Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.
|
|
- Carmel Blake
- 5 years ago
- Views:
Transcription
1 Kyk ook: - Jesus se maagdelike geboorte bevraagteken Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel. ************ Proff Francois Tolmie en Jan van der Watt se boek, Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament, het onlangs by CUM verskyn. Frits Gaum het met Francois gesels. 1 Wie is Francois Tolmie? Ek is gebore op 11 November 1959 in Keetmanshoop in die destydse Suidwes-Afrika. My pa was n predikant en daardie dae was daar nog volop beroepe, en ek was dus gelukkig om my kinderdae op n paar plekke deur te bring: Stilbaai, Oudtshoorn en Middelburg (Kaap), waar ek ook gematrikuleer het. Ek het my teologiese opleiding aan die Universiteit Vrystaat (UV) ontvang en was ná my dienspligjare vir n kort rukkie n dominee in Walvisbaai-moedergemeente. Ek is in April 1990 as dosent in die departement Nuwe Testament aan die UV aangestel en hier is ek nog al die jare. Ek is getroud met Ansa en ons het drie kinders. Ek is mal oor die Nuwe Testament veral oor Johannes en Paulus. Ek is dus een van daardie gelukkige mense wie se stokperdjie sy werk geword het. 2 Waarom het jy en Jan van der Watt Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament geskryf? 1 / 6
2 Dié boek is n populêre weergawe van wat ons in akademiese kringe n teologie van die Nuwe Testament noem. Ons het besef dat daar nog nie so iets in Afrikaans in die populêre geestelike mark beskikbaar is nie en het toe besluit om dit saam te skryf. Dit is bedoel vir lesers wat belang stel in geestelike literatuur, maar op soek is na iets dieper. Ons verduidelik byvoorbeeld hoe sake soos God, Jesus en die Heilige Gees, verlossing en etiek in die Nuwe Testament uitgebeeld word hoe die verskillende dele van die Nuwe Testament van mekaar hieroor verskil, maar ook hoe alles saamkom in groter gedagtestrome. 3 Jy skryf in die boek dat Jesus Christus die middelpunt van ons geloof is. Die afgelope tyd het daar n hele paar boeke in Afrikaans verskyn met vrae oor Jesus. Soos Anton van Niekerk wat in sy boek Geloof sonder sekerhede die maagdelike geboorte van Jesus bevraagteken. Hoe sien jy Jesus se geboorte uit die maagd Maria? Ek kan verstaan dat dit vir baie mense van ons tyd moeilik is om so iets te glo omdat dit moeilik versoenbaar is met ons insigte oor hoe die mediese wetenskap en dinge soos genetika werk, maar dalk mis ons die eintlike punt van die saak as ons vanuit so n wetenskaplike hoek daarna kyk. As ons dit egter probeer verstaan deur die oë van die antieke mense en hoe hulle oor daardie soort dinge gedink het, ontdek ons dat dit n manier was om iets besonders oor Jesus te bely dat Hy werklik van God af gekom het. 4 Sien jy Jesus se opstanding as letterlik op n dag en datum in die geskiedenis, of moet ons dit eerder metafories verstaan? Ek verstaan Jesus se opstanding uit die dood as iets wat werklik gebeur het. Dit is moeilik om enige ander bevredigende verklaring te gee vir die opstandingsgeloof wat die vertrekpunt van al die Nuwe-Testamentiese geskrifte vorm. In die Nuwe Testament word die rykdom van Jesus se opstanding op verskillende maniere ontgin en op aangrypende wyse gebruik om sin aan mense se lewe te gee, en dit is iets wat nog steeds in ons tyd mense kan help om hulle bestaan as iets sinvols te beleef, omdat sy opstanding soveel nuwe moontlikhede vir ons ontsluit ook in 2015 in die Suid-Afrika waarin ons lewe! 5 Sou jy sê dat die Bybel en daarmee saam die Nuwe Testament die énigste Woord van God is en dat die Koran, byvoorbeeld, dit nié is nie? 2 / 6
3 Ek glo dat die Bybel die enigste boek is wat ons God se Woord kan noem en waardeur ons God, Christus en die Heilige Gees werklik kan leer ken. Dit verg n interpreteringsproses waarby ons hele menswees betrek word en waar die gepaste houding een van nederigheid is, en van n voortdurende bereidheid om ook by ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik dit is om die verstaan van die Bybel as n gesamentlike proses te sien, en dan juis om ook regtig opreg te luister na mense wat die Bybel op n ander manier verstaan. 6 n Nuwe-Testamentikus kry in sy navorsing waarskynlik méér as die meeste van ons te doen met vrae oor die betroubaarheid van die Skrif en die evangelie. Bring dit ooit n mens se geloof in gedrang? Dit hang af hoe ons die betroubaarheid van die Skrif verstaan. Vir my beteken die betroubaarheid van die Skrif nie dat ons alles wat in die Nuwe Testament gesê word, presies by mekaar moet laat inpas en probeer harmonieer nie. Ons moet al die Nuwe-Testamentiese geskrifte tot hulle reg laat kom en binne hulle eie ontstaanskonteks verstaan. Daarvoor is iets soos Historiese Kritiek onontbeerlik; anders kan ons nooit werklik n goeie greep op die teologie van die Nuwe Testament kry nie. 7 Die Vrystaatse teologiese fakulteit het destyds tot stand gekom met die gedagte by sommige dat dit n meer behoudende rigting in die teologie sou handhaaf. Is dit nog so? Die fakulteit het oor die jare baie verander en daar is deesdae n redelike breë spektrum van teologiese sienings aan die fakulteit teenwoordig. Daar het intussen ook dosente van ander denominasies in die personeel bygekom met ook nog ander verrykende perspektiewe. 