Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Van Vervolger tot Prediker

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Les 6 vir 10 November 2018

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Die betekenis van die kruis (1)

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Waar is God as ons swaarkry?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Doen Eers n Kosteberekening

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

NEW INTERNATIONAL VERSION

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Die Blye Boodskap. The Good News

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Pretoria- 23 Junie 2012

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Via Lucis. Die Weg van Lig anderkant die Kruis. Die 14 stasies van Paasfees tot Pinkster. INSTRUKSIES By elke stasie:

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Addendum A Consent form

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Transcription:

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2) 1 Geseënd sy bo alle dinge / die eewge God en Vader! Hy het in die hemel seëninge / vir ons in Christus toeberei. Na die besluit, uit Hom gebore / en ewig in sy wese vas, het Hy in Christus ons verkore / voordat daar tyd of wêreld was. 2 Hy het deur eie wil bewoë, / dat niks ons ooit weer sou vervreem, om Christus wil, uit mededoë, / ons as sy kinders aangeneem; dat ons, by guns so vry gegewe, / in hart en wandel onbevlek, sou leef voor Hom, in liefde lewe, / wat lewe in dooie harte wek. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Amen. Loflied: Psalm 66:1, 4 (p. 320) 1 Juig, aarde, juig met blye galme, / laat jubels opstyg uit die stof! Sing tot Gods eer jul dankb re psalme, / en maak Hom heerlik in jul lof. Sy grootheid ken geen maat of perke, / geen grens is daar vir sy gesag; die vyand sien met skrik sy werke / en buig hom kruipend voor sy mag. 4 Laat, aardse volke en wêreldmagte, / vir Isr els God jul lofsang hoor; want Hy het nie in lydensnagte / ons voet laat uitgly uit sy spoor. U het ons in vergange tye, / o HEER, getugtig en bedroef, en ons gelouter deur die lye / nes silwer deur die vuur beproef. Gebed Psalm 103:4, 6 (p. 505) 4 Waar dorheid woon, in velde vergeleë, / het Moses klaar aanskou Gods wonderweë, en Israel sy diepe bondsbeleid / hoedat die HEER barmhartig en genadig, lankmoedig is en altyd weer weldadig. / Die HEER is groot van goedertierenheid. 6 Soos hoog bo ons verrys die hemelboë, / so sal sy guns, uit eewge mededoë geweldig hoog bo al sy kinders staan. / En soos die oosterkim se helder glanse ver weg is van die kwynende awendtranse, / so ver het Hy ons sondes weggedaan. Skriflesing: Johannes 21:1-25 Kernverse: Johannes 21:15-19 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ʼn ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My. (Johannes 21:15-19 AFR53) 1

