Paulus se toesprake in Handelinge hoe verskil hulle

Size: px
Start display at page:

Download "Paulus se toesprake in Handelinge hoe verskil hulle"

Transcription

1 Paulus se toesprake in Handelinge hoe verskil hulle A Jesus who never wept could never wipe away my tears. C. H. Spurgeon Paulus se toesprake in Handelinge Handelinge bevat baie toesprake. Natuurlik is dit slegs Lukas se opsomming van die oorspronklike toesprake. Die toesprake in Handelinge gee aan ons die kern van wat Petrus, Stefanus en Paulus gesê het. Dit beteken nie die toesprake is nie geskiedkundig betroubaar nie. Die toesprake in Handelinge het n verskeidenheid gehore en doelwitte. Petrus se toesprake in Handelinge 2 en 3 en Paulus se toespraak in Handelinge 13 word aan Jode gerig hulle wil Jode daartoe lei om Jesus van Nasaret as die ware Messias te aanvaar. Stefanus se toespraak voor die Joodse Raad is eintlik n profetiese teregwysing. Petrus se toespraak in Handelinge 10 is gerig aan n heidense gehoor. Petrus se toesprake op pinksterdag is vol aanhalings uit die Ou Testament, terwyl sy toespraak by Kornelius se huis geen aanhalings uit die Ou Testament het nie. Dit weerspieël wel sekere Bybelse temas. Paulus se eerste opgetekende toespraak in Hoofstuk 13 is vol

2 aanhalings. In Listra waar die gehoor geen kennis van die Skrif gehad het, kry ons geen aanhalings uit die Skrif nie. In sy toespraak in Atene verwys Paulus na heelwat Bybelse temas, maar hy haal geen vers direk aan nie. Die toesprake waarin verse aangehaal word. is gerig aan Jode. Toesprake gerig aan heidene, haal nie verse uit die Skrif aan nie alhoewel hulle Bybelse temas reflekteer. ONS ATENE None are more unjust in their judgments of others than those who have a high opinion of themselves. C. H. Spurgeon Ons Atene Paulus was toegerus om die goeie nuus aan die Ateners te bring. Maar hoe lyk ons eie Atene? Ons moet ons eie omgewing verstaan om die goeie nuus aangaande Jesus doeltreffend te verkondig. Ons het ons eie filosofie-skole. Die Christelike geloof het die Westerse kultuur beïnvloed; Christene was op die voorpunt om boeke te bewaar en opvoeding te bevorder. Vandag sit ons egter met n dilemma: Westerse Christene is

3 toenemend ongeletterd ten opsigte van die Bybel. Ons leef in n gemeenskap waarin ons amusing ourselves to death (Neil Postman). Ons is so vasgevang in vermaak en tegnologie dat diep denke geleidelik wegkwynhet. Daarom moet ons Paulus se toespraak in Atene bestudeer as n model vir Christene. Ons moet bewus wees van die leidende idees wat ons kultuur vorm sodat ons hulle met die mag en waarheid van die evangelie kan betrek. Paulus was nie onkundig oor die dominante idees van sy tyd nie ons moet ook nie wees nie. Paulus bevorder robuuste, volwasse denke. Baie Christene is suspisieus oor filosofie en ander akademiese dissiplines as sou hulle teen God se genade en die werking van sy Gees wees. Paulus het die filosofiese en kulturele hulpbronne doeltreffend gebruik om brûe vir die evangelie te bou. Hoe kan ons vandag dieselfde doen? Paulus was geen vreemdeling vir filosofie nie Soïsisme het immers in Paulus se tuisdorp Tarsus ontstaan. Daarom kon Paulus in Atene beide die sterk- en swakpunte van Stoïsisme en Epikurisme blootlê. Paulus gebruik filosofiese instrumente waar dit ook al moontlik is, maar alles binne n soliede Bybelse raamwerk. Om die Bybel as n gesagvolle heilige boek in die openbaar aan te haal, kan vandag teenproduktief wees. Mense aanvaar net nie meer die gesag van die Bybel nie hoekom die Bybel en nie die Koran of die Boek van Mormon nie? God het Homself spesifiek deur die Bybel en Jesus Christus geopenbaar, maar Hy het Homself ook in die algemeen geopenbaar. Ons moet, soos Paulus, Bybelse waarhede ook indirek bevestig deur van filosofiese, wetenskaplike, geskiedkundige en kulturele insigte wat die evangelie versterk, gebruik te maak. Volgende keer gaan ons na Paulus se toesprake in Handelinge

