Parashah 31 Emor (Sê/Praat) Lev.21:1-24:23 Ez.44:15-31 Matth.5:38-42; Gal.3:26-29; 1 Petr.2:6-8

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Van Vervolger tot Prediker

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die maan en sy rol in ons wereld *

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die betekenis van die kruis (1)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Ps.119:89. Parashah 22. Ex.35:1-38:20 Vayak hel = Bymekaar roep (assemble) 1 Kon.7: Kor.9:1-15; Hebr. 9:1-14; Op. 11:1-3

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Ps.119:89. Parashah 19 T rumah = Bydrae Exodus 25:1-27:19 1 Kon.5:1 6:13 Matth.5:17-35; Hebr.8:1-6; 9:23-24; 10:1

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die Kalender uit die Skrif

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

GOD STEL SEWE FEESTE IN, WAT OP 'N BEPAALDE TYD EN BEPAALDE GEBEURE. IN VOLGORDE MOET GESKIED.

Ps.119:89 Parashah 15 BO = ( Gaan/ kom in aksie) Exodus 10:1-13:16 Jer. 46:13-28 Lukas2:22-24; Joh. 19:31-37; Hand.13:16-17; Op.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Waar is God as ons swaarkry?

DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE FEES VAN TROMPETTE

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Een prentjie is n duisend woorde werd!

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Parashah 16 B shalach: Om te laat gaan Exodus 13:17-17:16 Rigters 3:31-5:31 Luk.2:22-24; Joh.6:25-35;19:31-37; 1Cor.10:1-13; 2Cor.8:1-15;Op.

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 9: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE FEES VAN TABERNAKELS (SUKKOT)

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Transcription:

1 Parashah 31 Emor (Sê/Praat) Lev.21:1-24:23 Ez.44:15-31 Matth.5:38-42; Gal.3:26-29; 1 Petr.2:6-8 Inleiding: Wanneer ons hierdie week se Parashah begin, kampeer die volk nog steeds by Sinai. In die middel van hulle kamp staan die Mishkan (Tabernakel), n struktuur anders as enige iets wat tot dusver enige plek in die wêreld gebou is omdat dit gebou is volgens die patroon van die Hemelse Troonkamer, vanwaar ons Messias van voor die grondlegging van die wêreld af al staan en vir ons intree. Op hierdie struktuur rus die asemrowende fisiese manifestasie van die Teenwoordigheid van die Skepper van Hemel en Aarde die God van Abraham, Isak en Jakob. Rondom hierdie Struktuur (Tabernakel), kampeer n horde mense wat tot baie onlangs nog, slawe in Egipte was, maar wat deur die wonderwekende krag van die God van Abraham en die Verbond wat Hy met Abraham gesluit het, hulle uit hul slawerny verlos het. Hierdie nuwe volk het DAAGLIKS die wonderlike voorreg om in die Heiligheid van die Skepper van Hemel en Aarde in te staar en om DAAGLIKS die wonder van die Verbond te beleef. Gen.15:9-10(a), 18 Elke ding waarvan ons gelees het sedert die oomblik toe יהוה hierdie woorde gespreek het, het deel gevorm van die uitwerking van hierdie Verbond. Nou, eeue later moet elke ding wat in die Voorhof van die Tabernakel gebeur, nog steeds gesien word as deel en uitwerking van hierdie Verbond. Elke dier wat geslag word en elke opdrag wat gegee word, is as gevolg van hierdie Verbond en gee vir ons n geestelike prentjie van die waarheid daarvan. As gevolg van die lywigheid van hierdie Parashah gaan ons nie na al die detail van hierdie Parashah kan kyk nie, maar sal ons maar so hier en daar iets kan aanraak. Kom ons kyk eers na die titel van hierdie Parashah: Emor: Die mees algemene vertaling is: Praat; sê. In die konteks van hierdie Parashah beteken dit Om met oortuiging oor te dra. Opsomming: Ons gaan n paar baie interessante dinge leer in hierdie Parashah: Ons gaan leer dat wanneer יהוה praat (Emor), dan doen Hy dit met oortuiging en ontsag. Ons gaan leer dat יהוה se volk, waarvan ons deel geword het ( Ef.2:17-22), gevra word om nie Sy Naam oneer aan te doen nie, maar so te lewe dat ons dit heilig. Ons gaan leer hoe om die dood te hanteer, deurdat ons nie soos die heidennasies daarvan n godsdienstige fees maak nie, maar eerder die geleentheid moet gebruik om die treurendes by te staan en terug te help in die lewe in.

