Joodse Rabbi s het selfs geleer dat dit vernederende tydmors was om met kinders te praat en tyd aan hulle te bestee. 26 Kinders moes daar wees... ja... Dit was belangrik. Maar n kind self was hoegenaamd nie belangrik nie. So hierdie kindjie in die arms van Jesus en in die midde van die twaalf dissipels was regtig die laaste van hulle almal. Hy was die nederigste van hulle almal. Hy was die heel minste van hulle almal. 27 25 Vgl Van Bruggen se Mat komm bl 341 26 Vgl TDNT vol 4 bl 533; Evans se Mark komm bl 61; Edwards se Mark komm bl 288; Stein se Mark komm bl 444 27 Vanuit Mat 18:4 leer ek dat n παιδιον nederig is (ταπεινο ω), nie groot nie, nie eerste nie, nie status bewus nie, maar werklik die minste (εσχατος), een wat werklik nog nie enige posisie van waardigheid beklee nie (NIDNTT vol 1 bl 285, vol 2 bl 262; Van Bruggen se Mark komm bl 210; Edwards se Mark komm bl 287; Stein se Mark komm bl 443). 14

II Die tweede ding wat ons moet raaksien in hierdie praktiese voorbeeld is dat Jesus wil hê 28 dat sy dissipels sulke kindertjies moet ontvang. Woordbetekenis En wat dit beteken om so n kindjie te ontvang is dat jy na hierdie kindjie toe moet gaan hom soos Jesus moet omhels 29 en met die gesindheid by hom moet wees van: weet jy... ek is hier net vir jou. Dit gaan nie meer oor myself nie. Ek wil hier wees vir jou en jou dien soos n dienskneg sy baas dien. Hoe kan ek dit vir jou doen? 30 *************** En met dit alles is Jesus besig om vir ons n praktiese voorbeeld te gee van wat dit beteken om die laaste van almal en almal se dienaar wees. Verduidelik Want met hierdie voorbeeld sê Jesus vir ons dat ons daar waar ons is 28 επι τω ονοματι μου Hierdie voorsetsel-frase sê waarom ek een van sulke kinders aanneem/ontvang/omhels. Dit verskaf die rede. Dit gee die basis (Greek grammer beyond basics bl 376; NIDNTT vol 2 bl 654) dus: wie ook al, as gevolg van die Naam van My, sou ontvang een van sulke kinders... Woordstudie: επι τω ονοματι μου het hier die betekenis van opgrond van die gesag/wil/opdrag van Jesus (Baljon bl 345). Dit het ook die verdere betekenis dat ek aanneem omdat ek aan Christus behoort en nou onder sy Heerskappy leef en daarom sy wil doen (Stein se Mark komm bl 444). Dus: wie ook al sou ontvang een van sulke kinders omdat Hy aan My behoort, deel is van My Messiaanse ryk en daarom My wil doen... 29 Vgl TDNT vol 2 bl 53; Van Bruggen se Mark komm bl 211 30 Vgl ook NIDNTT vol 3 bl 744, 746. 15

ons ons oë en ons ore moet oopmaak en agter moet kom wie die heel laaste is... die heel minste... die onbelangrikste soos hierdie kindjie. En dan? Wel dan moet ons onsself en al ons eer-gevoelens en ons ambisies om die grootste te wil wees verloën. My eie-ek moet ek verneder. En dan self nog minder word nog meer die laaste word... en daardie laaste een dien soos n dienskneg sy baas dien. Voorbeelde 31 Ja... daardie laaste een... van wie Jak 2:1 praat wat so arm is en vuil klere aan het. En wat ons erediens inkom. Ons moet nog minder as hy word sy dienskneg word... en hom gaan dien. Lasarus... die bedelaar van Luk 16:20... wat vol swere is sal ons nie wegjaag nie. Nee... ons sal minder word as hy. En sy dienskneg word en hom gaan dien. Ek sal my kosbare privaatheid prysgee. En my huis vir die arme vreemdeling van Mat 25:35 oopmaak en vir hom slaap plek gee. En hom soos n dienskneg dien. Ek sal my eie belangrikheid prys gee en my kosbare tyd opoffer. En die sieke van Mat 25:36 in die hospitaal gaan besoek en die gevangene wat in die tronk is. *************** 31 Vgl Edwards se Mark komm bl 288; NIDNTT vol 3 bl 746 16

