Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Van Vervolger tot Prediker

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die betekenis van die kruis (1)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Les 6 vir 10 November 2018

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Waar is God as ons swaarkry?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Pretoria- 23 Junie 2012

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die maan en sy rol in ons wereld *

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Pretoria- 23 Januarie 2011

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Addendum A Consent form

Bybelse Dissipelskap Reeks

Gebore uit die maagd Maria

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Transcription:

Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak? Sy antwoord was dat hulle self hierdie vraag moes beantwoord. Twee verskillende antwoorde het van die twee seuns gekom. Die een het gesê dat n ware gentleman gebore word en die ander een dat n ware gentleman gemaak word. Omdat die koning nie kon besluit watter antwoord reg is nie, het hy aan sy twee seuns die volgende uitdaging gestel. Hy het hulle elkeen n week kans gegee om vir hom n voorbeeld te bring wat sy antwoord sou bewys. Die twee seuns is toe in verskillende rigtings. Die seuns wat geglo het dat n ware gentleman gemaak word en nie gebore word nie, het gou sy antwoord in n herberg gekry: toe hy n koppie tee bestel was hy verstom om te sien dat die kelner n kat is- n kat met n voorskoot aan wat pragtig op sy agterpote tee op n skinkbord bedien. Was dit darem nie n bewys nie. As die kat kan verander, dan kan n mens seker ook. Die tweede broer was nie so gelukkig nie, en het gehoor van sy broer se ontdekking van die kat. Hy het begin twyfel aan sy eie oortuiging, maar op die nippertjie tog sy bewys gevind. So het die twee broers aan die einde van die week wat hulle gegun is elkeen met n houer onder die arm die hofsaal ingestap. Terwyl die koning toekyk het die eerste seun sy kat te voorskyn gebring wat op n skinkbord vir die koning n koppie tee bedien het. Die koning was verstom. Almal het gejuig en hom geluk gewens. Maar toe maak die tweede seun sy houer oop en n aantal muise dop uit en begin oor die vloer hardloop. En wat gebeur toe? Onmiddellik het die kat die muise begin jaag. En so is die waarheid openbaar: Al loop n kat op sy agterpote, al leer jy hom wat, al lyk hy hoe anders, bied hom net een ding aan wat hy nie kan weerstaan nie en die waarheid skyn duidelik na vore. Dis ook waar van mense. Sommige sal sê- die mens is nie so sleg nie- die mens is eintlik van nature goed. Verander die mens se uiterlike of sy omstandighede en die innerlike sal ook verander. Gee aan iemand geleerdheid, opleiding, die regte gewoontes en die regte dissiplines en so iemand sal verander. Paulus sou waarskynlik hierdie siening van menswees afgelag het. Hy sou eerder sê jy kan iemand se klere verander en sy gewoontes en sy gesindheid en sy omstandighede. Maar die een ding wat nie verander is nie is ons sondige aard of natuur. Bring maar die muise uit of daardie dinge wat altyd vir ons versoekings sal bly en kyk wat gebeur. Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Dis hierdie suksesevangelie wat so sterk deur Joel Osteen en ander gedra word. Jy is verantwoordelik vir wat jy met jou lewe gaan bereik. Weet net: Jy is n sukses en jy gaan n sukses maak! Skud alle gevoelens

van minderwaardigheid af. Moenie dat enkele terugslae jou onderkry nie. God het jou gemaak vir sukses en voorspoed. Kies wat jy wil bereik en God sal sorg dat dit gebeur! Daar word gepoog om hierdie selfvertroue en suksesbeeld by mense te vestig. Gevoelens van skuld, onbekwaamheid en mislukking word as ondermynend vir jou selfbeeld beskou en doelbewus verwerp. Die probleem met hierdie manier van dink en leef is dat dit nie rekening hou met ons menslike sondigheid en feilbaarheid nie. En om nou by hierdie suksesbeeld van die samelewing in te pas, moet mense hulself konstant om die bos lei en belieg. Jy moet weier om te erken dat jy nie die sukses is wat jy voorgee om te wees nie. Jy moet weier om eerlik na jou lewenspad te kyk wat besaai is met swak keuses en houdings en gesindhede en dade wat jou medemens kwaad bedoel en kwaad aandoen. Ons moet dus vashou aan hierdie wanbeeld wat ons van onsself het en wat ons graag wil hê ander mense van ons moet hê Paulus die wêreldsendeling, die grootste Christen van alle tye volgens baie geskiedskrywers se oordeel, kom ontmasker hierdie suksesevangelie en hierdie wanvoorstellings wat ons van onsself maak. Ek wonder hoe Joel Osteen Romeine 7 sou hanteer: Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. Ek ellendige mens, wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Wat ons hier hoor is slegte nuus vir elkeen wat vol selfversekering en selftevredenheid wil lewe. Dit is slegte nuus vir elkeen wat in die waan van die inherente goedheid van die mens wil lewe. Dis slegte nuus vir elkeen wat dink dat hy of sy self die goeie kan kies en kan doen. Ray Stedman skryf so raak hieroor: We think we have got life under control and we are fooled. All sin is waiting for is the right occasion, when like a powerful, idling engine, it roars into life and takes over at the touch of the accelerator and we find ourselves helplessly under its control. Wie is die ek of die Paulus wat aan die woord is hier in Romeine 7:14-25? Hierdie beskrywings in Romeine 7 vers 14 tot 25 in die eerste persoon of ek-vorm wat vir die kerk deur die eeue nog altyd problematies. Baie het gemeen die Paulus wat hier aan die woord is kan nie die grootste sendeling van alle tye wees nie. Soos hy homself hier beskryf in sy stryd met sonde in sy lewe kan hy nie teologies die grondlegger van die hele Christendom wees nie. Die een verklaring is dat die Paulus wat hier aan die woord is Paulus is voor hy tot bekering gekom het en as Jood onder die wet uit sy eie krag probeer leef het en telkens maar moes ervaar dat hy telkens misluk het om volgens hierdie wet te leef en dat sonde telkens die oorlog in hom gewen het. Hierby sluit ook die verklaring aan dat Paulus hier in die ek-vorm die verteenwoordiger van die hele mensdom probeer wees wat nog in Adam is en nog nie tot bekering gekom het nie. Die tweede verklaring is dat die Paulus wat hier aan die woord is die jong Christen is wat nog baie moet groei in die geloof en nog hierdie geweldige stryd met sonde het. Hy het dus hier nog hierdie geweldige stryd tussen die ou mens en die nuwe mens.