2 Ons gaan leer dat ons offerandes sonder gebrek moet wees m.a.w. die beste van ons inkomste en nie die oorblyfsels nie. Ook hoe om dit te hanteer sodat Sy Naam weereens daardeur verheerlik word. Ons gaan leer dat יהוה n kalender het waarop Hy n siklus vir ons uitgewerk het en wat vertel van die dinge wat Hy vir ons gedoen het en nog gaan doen. Ons gaan afsluit met die opdrag: Hou die Menorah aan die brand! Die reinheid van die Priesters: Hierdie onderwerp het alreeds in Lev.17 begin en word hier vervolg. Om as יהוה se Priesters te kon optree, moes hulle Tahor wees. Die alternatiewe naam vir Levitikus is Tohrat Kohanim.(Die Torah riglyne - vir die Priesters). In die Boek van Exodus is al die mense uitgesonder om afgesonder vir יהוה te leef, terwyl in Levitikus, vind daar n spesiale afsondering plaas, nl. Die van die Priesters. Hulle moes op nog n hoër vlak van intimitieit met יהוה leef as die res van die volk en moes as rolmodelle dien. Al die instruksies in hierdie Parashah gaan oor die verskillende offerandes (Korbanot) wat die Priesters moes hanteer. Die Priesters (kohanim) was nie amptenare soos wat ons hulle vandag in ons verskillende kerke vind nie 5 fold ministry maar was uniek. Hulle was die vriende van die Bruid. Hulle moes tussen die Bruid (die volk) en die Bruidegom (יהוה) in hierdie Verlowingstyd beweeg. Die Tabernakel (Mishkan) se doel was nie soseer om n plek te wees waar diere ge-offer moes word nie of n heilige shrine nie, maar eerder die replika van die ewige woning waarheen die Bruid en Bruidegom sou gaan en waar hulle intiem met mekaar kon verkeer. Die Tabernakel was dus n soort van n verhoog waar die Passiespele van יהוה afgespeel het. Die doel van die Passiespele was om die aandag van die Verlosste Volk, as ook die wêreld, te laat vestig op die ewige realiteit van die gebeure wat in die Troonkamer afspeel waar daar n Lam geslag is van voor die grondlegging van die wêreld af. Korbanot: Die diere, graan, vrugte en ander materiaal wat na die Tabernakel gebring is was alles bedoel om die volk nader aan hul Verlosser te probeer trek en was nie bedoel as offerandes aan gode soos wat die heidene dit doen nie, maar was uitbeeldings van die Hemelse waarheid dat alles wat die mensdom nodig het vir die handhawing van ons verhouding met ons Skepper, was. יהוה voorsien in die dood van die Lam van 4 keer in hierdie stuk word daar verwys na die kos wat hulle moes hanteer. Lev.21:8 Lev.22:1-16 Yaweh se kos? Wat beteken dit? Lev.3:11,16 Sou dit die soet geur van die vleis op die altaar wees? Ek glo dit was veel meer as dit. Wat יהוה se hart verbly het is die feit dat Sy kinders, Sy Bruid besig is om Hom te nader deur offerandes en gehoorsaamheid en n begeerte het om in Sy teenwoordigheid te kom. Deel van die Protokol vir elke interaksie by die Tabernakel was die Verbondsmaaltyd.

3 Korban: Korban קרבן) ) = Nader/ approach. Dit was veel meer as as n offerande dit was bedoel om die interaksie tussen twee partye te wees. Wanneer die rook opgegaan het vanaf die altaar, het die twee ontmoet onder van die rookwolk (Chuppa: die afdak waaronder huwelike vandag nog verbind word). Die maaltyd daarna, was dan die bevestiging van die Verbond en die erkenning dat daar vrede(shalom) tussen die twee partye was. Jy eet nie saam met iemand wat jy nie vertrou of in vrede mee lewe nie. Vandag nog wanneer daar n baie belangrike ooreenkoms in die Midde-Ooste gesluit word, sal hulle vra of die partye saam geëet het, nie of daar n handdruk was nie. Indien wel, dan is die saak beklink. Shalom: Vrede. Die wortel van hierdie woord is shalem wat baie meer as vrede soos ons dit ken, beteken. Shalom = heelheid en volledigheid. (Wholeness and completion) Dit staan ook nou verweef met die woord shlemut = Perfektheid, waarna ons almal streef en wat Yeshua belowe om ons te maak. Hierdie shalom- vrede sal eers sy vervulling ontvang wanneer ons eendag die Prins van Vrede Sar Shalom gaan terug verwelkom. Jes.11:9-10 Ef.4:13;2Kor.13:11;Fill.3:12-15;Kol.4:12;2Tim3:17;Hebr.5:9;Hebr.10:1; Hebr.12:23; Hebr.13:21; 1Pet.5:10. Daar is egter een probleem. יהוה eet nie soos mense nie. Hy is Gees en ons is vlees en bloed. Daarom moes die Priesters namens Hom hierdie maaltye geniet. Die Priesters het יהוה se kos vir Hom voorberei en om dit vir n heilige God te doen, moes hulle Tahor wees. Lev.21:1-8 Moet egter nie die korbanot(offerandes) met die lone van die Priesters verwar nie. Ons gebede, ons lofprysings, ons toenadering en ons vreugde oor Hom is vir Hom ook soos kos!! Het jy al ooit so daaraan gedink? Heilig My Naam Kiddush HaShem Lev.22:32,33 Die hooftema van hierdie week se Parashah is die Heiliging van Sy Naam. Dit was ons hoogste roeping. Die heiligmaking van elke individu se lewe lei tot die Heiligmaking van יהוה se Naam. Dit begin by n persoon, werk deur na sy familie en naaste en dan gemeenskap. Vir die kind van יהוה is dit nie n opsie nie. In lewe en dood is ons geroep om Sy Naam te heilig omdat Hy ons gekoop het met die bloed van Sy Seun. Met elke asemteug, met elke woord, met elke daad, met elke tree wat ons gee moet ons Sy Naam heilig! Yeshua het ons geleer dat ons so moet leef dat mense ons goeie werke in lyn met Torah sien sodat ons Hemelse Vader daardeur verheerlik word. Matth.5:16