Tema: Vergifnis is die wonder en dat God jou weer in diens stel, is die bewys Geliefdes in ons Here Jesus Christus, om vergifnis van ʼn mens se skuld en sonde te ontvang, is verseker ʼn heerlike wonder waarin elke ware kind van God mag deel. Die heerlikheid van hierdie wonder is om verseker te wees dat God nooit weer aan die sonde waarvoor ons om vergifnis gesmeek het, wil dink nie. Nêrens maak die Here ʼn aantekening van die sondes wat Hy ons vergewe het nie. Hy vergewe en vergeet van die sondes. Soos wat Dawid in Psalm 103 sê: So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oor-tredinge van ons. (Psalm 103:12 AFR53) Die Here sal nooit weer terugkom op daardie sondes wat Hy vergewe het nie. In die slotparagraaf van ons formulier by die viering van die nagmaal is ons ook hieraan herinner. Deur die tekens van brood en wyn het die Heilige Gees ons verseker dat Christus regtig vir ons sondes aan die kruis klaar betaal het. Ons dank die Here vir hierdie genade wat Hy aan ons bewys en ons het ons ook voorgeneem om met ons hele lewe dank aan God te bewys. Tog bly daar by ʼn mens nog ʼn vraag oor nadat mens so diep geval het. Sal ek weer in diens van die Here kan wees? Sal ek weer die werk mag doen waarvoor Hy my toegerus het? Ons het wel die persoonlike versekering dat ons vergifnis ontvang het, maar mag ons weer die Here in die werk dien wat Hy aan ons gegee het. Ons hoor Johannes sê dat hierdie verskyning van Jesus aan sy dissipels by die See van Tiberias die derde een was nadat Hy uit die dood opgewek is. Met die derde verskyning word bedoel sy derde verskyning aan meer as een van die dissipels gelyktydig. Die eerste verskyning aan tien van die dissipels het plaasgevind op die aand van die Sondag waarop Hy opgestaan het. ʼn Week later het Hy weer aan hulle verskyn toe Tomas ook saam met die ander tien bymekaar was. Daar het nou al ʼn dag of twee verloop sedert die tweede verskyning, want die dissipels het na Galilea teruggegaan waar Jesus gesê het dat Hy hulle weer sal ontmoet (Matt 28:10; Mark 16:7). Terwyl die dissipels op die Here wag om hulle in Galilea te ontmoet het Petrus gesê dat hy gaan visvang. Eie aan sy geaardheid kan Petrus nie stilsit en wag nie. Hy sal hom maar intussen besig hou met dit wat hy ken. Aangespoor deur Petrus sê die ander dissipels dat hulle saamgaan. Niemand van hulle wil net sit en niks doen nie. Die afgelope tyd se gebeure maal nog deur hulle gedagtes. Party probeer seker nog agterkom wat alles beteken. En Petrus wonder of hy steeds in die besondere diens van apostel van die Here sal mag dien nadat hy Hom so openlik verloën het. Petrus weet dat Jesus vir hom gebid het dat sy geloof nie sal ophou nie. Jesus het dit immers self vir hom gesê. En ja, Petrus glo nog in Jesus. Sy geloof het nie opgehou nie. Jesus se gebed is dus verhoor. Afgesien van die twee verskynings wat Petrus al saam met die ander dissipels meegemaak het, lei ons uit die woorde van die Emmausgangers af dat Jesus ook afsonderlik aan Petrus verskyn het (Luk 24:34). Jesus het ook nog gesê dat Maria Magdalena in besonder aan Petrus moet sê dat Hy uit die dood opgestaan het (Mark 16:7). Ja, en tussen alles deur sou Petrus ook seker nog onthou dat Jesus gesê het: As jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Lukas 22:32 AFR53) Maar is dit genoeg om seker te wees dat die Here hom weer in sy diens as apostel gaan gebruik? 2