8 n Paar jaar gelede is die verwysing na God uit die leuse van UV weggeneem. Wat was die standpunt van die teologiese fakulteit daaroor? Dit het gebeur in die tyd toe ek nog dekaan was. Nadat die besluit deur die UV geneem is (as deel van n groter herposisionering van die universiteit), het ons die saak indringend by een van ons personeelvergaderings bespreek, maar nie n amptelike besluit daaroor geneem nie. Daar was van die personeellede aan die fakulteit wat teen die stap gekant was, maar ook ander wat 3 / 6
4 gedink het dit was n goeie besluit. 9 Hoeveel denominasies is betrokke by UV se teologiese fakulteit? Ons het n paar jaar gelede n opname hiervan gemaak en in daardie stadium was daar alreeds studente van ongeveer 25 verskillende denominasies by die fakulteit ingeskryf die meeste van hulle vir nagraadse studie. Die fakulteit het ook amptelike ooreenkomste met al vier kerke van die NG Kerkfamilie. 10 Wat is jou droom vir jou loopbaan verder? Ek was tot aan die einde van 2013 dekaan van die fakulteit in n baie interessante tydperk in die geskiedenis van die UV. Ek is nou weer voltyds terug in die departement Nuwe Testament en kan meer tyd aan navorsing bestee. Ek is besig met twee groot projekte waaraan ek heelwat tyd in die volgende paar jaar wil afstaan: die retoriese analise van Paulus se briewe en die narratiewe lees van die Johannes-evangelie. Dit sal my goed besig hou met my werk én met my stokperdjie! Kommentaar Jan Louw Daar kom heelwat gevaarligte aan in die 10 vrae wat die Kerkbode aan Tolmie gevra het: - Oor die maagdelike geboorte reageer hy dat dit moeilik is vir mense van vandag om te midde van al ons wetenskaplike kennis in die maagdelike geboorte te glo. Weerstand teen die wonders van God is niks nuuts nie. Toe Paulus 2000 jaar gelede vir die Ateners van die opstanding vertel het, het hulle met hom begin spot en hulle het hom die rug gedraai. Dit is deel van ons geloof dat God nie gebind is aan natuurwette nie. Tolmie sê: "As ons dit egter probeer verstaan deur die oë van die antieke mense en hoe hulle oor daardie soort dinge gedink het, ontdek ons dat dit n manier was om iets besonders oor Jesus te bely dat Hy werklik van God af gekom het." Dit gaan nie oor 'n "antieke verstaan" van dinge nie. Dit gaan oor verwondering oor die groot dade van God. Dit vra dan ook dat Tolmie sal standpunt inneem teen Anton van 4 / 6
5 Niekerk wat (as 'n "Christen") die maagdelike geboorte bevraagteken. - Oor die opstanding ervaar ek sy antwoord as verskonend. Hy sê die opstandingsgeloof help om sin te gee aan ons lewe en ontsluit nuwe moontlikhede vir ons in SA. (!) - Sy opmerking oor die Koran is verstommend: "voortdurende bereidheid om ook by ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik dit is om die verstaan van die Bybel as n gesamentlike proses te sien, en dan juis om ook regtig opreg te luister na mense wat die Bybel op n ander manier verstaan ". Tolmie praat van "ander gelowiges". Is Moslems dan nou "medegelowiges"? Wil hy regtig sê dat mense van die Moslemgeloof ons moet help om die Bybel beter te verstaan? Tolmie sê ons moet bereid wees om (met die gepaste nederigheid) by die ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. In die konteks van die vraag oor die Koran moet ons daaruit verstaan dat die Vader van ons Here Jesus Christus en die god van Mohammed volgens sy siening dieselfde God is! Die implikasie is verder dat Mohammed nie meer n valse profeet is waarteen Jesus gewaarsku het nie, maar n profeet van God op wie ons moet ag gee!! - Oor die Historiese Kritiek wat Tolmie propageer 'n paar opmerkinge: Die Ou Testamentikus kollega Jurie le Roux van Pretoria het iets oor die historiese kritiek gesê by Geskiedenis van Ou Testament eksegese, 23: Gerhard Von Rad, 03 Jurie le Roux. Hy wil daar voorgee dat ons Historiese Kritiek eerder moer verstaan as Historiese Wetenskap. As mens egter dieper op die saak ingaan kom jy agter dat die Historiese "Wetenskap" Jurie daartoe gebring het om Abraham bv as n nie-historiese figuur te verstaan. Die Historiese Kritiek het Andries van Aarde daartoe gebring om sy eie weergawe van die maagdelike geboorte van Jesus te skep. (Sien Kommentaar op Jurie le Roux se artikel Andries van Aarde se vaderlose Jesus ) Wat het Tolmie nou in gedagte as hy so gemaklik praat van die Historiese Kritiek wat onontbeerlik is om n goeie greep op die teologie van die Nuwe Testament te kry? - Tolmie is ontwykend oor die vraag of Bloemfontein as "behoudend" gesien kan word as hy sê: Daar is deesdae n redelike breë spektrum van teologiese sienings