4 Die teenoorgestelde hiervan is egter om Sy Naam oneer aan te doen. Adam en Eva het Sy Naam oneer angedoen deurdat hulle nie gesh ma het wat יהוה aan hulle gesê het nie! Wat van ons? Enige gedatgte, houding woord, gedragspatroon of aksie wat nie Sy Naam eer nie, doen die teenoorgestelde. Die ding vandag wat die meeste oneer aan Sy Naam bring, is die dinge wat aandag op ons, of ons bediening, organisasie of regering vestig in plaas van op Hom! Ps.119:11-12. Die afsprake van יהוה : Mo adim! Lev.23:1-2,4. Gen.1:14 Die eerste keer wat hierdie woord mo ed voorkom is in Gen.1:14..(יעד) ya ad. ) is מויד) Die wortel van mo ed Die Yod י) ), wys na die Hand van יהוה wat uitreik na die mens. Die Ayin ( (ע wat die siel van die mens verteenwoordig. Die Dalet (ד) verwys na n deur of opening. Die geestelike uitbeelding van hierdie Drie Hebreeuse letters: Die inisiatief kom van יהוה af en is nie deur mense uitgedink en geïmplementeer nie. Hy dra die siel van die mens deur n opening, buite die realm van tyd tot by die drumpel van die Hemel. Ex.29:3 Dit is wat hierdie afsprake moet doen. Daarom weet ons dat die mo edim nie net feeste is nie maar geskeduleerde afsprake waar ons יהוה moet ontmoet.. Die klem val dus nie op wat ons moet doen nie, maar op wat Hy doen/gedoen het/ en nog gaan doen buite die realm van Tyd. Tyd: Onthou dat tyd iets is wat deur יהוה geskape is. Tyd het nie bestaan voor die Skepping nie en sal ophou bestaan wanneer יהוה alle dinge beëindig. Tyd is n nodige element vir die bestaan van die mens en dier hier op aarde. יהוה kyk nie na tyd soos ons daarna kyk nie. Vir Hom is daar nie n huidige, verlede of toekomstige tyd nie. Hy is die Een wat is, wat was en sal wees Hy is ewig en sal nooit verander nie. Daarom dat die Bybel ook verwys na Die Lam wat voor die grondlegging van die wêreld al vir ons geslag is. Nog voordat die Skepping plaasgevind het, het hierdie reeds plaas gevind. Dit is ook waarom daar verwys word na ons wat saam met Yeshua gekruisig is terwyl ons nog nie eers gebore was nie. Tyd, soos die fisiese wêreld dit ken, is slegs n verhoog waarop die uitspeling van n Hemelse gebeurtenis plaasvind. Die belangrikste element is nie wat hier op die aarde gebeur nie, maar wat buite tyd in die Hemel en gedagtes van,יהוה die Heilige God van Israel, aan die gang is. Wat saak maak is ons verborgenheid in Yeshua buite die grense van tyd. Hab.2:2-3 Joh.17:1-26

5 Ons kan ook seker wees dat Hy ook nooit van gedagte sal verander nie en ook nie van plan nie. Netso kan ons seker wees dat Hy nie Sy afsprake met hierdie wêreld sal verander nie! Niks nuuts sal gebeur nie. Dit wat reeds gebeur het, sal weer gebeur. Ons maak slegs kontak met Sy ewigheidsplan en vloei daarin van afspraak tot afspraak. Met elke afspraak is daar n deel van jou wat op die aarde funksioneer, terwyl n ander deel van jou regtig iets van die Geestelike realm ervaar. Jou siel reik uit en word een met יהוה soos nooit op ander tye nie. Geen ander plek as in Jerusalem self gebeur dit dat jy tydens hierdie afsprake ervaar dat daar geen tydsberekening meer bestaan nie. Dit is asof jy vir die duur van daardie afspraak buite tyd beweeg alhoewel jou liggaam nog steeds aan die realiteit van tyd geanker bly. Vra maar vir enige iemand wat al hierdie afsprake na gekom het. Dit kan vergelyk word met twee welbekende gebeure in die Bybel. Interessant genoeg, het albei hierdie gebeure op een van die afspraakdae van Lev.23 plaasgevind: 1. Ex. 34:29: Yom Kippur (Groot Versoendag) : Moses se gloeiende gesig nadat hy uit die teenwoordigheid van יהוה gekom het by Sinai. 2. Matth.17:1-9 Succot: (Loofhuttefees) Die verheerliking van Yeshua op die berg toe Moses en Elia saam met Hom verskyn het. Net so moet ons ook van heerlikheid tot heerlikheid verander word wanneer ons van afspraak na afspraak beweeg. 2Kor.3:18 Wanneer ons hierdie twee verskynsels verbind, dan sien ons n geestelike voorbeeld van wat met ons moet gebeur wanneer ons op hierdie afsprake begin reageer. Elke een moet ons op twee vlakke beïnvloed: Persoonlik en gemeenskaplik veral in familieverband. Ons hoef nie hierdie afsprake te verstaan nie want ons kan geen bydrae daartoe maak nie en kan dit ook nie verander nie. In die Lig van יהוה as ewige God van Hemel en Aarde, kan ons ook seker weet dat ons ook nie daarop kan verbeter nie. Ons moet net daarin vloei en ons Verbondsvoordele beoefen en oorgee aan dit wat Hy besig is om te doen. Die Mo edim is, in terme van die geestelike realm, wat die maan- en sonverduisterings in terme van die vleeslike realm is. Die Mo edim is letterlik geheiligde onderbrekings in tyd wanneer die fisiese wêreld oorskadu word deur die geestelike realm. Soos elders genoem, is die afsprake ook volgens die seisoene gemaak. Daar is Lente en Herfsafsprake. Met יהוה geskied ALLES in die wêreld volgens vasgestelde tye. Niks word aan toeval oorgelaat nie. Met Hom beteken toevallig: Toe-val-die-Lig! Wanneer ons kyk na die Profetiese vervulling van hierdie afsprake, sal ons sien hoe absoluut betyds יהוה is. Soos enige Bruidegom, lig Hy Sy Bruid in oor wat om te verwag in die toekoms. Op.1:17 Op.4:1