4 kyk. Paulus se Atene Your emptiness is but the preparation for your being filled, and your casting down is but the making ready for your lifting up. C. H. Spurgeon Paulus se Atene Paulus se strategie was om die Romeinse hoofroete te volg (in hierdie geval die Via Egnatia, n militêre pad) en die evangelie in die hoofstede te verkondig. Paulus was in Berea toe opstokers hom verdryf het. Die gelowiges neem hom na Atene waar hy dan vir Silas en Timoteus wag. Atene was steeds n belangrike sentrum vir intellektuele en kulturele beoefening. Dit was een van die groot universiteitstede van die destyds bekende wêreld. Die goue jare van Atene was van die sesde tot die vierde eeu vc. Atene staan bekend as dié stad wat die grootheid van die Griekse kultuur bewaar het. Die stad het nie enige betekenisvolle politieke mag gehad nie, maar was steeds die plek waarheen jy sou gaan as jy meer van die Griekse kultuur wou leer. Dit was nie n groot handelsentrum nie.

5 Atene was ook bekend vir sy godsdienstige toewyding. Die naam van die stad is afgelei van dié van die Griekse godin Atena. Suid-oos van die Areopagus kry ons die Akropolis waar daar baie tempels geleë was. Die bekendste was die Parthenon, n tempel gebou ter ere van die godin Atena. Net langs die Parthenon was daar n tempel gewy aan Roma en Augustus bedoel vir keiseraanbidding. Paulus was baie verontwaardig toe hy al die afgodsbeelde in die stad gesien het. Atene was veral bekend as die sentrum van Griekse filosofie. In ongeveer 385 vc het Plato sy bekende Akademie in Atene gevestig. Aristoteles het hier gestudeer. Paulus het ook die Epikureërs en Stoïsyne hier raakgeloop. Is daar enige ooreenkomste tussen Paulus se Atene en ons wêreld? Paulus in Atene Nothing puts life into men like a dying Savior. C. H. Spurgeon Paulus in Atene Paulus kom in Atene aan (Handelinge 17:16 34). Hy was baie ontsteld toe hy al die afgodsbeelde sien al die tempels en vals godsdienste. Wat doen hy? Hy redeneer elke dag met

6 diegene wat toevallig op die markplein was. Dit was duidelik vir Paulus: hierdie mense ken nie die ware God nie. Hy weet ook dat sy opdrag van Jesus was om die evangelie aan die heidene te verkondig. Atene het sy eie unieke geskiedenis. Dit was die middelpunt van die Griekse filosofie Plato, Aristoteles en baie ander. Atene was beskou as n sentrum van geleerdheid en wysheid. Maar Paulus was bekend met die filosofiese en godsdienstige idees van die Ateners. Toe Paulus sy godsdiens moes verduidelik, bring hy sy kennis van die Skrif, die Joodse tradisies en teologie bymekaar met die idees van die afgodedienaars en filosowe. Hy gebruik hulle taal en haal hulle digters aan in die proses om God se optrede in en vir die wêreld te verkondig. Hy benader sy gehoor versigtig. Hy begin deur te sê dat hy sien dat hulle baie godsdienstig is. Daarna vertel hy hulle van die een ware God wat sy kommer oor die mensdom bewys het deur Jesus Christus uit die dood uit op te wek. Toe hulle hoor van die opstanding uit die dood, lag party Ateners vir hom, ander wil meer hiervan hoor en n paar mense het egter gelowig geword. In Atene was daar n rotsagtige koppie wat as dieareopagus bekend gestaan het. Dit is vernoem na Ares, die Griekse god van oorlog. (Die Latynse ekwivalent van Ares was Mars.) Vir die Ateners was die Areopagus die simbool van geregtigheid. Wat wel waar is, is dat Paulus in staat was om die evangelie vir Jode en heidene in konteks te plaas (1 Korintiërs 9:19 27). Volgens N. T. Wright het Paulus in drie wêrelde geleef: Die Judaïsme van die Tweede Tempel. Hellenisme as gevolg van Aleksander die Grote word die Griekse taal en kultuur en filosofiese siening deur die ganse Ryk uitgedra.