Selfondersoek En weet u: Nou... na Jesus se de onderrig in vers 35 waar Jesus ons leer dat ons die laaste van almal en almal se dienaar wees. en na Jesus se praktiese voorbeeld in vers 36-37 waarmee Jesus ons leer... dat ons daar waar ons is ons oë en ons ore moet oopmaak en moet ager kom wie die heel laaste is... die heel minste... die onbelangrikste en dan self nog minder word en daardie een dien... soos n dienskneg sy baas dien. Ja... nou na hierdie onderig... moet ons onsself ondersoek. Is ek... en u... n dienskneg-dissipel? Weet u:... Die twaalf was nie. Hulle het op die pad met mekaar gestry oor wie die grootste en die belangrikste moet waas. En ons? Is ek... en u... nie ook soos die dissipels nie? Is ons nie ook soveel maal besig met die sonde van selfgesentreerdheid nie? Is ek nie soveel maal besig met die sonde waar ek my eie-ek verhef tot n god wat deur almal gedien moet word nie in plaas daarvan dat ek almal se dienskneg moet wees nie? Bevinding Weet u: As ek myself ondersoek, dan weet ek... ek is. Ek is besig met hierdie sonde. 17

Ek is nie anders as die twaalf dissipels nie. **************** 4. En nou sit net hier op hierdie punt dat Jesus se onderrig ook baie ernstig waarsku. Want let mooi op wat sê Jesus in vers 37. Ja... terwyl Jesus tussen die twaalf dissipels die kindjie in sy arms toevou... sê Hy: Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie (slegs vir 32 ) My nie, maar (ook 33 ) Hom wat My gestuur het. Verduidelik En wat Jesus hier sê... geliefdes is dat Hy na ons toe kom in die laastes in die aller-laagstes... in die wat nederig is en die minste van almal is. 34 Want so is die Christus. So het die profete oor Hom geprofeteer. 32 Hoe moet ek verstaan wat Jesus hier sê? Ek kan tog nie dit wat Hy sê net so letterlik opvat nie? Dit kom neer op n weerspreking 37c wie ook al aangeneem het My, 37d het My nie aangeneem nie, 37e maar... Van Bruggen se Mark komm bl 211 wys my daarop dat ek die ουκ moet verstaan as nie slegs... Vgl ook Baljon bl 42. Hy wys my dat Jesus met hierdie manier van praat in 37d-e baie klem daarop plaas dat ek nie alleen vir Hom aangeneem het nie... Maar ook τον αποστειλαντα με. 33 Vgl voetnoot 32 34 TDNT vol 2 bl 54 sê: In the man who suffers distress and needs assistance Christ comes to His own, and what they do for such a man... they do for Him. (vgl ook Edwards se Mark komm bl 288)... Want dis hoe Jesus ook is Ps 22:6-8; Jes 49:7; 50:6; 53:3; Sag 9:9. Hy is die Nederige... Hy is nie groot nie... Nie Eerste nie... En Hy kom in sy arme veragte uitverkorenes na ons (Van Bruggen se Mark komm bl 211). 18

Bewys Ja... Jesus is die Christus van wie ons hoor in Ps 22:6-7... as daar staan: ek is n wurm en geen man nie, n smaad van die mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof... Jesus is Jes 49:7 se Kneg die diep veragte... wat n afsku is by die volk... Dis Jesus wat profeties aan die Woord is in Jes 50:6 en dan sê: Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie. Ja... Jesus is die Een van Jes 53:3... waar ons hoor dat Hy verag was en deur die mense verlaat, n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie n mens sy gelaat verberg... ******************* En nou leer Jesus ons in sy onderrig van vers 35 en die praktiese voorbeeld daarmee saam in vers 36-37 dat ons gesindheid teenoor die laastes, die minstes, die veragtes van hierdie wêreld... ons gesindheid teenoor Jesus uitwys. Ja... as ons minder word as die minstes van hierdie wêreld en hulle aanneem en ontvang en dien... dan sal ons dit ook met Jesus doen. Bewys Daarom dat Jesus in vers 37 sê: 19

Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En as ons Jesus waarlik aangeneem het dan is n duidelike merkteken daarvan dat ons ons selfverloën ons eie voorkeure ons eie ambisies... ons eie-ek en n dienskneg word van die veragtes van hierdie wêreld. ************ Toepassing En ewe-skielik word Jesus se onderig... in vers 35-37 baie ernstig... nie waar nie... geliefdes? Want wat Jesus met hierdie onderrig vir sy twaalf dissipels daar by Hom sê is dit: Julle is nou wel hier rondom my. Maar het julle My al aangeneem? Want julle gestry oor wie die grootse is wys dit nie! En vir ons in die kerk wat ons lewe lank nog in die kerk is sê Jesus die selfde. Ons is in die kerk... met doopwater op ons koppe en ons mage vol nagmaalbrood. Maar het ons al vir Jesus aangeneem? Want as ons het sal ons n lewe leef waarin ons die laaste van almal 20