6 Siklus van Heiligmaking: Nie net word ons gevra om heilig voor Hom te lewe nie, maar ook om Sy siklus van heiligmaking te volg. Sy afsprake met ons op Sy kalender wat ons verkeerdelik as feeste vertaal het. Probeer doelbewus hierdie vertalings uit jou gedagtes verban, want dit is hoegenaamd nie godsdienstige feeste nie! In Hebreeus is dit Mo adim Godsdienstige feeste is afkomstig van!יהוה Mo adim is afsprake met.(מואדים) afgodspraktyke! Tydens hierdie afsprake wil יהוה die Verbondsooreenkomste met Sy volk herbevestig en hulle op n jaarlikse basis aan elke aspek daarvan herinner. Ten minste drie keer in die Skrif word daar verwys na hierdie kalender as יהוה se afsprake. Onderskei duidelik ook tussen יהוה se afsprake en Heilige Byeenkomste. Hierdie is ook heidens in sy oorsprong. Geen een van יהוה se afsprake het enige ernstige somber byeenkomste in nie behalwe Yom Kippur. Dit mag vir jou soos n skok kom, maar mense het besluit om fees te vier; mense kom byeen; mense handel op n somber wyse; mense reël vergaderings! Hierdie dinge is mens-gesentreerd en behoort aan die aardse realm en nie aan die Hemelse realm nie. Hierdie mens-gesentreerde dinge lei tot godsdienstige optrede en tot mensgemaakte programme en vermaak wat daar op uit is om die vleeslike begeerstes te bevredig en die oog en oor te streel. Al hierdie dinge trek ons aandag af daarvan om werklik die Naam van יהוה te vereer al is ons bedoelings hoe goed. Die beste voorbeeld in die Bybel is seker die aangeleentheid met die Goue Kalf. Aaron het besluit om sy eie fees uit te roep vir יהוה en die gevolge was erg. Ex.32:1-6 Kalender: se יהוה tot dusver gedoen het en יהוה se Kalender egter bestaan uit repitisies van alles wat יהוה ook oor wat Hy nog in die toekoms gaan doen. Hierdie afsprake is Sy volledige verlossingsplan vir hierdie wêreld. Die repitisies behels die hardop lees van n voorgeskrewe draaiboek asof ons die woorde instudeer vir die finale vertoning. Sy kalender vorm dus n aanhoudende vloei van n Passiespele waarin ons die akteurs is. Wat יהוה ons dus vra om te doen is nie n klomp partytjies, reunies of samekomste nie. is die Een wat op hierdie aangewese tye oor ons profeties spreek! Ons word יהוה geroep na iets kadosh(heiligs). Levitikus 23 is seker die welbekendste hoofstuk in hierdie Boek. Hierdie siklus is nodig vir ons geestelike groei. Dit is gegee vir die Verlostes/Bruid. Dit is die tye waarin ons alles wat Hy vir ons gedoen het/doen/ en nog gaan doen, herdenk en repiteer. Daar is soveel detail in, daarom nie moontlik om in een kommenaar alles te dek nie. Verwys ook die aantekeninge oor Parashah 18 (Ex.23) toe ons veral gekyk het na die geestelike betekenis en vervulling van elkeen. Ek hoop dat jy reeds n voorsmakie gehad het en self hierdie onderwerp verder sal bestudeer. Hierdie was spesiale tye wat יהוה eenkant gesit het om Sy spesiale volk te ontmoet. Die bedoelings vir hierdie afsprake verskil, afhangende van die tyd waarin dit plaasgevind het. Hulle was in n spesifieke volgorde en kan nie rond gegooi word nie. Dit was afsprake wat sekere dinge moes bewerkstellig.