Die derde opsie is dat Paulus hier praat as die volwasse gelowige wat juis omdat Hy in hierdie nabye verhouding met die Here leef ekstra sensitief geword het vir die mag van die sonde in sy lewe. Mense wat nie tot bekering gekom het nie is geneig om nie so sensitief vir sonde in hul lewens te wees nie en eerder afgestomp teenoor sonde te wees. Watter opsie van hierdie drie ons ook al kies, wat Paulus wel hier in Romeine 7 doen, is om vir ons n prentjie te skilder van iemand wat probeer om die wet van God in eie krag na te kom. So iemand is altyd hierdie verskeurde mens- die goeie wat jy wil doen, doen jy nie, maar die slegte wat jy nie wil doen nie, dit doen jy. Paulus wil ons eintlik hier help om die groot vraag te beantwoord of die mens op eie stoom en eie krag, sonder die Gees van God aan die wet gehoorsaam kan wees. As Christus Jesus jou vry gemaak het, kan jy hierdie vryheid as Christen op twee maniere verkeerd verstaan. Die eerste is antinomianisme- die Griekse woord nomos beteken wet- ek staan nou antinomos- teen die wet of liewer onder geen wet of verpligting meer nie. Dit beteken ek glo God het my in Christus volkome so vergewe sodat selfs as ek sondig, Hy net sal bly vergewe. Ek kan dus sondig soos wat ek wil, want God sal vergewe. Dis waaroor Paulus in Galasiërs 5 dit het: Julle is tot vryheid geroep: moet net nie hierdie vryheid misbruik om sonde te doen nie. Die tweede manier hoe ek hierdie vryheid as Christen verkeerd kan verstaan is deur wettisisme. Ons hanteer die probleem van sonde deur ons bes te doen om God se wil na te kom. Deur dissipline en toewyding en wilskrag wil ek aan God en Sy wil of Sy wet gehoorsaam wees. Paulus skryf natuurlik hier in Romeine 7 oor hierdie wettisisme- om God in jou eie krag te dien en Sy wil na te kom. As jy ook dink ek ken self my probleme baasraak, my wil is sterk genoeg, dat ek reg kan lewe want ek het so besluit, gaan jy ook soos Paulus aan die einde van jouself uitkom. Gaan jy ook soos hy uitroep: Ek ellendige mens. Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Nie wie jy is en wat jy doen nie, maar Christus en wat Hy gedoen het: Ek dink ons elkeen verstaan waarvan Paulus hier praat- ons sien onsself hier in Romeine 7 in die spieel. Ek maak hierdie groot belofte aan iemand en ek breek dit- jou storie is veilig by my en in hierdie oomblik van swakheid lap ek dit aan iemand anders uit en die storie versprei. Ons stel vir ons hierdie groot doelwit en volg dit net nie op nie- die dieet wat nooit volgehou word nie of die gimkrontrak wat nooit gebruik word nie. Ons belowe vir ander of aan onsself- ek sal dit nooit weer doen of nooit weer so optree nie en ons woorde is skaars drie dae koud of jy doen dit weer of tree weer so op. Ek verloor my humeur nadat ek myself voorgeneem het om van nou af in beheer van my humeur te wees. Ek oordeel so maklik oor ander mense. Ek begeer wat ander het. Ek verwoes verhoudings, want ek wil myself handhaaf. Ek vertel leuens as ek in n hoek gedruk word en weet self nie na die tyd hoekom nie. Ons ken ons eie swakheid of hierdie stuk sondigheid wat in ons inwoon. Iemand praat daarvan as hierdie inner civil war. Die oorlog hier binne my. En as ek en jy hierdie oorlog hier binne in ons tussen wat sonde en verkeerd is en wat reg en God se wil is in ons eie krag veg, wil Paulus ons herinner dat ons telkens gaan verloor. Waar het Paulus se pogings om God se wil na te kom en God te dien in sy eie krag hom uitgebring? By hierdie eerlike belydenis: Ek ellendige mens. Wie gaan my van hierdie doodsbestaan verlos- van hierdie gedurige val en opstaan in die geloof en more harder te probeer net om weer in die hek te duik? Die