Petrus het diep en ver geval. Hy het sy Here drie maal verloën. Maar die Here se oë het hom teruggeroep van waar hy geval het. Skaamte en skuldbesef was deel van Petrus se lewe nadat hy die Here se oë gesien het. In ʼn sekere mate is Petrus se verhouding met die Here weer herstel, maar hy is nog nie terug waar hy voor sy misdaad was nie. Petrus is nog nie weer die betroubare apostel wat hy was en moet wees nie. Met sy misdaad in die binneplaas van die hoëpriester se huis het Petrus homself onwaardig gemaak om ʼn apostel te wees. Hy is om die waarheid te sê in sy amp geskors. Dit beteken dat hy nog ʼn gelowige is, maar nog nie weer ʼn apostel nie. Nou, terwyl Jesus en sy dissipels by die see van Galilea is waar alles omtrent drie jaar gelede begin het, is dit tyd dat Jesus vir Petrus weer in sy amp gaan herstel. Dit is opmerklik dat Jesus hom steeds op die ou naam, Simon, aanspreek. Hy is nog nie Petrus nie, hy is nog nie die naam Petrus rots waardig nie, want hy het gefaal in sy roeping om te waak en te bid. Jesus wys vir Simon op sy swakheid en beperkings. Met hierdie drie skerp vrae gaan die Here Petrus se vertroue weer in Jesus Christus vestig. Op sy eie sal Simon net Simon bly. Maar met sy vertroue in die Here Jesus Christus sal Simon Petrus wees en die een wat die Here wil gebruik om sy broers te versterk. Broers, susters en kinders, met ons ongeregtigheid/sonde maak ons onsself onwaardig om as kinders van God in diens van die Here op te tree. Daarom loop die Here met ons die pad van selfondersoek en bekering. Hy wil ons vertroue in Jesus Christus opnuut vestig. Op ons eie is ons niks. Ons is tot niks goeds in staat nie. Maar met ons vertroue in die Here Jesus Christus sal ons sterk kan staan. Deur die vertroue in Hom laat die Heilige Gees ons voortdurend groei in die geloof. Jesus vra vir Petrus drie vrae. Daar is mense wat ʼn groot ding daarvan maak omdat Jesus twee verskillende Griekse woorde gebruik wat ons met liefde vertaal. Ons kan egter aan-neem dat Jesus in Aramees met Petrus gepraat het en nie Grieks nie. Johannes en baie ander skrywers uit dieselfde tyd gebruik die twee Griekse woorde vir liefde as sinonieme. Daarom moet ons nie te veel daarvan maak dat hierdie twee verskillende Griekse woorde gebruik word nie. Daar is ander pare Griekse woorde in hierdie Skrifgedeelte waaroor daar nie so baie bohaai gemaak word nie. Die betekenisvolle aspek van hierdie gebeure is die volgende. Die vorige keer toe Petrus by ʼn vuur gesit het tussen ander mense het hy die Here drie maal openlik verloën. In die openbaar, ten aanhore van die ander dissipels, moet Petrus sy toewyding aan Jesus opnuut bely. Totdat dit nie gebeur het nie, sal daar vir Petrus steeds ʼn hindernis bestaan om as apostel voluit in diens van die Here te wees. Uit Petrus se antwoorde kom ons agter dat daar nie meer ʼn grootheidswaan by hom is nie. Hy kan nie en wil nie meer sê dat hy Jesus meer liefhet as die ander dissipels, soos hy vroeër gedoen het nie. Hy kan maar net in nederigheid antwoord dat Jesus weet dat hy Hom liefhet. Vir sy liefde vir die Here beroep hy hom op die alwetendheid van Jesus die Seun van God. Petrus moet Jesus immers volg, want dit is wat Jesus tog geïmpliseer het toe hy gesê dat Petrus sy broers moet versterk as hy weer tot bekering gekom het. Jesus wil hê dat ons Hom ook moet volg in die uitvoering van ons diens vir Hom. Maar om Jesus te volg moet die sonde wat hindernisse in ons lewe is aangespreek word. Daarop dring Jesus aan, tot by die punt waar dit vir Petrus seermaak. Verleë, ongemaklik en al snikkende erken Petrus dat hy oop en bloot voor die Here is: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. (Johannes 2:17 AFR53) 3