7 Vir die afgelope paar jaar, sedert Israel weer n staat geword het, is יהוה besig om hierdie kalender weer te herstel. Sedert 1948 trek pelgrims weer op na Jerusalem om deel te wees van hierdie Mo adim. יהוה vra nie dat ons nog vakansiedae by ons sekulêre kalenders moet voeg nie, wat Hy vra is: 1. Deur My krag sal julle nie langer volgens die kalenders van die nasies om julle leef nie. 2. Julle sal nou leer om tyd deur My perspektief te sien, eerder as om dit van die ongeredde se perspektief af te sien. 3. Soos jy begin om tyd vanaf My perspektief te sien, sal jy begin om Tyd te heilig (Kadosh) en sal jy Kadosh(heilligheid) saai in die realm van tyd soos wat saad deur die Boer in n land gesaai word. 4. Julle sal dan aan die res van die wêreld demonstreer wat dit beteken om tyd uit te koop. 5. Op die regte tyd sal julle die oes namens My inbring. Kom ons kyk na die afsprake van naby. Afhangende van hoe ons tel, was daar 8 afsprake op hierdie kalender aangedui: Weer is dit nodig om melding te maak van die syfer 8. Dit dui op n nuwe begin, die nuwe aarde en die ewigheid. Dit lyk dus asof net in die getal daar alreeds n geheim opgesluit lê: Hierdie kalender sal jou in die ewigheid inlei. Hierdie kalender is dus die draaiboek wat ons gevra word om te repiteer en in te studeer. Net soos enige ander akteurs in n drama, begin jy om net eers die woorde hardop te lees. Hy is egter by elke repitisie en is niemand anders as die Draaiboekskrywer, die Dramaturg en Leermeester. Na n tyd gewoonlik n leeftyd groei ons in hierdie rol in en word ons meer en meer vertroud met wat die draaiboek vir ons wil oordra en van ons verwag. Soos wat ons deelneem, verkondig ons Sy ewigheidsverlossingsplan aan ons kinders en aan die wêreld daar buite. Dit is hoe ons die wêreld moet evangeliseer! Hierdie drama is veronderstel om die grootste en belangrikste leermetodes te wees ooit! 1. Shabbat (v.3) 2. Pesach (Paasfees)(v.4-5) 3. Ongesuurde brode (v.6-8) 4. Eersteling gerwe wat gewuif moes word. (v9-14) 5. Shavuot (Pinkster) (v. 16-22) ( 50 dae na Pesach) 6. Yom Teruah (Rosh HaShanah) (Trompette) (v.23-25) 7. Yom Kippur (Dag van verootmoediging) (v.26-32) 8. Succot (Tabernakels of Loofhuttefees) (v.33-36,39-43) Sonder om te dogmaties te klink, wil ons net byvoeg dat יהוה nie veel redes gegee het vir die instelling van hierdie kalender nie, behalwe dat Hy die begeerte uitgespreek het om sekere afsprake met ons na te kom. Afleidings is al wat ons het om op te werk en interessant genoeg kom meeste uit die Nuwe Tesament. Julle sal verbaas wees om te hoor hoeveel boeke deur Ortodokse Jode al hieroor geskryf is en nie net deur Messiaanse Jode nie.

8 Yeshua en יהוה se afsprake: Die vraag wat die meeste gevra word is wat van Yeshua? Het Hy nie die feeste kom afskaf en n nuwe godsdiens kom vestig nie? Was dit nie veronderstel om Israel se feeste te wees nie? Die antwoord op hierdie vrae berus op dit wat ons op die volgende gaan antwoord: Glo ons werklik dat Yeshua die Woord is wat vlees geword het nl die Torah? Glo ons dat Hy die Messias is wat deur die Torah belowe is en waarna die Torah wys soos n pyl na sy mikpunt? Of was Hy die grondlegger van n nuwe godsdiens soos Confucius, Buddha of Mohammed? Indien ons dit van Hom glo, noem ons die God van die Bybel,,יהוה wat die Torah gegee het, die kalender opgesel het en wat die Verbond by Sinai bevestig het wat Hy met Abraham gesluit het, n leuenaar! óf יהוה se Woord is waar, ewig en onveranderd óf dit is nie Sy Wood nie en het geen plek in die Bybel en in ons lewens nie. יהוה Gaan kyk maar in die Bybel en sien dat die mees buitegewone dinge wat gedoen het, was gedoen volgens die Kalender van Lev.23! Yeshua het gedemonstreer dat die Shabbat die realm op aarde is waarin Hy waarlik Messias is! I am the Lord of the Shabbat. Meeste van Sy genesings het op die Shabbat plaasgevind. Hy is gekruisig op die afspraak van Pesach! Hy het opgestaan uit die dood op HaBikkurim (Eerste vrugte) Hy het verskeie kere aan Sy dissipels verskyn tydens die tel van die sewe weke+1dag (Omer) voor Pinkster (Shavuot) om die oes te verseker. Hy het Sy Gees uitgestort op Pinkster. Hy sal terugkeer op die Blaas van die Trompet (Yom Teruah). Hy sal die wêreld kom veroordeel op die Groot Vesoendag/ Dag van verootmoediging (Yom Kippur). Hy sal Sy uitverkorenes bymekaar maak tydens die Loofhuttefees ( Succot). Hy sal Sy millinium Koninkryk begin op die 8e dag (Shimini Atzeret) Die laaste opmerking voordat ons elkeen se spesifieke toepassing in ons lewens gaan bespreek: Die Mo adim is n siklus wat jaar na jaar na jaar gevolg word. Hulle is ook verbonde aan die vier seisoene, maar ongelukkig vir ons in die suidelike halfrond, die teenoorgestelde seisoene. 1. Shabbat: Lev.23:3 Teen hierdie tyd behoort ons die belangrikheid van Shabbat te besef en behoort dit ons glad nie te verbaas dat Shabbat reg voor aan die lys verskyn nie. Elkeen van hierdie spesiale afsprake bevat ten minste een Shabbat of word gereken as n Shabbat om net weer vir ons die belangrikheid van Shabbatrus te onderstreep. Voordat daardie vrede op die aarde bewerkstellig word waarna ons vroeër verwys het die dag waarna ons almal uitsien en wat bekend staan as die