7 Die Romeinse Ryk waarvan Paulus n burger was en waar keiseraanbidding dié kultus was. Ons kan sê dat Paulus se Christelike geloof in Judaïsme gewortel was, in n Hellenistiese wêreld uitgeleef is en dat hy n teen-aanspraak teen die keiser se aanspraak op wêreldoorheersing gemaak het. Paulus was n kosmopolitaanse man wat by sy gehore kon aanpas. Hoe lyk hierdie Atene van Paulus se tyd?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Wat kan die kerk doen?

Wat kan die kerk doen? GELOOFSLOS Wat kan die kerk doen? 1. Leer om te hóú van kerklos- en gelooflos mense (oortreflikheid van ons liefde). 2. Ons denke en teologie moet verdiep (mense leer hoe om te dink)[apologetics]. 3. Lidmate

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Catharina Maria Conradie

Catharina Maria Conradie Mythology archaic relics or an archetypal and universal source of constant renewal? An exploration of the relationship between myth and archetype in the myth of Demeter and Persephone Catharina Maria Conradie

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is: OM TE JUDAÏSEER Die Augustus 2010 uitgawe van Joy Magazine bevat n artikel van Dr Peter Hammond van Frontline Mission met die titel: The Return of the Judaizers. In hierdie artikel word daar kritiek gelewer,

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10 A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10 CHIROPAFADZO Moyo Dissertation presented for the Degree of Doctor of Theology at the University of Stellenbosch

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS `N NARRATIEF-KRITIESE BENADERING AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR `N VERGELYKENDE STUDIE TUSSEN DIE BOEKE OPENBARING EN THE LORD OF THE RINGS deur ELSIE PETRONELLA MEYLAHN Voorgelê ter vervulling van die

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

4. Struktuur Van Profesie

4. Struktuur Van Profesie 4. Struktuur Van Profesie 1. Die krag in Bybelprofesie Alhoewel Bybel profesie moontlik die heel kragtigse aspek van die Bybel is, word dit ook die meeste misverstaan. God het die Bybelse waarhede in profesieë

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament? Wisdom Culture 17 APRIL 2016 Is Jesus in die Ou Testament? Ons sien die totale Bybel as die Woord van God, ons verstaan die Bybel so. Indien ons dit so sien, dan roep dit n heilshistoriese-eskatologiese

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH TORAH (WET) EN GENADE LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH INLEIDING 1. Die groot mate van wanbegrip aangaande die wet en die genade het veroorsaak dat talle Christene glo hulle het n vryheid om

More information

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4

More information

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens 1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle

More information

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord. KOM ONS DINK n SLAG WEER OOR DIE SABBAT Belangrike Skrifgedeeltes in die verband: Die hele boek, Galasiërs, Kolossense, Hebreërs en Romeine, asook gedeeltes uit die Evangelie waar Jesus baie duidelik aandui

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: GOD STORIES LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder,

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God Wanneer jy hierdie gewyde dagboek bestudeer neem sorg om elke Skrifgedeelte te lees en indien moontik, lees die Skrifgedeelte sommer meer as een keer. Dag 1 Dink reg oor God: Die belangrikheid om te verstaan

More information

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning 1 Romeine Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek Dr J de Koning HOOFSTUK 1 Die brief wat jy moet lees! 2 My eie reis deur Romeine kom n lang pad. As jong student op Stellenbosch

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Lukas 4: Agtergrond

Lukas 4: Agtergrond Lukas 4:21-30 Agtergrond Lukas word soos volg ingedeel: Jesus se bediening in Judea - 1:1-4:13 Jesus se bediening in Galilea 4:14-9:50 Op pad na Jerusalem 9:51-19:27 In Jerusalem 19:28-24:53 Opstanding

More information

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap Les 10 *3-9 Maart Die funksie van rentmeesterskap SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Kolossense 1:16 18; Hebreërs 4:14 16; III Johannes 3; Génesis 6:13 18; Openbaring 14:6 12; I Petrus

More information

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus. Februarie 2017 Markus 15:40-47 Die besige agter-midag van Jesus se kruisiging-dag, met die fokus op: die vrou wat sien, Josef wat begrawe en Pilatus se verwondering. Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 84: 3, 4, 6 lofpsalm