Geliefdes, hierdie pad waarop Jesus vir Petrus na Hom toe terugbring, hierdie pad van terugkeer met hernude toewyding aan die Here is die pad van ʼn Christelike lewe. Maar dit gebeur nie maar net een maal nie. Dit bly aanhoudende bekering. Aanhoudend sterf ons die ou mens af en aanhoudend wek die Heilige Gees die nuwe mens in ons op. En die troosryke van hierdie seermaakpad is die vaste wete dat jy vergifnis ontvang het. Met jou het die wonder ook gebeur dat God jou weer in sy diens wil gebruik. Dit het Petrus ook drie maal gehoor: Laat my lammers wei... Pas my skape op... Laat my skape wei. (Johannes 21:15, 16, 17 AFR53) Jesus Christus het Petrus verseker dat Hy hom voluit in sy diens as apostel herstel. Gaan sorg vir my kerk, Petrus. Petrus is in diens van die Here herstel en Jesus wys hom weer op sy taak as apostel. Jesus is immers nie net besorg oor Petrus as apostel en as enkeling in die koninkryk nie. Hy is ook besorg oor sy kerk en daarom hoor Petrus drie maal die opdrag aangaande die kerk van die Here. En die kerk van die Here is nie net grootmense nie nie net skape nie, maar ook kinders die lammers. Elkeen wat deel vorm van die liggaam van Christus in die gemeente, is vir die Here belangrik. Om Jesus dus te volg en Hom lief te hê, hou in dat ʼn mens verantwoordelikheid vir Christus se mense aanvaar. Wanneer jy jouself aan Christus toewy, soos ons hier aan die tafel bely het vanoggend, volg dit noodwendig dat jy jou ook aan sy kerk gaan toewy. Jesus Christus is nie ʼn alleenloper nie. Christene kan nie net elkeen ʼn afsonderlike verhouding met Christus hê nie. Hy is immers die Bruidegom en die kerk is sy bruid. As ons onsself met Christus vereenselwig, kan en mag ons nie van sy bruid afsydig staan nie. As ons dit doen, is ons leuenaars en ons liefde vir Christus kan dan nie opreg wees, soos wat Hy van ons verwag nie. Christus se liefde vir sy kerk bly onveranderlik selfs al is die kerk nog vol gebreke en gaan dit nog mank op plekke. Hulle is immers die mense vir wie Hy gesterf het en Hy dra voortdurend hulle belange op sy hart voor sy Vader. Kom ons hou onsself dan aan die onderneming wat ons vanoggend teenoor die Here gegee het deur in ware liefde en eensgesindheid met ons naaste te lewe en die eenheid van die geloof in liefde met woord en daad teenoor mekaar te bewys. Ons het die seermaakpad na die Here toe gestap omdat sy oë ons na Hom teruggeroep het. Ons het die versekering ontvang dat ons sonde vergewe is. Hy verseker ons dat ons steeds in sy diens kan leef en werk. Laat dit dan duidelik word in ons verhouding met mekaar. Net nadat Petrus die versekering gekry het dat hy steeds in diens van Christus as apostel moet optree, sê Jesus weer vir hom wat die koste van so ʼn lewe is. Hy sal in die Here se diens wees tot op ʼn hoë ouderdom. Maar wanneer hy oud is, sal hy sy hande uitstrek en iemand anders sal hom vasmaak en bring waar hy nie wil wees nie. Die woorde hande uitstrek is ʼn versagtende verwysing na die soort dood waarmee hy God sou verheerlik. Petrus sou ook gekruisig word. En uit die oorlewering blyk dit dat Petrus wel gekruisig is. Om Jesus te volg beteken dat ʼn mens op die pad gaan waar jy jou eie kruis moet opneem. Jy moet jouself aanhoudend verloën. Daaglikse bekering is aanhoudende doodmaak van die ou mens die eie ek. Dit kan alleenlik gebeur deur die krag van Christus se dood en 4

opstanding. Christus wil ons immers agter Hom hê, soos wat Hy vir Petrus aangesê het om Hom te volg. Geliefdes, met ons aansit aan die tafel van die Here het ons die voorneme uitgespreek om die pad wat die Here ons aanwys voluit te loop. Al beteken dit dat ek en jy vir onsself onherkenbaar vernuwe word omdat ons onsself dag vir dag meer en meer verloor, gaan ons op die pad van die Here loop. Ons loop op daardie pad, want ons weet waar die Here ons met hierdie pad gaan bring vir ewig by Hom op die nuwe aarde waar ons saam met Hom die bruilofsmaal sal vier, waar ons sonder enige hindernis vir ewig in sy diens kan wees om God Drie-enig te loof en te prys. Amen! Gebed Skrifberyming 14-3:3, 4 3 Staan altyd onbeweeglik vas, / omgord met waarheid, onbevrees; geregtigheid as borsharnas / laat Woorddiens julle skoene wees! As skild neem die geloof / om brandpyl uit te doof, verlossing om te weer, / om vir die kop te keer. / En neem die Woordswaard van die Gees. 4 Stry altyd biddend deur die Gees, / terwyl jul God van harte smeek. Volhard en laat jul bede wees / vir heiliges in elke streek. En bid dat God se Woord / gepreek word soos dit hoort, geheimenisse soet / vrymoedig en met moed / nou kragtig uit my boeie breek! Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Amen. Ds Coenraad Vrey Gereformeerde Kerk Bellville 23 Februarie 2014 5