9 dag wanneer die Prins van Vrede na hierdie aarde gaan terug keer, het ons n weeklikse afspraak Die Shabbat waarop ons vir daardie dag repiteer. Gen.2:1 Rusdag geskep. Lev.23:3 Die eerste afspraak Ex.20:9-10 Gee van Torah. Jes.56:3 Blessing op hulle wat die Shabbat onderhou. Jes.58:13 +14. Ook vir die nie-israeliet. Toepassing: Shabbat bevat drie elemente: Rus = Shabbat; Vrede = Shalom; Heiligheid =Kadosh. Die Shabbat is n eiland in tyd in ons besige lewens, waar Hemel en Aarde mekaar aanraak. Dit is n geleentheid vir menslike wesens om weer hulle batterye te laai en om met hulle Skepper kontak te maak. Shabbat is die weeklikse herinneringe aan die Skepping en Verlossing. Verder is dit יהוה se opdrag dat ons moet rus! Alles is reeds gedoen. Ons word weekliks daaraan herinner dat ons geskape is vir Hom en dat ons niks kan byvoeg by dit wat Hy reeds gedoen het nie. Die lewe is bedoel om n totale rus in Hom te wees. Sy versorging van ons is al wat ons nodig het: fisies en Geestelik. Op Shabbat oefen ons om in Hom te rus van al ons werke, ons bekommernisse en eie pogings in afwagting van daardie ewige rus wanneer ons lewe saam met Hom een lang Shabbat sal wees. Op hierdie dag ervaar ons daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan. Vrede in n onbevredigende wêreld. Hoekom? Want soos die woord Kadosh vir ons verlede week geleer het: Ons staar in die Heiligheid in van.יהוה Hy het hierdie dag geheilig! 2. Pesach: Lev.23:5 A. Redding: Uit slawerny. Die Losprys: Bloed van die Paaslam. Geskiedkundig: Alhoewel hierdie n verlossing uit slawerny uit Egipte was, het hulle nou aan יהוה behoort en is hulle verlos om Hom te dien. Die Vervulling: Yeshua HaMascheach betaal met Sy lewe om ons uit slawerny van sonde te verlos en gee Sy bloed as die losprys en verseël ook die Verbond wat daar met Abraham gesluit is. Ef.1:7 offer. red ons deur Sy Seun op te יהוה B. Afsondering: ( verlossing): Dit spreek van redding uit die hand van die vyand deurdat hulle in die see verdrink het. Hy deel met die vyand. Hulle was nie by magte om hulleself te red nie. Weereens: dit is יהוה wat die redding doen. Persoonlike toepassing: יהוה red my want ek is onmagtig om self die bande van slawerny om my af te sny. Indien Hy my in daardie toestand יהוה gelaat het, sou ek die ewige dood verdien het. Ek was hulpeloos totdat

10 deurgebreek het en ingetree het soos vir die Israeliete. Hy stuur Yeshua: (beteken: Redding/ salvation ). C. Heiligmaking: יהוה verwag dat ek sal aanhou loop in hierdie uitredding deur vir 7 dae ongesuurde brode te eet as aandenking vir wat Hy gedoen het. 14 Nissan: Die dag wat die lammers geslag word Lev.23:5 1e dag van die fees. Ex.12:11 יהוה se fees Ex. 13:3,5,9 יהוה maak n afspraak. Num.9:14 Ook vir nie-jode. Matt.26:1 Yeshua vier Paasfees. Matt.26:24 Yeshua kom יהוה se afspraak na. Luk.23:14 Lam sonder fout. Hebr. 11:28 Vervulling van fees. 15 Nissan: Ongesuurde Brood Suurdeeg: Sonde. Lev.23:6-8 Toepassing: Ongesuurde brood simboliseer n lewe nadat Yeshua Sy bloed daaroor gestort het. Ek is nou n nuwe skepsel wie se sonde vergewe is; Ek is heilig en met יהוה se geregtigheid beklee. Ek behoort nou aan!יהוה Ex.13:6+7 Instelling van die fees. Ex.23: 15 - n Vaste datum! Nie Easter weekend nie! Lev.23:6-8 7 dae fees. Matth.26:17 Yeshua vier die fees. Luk.24:30 Na opstanding vier Hy fees saam met Emmausgangers. 1 Kor.5:6-7 Vervulling van die fees. D. Opstanding: Lev.23:9-14.יהוה Die eerste gerf word die dag na die Shabbat opgedra aan Vervulling: Dit is die dag wat Yeshua opgestaan het uit die graf. Ex.23:16 Offergawe. יהוה Lev.23:9-14 wuif offerande voor Matth. 12:39 Yeshua voorspel vervulling van hierdie fees. Matth.28:1-6 Yeshua die eerste gerf. Rom.11:13-16 Ook vir heidenvolke 1 Kor. 15:20 Vervulling van die fees. Tel van 50 dae: Lev.23:15+16 Tel die dae. Vir 50 dae lees die Jode elke dag n gedeelte van Ps.119. 3. Shavuot: (Pinkster): Hierdie is die hoogtepunt van יהוה se Liefdesverhaal. Die eerste keer was dit die Gort( Barley ) oes. Geskiedkundig: Torah op Sinai gegee. Vervulling: Uitstorting van Ruach HaKodesh ( Heilige Gees) by Tempel. Hand.2:1-4.