antwoord is in die laaste vers van Romeine 7: Aan God die dank, Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. Ray Pritchard skryf so mooi dat God ons juis by Paulus se ervaring van hulpeloosheid en desperaatheid in Romeine 7 wil laat uitkom: God wants you to go through Romans 7. He wants you to struggle with sin because that experience is meant to drive you into the arms of Jesus Christ. God intends for you to struggle with sin so that in your struggle, you would be stripped of your self-reliance and begin to trust in God and God alone. Does the fact that you struggle make you a failure? No. Does it make you a bad person? No. Does it make you a substandard Christian? No. Do you know what it makes you? It makes you an excellent candidate for the grace of God. Die wet maak my bewus van ons sonde en sondigheid en word soos die belydenisskrifte dit stel ons tugmeester na Christus toe-dit dryf ons in Jesus se vergewende arms in. Wat werklik saak maak is nie in wat ons wil en kan doen nie, maar in God wat ons in en deur Jesus Christus verlos. Hy kom buig in die redding wat Jesus bring ons self doen en self probeer beheer om na: nie meer ek nie, maar Christus wat in my lewe. Dis waaroor lydenstyd en paasfees juis gaan: dit wat ons nie kon doen nie weens ons sondige natuur nie, het God gedoen deur die bloed van Sy Seun. Ek kan met hierdie self waarmee ek nie altyd raad en rigting het nie, na Hom toe vlug. Ons is tot niks in staat sonder Christus en die krag van die Heilige Gees nie: Om klere te verander verander nie mense nie. Nuwe gewoontes maak nie nuwe siele nie. Al wat werklik sal help is as ons van binne verander, wedergebore word, n nuwe mens word deur Jesus en die krag van Sy Gees. Ons eerste geboorte het deur die pyn van n mens, ons aardse moeder se kraampyne plaasgevind. Ons tweede geboorte of wedergeboorte word moontlik gemaak deur God se pyn, Sy eie Seun wat Hy aan die kruis moes oorgee sodat ons vry en gered en vergewe anderkant kan uitstap. Dis waar Romeine 8 ons uitbring- alleen deur Jesus word en nuwe mense en alleen die krag van Sy Gees stel ons in staat om as nuwe mense te leef. Nou kan ons aan die eise van die wet of van God se wil voldoen, ons wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. Iemand het geskryf dat jy drie dinge nodig het vir jou lewe as kind van die Here Om te weet wat goed is Die krag om te doen wat goed is Die lus om die goeie te doen of die smaak vir die goeie Die Heilige Gees doen al hierdie dinge in ons lewe- leer ons deur die Woord wat goed en reg is, gee ons die krag om dit te doen en gee ons die lus om dit te doen of so te lewe. Dit was die groot probleem met die wet- dit het vir ons kom wys wat goed en reg is, maar kon ons nie die krag of die lus gee om die goeie en dit wat reg is te doen nie. Daardie krag kom deur die Gees. Die Gees is die teenstander binne-in ons teen ons sondige natuur. Daarom skryf Paulus in Galasiërs 5: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nie swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Maar weet dit geliefdes. Selfs onder beheer van die Heilige Gees moet ons nog baie leer op hierdie pad saam met die Here. Die Here weet dat ons moet oefen om as nuwe mense te leef. Die Here weet ons sal langs die pad baie foute maak. As jy val, beteken dit nie jy is nie wedergebore nie. As jy struikel beteken

dit nie dat jy nie waarlik tot bekering gekom het nie. As jy ou begeertes ondervind, beteken dit nie dat jy nou nie in Christus hierdie nuwe mens is nie. Weet in sulke tye dat God met jou en my baie geduldiger is as wat ons met onsself is. Ek is nie hierdie strydende en eensame dissipel van Jesus wat alleen gelaat word om in eie krag te stoei met die mag van die sondige natuur in my nie. Christus het my vrygemaak en deur Sy Gees leef Sy krag binne-in my. Dis ook krag om nee te sê vir daardie sondige begeertes wat ons so kan knou. Ons het almal Romeine 7 in ons lewens nodig. Om maar weet te hoor dat om die Here te dien in eie krag my altyd aan die einde van myself en in wanhoop sal uitbring. Jesus het ons self herinner in Johannes 15 dat sonder Hom ons niks kan doen nie. Romeine 7 wil ons herinner dat God se Seun nie gesterf het om goeie mense beter te maak soos baie vandag wil glo nie. Paulus herinner ons in 1 Timoteus 1:15 vir wie Hy wel gesterf het: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Hoe duideliker en eerliker ek oor myself en my verlorenheid in myself is, hoe beter kan ek God se genade sien- en die wonderlike Verlosser wat Hy voorsien het. Amen