aan die fakulteit teenwoordig. Elkeen moet dus maar sy eie gevolgtrekking maak oor die teologie van Bloemfontein, maar dit klink nie bemoedigend nie. - Die verwysing na "God" is uit die leuse van Bloemfontein weggeneem. Die Afrikaanse vertaling uit die Latyn was: "In God is die lig van die wysheid". Dit is verander na "In die waarheid is die lig van die wysheid". Hieroor sê Tolmie: Daar was van die personeellede aan die fakulteit wat teen die stap gekant was, maar ook ander wat gedink het dit was n goeie besluit. Die teologiese fakulteit het nie 'n besluit daaroor geneem nie. Tolmie was op daardie stadium dekaan van die fakulteit. Dit is in my opinie 'n aanklag teen die Teologiese Fakulteit van Bloemfontein dat hulle nie 'n openbare standpunt oor die verandering van die leuse gehad het nie. Wat daar gebeur het, was 'n uitdrukking van sekularisasie waarin daar nie meer 'n plek vir God in die akademie en trouens in die samelewing is nie. Mens kan verder ook soos Pilatus vra wat is die "waarheid" waarvan die nuwe leuse praat. In ons tyd het elke mens mos sy eie waarheid. Ek dink die woorde van Jesus is hier van toepassing: "As julle, julle skaam vir My in hierdie owerspelige geslag sal Ek My vir julle ook skaam wanneer die Seun van die Mens met 5 / 6
6 sy engele kom." ( Markus 8:38 ) Dit is dan 'n paar opmerkings oor die standpunte van Prof Tolmie, aan wie die verantwoordelikheid toevertrou is om ons jongmense voor te berei om leraars in die kerk te word. 6 / 6
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put
Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationBybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde
Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible
More information1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:
1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te
More informationWelkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD
More informationBybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun
Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More information"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee
"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons
More informationGROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS
GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende
More informationJoin us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00
Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned
More informationBEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?
BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes
More informationDit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.
1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur
More information(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)
Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:
More informationn Prins word die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:
More informationDie wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer
Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid
More informationn Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.
n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse
More informationVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationTogether moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS
DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle
More informationKain vermoor Abel (Genesis 4:8)
Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale
More informationBybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis
Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationDie Hemel God se pragtige huis
Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationRom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)
Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar
More informationDIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.
DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies
More informationDie maan en sy rol in ons wereld *
OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:
More informationBybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom
Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis
More informationWaar kom die Christelike geloof vandaan? Kyk ook: - Wie is wie?
Kyk ook: - Wie is wie? Vandag is daar soveel verskillende teologiese sieninge onder predikante dat dit moeilik is om te bepaal wat 'n predikant se teologiese siening is. Gewoonlik is predikante met meer
More informationDie verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.
Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.
More informationAddendum A Consent form
480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent
More information'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN
Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.
More informationDie regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.
Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
More informationOktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11
Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,
More informationDOELSTELLING DANKIE TERUGVOER
NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk
More informationPreek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:
Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed
More informationBrandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik
More informationGen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12
Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë
More informationExcelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:
1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord
More informationDie ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010
Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter
More informationJy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32
Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor
More informationVolledige inhoudsopgawe
Volledige inhoudsopgawe Voorwoord... 17 Bybelvertalings... 21 1. Die boodskap van die vier Evangelies oor Jesus... 23 1.1. Waaroor gaan dit in hierdie hoofstuk?... 23 1.1.1 Tye verander... 23 1.1.2 Lees
More informationGEHOORSAAMHEID AAN GOD
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET
More informationDIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2
DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2
More informationGRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES
More informationPretoria- 23 Junie 2012
1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart
More informationDIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE
More informationDie leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!
Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?
More informationKleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...
Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:
More informationDie betekenis van die kruis (1)
Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die
More informationMarkus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.
Markus 16:1-8 Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Februarie 2017 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 135: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 119: 4 na wet Ps 118: 11, 12 as
More information5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê
n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit
More informationTema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?
Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief
More informationTwee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.
Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.
More informationHoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?
Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink
More informationLisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones
New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n
More informationPreek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:
Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer
More informationCatullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering
Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde
More informationIsaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.
Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders
More informationWaar is God as ons swaarkry?
Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag
More informationIs profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?
Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel
More informationJan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop
Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,
More informationJan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.
Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef
More informationNIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen
NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde
More informationSkriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4
1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met
More informationAS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS
`N NARRATIEF-KRITIESE BENADERING AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR `N VERGELYKENDE STUDIE TUSSEN DIE BOEKE OPENBARING EN THE LORD OF THE RINGS deur ELSIE PETRONELLA MEYLAHN Voorgelê ter vervulling van die
More informationMattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.
Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord
More informationPreek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?
Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi
More informationMattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.
Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6
More informationLet it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12
Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central
More informationGOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:
GOD STORIES LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder,
More information28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind
1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,
More informationMark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.
Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan
More informationOEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?
OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar
More informationHet jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?
Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your
More informationMei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.
Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:
More informationHoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê
AFDELING EEN Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê OORGEGEE AAN GOD ROMEINE 12:1 Die mensdom se hele lewensuitkyk kan verander indien ons almal glo dat ons in n vriendelike wêreld woon, en dat
More informationHoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die
Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers
More informationLes 6 vir 10 November 2018
BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus
More information1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.
1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na
More informationCatharina Maria Conradie
Mythology archaic relics or an archetypal and universal source of constant renewal? An exploration of the relationship between myth and archetype in the myth of Demeter and Persephone Catharina Maria Conradie
More informationWanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.
Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Dit is voorwaar n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en
More informationFilippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)
Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend
More informationIN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 482/85 DELMAS 1986-09-22 DIE STAAT teen; PATRICK MABPYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST EN
More informationMattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.
Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps
More informationHoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring
Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van
More informationHannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week
Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om
More informationAgteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.
If you use this sermon in a service, kindly let the author know at: contact@vanbruggenpreken.nl Gemeente van ons Opgestane Heiland, Die preek handel vandag oor Thomas. Hy lyk nie juis n voorbeeld van n
More information10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf
10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted
More informationINHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18
INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Geestelike Dissiplines Deel 1 - Inleiding 17 September 4 2 Geestelike Dissiplines Deel 2 Genade en dissipline 24 September 7 3 Die Innerlike Dissipline van Meditasie
More informationKom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:
1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku
More informationHuwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.
Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n
More informationHoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions
Aangebied deur Die Weg Christelike Gemeente Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Plek/Venue: NG Kerk Witrivier Datum/Date: 16 17 Oktober 2015 Koste/Price: R150pp Kontak/Contact:
More informationCommunity of Practice
Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not
More informationDIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het
Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het
More informationPride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.
Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)
More informationOmdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.
KOM ONS DINK n SLAG WEER OOR DIE SABBAT Belangrike Skrifgedeeltes in die verband: Die hele boek, Galasiërs, Kolossense, Hebreërs en Romeine, asook gedeeltes uit die Evangelie waar Jesus baie duidelik aandui
More informationINHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD
INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons
More informationWie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:
KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?
More informationGereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend
Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 42:1, 2 (p. 214) 1 Soos ʼn hert in dorre streke / skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke, / skreeu my siel na
More informationTo fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"
Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.
More informationNuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel
Nuwe Wyn/New Wine Nuwe Wyn/New Wine Vir kinders/ For kids Dr Christo Nel Inhoudsopgawe A. Uiteensetting vir NUWE WYN toerusting materiaal geskik vir kinders... 2 Inleidend... 2 MATERIAAL VIR KINDERS...
More informationTo abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer
Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in
More informationHeb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.
UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie
More information19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)
19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.
More information