11 Toepassing; Jaarliks sal Hy ons weer deur Sy Gees versterk om vrug te dra vir.יהוה Daarom tel ons 50 dae met verwagting af vanaf die Shabbat in die week van Pesach tot by die dag wanneer die Shavuot aanbreek. Vrug kom van die regte toepassing van Sy Woord in ons lewens en om deur Sy Gees gelei te word. Dit is ons Eerste Vrugte. Ex.19:1-20:21 Betrothal tussen יהוה en Israel vind plaas 50 dae na uittog uit Egipte. Ex.24:7 Israel gewillig Lev.23:17-22 Instelling van Fees om Sinai te gedenk. Deut.16:9-12 Moet n feesviering wees. Jer.2:1 Herinneringe van gebeure by Sinai. Jer.31:31-33 Toekomstige vervulling van die fees. Sagg.12:10 Toekomstige vervulling op Sinai ( Wys na uitstorting van Gees) Hand.2:1-4 Uitstorting van H.G. Skryf Torah op harte. Rom.11:25 36 - Mystery! Ef.2:13:20 Vervulling in Yeshua Hebr.12:18-28 Vervulling in Yeshua. Die boek van Rut word tydens hierdie fees gelees. 4. Yom Teruah: (Fees van Trompette) (Rosh HaShanah) Lev.23: 24 Karaktertrekke: Shabbat en die blaas van trompette. Toepassing: Die Shofar het verskeie betekenisse: Oorlogvoering Geestelike oorlogvoering. Aankoms van Messias (Vir die gelowiges: wederkoms) 1Cor.15:52 1Thes.4:16 Sagg.12-14 Oproep vir heiligmaking Nog n verdere skoonmaak. Tradisioneel word hierdie dag herdenk as die verjaarsdag van die aarde en Adam. Hulle glo ook op hierdie dag word die 3 Boeke: Die boek van die Lewe, Dood en Louwarmes oopgemaak. Nou is daar n grasietyd van 10 dae om seker te maak dat jou naam weer in die Boek van die Lewe geskryf gaan word. Lev.23:24+25 Instelling van Fees. Jes.27:12-13 Israel word geroep. Sagg.9:14 Aankondiging van wederkoms. Sagg.14:1-21 Inleiding van wederkoms. Joel 2:1 Aankondiging met trompette. Sefanje 1:14-16 Aankondiging met trompette. Matth.24:29-31 Yeshua oor hierdie fees. 1 Kor.15:51-28 - Oorwinning. 1 Tes.4:6 Vervulling van fees: Wederkoms. Op.1:10 Aankondiging. Op.8:1+2 Die einde!