More information

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. SISTEMATIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE 1 INHOUDSOPGAWE. Bladsy. 1. Inleiding. 3 2. Teologie. 3 2.1. Die Name van God. 4 2.2. Eienskappe van

More information

Die Nuwe Deformasie en die beskouing oor die Nuwe Testament 1 Prof. GDS Smit

Die Nuwe Deformasie en die beskouing oor die Nuwe Testament 1 Prof. GDS Smit 1 Die Nuwe Deformasie en die beskouing oor die Nuwe Testament 1 Prof. GDS Smit Inleiding Tot relatief onlangs was ons kennis oor die leer van die Nuwe Deformasie geskoei op dit wat ons in die media hoor

More information

Ons Hebreeuse Wortels

Ons Hebreeuse Wortels 1 Ons Hebreeuse Wortels Alvorens ons die volle omvang en betekenis van ons vertroue in Yeshua, dié Gesalfde Een (Jesus, die Messias), werklik kan verstaan, moet ons toegerus wees met kennis van, asook

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT 1 IS JY BRUID? INHOUDSOPGAWE Inleiding...3 Wie is die Bruid van Christus...3 Waar gaan ons bly.?...4 DIE HEBREEUSE HUWELIK...4

More information

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort   Leraar: br Cobus Rossouw BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort www.gkdaspoort.co.za Leraar: br Cobus Rossouw Ons roeping om te onderskei tussen 'n ware en valse plaaslike Kerk. (2/4) Lees gerus

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg Sing vooraf staande: Psalm 62:1, 4, 5 (p. 301) 1 Gewis, my siel is stil tot God! / My redding kom op sy gebod, / geen vyand hoef ek nou te dug nie. Hy is my rots, ʼn skans vir my, / Hy sal my voetstap ook

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Laat die Woord Getuig

Laat die Woord Getuig Laat die Woord Getuig Weergawe: 1_2_1 09_02_14 Samesteller: Harry van Huyssteen harryvh@matthew28.co.za http://www.matthew28.co.za Hierdie boek is geskryf om twee doelwitte te bereik: 1) Om n persoon te

More information

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Aangebied deur Die Weg Christelike Gemeente Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Plek/Venue: NG Kerk Witrivier Datum/Date: 16 17 Oktober 2015 Koste/Price: R150pp Kontak/Contact:

More information

*29 Desember 4 Januarie

*29 Desember 4 Januarie Les 1 *29 Desember 4 Januarie Die evangelie vanuit Patmos SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Openbaring 1:1 8; Johannes 14:1 3; Deuteronómium 29:29; Johannnes 14:29; Romeine 1:7; Filippense

More information

Die Rooms-Katolieke het sestien boeke meer in hulle Bybel wat algemeen bekend is as die Ou-Testamentiese Apokriewe.

Die Rooms-Katolieke het sestien boeke meer in hulle Bybel wat algemeen bekend is as die Ou-Testamentiese Apokriewe. Boeke van die Bybel Boeke van die Bybel Die Bybel is eintlik ʼn biblioteek boeke. Die boeke is oor ʼn lang periode van ongeveer 2000 jaar geskryf en verskil dus baie, nie alleen wat die verskillende situasies

More information

BYBELSKOOL VAN DIE NG GEMEENTE MONUMENTPARK - WES. Die Geloofwaardigheid van die Nuwe Testament se verhale oor Jesus

BYBELSKOOL VAN DIE NG GEMEENTE MONUMENTPARK - WES. Die Geloofwaardigheid van die Nuwe Testament se verhale oor Jesus 1 2017 BYBELSKOOL VAN DIE NG GEMEENTE MONUMENTPARK - WES Die Geloofwaardigheid van die Nuwe Testament se verhale oor Jesus 2 Inleiding Aanklag 1 Die Evangelies kan nie vertrou word nie. Geagte Jurie Die

More information

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake Oor die outeurs Wayne Barber Wayne Barber is die senior leraar van Hoffmanstown Church, Albuquerque, Nieu- Mexiko. Hy is internasionaal bekend as spreker by konferensies, en die hoofdoel van sy bediening

More information

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS POSBUS/P/O/BOS 20025 WILLOWS 9320 TEL: 0832585376 FAX: 051 4443823 E-MAIL: corriev@schoolink.co.za VIR AANDAG: DIE ATLETIEKORGANISEERDER

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information