en almal se dienaar (sal) wees. Bevinding So... hoe staan dit met ons... geliefdes? Is ons so? Kan ons regtig voor die HERE sê: Ek is die laaste van almal en almal se dienaar...? Is dit nie ons grootste krisis dat ons vasgevang sit in ons eie sonde van selfgesentreerdheid nie? Is dit nie ons grootste krisis dat ons so vasgevang sit in die sonde van om self god van my lewe te wees dat ek uiteindelik die grootste van almal wil wees en dan ver-weg van Jesus leef nie? En net so ver-weg van God die Vader wat vir Jesus gestuur het. En daarom so verskriklik verlore. En dan word dit alles vieslik sigbaar in n lewe waarin ek alleen maar gedien wil word en niks meer wil weet van diens-kneg wees nie. n Lewe waarin alles alleen om my en my ambisies en begeertes en planne draai. n Lewe waarmee ek verkondig: Ek het Jesus nog nie waarlik ontvang nie. Hom nog nooit aangeneem nie. ************** 21

Weet u:... Dit is! Dit is ons grootste krisis. Nes dit die krisis van die twaalf dissipels is En vanoggend kom wys Jesus dit vir ons in sy onderig in vers 35-37. Sy onderig wat leer dat by die Christus wat gekom het om te dien... ons dienskneg-dissipels moet word. 5. Maar weet u:... Jesus wys nog iets in sy onderrig. En dit is die Evangelie van verlossing vir elkeen wat sy sonde van selfgesentreerdheid besef... sy sonde besef... van om sy eie-ek n god te wil laat wees. Opmerking En dis ons laaste punt En ons sien hierdie Evangelie in Jesus se onderrig as ons mooi oplet... hoe... Jesus die woorde van vers 37 sê. Opmerking Die woorde waar Jesus sê: Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie (alleen vir) My nie, maar (ook) Hom wat My gestuur het. Die woorde waarmee Jesus ons waarsku en ons wys op die krisis van ons sonde van selfgesentreerdheid. **************** 22

Wel... vers 36 sê dat Jesus die woorde van vers 37 sê terwyl 35 Jesus die kindjie in sy arms vasgehou het. En net hier wys Jesus vir ons die Evangelie in sy onderrig! Verduidelik 36 Want terwyl Jesus besig is met sy onderrig waarin Hy ons leer dat ons die laaste van almal en almal se dienaar (moet) wees. en ons waarsku teen die sonde van selfgesentreerdheid. Ja... terwyl Jesus daarmee besig is staan Jesus met n kindjie in sy arms. En wat sê dit vir ons? Wel... geliefdes... net een ding. En dit is: Kyk daar staan die Kneg van die HERE. Want daar tussen die twaalf het Jesus die aller-laagste geword. Laer en minder as daardie kind. Want Jesus het n dienskneg geword en daardie kind ontvang en omhels. En so wys Jesus vir sy dissipels en vir ons: Kyk Ek het nie gekom om gedien te word nie, 35 Vgl voetnoot 24 36 Edwards se Mark komm bl 288; Evans se Mark komm bl 62; Van Bruggens se Mark komm bl 211. 23

maar om te dien en (My) lewe te gee as n losprys vir baie. 37 Ja... as die losprys wat elkeen wat in Jesus glo se sondeskuld wegneem. ************* Bevinding So... wat sal ons doen... geliefdes? Weet u: Ons moet na Jesus toe gaan. Na die Kneg van die HERE toe. Na Hom toe wat... soos 1Pet 2:24 leer elkeen wat in Hom glo dien deur self ons sondes (ook ons sonde van selgesentreerdheid) in sy liggaam op die kruishout (te) dra... sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid (kan) lewe... Sodat ons by die Christus wat gekom het om te dien dienskneg-dissipels kan word. *************** Slot So... kom ons gaan vanoggend weer na Jesus toe. Kom ons vra Hom om ons te verlos van ons sonde van selfgesentreerdheid... ons sonde van om die grootste te wil wees. Kom ons vra Hom om ons te verlos om die laaste van almal en almal se dienaar wees. 37 Mark 10:45 24

So anders as die sondige-wêreld waar dit vir almal net oor hulle self gaan. Antwoorddiens Amen. Psalm as antwoord op die Woord Ps 18: 12 Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 37: 1, 13, 14, 15, 16 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 34: 6, 7, 9 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 25