12 5. Yom Kippur: (Dag van verootmoediging) Shabbat van Shabbatte! Die klank van die Shofar lei ons na Yom Kippur 10 dae later, die mees ernstigste van al die feeste. (Verwys laas week se Parashah). Geskiedkundig: Op hierdie dag gaan die Hoë Priester in die Allerheiligste van die Tabernakel met die bloed van die Sondeofferande gaan en glo dat hulle vergewe sal word en hul name in die boek van die lewe geskryf staan. Toepassing: Ons verbly ons in die feit dat daar vir ons sonde reeds versoening gebring is.ons rus in die wete dat die prys betaal is. Lev.16:29-31 Afspraak. יהוה Lev.17:11 Versoening met Lev.23:26-32 יהוה se afspraak Num.29:7 Vasdag Ps.52 יהוה se vereistes. Sagg.12:10 Dag van verootmoediging. (Berou) Sagg.13:1+2 Toekomstige vervulling. Amos 4:1 Dag van oordeel. Rom.5:1 Yeshua die vervulling van hierdie dag. Rom.5:8-9 Ons hoop! Rom.3:25 +26 Klaar vervul. Hebr. 1:3 Afgehandel! Hebr.7:26-28 Perfekte offer deur יהוה aanvaar. Hebr.10:19-22 Yeshua het dit vervul. 1Joh.2:1 Yeshua: Ons vervulling van Yom Kippur. 6. Succot: (Tabernakels/ Loofhuttefees) Vrugtefees. n Goeie tyd om rekord te hou van ons vrugte. Toepassing: Net soos Pesach is dit n Exodus. Hulle woon in hutte vir 7 dae en dink aan die tyd in die wildernis. Vervulling: Sal in vervulling gaan wanneer Yeshua Sy Bruid bymekaar gaanmaak en ons saam met Hom by die Feesmaal aansit en tot in ewigheid met Hom saam woon. Ex.23:16 (b) - Ook bekend as die fees van die oes. Profeties van die laaste oes wat gaan inkom. Lev.23:33-43 Instelling van die fees. Deut.16:14 Vrolike fees. Sagg.14:16 Vir al die nasies. Sagg. 14:16 Verwys na lewende water. Joh.7:37-39 Yeshua belowe die lewende wter. Vervul Sagg.14:16 Op.22:1-6 Toekomstige vervulling. Op.22:17 Toekomstige vervulling. Rom.11 beskryf ons verbintenis met Israel en daarom met יהוה se afsprake. Sou dit nie wonderlik wees indien die kerk in die algemeen ook sou inslot met יהוה se feeste en ons Hom korporatief in die wêreld kon dien en loof en prys nie? Die Siklus:. Sien dit soos n dans wat in n sirkel plaasvind.. Jy kan enige tyd inval en saamdans, want die dans gaan net aan en aan. Eendag sal hierdie spiraal ons finaal

13 verlos van die aarde en sal ons saam met Yeshua die ewigheid in spiraal belangrikste: DANS SAAM! Die Lev.24:1-23 Die laaste afdeling gaan oor die geregtigheid binne in heiligheid. Dit is יהוה se begeerte dat ons moet heilig lewe voor Hom en met ons medemens. In Sy afsprake (Mo adim) met ons, leer Hy ons ook om ons tyd heilig te spandeer. Dit gaan hier hoofsaaklik oor die ontering van יהוה se Naam en kwaadpraat van ander. Dit was strafbaar met die dood! Ek weet nie van julle nie, maar dit laat my sidder om te dink hoe maklik ons van ander praat en hoe ons in werklikheid die dood verdien. Van die straf kan ons aflei, dat dit en moord in die oë van יהוה een en dieselfde sonde is. Albei is sonde teen.יהוה Iemand wat יהוה se Naam oneer aandoen, is vir יהוה soos iemand wat moord pleeg. Matth.5:21 Laat die Menorah brand! Lev.24:1-4 Ex.27:1-2 Laat ons onthou dat die Woorde wat יהוה spreek (Emor) krag het en ewige waarde het. Hy verseker ons dat ons die Lig van die wêreld is. Elke keer wanneer jy lig lees, onthou dat Hy bedoel Menorah en dink aan die Tabernakel en die betekenis van die Menorah. In die geografie van die Tabernakel, wat n replika is van die een wat in die Hemel staan, was die Menorah geplaas in die Heilge deel, net buite die Allerheiligste. Anders as met die Mo edim wat in die publieke oog plaas gevind het, was die Menorah in die privaatheid van die Kohanim (Priesters) en nie sigbaar vir die publieke oog nie. Die Menorah verteenwoordig dus die private en persoonlike daaglikse toewyding in die Binnekamer. יהוה verseker ons dat die versorging van die Menorah op daaglikse basis moes plaasvind. Geen uiterlike vertoon nie! Geen godsdienstige byeenkoms beteken enige iets vir Hom nie, maar daardie persoonlike toewyding waar niemand jou sien nie, dit is wat Hy wil hê! Die Menorah verteenwoordig my en jou getrouheid aan.יהוה Sy oë gaan heen en weer oor die aarde en hou Sy Afgesonderde Volk met jaloesie dop. Hy steek Sy Hand uit na hulle op onsigbare wyses en voorsien in al hul behoeftes sodat hulle kan oorleef en hulle skeppingsdoel vervul. Hy roep hulle om deel te word van Sy verlossingsplan soos uitgebeeld in die Tabernakel. Hy vra ons om die olie te voorsien, dag vir dag, jaar vir jaar tot in ewigheid. Ook vra Hy dat ons elke oggend die ou pitte moet knip en die vlam weer van vooraf moet laat brand. Die lampe moet aanhou brand tot in ewigheid! Die Brood: Lev.24:5-8 Die tweed element van hierdie Binnekamer soos ons dit in die Tabernakel vind, is die voorbereiding van die Brood. Elke Shabbat moes daar nuwe brood in die Tabernakel geplaas word, simbolies van Sy voorsiening deur die week. Hierdie brood moes voor Sy aangesig geplaas word op die Tafel in die Heilige deel van die Tabernakel.

14 Wanneer ons op Vrydae aande tydens die Shabbatete die Brood oplig, herdenk ons ook hierdie opdrag van.יהוה As n familie lig ons ons gesigte op na Hom en prys Hom vir Sy voorsiening gedurende die week. Alle maskers word verwyder en ons staan met ons gesigte voor Hom net soos ons is. Laat die Menorah brand!